
Bufferplakker-kompetisie
Die Melkprodusente-organisasie het ’n splinternuwe bufferplakker-kompetisie geloods. Twee gelukkige melkprodusente kan elke maand R500 elk losslaan indien die bufferplakker deur MPO-personeel opgemerk word. Om te kwalifiseer as wenner moet u ’n lid van die MPO wees, aangesien u lidnommer gevra sal word wanneer u inbel om ’n prys te eis.
23 Maart se wenner
Die registrasienommer is CBS 10157
Die sperdatum vir die opeis van die prys is 29 Maart, 08:00.
Indien die prysgeld nie opgeëis word nie, word die prysgeld na die volgende trekking oorgedra.
Hoe om die prys op te eis
Skakel die MPO Hoofkantoor by 012 843 5600 en vra vir Yolanda Strydom.
Hou u voertuig se registrasienommer en MPO-lidnommer byderhand.
Yolanda sal die registrasienommer en MPO-lidnommer verifieer en reëlings tref vir die pos van die prysgeld.
Die volgende trekking
Die volgende trekking vind op 6 April plaas.
Waar is die MPO-bufferplakker te kry?
Melkprodusente wat lid van die MPO is, ontvang ’n bufferplakker.
Melkprodusente wat nog nie hulle bufferplakkers ontvang het nie, kan die MPO Hoofkantoor by 012 843 5600 skakel en met Yolanda Strydom gesels.