|
13 Oktober 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel – 012 843 5714
Veldbrande verwoes Noord-Kaap weiding
Veldbrande in die Boshoff-omgewing in die Noord-Kaap het die afgelope week sowat twee-honderdduisend hektaar weiding vernietig. Dit is onbekend hoe die brande ontstaan het. Indien boere voer of weiding kan skenk, kan hulle vir Cecile Duvenhage by GWK skakel. Haar nommer is 053 298 8385.
Kassava produksie teen ondervoeding
‘n Natuurlike kassava variteit kan binnekort help om ondervoeding te beveg. Volgens Freshplaza.com kan konvensionele metodes gebruik word om die vitamien inhoud van kassava wortels te vergroot en sodoende tekorte aan te spreek. Kassava is ‘n stapelvoedsel vir sowat tweehonderd-en-vyftigmiljoen mense in sub-Sahara Afrika.
By weidings nie ver in toekoms
‘n Studie deur die Amerikaanse Departement van Landbou, wys dat deur ‘weivelde’ vir bye te skep, beter byeboerderypraktyke toegepas kan word. Volgens James Canes, entomoloog van die ADL kan veldblomme met groot sukses gebruik word om bye populasies te verhoog.
Vinnigste melktoets ontwikkel
Die Internasionale Suiwelfederasie het bekend gemaak dat ’n nuwe melktoets ontwikkel is om chemiesemiddels in melk uit te wys. Die melktoets, wat bekend staan as die Charm 3 SL3 Beta lactam toets lewer resultate in drie minute. Die toets kan ook gebruik word om te toets vir beta-lactam in grootmaatmelktenks.
30 September 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714
Wildboere moet hou by wetgewing
Die hoofdirekteur vir omgewingsdienste in Noordwes, Tshepo Moremi, het wildboere aangeraai om te verseker dat hulle hou by die wet. Dit kom nadat inspekteurs van die departement van landbou, bewaring, die omgewing en plaaslike ontwikkeling, drie jagluiperds van ’n plaas gekonfiskeer het, nadat die eienaar nie wild-omheingsregulasies nagekom het nie.
Tunisiese vrugte-uitvoere groei
Tunisiese vrugte-uitvoere het met vyftien persent gegroei gedurende 2010. Vrugte-uitvoere het meer as een-en-dertigduisend seshonderd ton beloop, in vergelyking met net meer as sewe-en-twintigduisend ton dieselfde tyd verlede jaar. ’n Sterk groei in peer-, waatlemoen- en druif-uitvoere word as rede vir die skerp styging aangevoer.
Navorsing dui op melk as oplossing vir armoede
Nuwe navorsing deur die verenigde nasies se voedsel en landbou-organisasie, die VLO, ondersoek die moontlikheid om armoede deur middel van melkproduksie te beveg. Volgens die navorsing kan kleinboere bemagtig word om meer melk te produseer en sodoende meer ekonomies aktief te word. Volgens Samuel Jutzi, direkteur van die VLO, groei wêreldwye melkaanvraag met vyftien miljoen ton per jaar.
Europese Unie bespreek mededingingsreëls
’n Nuwe verslag met voorleggings om suiwelmededinging binne die Europese Unie, te reguleer, het ’n hewige debat ontketen. Die verslag stel sewe veranderings voor, waaronder ’n voorstel om kontrakte tussen produsente en verwerkers te hersien. Die voorstel is egter ’n brandpunt vir die EU, met twee-en-twintig van sy lidlande wat die verslag steun, terwyl Brittanje, Swede, Nederland en Denemarke dit teëstaan.
29 September 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect –uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel – 012 843 5714
Wildlewegroep wens polisie geluk
Wildbedryf Suid-Afrika het die Suid-Afrikaanse polisiediens en ander rolspelers gelukgewens nadat elf vermeende renosterstropers onlangs aangekeer is. Die organisasie het ook sy volle samewerking aan die polisiediens toegesê, en wildboere aangemoedig om enige verdagte optrede by die polisiediens aan te meld.
Veevoermaatskappy help met droogte in Wes-Kaap
‘n Veevoermaatskappy in die Wes-Kaap het vyf-en-twintig ton melassemeel aan produsente in die Swellendam omgewing geskenk. Dit het gebeur nadat die Melkprodusente-organisasie in die Wes-Kaap ‘n beroep op veevoermaatskappye gedoen het om produsente by te staan tydens vanjaar se knellende droogte in die provinsie.
Agri Gauteng wys Jongboer van die Jaar aan
Angelo de Andrade van die plaas lucky farm in die Randfontein distrik is as die Gautengse Jongboer van die Jaar tydens Agri Gauteng se jaarvergadering aangewys. De Andrade boer met vars groente, verwerkte groente en vleisbeeste
Bekende landboukundige oorlede
’n Bekende in landboukringe, doktor Koos van Marle is op Saterdag 25 September in die Pretoria-Oos Hospitaal oorlede. Hy was drie-en-tagtig. Doktor van Marle was ’n erelid van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekundiges. Die gouemedalje van die Vereniging is in 1983 aan hom toegeken. Hy word oorleef deur sy vrou Sheila, drie kinders en nege kleinkinders.
28 September 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel – 012 843 5714.
Verwagte koringproduksie laer
Die verwagte produksie vir koring is meer as een komma ses miljoen ton minder as die vorige skatting, sê die nasionale oesskattingskomitee. Die komitee skryf die afname aan die verwagte produksie van koring toe aan ongunstige weerstoestande in sommige provinsies. Die oppervlakteskatting vir koring is ook hersien na bykans vyfhonderd-en-sestig duisend hektaar.
Erkenning vir landbou-opleidingsgroep
’n Vrystaat-gebaseerde landbou-opleidingsgroep wat spesialiseer in die ontwikkeling van kleinboere het onlangs ’n toekenning van die AgriSeta ontvang. BathoPele Consultants het reeds meer as driehonderd-en-vyftig kleinboere opgelei in die afgelope drie jaar.
Spaanse sitrusbedryf mik na Brasilië, Indië
Die Spaanse sitrusbedryf ondersoek Brasilië en Indië as moontlike nuwe uitvoermarkte. Die stap het gebeur nadat pogings gefaal het om Spaanse nartjies na lande soos China en die Verenigde Arabiese Emirate uit te voer. Die bedryf hoop om eersdaags sy produkte na ontwikkelende lande met ’n inwonertal van meer as honderd-agt-en-negenting miljoen uit te voer. Beide Brasilië en Indië val in hierdie groep.
Europa wil suiwelstandaard markleier wees
Europa wil die wêreldleier op die gebied van melkgehalte en kuddewelsyn wees. Volgens professor Ynte-Hein [j?nt?-haain] Schukken van die Cornell universiteit in Amerika, verwag die Amerikaanse suiwelbedryf dat Europese melkinvoerregulasies eersdaags strenger toegepas gaan word. Schukken het ook gesê die Europese Unie gaan meer aandag skenk aan standaarde van melkgehalte, en die van somatiesesel-tellings in die kontinent.
27 September 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Nuwe president vir assosiasie van Afrika-landbou-ekonome
Professor Nick Vink, voorsitter van die departement van landbou-ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch, is onlangs verkies tot nuwe president van die assosiasie van Afrika-landbou-ekonome (AAAE) tydens die assosiasie se algemene jaarvergadering. Professor Vink is die eerste Suid-Afrikaner wat dié pos beklee en neem oor by doktor Akin Adesina, wat sy termyn ná drie jaar as president van die assosiasie voltooi het.
EU krimp invoertariewe
As deel van ’n handelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en die Europese Unie, het die EU ingestem om die koste van uitvoerpermitte van sekere produkte na die EU te verminder. Spesifieke inligting oor die aansoekproses vir die permitte is op 17 September in die Staatskoerant gepubliseer. Uitvoerpermitte sal net toegestaan word aan geregistreerde uitvoerders vir uitvoere na bepaalde Europese lande.
Suid-Afrikaanse en Namibiese rooivleisrolspelers vergader
Verteenwoordigers van die Namibiese en Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf het onlangs vergader om probleme aangaande die invoer van speenkalwers te bespreek. Die grootste probleme tans sentreer om onderverklarings van waardes en getalle van lewendehawe. Die twee bedrywe het ooreengekom om hulle volle samewerking te gee om handelsbetrekkinge gesond te hou
Meer mielies nodig vir Afrika
Tydens die Agrifika-seminaar, het Kobus Lindeque, besturende direkteur van Monsanto sub-Sahara Afrika, gesê die kontinent moet wegbeweeg van ’n gemiddelde mielieopbrengs van een komma drie ton per hektaar. Hy het gesê moderne en beproefde biotegnologiese landboustelsels moet aanvaar word om hoër opbrengste te verseker.
22 September 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Suid-Afrikaanse wyn presteer
Suid-Afrikaanse wyn het met die meeste trofeë weggestap in die Fairtrade-wynkomitee se kompetisie vir die beste wyn van die jaar. Volgens Sue Birch, uitvoerende hoof van Wines of South Africa, word al hoe meer Suid-Afrikaanse wyn uitgevoer.
Suid-Afrikaanse boere meer grond aangebied
Suid-Afrikaanse boere het meer aanbiedings ontvang om in Afrika te gaan boer. Suid-Afrika het tans die sterkste ekonomie op die kontinent en sy produsentekennis is gesog in verskeie Afrika-lande.
Lewendehawe – antwoord vir droogte
’n Studie deur die Internasionale Lewendehawe-navorsingsinstituut (ILRI) bevind dat klimaatsverandering saaiboerdery in Afrika teen 2050 erg kan belemmer. Volgens een van die skrywers, Philip Thornton, kan 'n oorskakeling van saaiboerdery na boerdery met geharde diere soos bokke, donkies en kamele die antwoord wees op die probleem.
Afrika-grasvlakte ryp vir boerdery
Die vierhonderd miljoen hektaar grasvlakte wat van Senegal tot Suid-Afrika strek, is ryp vir kommersiële landbou, sê die Verenigde Nasies se Voedsel-en-Landbou-organisasie en die Wêreldbank. Slegs 10 persent van dié vlakte, wat as die Guinee-grasvlakte bekend staan, word tans vir boerdery gebruik.
16 September, 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Melkkartelsaak draai in appèlhof
Die appèlhof het beslis dat alle aanklagte deur die Mededingingskommissie teen twee vermeende melkkartelmaatskappye teruggetrek moet word. Die hof het beslis dat die ondersoekproses wat die kommissie gevolg het, gebrekkig was.
Oos-Kaap RPO wys nuwe leiers aan
Die Rooivleisprodusente-organisasie se Oos-Kaap streek het tydens sy onlangse jaarkongres ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter aangewys. Pieter Prinsloo is aangewys as die nuwe voorsitter, terwyl Charles van der Spuy as vise-voorsitter aangewys is.
Sterk uitvoer groei in Chinese sitrus
Die uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging van Suid-Afrika, Justin Chadwick, sê Chinese sitrusuitvoere het sterk gegroei. Volgens syfers wat deur die Nasionale Buro van Statistiek beskikbaar gestel is, het Chinese sitrusuitvoere reeds die een komma een miljoen ton-merk bereik. Dit plaas China in die gesamentlike derde plek wat betref wêrelduitvoervolume.
Westelike Australië wen stryd teen aartappel sist
Die Westelike Australiese aartappelbedryf is vir die eerste keer in vyf-en-twintig jaar weer vry van die skadelike aartappel sist nematode. Die siekte is in 1986 op ses eiendomme in Perth opgemerk en sedertien is pogings deurgaans aangewend om daarvan ontslae te raak.
15 September, 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
TLU SA herkies leiers
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika, TLU SA, het tydens sy jaarkongres ’n leiersverkiesing gehou. Tydens die verkiesing is Ben Marais onbestrede as president herkies, terwyl Louis Meintjies as adjunkpresident herkies is. Intussen is Jan Viljoen ook onbestrede herkies tot voorsitter van TLU SA se noordstreek.
Abattoirs geoudit
Die LUR vir Noordwes se departement van landbou, bewaring, die omgewing en plaaslike ontwikkeling, Boitumelo Tshwene, het gesê die departement het ’n verantwoordelikheid om toe te sien dat abattoirs binne die wet op vleisveiligheid bly. Twintig abattoirs is deur die departement geoudit om te verseker dat hulle aan die wet voldoen.
Boere wil grondhervorming bespoedig
Die president van die KwaZulu-Natalse boere-organisasie, KwaNalu, Robin Barnsley, het tydens die organisasie se jaarkongres gesê die regering moet ophou om boere te blameer vir die stadige pas waarteen grondhervorming plaasvind. Volgens Barnsley is boere gretig om die proses agter die rug te kry, aangesien die stadige verloop van die grondhervormingsproses tot spanning en geweld lei.
Bloubessie-oes in gedrang weens nat weer
Bloubessieboere in Engeland het besoekers aangemoedig om hulle eie bessies te pluk, nadat nat weer oespogings in die wiele gery het. Die boere het ook nou bykomende plukkers aangestel om die bessies te oes.
14 September 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Laaste sitrus na Amerika
Die somersitrusseisoen vir die Amerikaanse mark eindig oor twee maande, met die Suid-Afrikaanse somersitrusbedryf wat na verwagting meer as tagtig persent van al sy uitvoere na dié land afgehandel het. Meer as dertigduisend ton sitrus is al na Amerika verskeep.
Zimbabwiese tabakbedryf tel kop op
Die Zimbabwiese tabakbedryf is besig om te herstel, nadat die land meer as honderd-en-negentien miljoen kilogram tabak gedurende die 2009/2010 seisoen geproduseer het. Die land se tabakproduksie het van tweehonderd-ses-en-dertig miljoen kilogram in 2000 tot slegs agt-en-veertig miljoen kilogram in 2007/2008 gedaal.
Britse wetenskaplikes ontdek koueklimaat-geen
Britse wetenskaplikes het ’n geen ontdek wat gewasse kan laat floreer in koue klimate. Volgens die studie deur die wetenskaplikes van die Universiteite van Edinburg en York, help die geen plante om aan te pas by laer temperature. Deur die geen te manipuleer, kan wetenskaplikes gewasse kweek wat beter aangepas is vir koeler klimaatstreke.
Rekordoeste in Amerika vir mielies en sojabone
Die jongste verslag deur die Amerikaanse departement van landbou berig dat die land na beraming net meer as tagtig miljoen ton mielies gaan produseer. Vervolgens beraam die departement ’n sojaboonoes van net meer as negentig miljoen ton. Albei verteenwoordig rekordoeste vir die gewasse in Amerika.
13 September 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landou.
Vir meer inligting, skakel – 012 843 5714
Misdaadbekampingseenhede verwelkom
Die voorsitter van Agri Suid-Afrika se landelike beveiligingskomitee, André Botha, het gesê Agri SA verwelkom die herinstelling van misdaadbekampingseenhede in die landelike gebiede. Agri SA het ook die minister van polisie geluk gewens met die verbeterde misdaadstatistiek wat die polisiediens die afgelope jaar met misdaadbekamping behaal het.
Wolmark effens laer
Wolpryse was verlede week effens laer, met die Cape Wools-merino-aanwyser wat die dag op ses-en-vyftig rand, sewe en tagtig per kilogram skoonwol gesluit het. Dit is sowat twee en ’n half persent laer as verlede week. Sowat sesduisend bale wol sal by die volgende veiling te koop aangebied word.
Algerynse tamatieproduksie verdubbel
Algerië se tamatieproduksie het amper verdubbel teenoor verlede jaar.Volgens ’n verslag deur die Algerynse departement van landbou en landelike ontwikkeling, het tamatieproduksie reeds in Augustus sowat sewehonderdduisend ton beloop, in vergelyking met driehonderd-en-tagtigduisend ton in 2009.
Afloopwater bied voordele aan landbou
Die Verenigde Nasies se voedsel-en-landbou-organisasie, die VLO, sê dat deur stedelike afloopwater te herwin en vir landbou te gebruik, waterskaarsteprobleme opgelos kan word. Die organisasie sê egter ook dat die gebruik nie doeltreffend genoeg toegepas word nie, aangesien slegs vyftig lande oor die wêreld die hergebruik van afloopwater in landboupraktyke gebruik.
9 September 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landou.
Vir meer inligting, skakel – 012 843 5714
China kan surplus mielies koop
Volgens ’n berig in die Business Day kyk die regering na China as ’n moontlike koper vir Suid-Afrika se surplus mielies volgens die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Pettersson. Die regering hoop ook om meer Chinese beleggers vir plaaslike landbou te vind.
Innoverende stelsel vir groenteproduksie in Afrika
’n Nuwe groenteproduksiestelsel om groente onder besproeiing te produseer is onlangs bekendgestel. Die sogenaamde African Market Garden, sal deur sowat seweduisend kleinboere in Niger, Benin, Burkina Faso en Senegal gebruik word. Die stelsel maak gebruik van drupbesproeiing en gewasbestuur om kleinboere se produksievlakke op te stoot.
Geen voedselkrisis in die voorsuitsig, maar markstabiliteit benodig
Die Verenigde Nasies se voedsel-en-landbou-organisasie, die VLO, sê dat voedselkommoditeite onvoorspelbaar sal bly vir die afsienbare toekoms. Ten spyte hiervan sê die VLO se assistent-direkteur-generaal, Hafez Ghanem, dat daar nie kommer is dat die 2007-2008-voedselkrisis homself sal herhaal nie.
Visboerdery as antwoord op wêreldvoedsel
Steeds by die VLO: Akwakultuur en ander visboerderye moet ’n groter rol speel om globale voedselsekerheid te verseker, aldus ’n verslag deur dié organisasie. Die bydrae van visboerdery tot die wêreldvisproduksie het met meer as vyf-en-veertig persent gestyg die afgelope vier dekades, met nog groei wat verwag word.
8 September 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Trekkerverkope bly daal
Trekkerverkope van vierhonderd-en-sewentig eenhede vir Augustus was vier persent laer as die vierhonderd-en-negentig eenhede wat verlede Augustus verkoop is. Trekkerverkope vir die jaar tot dusver is twaalf persent laer as vir dieselfde tydperk verlede jaar.
Ou plaagdoders in Wes-Kaap en Vrystaat verwyder
’n Wêreldbankbefondsde projek om ou plaagdoders van plase te verwyder, gaan eersdaags na die Wes-Kaap en Vrystaat uitgebrei word. Die African Stockpiles-program het besluit om die twee provinsies op te ruim aangesien die Wes-Kaap as ’n uitvoerprovinsie en die Vrystaat as die primêre graanprovinsie gesien word.
Jongboer van die Jaar-kompetisie
Toyota SA en Agri SA span vanjaar weereens kragte saam om die Jongboer van die jaar-kompetisie aan te bied. Die kompetisie is die sameloop van nege provinsiale kompetisies waaraan jongboere tussen die ouderdomme van 18 tot 35 jaar deelneem. Agri Wes-Kaap, Oos-kaap, Noord-Kaap, Limpopo, en Gauteng het reeds hul wenners aangewys wat na die nasionale eindronde deurdring.
Geelwortels gewildste groente in Australië
’n Peiling deur die Australiese groenteraad het bevind dat geelwortels die gewildste groente in die land is. Sowat vyf-en-sestig persent van huishoudings in Australië koop minstens een keer per week geelwortels. Aartappels is die tweede gewildste en tamaties derde.
Dinsdag, 7 September 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Regering erken kommersiële landbou
Tydens ’n vergadering van melkprodusente op Clocolan, wat bygewoon is deur die Melkprodusente-organisasie, het ’n woordvoerder van die Vrystaatse premier bevestig dat die kommersiële boer ’n belangrike rol speel in die ontwikkeling van landbou. Die regering het verder ’n beroep op kommersiële boere gedoen om met ontwikkelingsplanne vir gesamentlike projekte vorendag te kom waarby die regering kan aansluit.
Skolemelkdag by Agri Megaweek
Die skolemelkdag wat deur die MPO van stapel gestuur en in samewerking met Agri Mega en ander vennote aangebied word, word weer vanjaar tydens die Agri Megaweek op Bredasdorp aangebied. Die motivering agter hierdie dag is om jong kinders meer omtrent suiwelprodukte te leer. Die MPO Wes-Kaap het intussen ’n verskeidenheid skolemelkprogramme dwarsdeur die jaar aangebied en fokus tans op alle laerskole oor die hele land.
Wêreldkatoenproduksie afwaarts aangepas
Die Internasionale Katoenadvieskomitee het sy skatting van wêreldkatoenproduksie vir die 2010/11-seisoen met honderd-vyf-en-twintig-duisend ton afwaarts aangepas, grootliks as gevolg van die verwoestende vloede in Pakistan. Wêreldkatoenproduksie sal egter na verwagting in 2010/11 met vyftien persent tot vyf-en-twintig komma een miljoen ton toeneem.
Britse verbruikers sal supermelkery boikot
Sowat twee derdes van Britse respondente het in ’n markpeiling aangedui dat hulle melk wat vanaf ’n supermelkery kom, sal boikot. Die peiling het bevind dat meer as sestig persent van Britse verbruikers gesê het dat hulle nie melk sal koop van koeie wat in grootmaat binnenshuis aangehou word nie.
Donderdag, 2 September 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Koringtarief verlaag tot R0/ton
Die aanpassing op die koringtarief is op 27 Augustus 2010 in die Staatskoerant aangekondig. Die tarief is vanaf tweehonderd-en-sestig rand, negentig sent per ton na nul rand per ton aangepas. Die tarief op koringmeel is terselfdertyd vanaf driehonderd-een-en-negentig rand, dertig sent per ton na nul rand per ton verlaag.
Pluimveeskou by Agri Megaweek groei steeds
Besoekers aan Agri Megaweek, wat van 15 tot 17 September op Mega Park plaasvind word uitgenooi om die Agri Mega Pluimveeskou te besoek. Volgens Naomi du Toit van die Wes-Kaapse Pluimveeklub, wat die organisering en beoordeling hanteer, sluit die inskrywings vir vanjaar se skou op Vrydag, 3 September 2010.
Mosambiek fokus op kasjoeneutproduksie
Mosambiek beplan om verder te konsentreer op die produksie van kasjoeneute. Die land sal voortgaan om kasjoeneutboompies te versprei en gewassiektes te bekamp ten einde die huidige verspreidingsvlakke te laat toeneem tot tussen een komma drie miljoen en een komma vyf miljoen boompies.
Rugraan- en rysmarkte gebalanseerd
Die Verenigde Nasies se voedsel-en-landbou-organisasie, die FAO, sê dat die wêreldproduksie van rugrane na verwagting meer as ’n miljard ton sal beloop. Mielieproduksie behoort sowat agthonderd-vyf-en-veertig miljoen ton te beloop, terwyl rysproduksie meer as vierhonderd en sestig miljoen ton sal wees.
Woensdag, 1 September 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Groei in hoendervleis die vinnigste
Die hoendervleismark behoort die vinnigste te groei van alle vleissoorte in Suid-Afrika, sê South African Baseline. Hoendervleisverbruik sal na verwagting met sowat twee-en-veertig persent styg oor die volgende dekade, en sal die tweemiljoen ton-merk in 2019 verbysteek.
Moontlike verandering in direksiegrootte
Die uitvoerende komitee van die Melkprodusente-organisasie gaan die wenslikheid ondersoek om die huidige direksie te verklein. Volgens die organisasie sal koste so verminder word, terwyl die besluitnemingsproses meer vaartbelyn gemaak sal word.
Bontebok en hartebees hervestig
Die privaat sektor en Cape Nature gaan met regeringsorganisasies saamwerk om biodiversiteit in die Wes-Kaap te vestig. Die Nuwejaarsvleiland spesiale bestuursgebied in die Overberg het reeds nege-en-dertig bontebokke en een-en-twintig hartebeeste in sy bewaringsgebied vrygelaat.
Koringproduksie-hoeveelheid aangepas
Die Verenigde Nasies se voedsel en landbou-organisasie, die FAO, gaan sy wêreldoesskatting vir koring met vyf-en-twintig miljoen ton sny. Die organisasie het beraam dat die globale koringoes vanjaar sowat seshonderd-ses-en-sewentig miljoen ton sou lewer.
Dinsdag, 31 Augustus 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Landbou-organisasie striem jeugligaleier
Die president van Agri Suid-Afrika, Johannes Möller, het die ANC gekritiseer na aanleiding van ’n onlangse verklaring deur die ANC-jeugligapresident, Julius Malema. Volgens Möller kan teenstrydige standpunte van die ANC oor eiendomsreg en hul interpretering van die toepaslike bepalings van die land se grondwet, tot werksverliese lei.
Vroue landbou-entrepreneurs beloon
Die wenners in die departement van landbou, bosbou en visserye se Vroue-entrepreneur van die jaar-kompetisie is onlangs aangewys. Volgens die minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson, is die oogmerk van die toekennings om die rol wat vroue in landbou speel te erken en aan te moedig. Sewe wenners is in verskillende kategorieë aangewys.
Geenbewerkingkonferensie begin eersdaags
Die KwaZulu-Natalse geenbewerkingsklub hou eersdaags ’n konferensie om die voordele van geenbewerking uit te lig. Die konferensie sal plaasvind by die ATKV Drakensville-vakansieoord te Bergville, vanaf sewe tot nege September. Verskeie sprekers, sal tydens die geleentheid produsente inlig oor geenbewerking.
Keniaanse rouneutverbod begin weer volgende week
’n Verbod op die uitvoer van rou neute vanuit Kenia tree volgende week weer in werking nadat die Keniaanse departement van landbou ’n negentig-dae-venstertydperk oopgestel het. Volgens die Keniaanse minister van landbou, Sally Kosgei, was die venstertydperk nodig om van oorskot rou neute ontslae te raak.
Woensdag, 25 Augustus 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Meestersuiwelboer aangewys
Dokter Vos Grey is tydens die Melkprodusente-organisasie se jaarkongres aangewys as die meestersuiwelboer vir die noordelike streek. Dokter Vos is ’n bekende in Holstein-kringe.
Landbou-en-water-konferensie volgende jaar
Die eerste Afrika-landbou-en-water-dialoog, sal op 28 tot 31 Maart 2011 by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou word. Tydens die dialoog sal die invloed van klimaatsverandering, asook die bestuur van water in landbou-aktiwiteite bespreek word. Die dialoog vorm deel van ’n reeks konferensies wat in verskillende stede wêreldwyd aangebied gaan word.
Marokko betogers keer uitvoere van varsprodukte na Spanje
Vragmotorbestuurders het voedseluitvoere na die Spaanse stad, Melila, gestop, nadat betogers paaie geblokkeer het. Die betogers voer aan dat die Spaanse stad diskrimineer teen Marokkane wat die stad wil binnegaan. Intussen weier die vragmotorbestuurders om varsprodukte na die stad te neem totdat die dispuut opgelos is.
China moet eie GM voedsel ontwikkel
China moet sy landbou-innovering opskerp. So het verskeie landboukenners en wetenskaplikes verlede week aan die China Business Weekly gesê. Die kenners was dit eens dat die land sy eie geneties gemodifiseerde voedsel moet ontwikkel om voorsiening te maak vir klimaatsverandering en om minder te steun op buitelandse tegnologie.
Dinsdag, 24 Augustus 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Styging in vraag en aanbod van Suid-Afrikaanse tafeldruiwe
Uitvoere van Suid-Afrikaanse tafeldruiwe behoort meer as twee en vyftig miljoen kartonne te bereik in 2011, sê die South African Agricultural baseline. Totale uitvoere van vars druiwe sal na verwagting sowat een-en-vyftig miljoen kartonne vir die 2009/2010 seisoen bedra. Die toename volg op ’n daling van drie jaar in uitvoere as gevolg van ongunstige weersomstandighede.
Kanolaproduksiehandleiding bekendgestel
’n Omvattende kanolaproduksiehandleiding sal tydens Agri Megaweek bekendgestel word. Volgens Gerhard Scholtemeijer, voorsitter van die proteïen-navorsingstigting, sal ’n suksesvolle groeiende kanolabedryf tot gevolg hê dat eetbare olie in groter hoeveelhede beskikbaar sal wees in die Wes-Kaap. Die bekendstelling sal ook gepaard gaan met ’n kanolapromosiedag.
Franse suiwelbedryf beding nuwe pryse
Franse suiwelboere en -verwerkers het op ’n prysverhoging van 10 persent vir melk ooreengekom. Afgesien van die prysooreenkoms het die partye ook besluit om ’n beleid in werking te stel waarvolgens die koste per liter tussen Franse en Duitse melk gemeet sal word. Die doel hiervan is om Franse melkpryse mededingend te hou.
Vee in Pakistan benodig hulp
Miljoene stuks vee in Pakistan word deur oorstromings daar geraak. Volgens die Verenigde Nasies se voedsel en landbou organisasie, die FAO, het sowat tweehonderdduisend stuks vee alreeds gevrek weens die oorstromings, terwyl miljoene tans in ernstige voedsel en medisyne nood verkeer. Die oorstromings het die mees digbewoonde veegedeeltes van Pakistan getref.Donderdag, 19 Augustus 2010.
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Vrugtebedryf moet opskerp
Hoewel Suid-Afrikaanse varsprodukte geweldige aansien in Europese markte geniet, sal die land sy bedryf moet opskerp om met sy Suid-Amerikaanse en Australasiese mededingers kers vas te hou. So sê Volkert Engelsman, uitvoerende hoof van die Nederlandse organiese varsprodukteverspreider, Eosta. Volgens Engelsman moet die bedryf hom meer toespits op die ontwikkeling van ’n mark vir organiese produkte.
Wêreldvleispryse kan styg
Wêreldvleispryse kan ’n herstel toon oor die volgende drie jaar, aldus die nuwe uitgawe van die South African Agricultural Baseline. Volgens die verslag sal die herstel deur verbruikersaanvraag gedryf word. Wêreldverbruik van hoendervleis sal na verwagting met sowat twee komma drie persent styg, gevolg deur varkvleis en beesvleis met twee komma drie persent en twee persent onderskeidelik.
Klimaatverandering kan rysoeste knou
Rysproduksie kan deur hoër temperature geknou word. Volgens ’n studie deur navorsers aan die Amerikaanse universiteit van Kalifornië, kan hoër nagtemperature ’n beduidende invloed op rysproduksie hê. Volgens die navorsers het stygende nagtemperature reeds tot ’n stadiger groei in rysproduksie in Asië gelei.
Geen-ontdekking kan help met gewasproduksie
Navorsers aan die universiteit van York het ’n geen ontdek wat ’n beduidende rol speel in die groeiproses van plante. Volgens die navorsers kan die ontdekking van die geen verreikende gevolge vir gewasproduksie inhou, aangesien die groeiseisoen verleng kan word om meer sade te produseer.
Woensdag, 18 Augustus 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Melkinvoere bekommer organisasie
Die Melkprodusente-organisasie, die MPO, het vandeesweek hul kommer uitgespreek oor suiwelinvoere. Dit kom nadat die jongste invoerstatistiek aangedui het dat sommige melkkopers en agente in Suid-Afrika goedkoper en gesubsidieerde melkprodukte ingevoer het. Volgens Bertus de Jongh, besturende direkteur van die MPO word slegs sowat tien persent suiwel ingevoer, maar dit is genoeg om die mark te beïnvloed.
Ruwoluitvoer na China kom tot stilstand
Die departement van landbou, bosbou en visserye het aangekondig dat geen gesondheidsertifikate met betrekking tot Slenkdalkoors vir die uitvoer van ruwol en bokhaar na China meer uitgereik gaan word nie. Volgens die departement het wydverspreide uitbrekings van Slenkdalkoors dit onmoontlik gemaak om Slenkdalvrye wol te sertifiseer. China, die grootste invoerder van Suid-Afrikaanse wol, is die enigste land met dié vereiste.
Skerp styging in vrugte uitvoer vanaf Egipte
Egipte verwag dat sy vrugte-uitvoer na die Europese Unie binnekort met tot vyftig persent kan styg. Dit kom nadat die koöperatiewe ooreenkoms tussen Egipte en die Europese Unie op 1 Junie in werking getree het.
Voedselorganisasie kry hulp
Die Verenigde State se internasionale ontwikkelings agentskap, USAID, is voornemens om die Verenigde Nasies se voedsel en landbou-organisasie, die FAO, te help om die voorkoms van aansteeklike siektes soos voëlgriep te bekamp. USAID het sowat ses-en-twintig komma drie miljoen Amerikaanse dollar beskikbaar gestel vir hierdie doel. Die befondsing sal help om uitbrekings van aansteeklike siektes te monitor.
Dinsdag, 17 Augustus 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Rekord-rosyneoes
Die 2010 Suid-Afrikaanse rosyneoes is die grootste wat nog geproduseer is. Volgens die Droëvrugte tegniese dienste het verwerkers reeds meer as vyfhonderd-duisend ton rosyne aangekoop. Die organisasie het ook gesê Suid-Afrikaanse droëvrugte is baie gewild in die buiteland en goeie bemarkingsgeleenthede vir die produk bestaan steeds.
Op soek na die Overberg se beste plaaswerkers
Die Overbergstreek se plaaswerker-van-die-jaar-kompetisie vind eersdaags weer plaas. Die Overberg Distrikslandbouvereniging (ODLV) sal weereens die gasheer wees vir die kompetisie in die Overberg streek, met die wenners wat tydens die gala-geleentheid by Agri Megaweek op 15 September bekendgemaak sal word. Streekswenners dring ook deur tot die volgende ronde waar hulle in aanmerking sal kom as provinsiale plaaswerker-van-die-jaar.
Sprinkaanplaag dreig in Madagaskar
’n Potensiële sprinkaanplaag staar Madagaskar in die gesig. Volgens berigte het ’n onbekende hoeveelheid onvolwasse swerms Malgassiese migrerende sprinkane vanuit die land se suidweste versprei na die ooste en die noorde van die land. Sowat vierhonderd en sestigduisend landelike families se bestaan word deur die sprinkane bedreig, het die Malgassiese regering gesê.
FAO pas koringoes-skatting aan
Die invloed van weerstoestande op gewasse die afgelope weke, het die Verenigde Nasies se voedsel en landbou-organisasie, die FAO, genoop om ’n aanpassing te maak in sy globale koringproduksieskatting. Die organisasie sê hy verwag nou ’n totale koringoes van seshonderd-een-en-vyftigmiljoen ton koring, vyf-en-twintig miljoen ton minder as die Junie-oesskatting.
Maandag, 16 Augustus 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Waterkonferensie vra talle vrae
Agri Suid-Afrika se waterkonferensie wat verlede week in Kempton Park gehou is, het ’n reeks kwessies oor Suid-Afrikaanse waterreserwes bespreek. Volgens Agri SA se president Johannes Möller behoort die minister van waterwese se nasionale wateradvieskomitee ’n belangrike rol te speel om gepaste oplossings te vind vir die land se waterprobleme.
MPO Wes-Kaap hou kongres
Die melkprodusente-organisasie Wes-Kaap hou op 17 en 18 Augustus hulle jaarkongres en algemene jaarvergaderings. Die kongresse, wat eers op Malmesbury en daarna op Riversdal plaasvind, gaan verskeie melkprodusentekwessies in die Wes-Kaap bespreek. Bertus de Jongh besturende direkteur van die MPO en doktor Koos Coetzee, hoofekonoom, sal ook tydens die vergaderings optree.
Gesondheidswerkers op plase
Die Kaapse vroueforum bied tans opleidingsprogramme vir gesondheidswerkers aan. Volgens Estelle Engelbrecht van die Kaapse vroueforum word leerders volgens die nasionale kwalifikasieraamwerk geassesseer. Die program, wat bekendstaan as ’n nasionale kwalifikasie in aanvullende gesondheidsorg word in vyftien weke verdeel en oor ’n tydperk van een jaar aangebied.
Nuwe melamientoets
Chinese navorsers beweer dat ’n nuwe toets vir melamien in melk ontwikkel is. Volgens die Talanta mediese joernaal, sê die Chinese ministerie van gesondheid dat ’n kleurtoets gebruik kan word om melamienbesmetting in melk op te spoor. Volgens die navorsers neem die toets slegs dertig minute en is dit nie nodig om die melk vooraf te behandel nie.
Donderdag, 12 Augustus 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5714.
Makadamia-oes lyk goed
Suid-Afrikaanse makadamianeutboere is optimisties oor die 2010-oes. Volgens die jongste oesskattings behoort vanjaar se makadamia-oes bykans dertigduisend ton neute te lewer, sowat drieduisend ton meer as verlede jaar.
Voedselsekuriteit in Zimbabwe verbeter
’n Verslag deur die Verenigde Nasies se voedsel en landbou-organisasie, die FAO, toon dat voedselsekuriteit in Zimbabwe besig is om te verbeter. Volgens die verslag het mielieproduksie met sewe persent gestyg sedert 2009, vir ’n totale oes van sowat een komma vier miljoen ton mielies.
Suiwelprodukte verlaag hartsiektes
Volroomsuiwelprodukte kan die risiko van kardiovaskulêre siektes verlaag volgens ’n studie wat deur die Queensland-instituut vir mediese navorsing in Australië gedoen is. Volgens die studie het mense met ’n hoë volroomsuiwelinname ’n sewentig persent minder kans om hartsiektes of beroerte te kry as diegene wat minder suiwel inneem.
Kenia wil genetiesgemodifiseerde katoen plant
Kenia se katoenproduksie sal na verwagting sesvoudig toeneem wanneer dié land teen 2012 genetiesgemodifiseerde katoen begin plant. Kenia sal die derde Afrika-land ná Suid-Afrika en Burkina Faso word om GM katoen aan te plant.
Woensdag, 11 Augustus 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agriconnect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting kontak 012 843 5714
Bekende patroon vir melkproduksie
Melkproduksie volg vanjaar die gewone langtermynpatroon, sê die Melkprodusente-organisasie. Melkproduksie het vanaf Mei 2010 tot Junie 2010 met vier komma drie persent gedaal. Produksie is egter steeds op hoër vlakke as in 2009. Volgens MPO-ekonoom, doktor Koos Coetzee, sal Julie se melkproduksiesyfers ’n duideliker beeld gee van verwagte produksie vir die res van die jaar.
Produksieriglyne bekend gemaak
Volgens Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, kan die huidige vraag-en-aanbodsituasie in plaaslike graanmarkte as buitengewoon beskryf word. Dit organisasie hou eersdaags weer ’n reeks inligtingsvergaderings in die produksiegebiede, waar die produksieriglyne vir die komende somergraanproduksieseisoen toegelig sal word.
Implementverkope bly daal
Kleinhandelverkope van landboumasjinerie vir Julie 2010 het bly daal. Volgens die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie, Saama, is trekkerverkope gedurende Julie vyf persent laer as gedurende dieselfde tyd verlede jaar, terwyl stroperverkope in Julie, vyftig persent laer is.
Blou mozzarella hou geen gevaar – studie
Die Duitse federale instituut vir risiko-assessering sê die bakterie wat verantwoordelik was vir die verkleuring van sowat sewentigduisend mozzarella kaasballetjies het nie ’n wesenlike gesondheidsgevaar vir mense ingehou nie. Die kaas is egter nie geskik vir menslike gebruik nie. Dit kom nadat klagtes vanuit Italië ontvang is oor mozzarella kaas wat in Duitsland geproduseer is, en ’n blou skynsel ontwikkel het nadat dit oopgemaak is.
Dinsdag, 10 Augustus 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting kontak 012 843 5714
Nuwe landbou-organisasie
Die pasgestigte landbou-organisasie, Mpumalanga Landbou, hou eersdaags ’n inligtingskonferensie vir kommersiële produsente in die provinsie. Die konferensie is daarop gemik om soveel moontlik insette vanuit landbou in die provinsie te verkry om sodoende meer effektiewe dienslewering aan produsente te verskaf.
Renoster-hulplyn
Die trust vir bedreigde natuurlewe het ’n projek in die lewe geroep om renosterstropery in die land die hoof te bied. Die projek sluit ondermeer ’n hulplyn in waar renosterstropery aangemeld kan word. Volgens die trust sal die renoster veiligheidsprojek renosters op privaat wildsplase, asook renosters in beskermde gebiede beter beskerm.
Mededingingskommissie-ooreenkoms
Die Mededingingskommissie en fosforsuurproduseerder, Foskor, het ’n ooreenkoms bereik. Dit het gebeur nadat die maatskappy van uitsonderlike hoë pryse aangekla is. Volgens die ooreenkoms sal Foskor fosforsuur teen ’n meer bekostigbare prys beskikbaar stel, asook meer deursigtig wees in die kunsmismark.
Internasionale koringprys bly styg
Internasionale koringpryse vir Augustus het geopen met nog ’n skerp styging, berig Worldgrain.com. Die prys van koring op internasionale markte het gedurende Julie met twee-en-veertig persent gestyg, wat die grootste maandelikse styging in een-en-vyftig jaar verteenwoordig. Volgens berigte het ’n ernstige droogte sowat ’n vyfde van Rusland se koringoes verwoes, wat gelei het tot die skerp styging.
Maandag, 9 Augustus 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agriconnect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting kontak 012 843 5714
Nuwe markte vir eg Suid-Afrikaanse wynvariëteit
Die Suid-Afrikaanse wynvariëteit, Pinotage, is besig om groot opgang in internasionale markte te maak. Volgens die Pinotagevereniging van Suid-Afrika word die wyn reeds in Amerika en in sekere Europese Unie markte soos Skandinawië en Rusland versprei. Die vereniging hoop om binnekort ook die Kanadese en Asiatiese markte te betree.
Rysprodusente kan Afrikamark verloor
Rysprodusente in Asië loop gevaar om hul mark in Afrika te verloor. Dit het gebeur nadat rysproduserende lande beoog het om ryspryse te verhoog. Sowat vyf miljoen uit die tien miljoen ton rys wat verlede jaar in Thailand geproduseer is, is na Afrika uitgevoer. Nigerië, Benin, die Ivoorkus en Suid-Afrika is van die grootste ryskopers op die vasteland.
RPO ongelukkig met Namibiese vleisbedryf
Die rooivleisprodusente-organisasie van Suid-Afrika vergader binnekort met sy Namibiese eweknie. Dit het gebeur na ʼn Namibiese kabinetsbesluit om die skaapbedryf se ses-tot-een-skema met ʼn aanpasbare ad valorem-heffing van vyftien tot twintig persent te vervang. Die RPO is van mening dat die nuwe skema die Suid-Afrikaanse mark gaan benadeel.
Pomelovolumes in Japan styg
Die uitvoerende hoof van die sitruskwekersvereniging, Justin Chadwick, sê die volume van verkope van pomelo’s in Japan het bo die driejaar-gemiddeld gestyg. Dit word toegeskryf aan die smaaklikheid van die Suid-Afrikaanse vrug, asook ’n promosieveldtog wat deur die departement van handel en nywerheid befonds word.
Donderdag, 5 Augustus 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agriconnect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting kontak 012 843 5714
Internasionale suiwelpryse daal
Internasionale suiwelpryse het eergister op die Fonterra-veiling skerp gedaal. Die gDT-TWI-indeks, wat suiwelpryse deur die bank verteenwoordig het met agt komma drie persent gedaal. Dit was dan ook die laaste maandelikse veiling wat Fonterra aanbied, aangesien die veilings nou elke twee maande sal plaasvind.
Katoenproduksie tel kop op
Ná drie agtereenvolgende seisoene van produksie-afnames, verwag die internasionale katoenadvieskomitee dat wêreldkatoenverbruik sal toeneem en met twee persent sal groei. Die toename in katoenproduksie sal deur die VSA aangevuur word waar produksie na verwagting met vyftig persent tot vier komma een miljoen ton sal toeneem.
Wêreldvoedselorganisasie steun energiegewas
Produsering van die energiegewas Jatropha vir die maak van biodiesel kan ’n bykomende inkomste vir ontwikkelende boere genereer. So sê die Verenigde Nasies se voedsel en landbou-organisasie, die FAO, en die internasionale fonds vir landbou-ontwikkeling, IFAD, in ’n gesamentlike verslag. Volgens die organisasies is meer navorsing egter nog nodig voordat die plant as ekonomiese gewas geproduseer kan word.
Agri Inspec ontbloot langlewemelkinvoere
Die melkprodusente-organisasie se moniteringsmaatskappy, Agri Inspec, het onderverklarings rakende UHT-melk in Namibië ontdek. Die invoerders het die UHT-melk vir twee rand, vyftig sent per liter verklaar, terwyl UHT-melk teen ’n hoër prys geproduseer word. Namibiese doeane het die besending gekonfiskeer en boetes sal eersdaags uitgereik word.
Woensdag, 4 Augustus 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Grondeienaars gewaarsku
Georganiseerde landbou wil grondeienaars ernstig maan teen die gebruik van tuisgemaakte toestelle om hul produkte en ander bates te beskerm. Volgens die Transvaalse landbou-unie van Suid-Afrika mag hierdie toestelle deur Eskom-personeel afgeskakel word gedurende die uitvoering van hulle pligte op privaat grond. Eskom het van sy kant af onderneem om doeltreffende voorafkommunikasie met grondeienaars aan te gaan, voordat eiendom betree word.
Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar aangewys
Die Agri Wes-Kaap/Santam Landbou se 2010 Jongboer van die Jaar is tydens ’n gala-geleentheid te Rawsonville aangewys. Die wenner, Jan Viljoen, boer op die plaas Middelplaas in die Caledon-distrik met onder andere persimmons, pere en skape. Jan gaan as provinsiale wenner deur na die nasionale Jongboer van die Jaar-kompetisie wat later vanjaar plaasvind.
Rooivleisprodusente-organisasie ondersoek goedkoop vleis
Die nasionale RPO het Agri Inspec opdrag gegee om ondersoek in te stel na die invoer van beesvoorkwarte uit Botswana. Na bewering is die voorkwarte sowat ses rand per kilogram goedkoper as die plaaslike produk. Die bevinding van die verslag deur Agri Inspec is ook bespreek met die Botswana Cattle Producers Association wat die aangeleentheid verder sal opneem met die Botswana Meat Comission.
Engeland ondersoek gekloonde melk
Die Britse voedselstandaardagentskap, die FSA, sê hy ondersoek tans die moontlikheid dat melk van ’n gekloonde koei in die land se suiwelvoorraad gevoeg is. Die aankondiging het gebeur nadat ’n ongeïdentifiseerde produsent die International Herald Tribune <http://www.nytimes.com/2010/07/30/business/global/30cloning.html vertel het dat hy melk van ’n gekloonde koei gebruik as deel van sy daaglikse produksie.
Dinsdag, 3 Augustus 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Kommersiele mielieoes bly onveranderd
Die Nasionale Oesskattingskomitee het sy verwagte kommersiële mielieoessyfers onveranderd gelaat. Dit het gebeur nadat vyftig persent van die mielieoes gestroop is as gevolg van laat reëns wat die oesproses vertraag het. Die oppervlakte onder mielies is ook onveranderd gelaat.
RPO versoek klimaatprojek
Die Rooivleisprodusente-organisasie het die land se veebedryf versoek om ’n projek te ondersteun waarin die invloed van klimaatsverandering op veeboerdery ondersoek word. Die projekte poog om die koolstofspoor van vee in Suid-Afrika te kwantifiseer. Die veebedryf word daarvan beskuldig dat veeproduksiestelsels ’n groot koolstofvoetspoor laat.
Kaktus om vee in Oos-Afrika te voed
’n Wildgroeiende kaktusspesie kan eersdaags gebruik word om lewendehawe in Oos-Afrika gedurende droogtetye te voer, het die Keniaanse Navorsingsinstituut gesê. Volgens navorsers kan die Opuntia-kaktus veeboere help om hul vee tydens erge droogtes aan die lewe te hou.
Nieu-Seeland open deur vir roumelk van die EU
Die Nieu-Seelandse regering het besluit om roumelkprodukte vanaf die Europese Unie in te voer. Voorheen is slegs gepasteuriseerde of hittebehandelde suiwelprodukte na Nieu-Seeland ingevoer. Volgens die EU-kommissaris vir gesondheid en verbruikersbeleid, John Dalli, het die besluit gekom na noue samewerking tussen Nieu-Seeland en die EU.
Maandag, 2 Augustus 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Landbou verloor werkers
Statistiek Suid-Afrika se kwartaallikse verslag toon dat die primêre landboubedryf sowat twee-en-dertigduisend werkers verloor het gedurende die tweede kwartaal van 2010. Tot dusver het die bedryf alreeds sowat honderdduisend werksverliese ondervind. Laer kommoditetispryse, arbeidsregulasies, en die uitwerking van verlede jaar se ekonomiese resessie kry alles die skuld vir die werksverliese.
Laaggeprysde invoere onder die loep
Die Melkprodusente-organisasie, die MPO, het vroeër die week samesprekings gevoer met die internasionale handels administrasie komitee, of Itac. Die samesprekings was grootliks gemoeid met laaggeprysde suiwelinvoere en moontlike stappe wat daarteen geneem kan word. Dit is veral kaas en melkpoeier wat ver onder die wereldmarkprys ingevoer word.
Nuwe organisasie vir Mpumalanga landbouers
Mpumalanga boere het ‘n loodskomitee saamgestel om beslag te gee aan ‘n nuwe landbouersorganisasie. Die organisasie sal in die plek kom van Agri Mpumalanga wat vrywillig gelikwideer gaan word. Meer hieroor later in die program.
MPO Vrystaat hou kongres
Die MPO Vrystaat hou sy kongres en algemene jaarvergadering op 12 Augustus by Aldam Landgoed. Die tema van die kongres is, 'Vraag en aanbod – die produsent se rol'. Die sprekers sluit die adjunk-minister van landbou, bosbou en vissery, dr. Pieter Mulder, en dr. Jan du Plessis in. Vir meer inligting, skakel Veronica Marais by 051 444 4603 of e-pos haar by mpovrystaat@ripplesoft.co.za.
Donderdag, 29 Julie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
AgriSA steun landelike ontwikkeling
Ná afloop van ’n voorlegging deur die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, het Agri Suid-Afrika gesê dat hy landelike ontwikkeling steun, mits dit reg bestuur word. Volgens dr Theo de Jager, visepresident van Agri SA, moet daar egter dringend aandag gegee word aan voorstelle vir grondplafonne, aangesien dit kommersiële landbou ’n groot knou kan toedien.
VN loof Namibië vir vinnige optrede
Die Verenigde Nasies se voedsel en landbou-organisasie, die FAO, het Namibië geloof vir dié land se vinnige optrede om ’n uitbreking van Slenkdalkoors te beheer. Volgens Jacques Diouf, direkteur-generaal van die FAO, het Namibië se vinnige optrede verdere uitbrekings van Slenkdalkoors verhoed. Die siekte is 25 jaar laas in Namibië aangemeld.
MPO Vrystaat en Noord-Kaap hou jaarkongres
Die Melkprodusente-organisasie Vrystaat en Noord-Kaap hou op 12 Augustus hul jaarlikse kongres te Aldam Estate, Ventersburg. Die adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, dr Pieter Mulder sal by die geleentheid die openingspreker wees. Die uitvoerende hoof van die MPO, Bertus de Jongh, sal tydens die geleentheid die rol van die MPO bespreek.
Geldelike inspuiting vir Tanzaniese lemoenproduksie
Organiese lemoenproduksie in Tanzanië gaan eersdaags ’n finansiële inspuiting van tweehonderd-en-veertigduisend euro ontvang. Die Tanzaniese organiese landboubeweging gaan die fondse gebruik om kleinboere te help wat organies met lemoene boer. Sowat agtduisend kleinboere sal voordeel trek uit die befondsing.
Woensdag, 28 Julie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Suid-Afrikaanse lemoene by nasionale kampioenskappe
Suid-Afrikaanse lemoene is weereens die voorkeurvrug by vanjaar se Amerikaanse nasionale jeugsokkerkampioenskappe. Volgens die uitvoerende hoof van die Wes-Kaapse sitrusprodusenteforum, Joretha Geldenhuys, sal die forum duisende Suid-Afrikaanse lemoene aan spelers en toeskouers verskaf tydens die kampioenskappe.
Olywe gee wynbedryf opdraand
Die Suid-Afrikaanse olyfbedryf is besig om in ’n mededinger vir die plaaslike wynbedryf te ontwikkel. Volgens Andries Rabie, besturende direkteur van Willow Creek in die Nuyvallei in die Wes-Kaap, het die olyfbedryf gegroei van sowat tweeduisend ton olyfolie in 2000 tot seweduisend ton verlede jaar geproduseer. Meer olyfbome word ook geplant op groot gedeeltes wat voorheen onder wingerd beplant is.
AgriSETA-opleiding begin weer
Die Soutpansbergdistrik-landbou-unie begin eersdaags weer met AgriSETA opleiding. Volgens Stephen Hoffman, voorsitter van die SDLU sal kursusse in ondermeer trekkeronderhoud, basiese noodhulp, en vurkhyserbestuur aangebied word vanaf 2 Augustus tot 2 November. Die kursusse word in Louis Trichardt, Levubu, Waterpoort, en Bo-Brak gehou.
Droogte bly Australië knou
Die voortslepende droogte in Nieu-Suid-Wallis, Australië, is steeds besig om dié staat te knou. Ondanks goeie neerslae oor groot gedeeltes van die staat, gaan dertien komma vier persent van die staat nog gebuk onder droogte, met vier-en-veertig persent wat op die rand van droogte staan.
Dinsdag, 27 Julie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Beraad oor plaaswerkers bekyk werksomstandighede
Die beraad oor plaaswerkers wat eersdaags in die Wes-Kaap sal plaasvind, gaan ondermeer kyk na werks- en lewensomstandighede van plaaswerkers. Die doel van die beraad is om landbouwetgewing in die toekoms te help formuleer. Die voorsitter van die tweedaagse beraad sal dan ook die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Pettersson, wees.
Verbeterde siektebeheer kan miljarde spaar
Die verenigde nasies se voedsel en landbou-organisasie, die FAO, sê dat regerings miljarde Amerikaanse dollar kan spaar deur siektebeheer in lewende hawe toe te pas. Volgens die organisasie kan sekere dieresiektes ook na mense oorgedra word. Landgebruik, ekologiese faktore soos klimaatsverandering en meer handelsooreenkomste is alles bydraende faktore wat siektebeheer en -voorkoming kan beïnvloed
Groter Marokkaanse sitrusuitvoere
Marokkaanse sitrusuitvoere vanjaar het ’n styging van nul komma vyf persent getoon in vergelyking met sitrusuitvoere dieselfde tyd verlede jaar. Totale sitrusuitvoere vanuit die land staan tans op vierhonderd-vyf-en-tagtigduisend ton. Dit is veral die kleiner sitrussoorte wat die grootste styging getoon het.
Ierland verwag groter melkuitvoere
Ierland verwag groot melkuitvoere wanneer uitvoerkwotas in 2015 opgehef word. Volgens Michael Barry, direkteur van die Ierse suiwelbedryfvereniging het die Ierse regering ’n nuwe uitvoerstrategie in gedagte waarby die voedselbedryf die meeste aandag sal geniet.
Maandag, 26 Julie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Kunsmisprysverwagtinge vir Augustus
Internasionale pryse van veral ureum het oor die afgelope twee weke skerp toegeneem, daarteenoor het die prys van fosfaatprodukte ook gestyg, sê Corné Louw, senior ekonoom van Graan Suid-Afrika. Volgens Louw kan die pryse van ureum- en fosfaatgebaseerde produkte in Augustus 2010 in die plaaslike mark ook styg, indien dié tendens deur Julie 2010 voortduur.
Nuwe kompetisie vir versnitwyn
Die Absa-bankgroep en die Pinotage Assosiasie het verlede week ’n nuwe wynversnitkompetisie aangekondig. Die Absa-Perold- Kaapse versnitkompetisie is daarop gemik om ’n kenmerkende karakter vir die samestelling van ’n ware Kaapse versnitwyn te ontwikkel. Die wenner van die kompetisie sal in 2011 aangekondig word.
Internasionale erkenning vir MPO-hoof
Bertus de Jongh, uitvoerende hoof van die Melkprodusente-organisasie, is gekies om as sessievoorsitters op te tree tydens vanjaar se beraad vir die gesamentlike bemarking van melk in Nieu-Suid-Wallis in Sydney, Australië. Die sessie, getiteld ‘Kry jou huis in orde,’ sal fokus op bestuurskwessies in die internasionale suiwelbedryf.
Koring-aanplanting bly minder
Die nasionale oesskattingskomitee het sy voorlopige oppervlakteskatting vir koring bekend gemaak. Daarvolgens beloop die voorlopige skatting van die oppervlakte onder koring sowat vyfhonderd-en-sewentigduisend hektaar, wat elf komma drie persent minder is as die aanplanting van verlede seisoen. Volgens produsente kan die afname in verwagte aanplantings van koring hoofsaaklik toegeskryf word aan ongunstige pryse vir dié gewas.
Donderdag, 22 Julie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Sitruskenner waarsku oor pryse
Die markbestuurder van die Franse voedselnavorsingsmaatskappy, Cirad, Eric Imbert, het plaaslike sitruskwekers tydens die Wêreldsitruskonferensie in Kaapstad gewaarsku dat Europese steenvrugoeste vanjaar later en groter gaan wees. Dit mag dalk druk op vrugtepryse op die vasteland uitoefen en vrugteuitvoere na Europa ʼn knou toedien.
Ernstige rypskade
Intussen het ryp skade van sowat honderd-en-dertig miljoen rand aan aartappel en tamatie-oeste aangerig. Volgens die voorsitter van die Nasionale Afrika Boereorganisasie in Limpopo, Joe Gondo, is dit die eerste keer in veertig jaar dat skade van so ’n omvang in die provinsie aangemeld is.
MPO Oos-Kaap hou jaarvergadering
Die melkprodusente-organisasie Oos-Kaap hou op vier Augustus sy jaarvergadering en kongres. Tydens die vergadering sal verskeie sake rakende die suiwelbedryf in die Oos-Kaap aangespreek word. Die Oos-Kaapse handelsmerk en bemarkingsprojek sal ook tydens die kongres uitgelig word.
Landbou-organisasie bekyk natuurlewe
Die Verenigde Nasies se voedsel-en-landbou-organisasie, die FAO, is tans besig om ’n model saam te stel wat konflik tussen kleinboere en natuurlewe in Afrika behoort te verminder. Volgens die FAO vernietig wild soos olifante en seekoeie oeste ter waarde van tussen sestig en vyfhonderd Amerikaanse dollar per jaar per kleinboer in ontwikkelende lande op die kontinent.
Woensdag, 21 Julie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Landbou-unie bedank LUR
Die Transvaalse landbou-unie van Suid-Afrika se noordstreek-voorsitter, Jan Viljoen, het die LUR van veiligheid en sekuriteit, Dikeledi Magadzi, bedank vir haar ondersteuning. Volgens Viljoen hoop TLU SA om die samewerkingsverhouding tussen die organisasie en die regering nog verder uit te bou.
Nuwe wetgewing vir wynsuiwering
Nuwe wetgewing deur die departement van landbou, bosbou en visserye, het die gebruik van ultraviolet lig vir vloeistofsuiwering in wynkundige praktyke die groen lig gegee. Suid-Afrikaanse wynmakers kan dus eersdaags begin om tradisionele wynfiltreringstelsel met ligsuiweringstegnologie te vervang.
Herold-landboufees
Die Herold-landboufees vind eersdaags weer vanaf 2 tot 4 September plaas. Volgens die voorsitter van die feesgenootskap, Weeber Truter, bied die landboufees verskeie aktiwiteite aan wat veral op deelname van die jeug gemik is. Skole uit die Wes-Kaap, wat lede van die Wes-Kaap Jeugskouvereniging is, sal ook vanjaar deelneem aan die Agri Herold Jeugskou.
Amerika plaas verbod op Kanadese groente
Die Amerikaanse departement van landbou het ’n verbod geplaas op die invoer van heel Kanadese tamaties en soetrissies. Die besluit kom ná vrese dat peste Amerikaanse landbou ’n knou kan toedien. Volgens die departement voer Kanada soetrissies en tamaties van lande af in wat bekend is vir plaagsiektes.
Maandag, 19 Julie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Nuwe landbouvennoot vir landboubesigheid?
Die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) mag dalk eersdaags ’n vennoot van landboubesigheid in Suid-Afrika word. Volgens die Landboubesigheidskamer, is die VAE tans besig met ’n ondersoek na lande waar daar in landbou belê kan word. Die VAE het reeds begin om grond in Soedan te huur en kyk nou na lande soos Suid-Afrika as vennoot in die landboubedryf.
Gunstiger voerpryse laat melkvolumes bult
Die gunstiger voerpryse en beskikbaarheid van veral ondergraadmielies is van die faktore wat verhoogde melkproduksie tans dryf. Hoër as verwagte melkvolumes is tot dusver hierdie winter gelewer en rekordproduksiesyfers is in April en Mei aangeteken.
Melkverwekingsaanleg vir Oos-Kaap
Die landbouverwerkingsbedryf in die Oos-Kaap het verlede week ’n hupstoot gekry met die amptelike opening van die Sunningdale melkverwerkingsaanleg in Oos-Londen. Die honderd-en-veertigmiljoen rand fabriek sal aanvanklik honderd-en-twintigduisend liter melk per dag verwerk en werk aan sowat tweehonderd-en-vyftig mense verskaf.
Wildboer en Cape Nature onderhandelinge geslaag
Onderhandelinge tussen Wildbedryf Suid-Afrika en Cape Nature in die Wes-Kaap, het tot ’n nuwe ooreenkoms gelei. Volgens die ooreenkoms sal wildboere in die Wes-Kaap toegelaat word om baie meer inheemse spesies in die provinsie te vestig. Diere wat nou wettiglik in die provinsie aangehou mag word, sluit in gemsbokke, waterbokke, rooihartebeeste en ander.
Woensdag, 14 Julie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Duur elektrisiteitstariewe
’n Nuwe markverslag wat die effek van hoër elektrisiteitstariewe op besproeiingsboerdery ondersoek, is onlangs deur die nasionale Landboubemarkingsraad bekend gestel. Volgens die verslag word daar bereken dat elektrisiteitskoste in 2015 tot sowat drieduisend-vyfhonderd-een-en-vyftig rand per hektaar gaan beloop vir mielies onder besproeiing.
Varkvleisinvoere effens laer
Varkvleisinvoere het in sekere snitte gedaal, terwyl ander snit-invoere ’n merkbare groei getoon het. Volgens die Suid-Afrikaanse varkvleisprodusente-organisasie is agthonderd-vier-en-sestig komma vier-vier ton ribbetjies in Junie ingevoer. Dit is sowat vyfhonderd-en-drie ton minder as gedurende Mei. Daarenteen het ham-invoere met sowat vier-en-sestig ton gestyg.
Wêreld suiwelekspo
Die wêreldsuiwelekspo vind eersdaags in Amerika plaas. Die ekspo, wat vanaf 28 September tot 1 Oktober sal plaasvind, bied aan afgevaardigdes die geleentheid om die nuutste suiweltegnologie te besigtig en kennis te maak met kenners in suiwelaangeleenthede. Seminare sal ook tydens die ekspo aangebied word.
Kleiner kersie-oes vir Amerika
Steeds in die Verenigde State: Die Amerikaanse staat van Washington lewer tans die kleinste kersieoes in jare. Volgens berigte sal die 2010-oes tussen twaalf miljoen en dertien komma vyf miljoen bokse kersies oplewer. Intussen verwag boere dat kersies wat later ryp word, ’n beter oes sal lewer.
Dinsdag, 13 Julie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Vryloop en ander regulasies bekyk
Die departement van landbou, bosbou en visserye het onlangs die konsepregulasies rakende suiwelprodukte, hersien en wysigings aangebring. Volgens Barbara Bieldt, bestuurder van markbeskerming van die melkprodusente-organisasie, word die dokument tans in die bedryf gesirkuleer vir kennisname en kommentaar.
Inligtingsdag vir jong boere
Agri Wes-Kaap hou op 28 Julie 2010 ’n inligtingsdag op Rawsonville. Die ekonomiese geleenthede in die landbousektor, die rol van landbou in die beleidskomitee van die presidensie en die huidige ekonomiese klimaat gaan bespreek word.
Kameelmelk vir die EU?
Kameelmelk kan eersdaags na EU-lande uitgevoer word. Volgens Dairyreporter.com het die Verenigde Arabiese Emirate ’n versoek tot die EU gerig om kameelmelk uit te voer. Indien die versoek toegestaan word sal kameelmelk ’n toetrede maak tot die suiwelmark en met koei- en bokmelk meeding.
China vind nóg melamien in suiwel
Chinese voedselveiligheidsowerhede het op nog suiwelprodukte beslag gelê wat met melamien besmet is. Sowat vier-en-sestig ton rou suiwelprodukte wat met melamien besmet is, is by ’n suiwelverwerkingsaanleg in die Qinghai-provinsie in die noordweste van China gevind.
Maandag, 12 Julie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Strategiese vennootskap bespreek
Die landboubesigheidskamer, LBK, is tans in gesprek met die departement van plaaslike ontwikkeling en grondsake. Die doel van die gesprek is om ’n strategiese vennootskap te vestig wat landboubesighede sal toelaat om meer aktief betrokke te raak by die ondersteuning van grondhervormingsprojekte.
Suiwelpryse daal op Fonterra-veiling
Die prys waarteen produkte op Fonterrra se Julie-veiling verkoop is, is dertien komma sewe persent laer as op die Junie-veiling, sê MPO-ekonoom, doktor Koos Coetzee. Pryse het egter grootliks varieer. Die prys van gedehidreerde melkvet het met veertien komma een persent gedaal, volroommelkpoeier met drie komma vier persent en afgeroomde melkpoeier met ses komma twee persent.
Sitrus verslag
Die Suid-Afrikaanse sitrusverslag het onlangs verskyn. Volgens die verslag word daar geraam dat die 2009/2010 bemarkingsjaar ’n verhoogde lemoenoes van een komma vyf miljard metrieke ton gaan lewer. Die verslag skryf die verhoogde oes toe aan beter weersomstandighede wat vanjaar geheers het.
Trekkerverkope bly daal
Die Suid-Afrikaanse Landboumasjienerie-assosiasie berig dat trekkerverkope in Junie elf persent laer is as in Junie verlede jaar. Driehonderd-sewe-en-sewentig eenhede is gedurende Junie verkoop. Trekkerverkope vir die jaar tot dusver is nou byna vyftien persent laer as verkope vir dieselfde tydperk verlede jaar.
Donderdag, 8 Julie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Nuwe biobrandstofmaatskappy vir Suid-Afrika
’n Nuwe biobrandstofmaatskappy verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch is onlangs in Sandton geloods. Stellenbosch Biomass Technologies (SBMT), hoop om binne die volgende twee jaar ’n aanleg op dié Bolandse dorp gereed te hê om die lewensvatbaarheid van die projek te demonstreer.
Mosambiekse kasjoeneutproduksie styg
Mosambiekse kasjoeneutproduksie behoort tot honderd-sewe-en-twintigduisend ton per jaar binne die volgende vyf jaar te styg. Dit het gebeur nadat die land aangekondig het dat hy ’n intensiewe program gaan loods om kasjoeneutaanplantings te bevorder. Mosambiek produseer tans sowat negentigduisend ton kasjoeneute per jaar.
Melamienvlakke in voedsel bekyk
Die toelaatbare vlakke van melamien in voedsel het onlangs weer onder die loep gekom, berig die Verenigde Nasies se voedsel en landbou-organisasie, die FAO. Volgens die VN se voedselstandaardeliggaam, die kodeks-alimentarius-kommissie, is die maksimum toelaatbare hoeveelheid melamien in formulemelk een milligram melamien per kilogram formulemelk en in ander voedsel en dierevoere twee-en-’n-half milligram per kilogram.
Kleiner VSA mielie-aanplantings
Die Amerikaanse departement van landbou het aangekondig dat die land vanjaar minder mielies aangeplant het as wat markte verwag is. Volgens die departement word die totale aanplanting van mielies op sowat vyf-en-dertig komma vyfmiljoen hektaar geskat. Volgens John Anderson, ’n ekonoom van die Amerikaanse plaasburo, het die meeste markte ’n aanplanting van ten minste ses-en-dertigmiljoen hektaar verwag.
Dinsdag, 6 Julie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Nuwe MPO tak gestig
Die melkprodusente-organisasie het verlede week Vrydag ’n nuwe tak in die sentrale Gauteng-streek gestig. Melkbokboere van ses plase het die stigtingsvergadering op uitnodiging van Danie Schutte, voorsitter van die MPO Noord-streek bygewoon. Rina Belcher van Belnori is tydens die vergadering aangewys as die voorsitter van die nuwe tak.
Sesde katoen-oesskatting toon oes-afname
Die sesde vooruitskatting vir Suid-Afrika se plaaslike katoenoes dui op ’n totale katoenoes van 38 842 bale vesel. Dit is sowat 14% minder as verlede seisoen se katoenoes. Dit is ook die kleinste oes sedert die vroeë sestigerjare.
Vroueboere moet ondersteun word – FAO
Die verenigde nasies se voedsel en landbou-organisasie, die FAO, het onlangs gesê dat vroueboere dieselfde toegang tot landbou-hupbronne moet hê as hul manlike eweknieë. Volgens die organisasie produseer vroueboere meer as die helfte van die wêreld se voedsel, maar sukkel om toegang tot hulpmiddels soos opleiding en markte te kry.
Britse suiwelbedryf kyk na alternatief tot pasteurisering
Ultravioletlig kan eersdaags voorgehou word as ’n ‘groen’ alternatief tot tradisionele pasteurisering in suiwelprodukte. Dit het aan die lig gekom nadat die Britse suiwelorganisasie, Dairy UK, onlangs ’n aantal werkswinkels saam met die Koolstoftrust aangebied het. Gedurende hierdie vergaderings is ultravioletlig-pasteurisering aangewys as die mees omgewingsvriendelike alternatief tot tradisionele pasteurisering.
Woensdag, 30 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Vrystaat suiwelprodusente oor algemeen positief
Die voorsitter van die Vrystaatse Melkprodusente-organisasie, Koos Pienaar, sê dat suiwelprodusente in die provinsie redelik positief oor die bedryf is. Volgens Pienaar bring laer mieliepryse verligting vir produsente wat bekommerd is oor moontlike laer produsentepryse.
Suiwelpryse plat moontlik af teen einde 2010
Intussen berig Rabobank dat die skerp styging in internasionale suiwelpryse na verwagting teen die einde van die jaar sal begin afplat. Dit is as gevolg van ’n groter suiwelvoorraad vanaf produsente in die suidelike halfrond.
Plaaslike tee vir verbeterde voedselveiligheid
Die Verenigde Nasies se voedsel en landbou-organisasie, die FAO, het tee-produserende lande gevra om hulle produk eerder plaaslik beter te bemark, as om groter teeplantasies aan te plant. Die organisasie het gewaarsku dat meer teeplantasies die teeprys op die langtermyn ’n knou kan toedien. Intussen bly die uitvoermark vir groen tee vinniger styg as dié van swart tee.
Marokkaanse sitrusmark groei
Sitrusproduksie in Marokko in Noord-Afrika, behoort na verwagting met sowat agt persent te styg in vergelyking met verlede jaar. Die oesskatting vir dié land se 2009/2010-seisoen, word beraam op sowat een komma vier miljoen ton. Intussen is sitrus-uitvoere een persent laer as verlede jaar.
Dinsdag, 29 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Bedryfsorganisasies vergader met kommissie
’n Reeks vrae wat onlangs deur die Mededingingskommissie geopper is, het doktor John Purchase, hoofuitvoerende beampte van die Landboubesigheidskamer, die departement van landbou, bosbou en visserye, asook die nasionale landboubemarkingsraad genoop om met die kommissie te vergader. Na afloop van die vergadering is besluit dat die onderskeie rolspelers die uitruil van inligting in die bedryf sal bestudeer, ten einde wetlike voorskrifte na te kom. Die idee is om aksies wat kartelvorming kan aanmoedig, te voorkom.
Tegniese skakelingskomitee vergader
Die MPO se tegniese skakelingskomitee vergader eersdaags om suiwelinvoere te bespreek. Die komitee gaan onder andere die bekamping van onwettige invoere bespreek. Barbara Bieldt, voorsitter van die komitee, sê dat die MPO tevrede is met die noue samewerking wat tussen die verskillende rolspelers geskied.
Meer vrugte na VSA
Sowat twintig persent meer Suid-Afrikaanse sitrusvrugte sal na Amerika uitgevoer word. Volgens Freshplaza.com het die eerste besending nawel-lemoene, nartjies en pomelo’s Amerika verlede week bereik. Sowat tweeduisend-agthonderd palette is afgelaai.
Verdere uitbrake van bek-en-klouseer in Japan
Nóg twee gevalle van bek-en-klouseer is in die Japanese provinsie van Miyazaki aangemeld. Volgens die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid, is die gevalle in ’n opvolgverslag aangemeld. Dit volg nadat die eerste gevalle van die siekte op 16 Junie vanjaar aangemeld is. Tweehonderd-een-en-tagtig stuks vee is intussen van kant gemaak.
Maandag, 28 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600.
Graan SA rig koringtarief versoekGraan Suid-Afrika het ’n dringende versoek tot die internasionale handelsadministrasie-kommissie gerig om die koring-tariefaanpassing wat op 30 April gemaak is, so gou moontlik te fasiliteer. Volgens die aangepaste tariefformule vir koring, moet die koringtarief, wat tans honderd-sewe-en-veertig rand en sewentig sent beloop, na tweehonderd-en-sestig rand en twee-en-negentig sent verhoog.
Landboubesighede borg studente
Tien studente vanuit vier universiteite in Suid-Afrika, het geleentheid gekry om die Landboubesigheidskamer se kongres in Somerset-Wes by te woon. Die universiteite is genooi om hulle top studente in landbou-ekonomie of toepaslike landboustudievelde te kies om die kongres by te woon. Verskeie landboubesighede het die studente geborg.
Hoër pryse vir vee voorspel
Volgens die jongste verslag van die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbou-organisasie, behoort die prys van lewendehawe oor die volgende dekade te styg. Intussen styg die wêreld-aanvraag na vleis baie vinniger as vir enige ander landboukommoditeit. Volgens die verslag is die groeiende welvaart in ontwikkelende lande, die rede vir die stygings.
Italiaanse landbou in die moeilikheid
Landbou in Italië is in die moeilikheid nadat ongekende storms in dié land amok veroorsaak het. Volgens die webwerf, Freshplaza.com, het talle storms grootskaalse verwoesting aan boorde, wingerde en groenteplase aangerig. Die skade beloop nagenoeg eenhonderd miljoen euro.
Donderdag, 24 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600
Suid-Afrikaanse pomelo’s na VSA
Die eerste pomelo’s wat vanuit Suid-Afrika af ingevoer word, het Amerika gister bereik. Daar word verwag dat die Suid-Afrikaanse sitrusproduk die Amerikaanse mark gaan stormloop. Amerikaanse verbruikers is gewoond aan geel pomelo’s en die Suid-Afrikaanse rooi pomelo’s sal vir hulle ’n nuutjie wees.
Rooivleisprodusente-organisasie wys bestuur aan
Die rooivleisprodusente-organisasie het sy nuwe bestuur vir die volgende termyn aangewys. Die aanwysings is tydens die afgelope algemene jaarvergadering aangewys. John Dürr is aangewys as voorsitter, terwyl Louis Wessels die vise-voorsitter sal wees.
Studie toon alternatief tot grondaankope aan
Volgens ’n verslag deur die internasionale instituut vir omgewingsontwikkeling, bestaan daar wel alternatiewe vir grootskaalse grondaankope in ontwikkelende lande. Die verslag stel onder meer voor dat inklusiewe vennootskappe tussen kleinboere en maatskappye aangegaan word, wat beide partye sal bevoordeel.
Biologiese beheer teen mieliefungus
Wetenskaplikes het ’n biologiese manier ontwikkel om toekomstige infeksie van mielies deur die fungus, aflaksatoksien, te voorkom. Die fungus het vanjaar alreeds sowat twee komma drie miljoen sakke mielies in Kenia onbruikbaar gemaak. Die aflaksatoksien is ’n gevaarlike fungus wat tot lewerkanker in die mens kan lei.
Dinsdag, 22 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600
Koue beskadig Soutpans-groente
Onverwagse koue in die Soutpansbergstreek, het groot skade aan groente in die gebied aangerig. Volgens die voorsitters van die onderskeie boereverenigings in Alldays, Vivo en Waterpoort, is veral spanspekke, babagroente, tamaties en suikermielies erg getref. Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg distrikslandbou-unie, het gesê dat markte beslis deur die koue beïnvloed sal word, en dat tekorte verwag kan word.
Kaaspryse bly styg
Volgens syfers vanaf die moniteringsgroep, Business Monitor International, het die kleinhandelprys van grootmaat cheddar-kaas vanaf Januarie 2010 tot Mei 2010 aansienlik gestyg. Die bedryfsyfers in die kwartaalverslag dui op ’n sterk korrelasie tussen kleinhandel- en verskafferspryse.
Reën bring verligting vir gewasse in Overberg
Deurdringende reën in die Overberg het welkome verligting gebring na ’n strawwe somer. Volgens die Overberg distrikslandbouvereniging het koring en ander gewasse goed ontkiem. Boere is ook tevrede met die standdigtheid van die gewasse en sê dat die reën ondergrondse watervlakke goed sal aanvul.
Verenigde State halveer kersie-oesberaming
Die Amerikaanse departement van landbou se statistiese diens het bekend gemaak dat die verwagte 2010-oes vir kersies met ’n vrank smaak, sowat ses komma sewe miljoen pond sal wees. Dit is sowat veertig persent laer as verlede jaar se oesskatting. In teenstelling daarmee word die soetkersie-oes op sowat driehonderd-en-vyftien duisend vierhonderd ton geskat. Dit is sewe-en-twintig persent minder as in 2009, maar sewe-en-twintig persent meer as in 2008.
Maandag, 21 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600
Nuwe landbou verslag sien die lig
Die organisasie vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling het, in samewerking met die Verenigde Nasies se voedsel en landbou-organisasie, ‘n nuwe landbouverslag saamgestel. Volgens die verslag behoort die gemiddelde koring- en graanpryse oor die volgende tien jaar, tussen vyftien en veertig persent hoër te wees as die gemiddelde pryse wat van 1997 tot 2006 behaal is.
Boere ontsteld oor melkinvoere
Melkinvoere vanaf Argentinië het melkboere in Oos-London woedend. Volgens ’n berig in die Saturday Dispatch, het ‘n supermarkgroep in die gebied besluit om ‘n groot hoeveelheid Argentynse melk in te voer. Die melk verhandel teen sowat ‘n rand goedkoper as plaaslike melk.
Nuwe piesang-kultivar teen verwelkingsiekte
Ugandese wetenskaplikes het ‘n nuwe geneties-gemodifiseerde piesangkultivar ontwikkel wat weerstand toon teen piesangverwelkingsiekte. Piesangs is Uganda se hoofuitvoerproduk, met sowat sewentig persent van die bevolking wat daarop staatmaak as stapelvoedsel.
Wêreldrekord vir Potgietersrus
Die wêreldrekord vir die gaarmaak van die langste boerewors setel nou in Potgietersrus. Dit volg nadat die Potgietersrus distrikslandbou-unie ‘n wors van nie minder nie as drie-honderd-en-agt meter gebraai het. Die voorsitter van die Potgietersrus DLU, Phillippie de Beer, sê dat dit die unie se manier was om betrokke te raak by die Stop Misdaad-veldtog.
Donderdag, 17 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600
Gemiddelde verbruikerspryse styg
Die gemiddelde verbruikersprys vir suiwelprodukte het vanjaar met een komma vier sewe persent gestyg. Terselfdertyd het die verbruikersprys van vier uit die agt produkte in die suiwelgroep afgeneem. Die gemiddelde styging in die verbruikerspryse van die suiwelgroep is die sewende-hoogste van die twaalf voedselgroepe wat deur die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerders-organisasie ondersoek is.
Nuwe myn bedreig landbou
Die voorsitter van die Soutpansberg distrikslandbou-unie, Stephen Hoffman, sê dat die nuwe Boikarabelo steenkoolmyn skynbaar op die walle van die Limpoporivier gebou gaan word. Die inligting het aan die lig gekom nadat die omvangsverslag van die myn onlangs bekendgestel is. Volgens Hoffman sal die myn boere direk affekteer, aangesien hulle water uit die Limpopo gebruik vir voedselproduksie.
Nuwe wasmiddel vir hoenderkarkasse
Navorsers aan die Amerikaanse departement van landbou, het ‘n alternatief vir gechlorineerde spoelmiddels ontwikkel om hoenderkarkasse mee af te was. Deur hoenderkarkasse met ‘n oplossing van vetsure en kalium-hidroksied af te was, kan verwerkers nou die karkasse sonder chloor ontsmet. Chloor ontsmettingsmiddels word onder meer deur die Europese Unie verbied.
Landbou-ekonomiese konferensie
Die landbou-ekonomiese vereniging van Suid-Afrika in oorleg met die Afrika vereniging vir landbou-ekonome, gaan vanaf 19 tot 23 September ‘n internasionale kongres aanbied. Sowat driehonderd-en-vyftig afgevaardigdes sal die geleentheid by die Westin Grand hotel in Kaapstad bywoon. Die tema vir die kongres vanjaar is voedsel en finansiële krisis.
Woensdag, 16 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – uit die landbou vir die landbou.
Vir meer inligting, skakel 012 843 5600
Roofdierbeheerplan ondersoek
‘n Dringende versoek gaan aan die regering gerig word, vir die ontwikkeling en instelling van 'n gebalanseerde en gekoördineerde stelsel van predasiebestuur in Suid-Afrika. Volgens Professor H O de Waal van die Vrystaatse Universiteit, is die veeverliese wat veroorsaak word deur rooijakkalse en rooikatte buite beheer. Die rede hiervoor is die gefragmenteerde en ongekoördineerde predasiebestuurstelsel wat tans in die land toegepas word.
Voer bereik Langkloof gebied
Die Wes-Kaapse minister van landbou en landelike ontwikkeling, Gerrit van Rensburg, het die afgelope Maandag mielies en hooi, wat as voerskenkings uit die Vrystaat en Gauteng ontvang is, aan boere in die droogtegeteisterde Langkloof in die Klein-Karoo oorhandig. Die ontvangers bestaan uit sowat sestig nuwe en vyf kommersiële boere. Van Rensburg het gesê hy glo dat die skenking ook ander produsente sal aanspoor om bydraes te maak.
Namibiese boere sleep organisasie hof toe
Skaapboere in Namibië het besluit om die land se kleinvee-bemarkingskema by die nuutgestigte Namibiese mededingingskommissie aan te gee. Die president van die Namibiese landbou-unie, Ryno van der Merwe, het die stap tydens die onlangse Noord-Kaapse rooivleisprodusente-organisasie kongres in Upington bekend gemaak.
Boere bekommerd oor nat karkas-sindroom
Die voorkoms van nat karkas-sindroom in skape, het boere in die Noord-Kaap bekommerd. So sê George Nidrie, ’n afgevaardigde by die Noord-Kaapse rooivleisprodusente-organisasie se kongres in Upington. Volgens Nidrie is dit ontsettend belangrik dat meer navorsing oor die sindroom gedoen word, aangesien dit ’n groot invloed op karkaspryse het.
Dinsdag, 15 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Plaaslike melkprodusente vergelyk goed
Voorlopige resultate wat tydens die International Farm Comparison Network konferensie in Duitsland beskikbaar gestel is, dui daarop dat Suid-Afrikaanse melkprodusente goed vergelyk met ander internasionale produsente. Volgens die resultate is Suid-Afrikaanse melkproduksiekoste in baie gevalle laer as in top melkproduserende lande.
Koeipryse daal
Intussen het die prys vir melkkoeie en verse drasties gedaal sedert 2008, sê Thys Swart, voorsitter van Fleckvieh Suid-Afrika. Volgens Swart is die hewige droogte wat in die Oos- en Suid-Kaap ondervind word, grotendeels die rede vir die drastiese prysverlaging.
Mielie-oes bly styg
Mielie-lewering aan Suid-Afrikaanse silos bly styg, aldus die Suid-Afrikaanse graan-inligtingsdiens. Volgens die organisasie is een komma ses nul vier miljoen ton mielies tot en met die week van vier Junie afgelewer. Dit is meer as die negehonderd-vier-en-veertigduisend ton wat die vorige week gelewer is.
Amerikaanse lemoenoes styg
Volgens die Amerikaanse departement van landbou sal die staat, Florida, se lemoenoes sowat een komma vyf persent groter wees as getalle wat in Mei geprojekteer is. Volgens die departement is die groter oes toe te skryf aan perfekte weerstoestande vir lemoenproduksie.
Donderdag,10 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Departement waarsku teen vrugtevlieg
Die departement van landbou, bosbou en visserye het vrugteboere in die Limpopo-provinsie gewaarsku dat die vrugtevliegspesie, Bactrocera invadens, in vlieëstrikke opgemerk is. Die vlieg is ’n kwarantynpes wat alreeds groot skade aan vrugte in Suidelike Afrika aangerig het.
Uitdagings vir landbou bespreek
Tydens die onlangse kongres van die Landboubesigheidskamer, het professor Nick Vink van die Universiteit van Stellenbosch die uitdagings vir landbou in die land bespreek. Volgens professor Vink lê die grootste uitdaging op makrovlak in geo-politiese herstrukturering, klimaatverandering, energie-aanvraag en demografiese uitdagings.
Gemiddelde peer-oes in Amerika voorspel
Die peer-oes in die noordwestelike streke van Amerika, voorspel ’n gemiddelde oes van agtien komma vyf miljoen bokse vars pere vir vanjaar. Dit volg nadat ’n rekordoes van meer as twintig miljoen bokse verlede jaar geoes is. Die laer oes word toegeskryf aan ’n koeler lente, asook onverwagte koue gedurende die herfs.
Rusland verhoog droëvrugte-verbruik
Rusland, een van die eerste invoerders van vars vrugte ter wêreld, het sy droëvrugteverbruik opgestoot. Rosyne en appelkose is die gewildste droëvrugte, met rosynverbruik wat verlede jaar nege-en-sestig duisend ton bereik het. Dit is sowat drieduisend ton meer as in 2007. Verbruik van droë appelkose het met meer as negeduisend ton gestyg gedurende dieselfde tydperk.
Woensdag, 9 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Mededingingskommissie reageer negatief
Die Mededingingskommissie het aangedui dat Graan Suid-Afrika se voorgestelde uitvoerpoel, teenstrydig met die wet op mededinging sal wees. Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, sê egter dat alhoewel die organisasie die bevinding aanvaar, hy ’n aansoek sal bring om kwytskelding van sekere bepalings van die wet.
Landboubesigheidskamer verkies nuwe bestuur
Die Landboubesigheidskamer het onlangs sy nuwe bestuur aangewys. Schalk Pienaar, besturende direkteur van Suidwes Landbou, is aangewys as die nuwe voorsitter van die organisasie, terwyl Bobby Malabie, hoofuitvoerende beampte van Absa Besigheidsbank, as ondervoorsitter sal dien.
Nuwe sitruspes bedreig Suid-Afrikaanse produkte
’n Nuwe sitruspes bedreig die westelike dele van die Oos-Kaap. Die sogenaamde wollerige witvlieg, wat oorspronklik van Jamaika afkomstig is, is eers op die Suid-Afrikaanse weskus opgemerk. Indien die vlieg kommersiële boorde infiltreer, kan dit grootskaalse skade aanrig aan ’n bedryf wat reeds gebuk gaan onder stakings en logistieke probleme.
Stappe teen koringsiekte geneem
Die Verenigde Nasies se voedsel en landbou-organisasie, die FAO, het pogings verskerp om die vordering van die verwoestende koringstamroessiekte, Ug99, te monitor. Volgens die FAO is die organisasie bekommerd dat die siekte vanuit Afrika na Suidelike Asië kan versprei. ’n Onlangse verslag oor die siekte in Suid-Afrika, het vrae laat ontstaan oor die gevaar wat die siekte vir wêreldkoringvoorrade inhou.
Dinsdag, 8 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Departement hef verbod gedeeltelik op
Die departement van landbou, bosbou en visserye het die handelsverbod op die invoer van diereprodukte uit Namibië gedeeltelik opgehef. Volgens die departement is die verbod op die invoer van wild-, bees-, skaap- en bokvleis vir persoonlike gebruik opgehef, op voorwaarde dat die vleis nie vanaf geïdentifiseerde Slenkdalkoors-gebiede ingevoer word nie.
FAO bekommerd oor vleis- en melkpryse
Die Verenigde Nasies se voedsel en landbou-organisasie, die FAO, se jongste voedselverslag dui daarop dat globale voedselpryse vanjaar gedaal het. Dit volg kort op die hakke van rekord graan-oeste. Volgens die organisasie het die prys van oliesade egter nog nie gedaal nie, terwyl die aanvraag na melk-invoere tans baie sterk is. Dit kan probleme veroorsaak vir melkproduserende lande wat in die aanvraag moet voorsien.
Trekker en implement verkope bly daai
Die Suid-Afrikaanse landboumasjinerie-assosiasie, Saama, berig dat trekker- en implementverkope steeds aan ’t daal is. Trekkerverkope van tweehonderd-nege-en-negentig eenhede in Mei vanjaar, was byna vyf persent laer as die driehonderd-en-veertien eenhede wat verlede Mei verkoop is. Meimaand se stroperverkope van vier-en-twintig eenhede, is sowat drie-en-veertig persent laer as verkope verlede Mei.
Tamatiemot bedreig Suidelike Europa-oeste
Die tamatiemot, Tuta absoluta, bedreig tans suidelike Europese tamatie-oeste. Volgens Freshplaza.com is die situasie besig om te vererger in Spanje, Italië, Noord-Afrika en die Midde-Ooste, en het Amerika alreeds ’n verbod ingestel op die invoer van tamaties vanaf Nederland.
Maandag, 7 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Mededingingskommissie wil kartelsake ontknoop
Die mededingingskommissie het meulenaars wat witmielies en koring maal, gevra om betrokke te raak by die kommissie se ondersoek na beweerde kartelbedrywighede. Volgens die kommissie is dit ’n geleentheid vir meulenaars wat betrokke was by kartelbedrywighede in die bedryf, om saam met die kommissie te werk.
Sagtevrugtebedryf kerngesond
Die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf, een van die mees diverse en produktiewe vrugtebedrywe in die wêreld, staan gereed om die Fifa Sokkerwêreldbeker ten volle te ondersteun. Anton Rabe, uitvoerende direkteur van Hortgro dienste, spreekbuis van die sagtevrugtebedryf, is Suid-Afrikaanse vrugte die beste van die beste en produksie geskied volgens die strengste voedselveiligheids- en hanteringsvereistes ter wêreld.
EU suiweluitvoere na Rusland styg
Uitvoere van Europese Unie suiwelprodukte na Rusland kan sterk groei vanjaar toon, sê ’n verslag deur die Ierse voedselraad. Volgens Dairyreporter.com is Rusland ’n baie belowende mark vir EU-suiwelproduksie, aangesien die land ’n netto-invoerder van suiwelprodukte is en omdat ingevoerde suiwel ’n baie goeie reputasie in die land geniet.
Rypgemaakte mango’s maak mense siek
Sowat vyf-en-dertig Nepalese het siek geword nadat hulle mango’s wat met karbied ryp gemaak is, geëet het. Volgens Freshplaza.com word mango’s in Nepal natuurlik ryp in middel-Junie, maar besighede maak mango’s vroeër ryp deur hulle met die chemikalie, karbied, te spuit. Volgens dokter Pashupati Chaudhary van die Lahan-hospitaal in Nepal, het karbied ’n baie negatiewe uitwerking op die verteringstelsel.
Donderdag, 3 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Nuwe melkaanleg in Oos-Kaap
’n Nuwe melkaanleg in Oos-Londen, kan beleërde melkprodusente in hierdie gebied uithelp. Sunningdale Dairies se melkverwerkingsaanleg sal sowat tweehonderd-en-vyftigduisend liter melk op ’n dag kan verwerk, sê die aanleg se hoof, Neil van Rensburg. Die melkaanleg behoort teen die begin van Julie in werking te tree.
Vroeë optrede benodig teen klimaatsverandering
Die Verenigde Nasies se voedsel en landbou-organisasie, die FAO, sê dat landbou deel van die antwoord in die stryd teen klimaatverandering kan wees, mits vroeë optrede geskied om kweekhuisgasse te verwyder. Volgens die FAO is dit krities dat boere in ontwikkelende lande gehelp moet word om klimaatverandering teen te werk en daarby aan te pas.
Reën en koue in Overberg-streek
Landbouers in die Overberg is verheug oor reën wat oor die hele streek uitgesak het. Volgens Johan Montgomery, voorsitter van die Overbergse distrikslandbouvereniging, is die reën en gepaardgaande koue baie welkom, aangesien die koue weer uitstekend is vir wingerde en boorde se rusperiodes. Montgomery sê ook dat die koue gedurende hierdie tydperk, die botpersentasie in die komende seisoen positief kan beïnvloed.
Virussiekte bedreig stapel cassava-oes
’n Verwoestende virussiekte bedreig tans Afrika se cassava-oeste. Die virus, wat ’n mutasie is van die bruinroessiekte wat al sewentig jaar in Oos-Afrika voorkom, bedreig miljoene Oos-Afrikane se stapelvoedsel. Intussen het die Bill en Melinda Gates-stigting sowat sewe-en-twintig miljoen Amerikaanse dollar aan hulpverleningsorganisasies en plantwetenskaplikes beskikbaar gestel, om die siekte te beveg.
Woensdag, 2 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Gesamentlike poging om kweekhuisgasse te verminder
Die departement van landbou, bosbou en visserye, het in vennootskap met die landbounavorsingsraad en die universiteit van die Witwatersrand, ’n kweekhuisgasvrystellings-en kapasiteitsontwikkelingslys-projek begin. Suid-Afrika, as ’n ondertekenaar van die Kyoto-protokol, is onder verpligting om ’n kweekhuisgaslys op te stel en van tyd tot tyd op te dateer.
Sybokhaarmark groei sterk
Die sesde veiling van die 2010 somerseisoen vir sybokhaar in Port Elizabeth, het vier-en-sestigduisend seshonderd-en-vyf kilogram sybokhaar te koop aangebied. Die sybokhaarmark het bly styg, met die gemiddelde markaanwyser wat op honderd-en-twee rand en dertig sent gesluit het. Dit was die eerste keer dat die honderd rand merk verbygesteek is.
Tegnologie bewaar biodiversiteit, verhoog voedselproduksie
Plantwetenskaplike vernuwing sal produsente vorentoe help om voedsel volhoubaar te verskaf. So sê Howard Minigh, internasionale hoofuitvoerende beampte van Croplife internasionaal, ’n organisasie wat homself beywer vir plantwetenskappe. Volgens die Verenigde Nasies se voedsel-en-landbou-organisasie, die FAO, sal voedselproduksie met sowat sewentig persent moet toeneem om teen 2050 genoeg voedsel aan nagenoeg nege miljard mense te verskaf.
Nuwe kategorieë vir SA wynkompetisie
Nuwe kategorieë en ’n nuwe trofee sal vanjaar tydens die Suid-Afrikaanse terroir wyntoekennings bekendgestel word. Die Novare-trofee vir Suid-Afrikaanse terroir top wyngebied, sal vanjaar bekend gestel word, terwyl die kategorieë aangepas sal word om die top wynvariëteite, asook die top rooi- en witwyne te erken. Voorheen is slegs die top rooi- en witwyne van elke streek vereer.
Dinsdag, 1 Junie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Swak paaie benadeel landbou
Landbou-organisasie, Agri Suid-Afrika, het ‘n opname gedoen om landelike paaie wat dringend onderhoud en opgradering benodig, te identifiseer. Volgens Thinus Ferreira, voorsitter van Agri SA se infrastruktuurwerkgroep, is die padnetwerk die hartklop van ontwikkeling, veral in landelike gebiede. ’n Dokument oor die status van hierdie paaie is saamgestel en aan die minister van vervoer, Sibusiso Ndebele, oorhandig.
Slenkdalkoors in Namibië
Die invoer van verskeie diereprodukte vanuit Namibië is opgeskort, nadat Slenkdalkoors in dié land uitgebreek het. Volgens die department van landbou, bosbou en vissery mag geen wilds-, bees-, skaap- of bokvleis vanuit Namibië die land binnekom indien dit nie deur goedgekeurde Suid-Afrikaanse abattoirs geslag is nie. Roumelk-invoere is ook opgeskort. Gepasteuriseerde melk mag egter nog ingevoer word.
Hulp vir Lesotho-produsente
Die Verenigde Nasies se voedsel en landbou-organisasie, die FAO, gaan in samewerking met die Europese Unie se ministerie van landbou en voedselsekuriteit, sowat ses-en-dertigduisend Lesotho-produsente bystaan. Ses miljoen Euro se hulp, in die vorm van saad, kunsmis en gereedskap, sal geskenk word om voedselsekuriteit in dié land te verseker.
Wetenskaplikes vra belegging in visboerdery
Wetenskaplikes in Malawi sê dat dringende beleggings in visboerdery moet plaasvind om die druk van visvang op die Malawi-meer te verlig. Volgens doktor Daniel Jamu, senior wetenskaplike by die Malawiese wêreld vissentrum, sal die land in visboerdery moet begin belê om te verseker dat visvoorrade nie uitgeput raak nie. Visvoorrade uit die meer het die afgelope twintig jaar van dertigduisend ton per jaar, na slegs tweeduisend ton per jaar gedaal.
Maandag, 31 Mei 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Europese Unie voorspel groter koringoes
Wêreld koringproduksie vir die 2010/2011 oesseisoen is opwaarts aangepas na seshonderd en sestig miljoen ton, aldus die Mei oesverslag van die internasionale graanraad. Koringproduksie behoort egter sowat twee komma vier persent laer te wees in vergelyking met oesskattings vir dieselfde tyd verlede jaar. Volgens die raad is toestande in die noordelike halfrond grootliks voordelig vir koringaanplantings, maar die oes-vooruitskatting vir die EU is ietwat laer.
Suiwelinvoere hoër as in 2009
Nog landbousyfers – hierdie keer melk. Totale suiwelinvoere vir die eerste vier maande van 2010, staan tans op negeduisend seshonderd-agt-en-sestig ton. Dit is sestig persent meer as gedurende dieselfde tyd verlede jaar.
Melkprodusente belê vergadering
Sowat honderd-en-vyftig melkprodusente van die Suid- en Wes-Kaap het verlede week byeen gekom om Parmalat se prysverlaging van dertig sent per liter te bespreek. Die vergadering is bygewoon deur lede van die Suid-Afrikaanse Melkkoöperasie, asook die Melkprodusente-organisasie. ‘n Stel aksieplanne is tydens die vergadering geformuleer en beide Samelko en die MPO is daarmee getaak om toe te sien dat die aksieplanne in werking gestel word.
Knoffelkwekerskonferensie 2010
Die Suid-Afrikaanse Knoffelkwekersvereniging bied sy tweejaarlikse konferensie op 18 Augustus vanjaar by die Landbounavorsingsraad se Roodeplaat-aanleg buite Pretoria aan. Verskeie rolspelers in die bedryf sal verslae voorlê en huidige tendense en bewegings in die mark gaan ook bespreek word.
Donderdag, 27 Mei 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Ongerymdhede in lewendehawe-bedryf oopgevlek
Die finale lewendehawe ouditverslag wat ongerymdhede in die bedryf oopvlek, is deur die landbou-ondersoekmaatskappy, Agri Inspec, ingedien. Volgens die verslag, wat verskeie voerkrale ondersoek het, het meeste van die ongerymdhede verband gehou met die invoer en uitvoer van lewendehawe. Die ondersoekspan het ook verskeie aanbevelings aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gemaak om hierdie ongerymdhede te bekamp.
Kospakkies staan plaaswerkers by
Kospakkies word tans aan plaaswerker-gesinne in die Uniondale-omgewing versprei. Dit is ’n gesamentlike projek van Agri Klein-Karoo, die Wes-Kaapse departemente van maatskaplike ontwikkeling en van landbou, en die Eden distriksmunisipaliteit. Volgens Piet Lodder, hoofbestuurder van Agri Klein-Karoo, hoop die projek om verligting aan boere en hul werkers te bring. Die gebied gaan gebuk onder onherstelde vloedskade, hittegolwe, en ’n erge droogte.
Landboubesigheidskamer hou kongres
Die Landboubesigheidskamer hou op 2 en 3 Junie 2010 ’n kongres by die Lord Charles hotel in Somerset-Wes. Volgens die LBK sal die kongres ’n strategiese en praktiese aanslag hê. Die rol wat plaaslike landboubesigheid in die groter wêreldmark speel, sal breedvoerig deur verskeie sprekers en afgevaardigdes bespreek word.
Agri Mega park kry ekspo-sentrum
’n Ekspo-sentrum van sesduisend vierkante meter gaan op Agri Mega Park opgerig word as deel van die ontwikkeling van die terrein. Volgens beplanning sal die sentrum gedurende vanjaar se Agri Megaweek vanaf 15 tot 17 September, amptelik geopen word. Die nuwe sentrum sal hoofsaaklik vir binneshuise vee-aktiwiteite, soos veeskoue, tentoonstellings en veilings gebruik word.
Woensdag, 26 Mei 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Voedselpryse kan styg
Voedselpryse sal na verwagting gedurende die laaste sewe maande van 2010 styg. Volgens ’n studie deur die nasionale landboubemarkingsraad is die grootste rede vir die styging, die verhoogde dieselprys wat produsente se insetkostes verhoog. Dieselpryse het sedert die begin van 2010 met agt komma nege persent gestyg.
Weermag, boere vat hande
Bua Nuus berig dat Suid-Afrikaanse boere hulle bereid verklaar het om die land se grense saam met die Suid-Afrikaanse nasionale weermag te patrolleer. Dit volg na ’n vergadering met die minister van verdediging en oorlogsveterane, Lindiwe Sisulu, waarin Agri SA gesê het dat, terwyl grensbewaking deur die weermag hanteer sal word, boere en plaaslike gemeenskappe ook hulle deel sal doen om die land se grense te beveilig.
RPO tevrede met statutêre verwikkelinge
’n Nuwe heffingsaansoek vir ’n statutêre heffing is deur al dertien rolspelers in die rooivleisbedryf ingedien. Die huidige drie jaar heffingstydperk vir die rooivleisbedryf kom op 4 November vanjaar tot ’n einde. Ingevolge die nuut-voorgestelde heffing sal ses rand vyf-en-veertig sent per kop by abattoirs gehef word, terwyl ’n permit vir beesvleis-invoere sewehonderd-en-twintig rand sal kos. Lewendehawe-agente sal nul komma nul sewe persent van hul kommissie aan heffings moet betaal.
Internasionale graanproduksie styg
Die jongste verslag deur die Internasionale graanraad, toon dat die verwagte wêreld graanproduksie vir 2010/2011 in Mei skerp gestyg het en dat veral mielieproduksie skerp toegeneem het. Die wêreldtotaal vir graanproduksie word tans op net meer as een miljard ton beraam. Mielieproduksie alleen word op sowat agthonderd twee-en-twintig miljoen ton beraam.
Dinsdag, 25 Mei 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Melkorganisasies belê vergadering
Die Melkprodusente-organisasie, die Wes-Kaapse melkkoöperasie, Samelko, en verskeie melkprodusente vergader môre met die melkverwerker, Parmalat. Die vergadering word in Swellendam gehou en volg nadat Parmalat ’n prysverlaging van 30 sent per liter in sy produsenteprys aangekondig het. Die hoofuitvoerende beampte van die MPO, Bertus de Jongh, die nasionale voorsitter van die MPO, Dèan Kleynhans, en André van Heerden, Samelko se bestuurder, sal met produsente vergader om na ’n oplossing te soek.
Bly op die uitkyk vir veldbrande
Die voorsitter van die Soutpansbergse distrikslandbou-unie, Stephen Hoffman, het produsente gewaarsku om op die uitkyk te bly vir veldbrande. Volgens Hoffman het ’n laat reënseisoen in die noordelike dele van die land tot gevolg dat die veld welig gespruit het, wat ’n groter risiko vir wegholvure laat ontstaan. Hy het boereverenigings aangemoedig om te verseker dat brandtoerusting altyd gereed is.
Groter tamatie-uitvoere na Afrika
Meer tamatie-uitvoere vanuit Suid-Afrika na ander Afrika-lande is ’n stap in die regte rigting, sê die Johannesburgse varsproduktemark. ’n Studie deur die nasionale landboubemarkingsraad het bevind dat tamatie-uitvoere na lande in die Suidelike Afrika Ontwikkelingsgemeenskap, oftewel Sadek, ’n styging getoon het sedert 2001. Die waarde van tamatie-uitvoere vanuit Suid-Afrika, het van vier komma twee miljoen rand in die eerste kwartaal van 2002, tot sewe komma twee miljoen rand in die eerste kwartaal van 2009 gestyg.
Nuwe melkdrankies nodig vir jong mense
Die Britse Suiwelraad het aanbeveel dat plaaslike suiwelbedrywe pogings moet opskerp om nuwe, gesonde melkdrankies vir jongmense te ontwikkel. Gedurende sy jaarvergadering het ’n paneel van die raad gesê dat nuwe produkte nodig is om jongmense terug na suiwelprodukte te lok.
Donderdag, 20 Mei 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Voortslepende staking looi vrugte-uitvoere
Die voortslepende Transnet-staking het ’n negatiewe impak op veral vrugte-uitvoere, sê Agri-Wes-Kaap se hoofuitvoerende beampte, Carl Opperman. Volgens Opperman gaan ’n groot opeenhoping van vrugte in plaaslike hawens voorkom wanneer die staking tot ’n einde kom. Produsente kan ook inkomste verloor indien kopers besluit om hulle vrugte van ander kompeterende lande te koop.
Nog probleme vir PSB
Die vakbond, Solidariteit, sê dat die verpakkingsmaatskappy, Patensie Sitrus Beperk, nog ’n artikel een agt nege kennisgewing vir die aflegging van werknemers uitgereik het. Dit volg skaars twee weke nadat lede van die vakbond, ’n mosie van wantroue teen die besturende direkteur van die maatskappy ingedien het. Ingevolge die kennisgewing beoog PSB om sewentien voltydse werknemers om te skakel na seisoenale personeel.
Suid-Afrikaanse pluimveevereniging hou kongres
Die Suid-Afrikaanse pluimveevereniging hou van 31 Mei tot 2 Junie sy jaarkongres by Emperors Palace in Kempton Park. Dit sal die honderd-en-vierde kongres in die vereniging se bestaan wees. Tydens die kongres sal die kuikenprodusente-organisasie, die eier-organisasie asook die braaikuiken-organisasie hulle jaarvergaderings hou. Die kongres sal ’n wye aantal onderwerpe deur internasionale sprekers dek.
Wynliggaam bevraagteken plastiek wynhouers
Die Europese instituut vir wingerd- en wynwetenskappe, die ISVV, sê hy bevraagteken die gebruik van plastiek om wyn in te stoor. Die stelling volg nadat dit aan die lig gekom het dat witwyn wat in plastiese verpakking gehou word, slegs vir ses maande vars bly. Volgens die ISVV bly glas die gewildste verpakkingsmateriaal vir wyn, maar alternatiewe materiale soos sakke-in-’n-boks en sogenaamde PET-bottels, groei in gewildheid.
Woensdag, 19 Mei 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Gauteng veediefstalforum gestig
Gauteng het die nuutste provinsie geword om ’n veediefstalforum te stig. Met die stigting van die Gautengse veediefstalforum, sluit die provinsie hom nou by al agt die ander provinsies aan om veediefstal op ’n georganiseerde basis te bekamp. Thinus Erasmus, ’n rooivleisprodusent van Pretoria, is tydens die stigtingsvergadering aangewys as voorsitter van die forum.
Transnet staking kan sagtevrugtebedryf lamlê
Die voortslepende Transnet-staking berokken die sagtevrugtebedryf groot skade, sê die Soutpansberg distrikslandbou-unie. Volgens Stephen Hoffman, voorsitter van die unie, word al hoe meer pakhuis-aktiwiteite gestaak, namate vervoer ontwrig word. Hoffman sê ook dat veral uitvoere na Europa deur die staking in gedrang kan kom.
Europese unie voer Egiptiese aartappels in
Die Europese Unie het met Egipte ooreengekom om onbeperkte hoeveelhede aartappels vanaf die land in te voer. Volgens die ondersekretaris van die Egiptiese ministerie van landbou, Safwat el-Haddad, hou Egiptiese uitvoerders streng by internasionale maatreëls om internasionaal mededingend te wees. Sedert die begin van die jaar het Egipte alreeds sowat honderd-een-en-sewentig duisend ton aartappels na die EU uitgevoer.
Probiotiese kaas versterk immuunstelsel
’n Studie deur Finse navorsers het bevind dat probiotiese kaas die immuunstelsel van veral ouer mense kan versterk. Volgens Dairyreporter.com is die gesondheidsvoordele van probiotiese melk en jogurt wel bekend, maar relatief min navorsing is al oor probiotiese kaas gedoen.
Dinsdag, 18 Mei 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Agri SA verbaas oor aandele-voorstel
Landbou-organisasie, Agri SA, sê hy is ongemaklik met die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Petterson, se voorstel dat boere tot veertig persent van hulle grond aan swart aandeelhouers moet afstaan, as deel van swart ekonomiese bemagtiging. Johannes Möller, president van Agri SA, het ’n vorige versoek aan die regering herhaal en gevra dat die regering eerder met belanghebbendes gesprek voer as om spekulatiewe openbare debatte te voer. Hy sê die jongste voorstel oor grondhervorming kan landbouers se vertroue ondermyn.
Nampo-Oesdag begin môre
Die grootste landbou-skou in Suid-Afrika skop vandag af. Die Nampo-oesdag se tema vanjaar is “Sien die wêreld van landbou”. Meer as seshonderd-en-dertig uitstallers sal die onderskeie fasette van landbou ten toon stel, terwyl die virtuele demonstrasies wat verlede jaar baie gewild was, weer by die verskillende meganisasie-uitstallers te siene sal wees.
Saadmaatskappy skenk saad aan Haiti
’n Vooraanstaande saadmaatskappy het onderneem om meer as honderd-en-dertig ton saad aan boere in Haiti te stuur. Die Haitiaanse ministerie van landbou het die donasie, wat konvensionele mielie en groente sade insluit, goedgekeur. Die saad sal oor die volgende twaalf maande aan die boere gegee word. Die eerste besending het die staat reeds bereik.
Europese Unie stel strenger invoermaatreëls in
Die Europese Unie het strenger invoermaatreëls ingestel vir plante vanuit China, wat moontlik die gasheer kan wees vir die sogenaamde sitrus langhoringkewer. Die insek, wat esdoring, sitrus, appel en ander sagtevrugte beskadig, kom nie natuurlik in Europa voor nie. Ingevolge die maatreëls mag plante van slegs vier goedgekeurde kwekerye uit China die EU binnekom.
Maandag, 17 Mei 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Melk SA hou spitsberaad
Melk Suid-Afrika het ’n baie geslaagde navorsingspitsberaad aangebied ten einde die mark vir melk en ander suiwelprodukte te verbreed. Die beraad het ook ten doel gehad om internasionale mededingendheid te bevorder en voorheen-benadeelde individue en gemeenskappe te bemagtig. Afgevaardigdes het die belangrikste navorsingsonderwerpe geïdentifiseer en sal nou met die ondersteuning van die georganiseerde bedryf gedoen word.
Kaapse plaaswerker van die jaar kompetisie
Die Agri Klein-Karoo plaaswerker van die jaar gala-geleentheid vind op 21 Mei by die Buffelsdrift wild- en gasteplaas buite Oudtshoorn plaas. Veertig plaaswerkers van regoor die Klein Karoo is vanjaar finaliste in die kompetisie. Volgens Charl Marais, bestuurder van Agri Klein Karoo, is die kriteria vir beoordeling verfyn en ’n subkategorie is bygevoeg om die perdebedryf in te sluit.
Wolprys daal steeds
Wolpryse het op verlede week se wolveiling in Port Elizabeth weer effens gedaal. Die Cape Wools Merino-aanwyser het met slegs een persent gedaal om die mark te sluit op sestig rand, twee-en-negentig sent per kilogram skoon wol. Die effense daling reflekteer die Australiese mark, waar laer aankope vanuit China ook ’n daling tot gevolg gehad het.
Reën bring verligting in Overberg-distrik
Die Overbergse distrikslandbouvereniging, berig dat deurdringende reën in die grootste gedeelte van die Overberg geval het. Tot soveel as vier-en-twintig millimeter reën is op plase in die Bredasdorp-vlakte en in die Strandveld-gebied gemeet. Volgens Orton King, hoofuitvoerende beampte van die vereniging, het die reën groot verligting gebring.
Donderdag, 13 Mei 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Landbou-unie bekommerd oor watergehalte
Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg distrikslandbou-unie, het bekend gemaak dat sy organisasie met ontsteltenis kennis neem van die inhoud van die sogenaamde ‘Green Drop-‘verslag. Volgens die verslag, wat deel uitmaak van die departement van waterwese se ‘Green Drop’ sertifiseringsprogram, het vyf-en-vyftig persent van die Limpopo-provinsie se rioolsuiweringsaanlegte minder as vyftig persent verdien op die graderingskaal.
Wêreld suiwel-ekspo bied virtuele toer aan
Besoekers aan vanjaar se wêreld suiwelekspo in die VSA, sal die geleentheid kry om op virtuele toere van agt Amerikaanse suiwelplase te gaan. Die toere, wat gratis aangebied gaan word, sal wys wat op die plase gebeur en sal hoogtepunte van die bestuur van hierdie plase uitlig. Die wêreld suiwelekspo word vanaf 28 September tot 2 Oktober by die ‘Alliant energy centre’ in Madison, Wisconsin aangebied.
Reën beskadig Limpopo tamaties
Swaar reën in die Limpopo-provinsie het groot skade aan tamatie-oeste in die provinsie aangerig, berig die Sowetan. Volgens die voorsitter van die tamatie-produsentevereniging, Walter Moketle, is skade van tussen tien en vyftig miljoen rand aan tamatie-oeste aangerig. Tamaties is veral sensitief vir te veel water.
Sesde Afrika Suiwel Konferensie
Die sesde Afrika suiwelkonferensie en uitstalling word volgende week by die Serena Hotel in Kigali, Rwanda, aangebied. Die konferensie se tema sal sentreer rondom die mededingendheid en volhoubaarheid van die suiwelbedryf in Afrika. Verskeie sprekers sal afgevaardigdes toespreek. Die president van Rwanda, Paul Kagame, en die Rwandese minister van landbou, doktor Agnes Kalibata, sal onder andere by die konferensie optree.
Woensdag, 12 Mei 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Wes-Kaapse minister prys plaaswerkers
Die Wes-Kaapse minister van landbou, Gerrit van Rensburg, het tydens ’n onlangse plaaswerkerkonferensie in Rawsonville, gesê dat Suid-Afrikaners moeg is vir verdeeldheid en dat dit tyd is dat alle rolspelers in die bedryf saamwerk om probleme uit te stryk. Die minister het ook gesê dat hy in gesprek is met die Wes-Kaapse minister van behuising, Bonginkosi Madikizela, om plaaswerker-behuisingsprobleme aan te spreek.
MPO Oos-Kaap hou roetevergaderings
Die Melkprodusente-organisasie hou binnekort sy jaarlikse roetevergaderings in die Oos-Kaap. Die vergaderings sal op Maandag, 17 Mei, in Oos-Londen afskop en eindig op 20 Mei in Humansdorp. Bertus de Jongh, hoofuitvoerende beampte van die MPO, doktor Koos Coetzee, MPO-hoofekonoom, en doktor Jan du Plessis, politieke ontleder, sal by die vergaderings optree.
10de AMT-konferensie en uitstalling
Die tiende AMT Agri Outlook konferensie en uitstalling word op 21 en 22 September by die WNNR se internasionale konferensiesentrum in Pretoria aangebied. Die onderwerp van die konferensie is die toekoms van landbou in Suid-Afrika en die wêreld. Verskeie internasionale sprekers sal die geleentheid bywoon en afgevaardigdes toespreek.
Organiese voordele ‘oordrewe,’ sê studie
‘n Studie deur die Universiteit van Leeds beweer dat stellings dat organiese boerderymetodes wesenlik beter is as konvensionele boerderymetodes, vêr oordrewe is. Volgens die navorsers het organiese boerderymetodes slegs ’n beperkte voordeel en is intensiewe produksie nodig indien toekomstige landbouvoedselsekuriteit verseker wil word.
Dinsdag, 11 Mei 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Katoenpryse bly styg
Die Cotlook A-indeks, die aanwyser van wêreld-katoenpryse, het die afgelope nege maande bykans voortdurend gestyg. Volgens die internasionale katoen advieskomitee, is die hoër katoenpryse die gevolg van die stygende gaping tussen afnemende wêreldproduksie en die herstel in katoenverbruik. Plaaslik dui die vierde skatting vir die 2009/2010 produksiejaar op ’n totale katoenoes van nege-en-dertig duisend vyfhonderd bale vesel, wat twaalf persent minder is as verlede seisoen.
Limpopo landbou kry nuwe departementshoof
Die Limpopo departement van landbou het ’n nuwe departementshoof. Professor Azwihangwisi Nesamvuni, voorheen algemene bestuurder van navorsing en opleiding, sal vanaf 1 Mei 2010 by Bigman Maloa oorneem. Die LUR vir landbou in die Limpopo-provinsie, Dipuo Duba, het gesê dat Nesamvuni se aanstelling positiewe resultate kan lewer vir die regering se beleid op plaaslike ontwikkeling en voedselsekuriteit.
Jaarlikse Jasmyn suiweldag
Die jaarlikse Jasmyn suiweldag word vanjaar op ses-en-twintig Mei op die plaas Jasmyn by Hartebeespoortdam aangebied. Sprekers sal oor ’n verskeidenheid onderwerpe gesels. ’n Halloumi-kaasvervaardigings- en voorbereidingsdemonstrasie sal ook aangebied word.
TB-risiko vir ongepasteuriseerde kaas
Die toekoms van ongepasteuriseerde kaas kan in die weegskaal wees, indien daar nie strenger beheermaatreëls toegepas word om verhoogde gevalle van tuberkulose in die Britse suiwelkudde te beheer nie. Dairyreporter.com berig dat navorsing tans gedoen word om die oorlewing van verskeie TB-bakterieë in ongepasteuriseerde kase te bepaal. Die owerhede meen egter dat dit nog nie ’n openbare gesondheidsrisiko inhou nie.
Donderdag, 6 Mei 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Uitdagings vir landbou in Suid-Afrika
Die Landboubesigheidskamer en die nuwe vennootskap vir Afrika se ontwikkeling, Nepad, se sakestigting, het onlangs ’n werkswinkel gehou om die rol van landbou-ondernemings en Afrika-regerings in voedselsekuriteit te bespreek. Volgens John Purchase, hoofuitvoerende beampte van die LBK, is daar ’n aantal basiese uitdagings wat aangespreek moet word om ’n mededingende en volhoubare landbousektor te verseker. Hy sê daar word daar van die regering verwag om beleide te implementeer wat belegging in die bedryf sal aanmoedig.
Verdagte wildstropers gearresteer
Die LUR vir die Noordwes departement van landbou, bewaring, die omgewing en plaaslike ontwikkeling, Boithumelo Tshwene, het gesê dat diegene wat bewaringswette wil oortree, vervolging moet verwag. Dit volg nadat wildstropery in die provinsie skerp toegeneem het. Die departement het onlangse suksesse behaal in die bekamping van die misdaad, toe ses sake van wildstropery teen verdagtes geopen is. Die LUR sê dat die departement van bewaring in die provinsie alles in sy vermoë sal doen om oortreders aan die pen te laat ry.
Nuwe varsprodukte-fasiliteit in Namibië
Die ontwikkeling van ’n nasionale tuinboukundige program het die regering van Namibië in staat gestel om twee-en-dertig persent van die plaaslike mark in 2010 vas te maak, in vergelyking met slegs drie persent in 2004. So het die Namibiese minister van landbou, water en bosbou, John Mutorwa gesê tydens die opening van ’n nuwe varsprodukte mark in dié land.
Landbou-en-voedselveiligheid fonds bekend gestel
Die Verenigde Nasies se voedsel-en-landbou-organisasie, die FAO, het die bekendstelling van ’n nuwe multiskenker fonds verwelkom. Volgens die organisasie sal die fonds, wat deur die Wêreldbank bestuur sal word, voedselsekuriteit en inkomste in lae-inkomste lande verbeter deur hulp aan landbou te verleen.
Woensdag, 5 Mei 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Invoertarief stel teleur
Die onlangse aangekondigde invoertarief op koring en koringmeel is teleurstellend, sê Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA. Volgens Ferreira is die vlak van ondersteuning aan produsente onvoldoende om ’n positiewe uitkoms te bewerkstellig. Hy sê dat vertroue in koringproduksie herstel moet word om die afgelope tyd se disinvestering te stop. Die organisasie sal die impak van die tarief verder met die minister van landbou bespreek, om haar insette op die pad vorentoe te kry.
Brandstofprys styg vandag
Die prys van brandstof gaan van vandag af weer styg. In Gauteng sal petrol met veertien sent per liter in die kleinhandel styg, terwyl diesel met ’n swael-inhoud van nul komma nul vyf persent en nul komma nul-nul vyf persent, met nege-en-twintig-en-’n-half sent per liter in die groothandel sal styg. Paraffien sal met een-en-veertig sent per liter styg.
Suiwel prysknoeiery in Brittanje
Britse owerhede het die uitgerekte ondersoek na prysknoeiery in die Britse suiwelbedryf afgehandel, deur aanklagte te laat vaar en boetes wat opgelê is te besnoei. Volgens die webblad, Foodnavigator.com, dateer van die sake terug na 2007 toe die sogenaamde office of fair trade, wat billike handel bevorder, beweer het dat sekere supermarkgroepe en suiwelverwerkers saamgespan het om pryse vas te stel. Die boetes van sowat honderd en sestig miljoen pond is intussen besnoei na sewentig miljoen pond.
Swartbessies help teen asma
’n Studie deur wetenskaplikes in Nieu-Seeland, toon dat ’n natuurlike chemikalie in swartbessies help om die inflammasie wat deur asma veroorsaak word, teen te werk. Volgens die wetenskaplikes help die chemikalie, epigallocatechin, die liggaam se natuurlike weerstand om inflammasie van longweefsel te beperk.
Dinsdag, 4 Mei 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Koringafname laat buitelandse valuta krimp
Indien produsente voortgaan om slegs vyfhonderd-agt-en-veertig-duisend hektaar koring te plant, gaan Suid-Afrika sowat drie-en-’n-kwart miljard rand aan buitelandse valuta verloor. Só sê Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA. Volgens Ferreira het die organisasie bereken dat nagenoeg een-en-’n-half miljoen ton koring op die oppervlakte geproduseer gaan word, wat sal beteken dat ’n bykomende een-en-’n-half miljoen ton koring ingevoer sal moet word om in die plaaslike vraag te voorsien.
Swakker rand stoot wolpryse op
Die wolmark het verlede week verstewig gedurende die laaste wolveiling vir April. Die Cape Wools Merino-aanwyser het met twee komma ses persent gestyg om te sluit op een-en-sestig rand, vier-en-vyftig sent per kilogram skoon wol. Die sterker mark word toegeskryf aan ’n swakker rand. Agtduisend-agthonderd-twee-en-veertig bale wol is te koop aangebied en agt-en-negentig persent daarvan is verkoop. Verkope sal weer op 12 Mei hervat.
Vierde wêreld voer- en voedselkongres kom na Suid-Afrika
Die internasionale voerbedryf-federasie, die IFIF, het by ‘n onlangse direksievergadering besluit dat Suid-Afrika gasheer sal wees vir die vierde wêreld voer- en voedselkongres in 2013. Die voervervaardigersvereniging van Suid-Afrika, Afma, sal die geleentheid aanbied. Volgens De Wet Boshoff, uitvoerende direkteur van Afma, sal die kongres aan die land ’n geleentheid gee om die Suid-Afrikaanse voerbedryf aan die wêreld bekend te stel.
Fonterra verhoog melkprys
Die Nieu-Seelandse melkverwerker, Fonterra, het aangekondig dat hy sy produsenteprys met veertig Nieu-Seelandse sent per kilogram melkvastestowwe verhoog het. Volgens die plaaslike Melkprodusente-organisasie ekonoom, doktor Koos Coetzee, is hierdie tweede verhoging in produsentepryse in Nieu-Seeland, ook goeie nuus vir Suid-Afrikaanse produsente, aangesien die prys alreeds veertien sent meer is as die verwagte prys in November 2010 is. Hy sê dit illustreer ’n verbetering in internasionale markte.
Donderdag, 29 April 2010 Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Verenigde Nasies waarsku teen bek-en-klouseer
Die Verenigde Nasies se voedsel en landbou organisasie, die FAO, het maatreëls opgeskerp om die voorkoms van bek-en-klouseer te monitor. Dit het gebeur nadat drie gevalle van die siekte onlangse in Japan en Suid-Korea uitgebreek het. Die organisasie het gewaarsku dat die uitbrake in bek-en-klouseer-vrye lande soos Japan en Suid-Korea uiters seldsaam is en dat die drie gevalle moontlik op ’n groter infeksie kan dui. In 2001 het bek-en-klouseer vanuit die lande na onder meer Suid-Afrika en Europa versprei, en grootskaalse skade aangerig.
Projek vir ontwikkelende landbou in Zimbabwe
AllAfrica.com berig dat Barclays bank Zimbabwe, in samewerking met Kaite internasionaal, ’n projek geloods het om ekonomiese bemagtiging in arm landelike gebiede te bevorder. Die projek, wat teen sowat vyf-en-twintigduisend pond deur Barclays befonds word, sal na verwagting meer as eenduisend agthonderd ontwikkelende boere bevoordeel. Die projek sal ontwikkelende boere onder meer help om meer organies te boer. Volgens die besturende direkteur van Barclays Zimbabwe, George Guvamatanga, sal dit meer koste-doeltreffend wees.
Vrugtevlieë breek uit in Australië
’n Vrugtevlieg-uitbraak in Australië het kommer laat ontstaan oor volgende jaar se vrugte-oes in dié land. Volgens die departement van primêre bedrywe in die staat van Victoria, is ’n vyftien-kilometer buffersone daargestel om vervoer na en van ander state te reguleer. Alhoewel dit tans die einde van Australië se vrugteseisoen is, kan die uitbraak ’n invloed hê op volgende jaar se vrugte oeste.
Spesialis opleidingsprogram vir veevoerbedryf
’n Plaaslike landboumoniteringsmaatskappy het onlangs ’n gespesialiseerde opleidingsprogram begin wat daarop gemik is om die veevoerbedryf in die Suider-Afrikaanse ontwikkelingsgemeenskap by te staan. Die program sal veevoermaatskappye help om te verseker dat wetlike aspekte nagekom is en dat veevoere voldoen aan wetgewing op veevoere.
Woensdag, 28 April 2010 Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri SA veroordeel SMS-boodskappe
Agri Suid-Afrika sê dat onlangse SMS-boodskappe wat daarop sinspeel dat blankes vermoor gaan word, uiters onverantwoordelik is. Volgens André Botha, voorsitter van Agri SA se landelike beveiligingskomitee, lei hierdie tipe optrede tot onsekerheid en dra geensins by tot nasiebou en die bevordering van landelike veiligheid nie. Botha sê dat Agri SA die nasionale kommissaris van polisie se ondersoek na die oorsprong van die boodskappe, verwelkom.
Landbouplan vir Noordwes
Die Noordwes LUR vir landbou, bewaring, die omgewing en plaaslike ontwikkeling, Boitumelo Tshwene, gaan op sewe Mei die provinsie se landbouplan onthul. Volgens berigte is die plan daarop gemik om die ontwikkeling van landbou in die provinsie te stimuleer. Die plan sal aan rolspelers in die landbou voorgelê word, waarna prioriteite en doelwitte bespreek sal word.
Suiwel Switsers stel kampioenskappe uit
Die raad van die Suid-Afrikaanse Suiwel Switser-telersgenootskap het aangekondig dat hy sy nasionale skoukampioenskappe voorlopig met ’n jaar uitstel. Die kampioenskappe sou op twee Junie tydens die Royal Skou in Pietermaritzburg gehou word. Die besluit volg na die onlangse uitbraak van Slenkdalkoors in groot gedeeltes van die sentrale binneland. Die meeste van die beeste wat in die skou sou deelneem, is van die gebiede afkomstig. Die raad sê dat entstof nog nie orals beskikbaar is nie en dit onverantwoordelik sou wees om nou beeste rond te skuif.
Internasionale erkenning vir diagnostiese laboratorium
Die veeartsenykundige diagnostiese laboratorium op Potchefstroom is deur die Noordwes departement van landbou, bewaring, die omgewing en plaaslike ontwikkeling, bevoeg verklaar om toetse te doen vir die identifisering van beheerbare dieresiektes. Die verklaring kom nadat ’n oudit deur die nasionale departement van landbou, bosbou en visserye die laboratorium bevoeg bevind het om as internasionale veeartsenykundige laboratorium op te tree.
Dinsdag, 27 April 2010 Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
TLU SA wil met president vergader
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika het in ’n ope brief aan president Jacob Zuma, ’n vergadering met die presidensie aangevra. In die brief sê TLU SA president, Ben Marais, dat toestande in die land, waaronder plaasgeweld en vyandigheid jeens boere vanaf regeringskant, dit moeilik maak vir boere om genoegsame voedsel vir die land te produseer. Volgens die brief verwag die organisasie binne die volgende veertien dae ’n antwoord vanaf die regering.
Boere teen miltsiekte gewaarsku
Die Roovleisprodusente-organisasie waarsku in sy jongste nuusbrief dat soveel as drie-en-veertig gevalle van diere wat aan miltsiekte gevrek het, in die noorde van die Kruger Wildtuin deur die provinsiale veeartsenydiens bevestig is. Die organisasie het boere versoek om seker te maak dat hulle vee teen die siekte ingeënt is. Miltsiekte is ʼn uiters aansteeklike siekte waarvoor mense ook vatbaar is. Diere vrek gewoonlik sonder dat enige simptome sigbaar is.
GM-mielies na Kenia
Die departement van landbou, bosbou en visserye het aangekondig dat hy die uitvoer van sowat tweehonderd-en-veertigduisend ton geneties-gemodifiseerde mielies as kommoditeit na Kenia goedgekeur het. Volgens die departement is geneties gemanipuleerde mielies wat in Suid-Afrika verbou word, net so veilig vir menslike gebruik as konvensionele, nie-GM-mielies.
Studie beweer organiese melk is nie beter
‘n Studie deur die Universiteit van Cornell in Amerika, beweer dat organiese melk nie ‘n wesenlike voordeel bo konvensionele melk inhou nie. Volgens Dairyreporter.com het navorsers aan die universiteit die verskil in voedingswaarde tussen organiese en konvensionele melk gemeet, en tot die gevolgtrekking gekom dat die verskillende tipes melk dieselfde is in terme van voedingswaarde en heilsaamheid.
Maandag, 26 April 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Produsentepryse in die Vrystaat verhoog
Verskeie melkprodusente in Vrystaat het opwaartse aanpassings op hulle produsenteprys ontvang. Dit het aan die lig gekom tydens die Melkprodusente-organisasie Vrystaat se roetevergadering in die provinsie. Verskeie produsente het gesê dat hulle produsentepryse met tussen tien en twintig sent per liter gestyg het. Volgens doktor Koos Coetzee, die organisasie se ekonoom, sal produsente-prysaanpassings in ander provinsies hopelik volg.
Bedreigde wildlewe fonds waarsku teen biodiversiteitsverlies
Die bedreigde wildlewefonds van Suid-Afrika, waarsku dat biodiversiteitsverliese die wêreld in die gesig staar indien daar nie daadwerklike pogings aangewend word om dit te stop nie. Die fonds is tans besig om saam met produsente te werk om roofdierprobleme die hoof te bied deur ’n anatoliese herdershondprogram. Die fonds waarsku egter dat die natuurlike habitat van verskeie dierspesies in gevaar is, veral weens mynboubedrywighede.
Minder koringaanplantings vir 2010
Die nasionale oesskattingskomitee berig dat produsente vanjaar sowat vier-en-negentig duisend minder hektare koring gaan plant as in 2009. Volgens die komitee is vroeë aanduidings dat produsente van plan is om vyfhonderd-agt-en-veertig duisend hektaar koring aan te plant. Hierdie syfer vir koring verteenwoordig die totale hektare wat beplant gaan word vir graan, en sluit alle hektare wat beplant gaan word vir groenvoer en weiding in.
Internasionale kongres vir voedselwetenskap en tegnologie
Die vyftiende internasionale kongres vir voedselwetenskap en tegnologie word vanaf 22 tot 26 Augustus in Kaapstad gehou. Internasionale sprekers sal afgevaardigdes toespreek oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe wat nanotegnologie, voedselverpakking, ontwerp en vervaardiging insluit. Afgesien van die kongres sal ’n bedryfskou ook gehou word, en verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale voedselbedryfuitstallers sal te siene wees.
Donderdag, 22 April 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Fokus op grondhervormingsprojekte wat werk: Minister
Die Wes-Kaapse minister van landbou en plaaslike ontwikkeling, Gerrit van Rensburg, het landbouvoorligters in die provinsie gevra om te fokus op grondhervormingsprojekte wat kan werk. In sy begrotingsrede het die minister ’n sestig persent slaagsyfer met grondhervorming oor die volgende vyf jaar in die Wes-Kaap, as doelwit gestel. Hy het aan voorligters gesê dat nuwe boere in staat gestel moet word om hulle lewens te verbeter deur suksesvol te boer.
Misdaad teen boere kos miljoene
Agri Suid-Afrika het Dinsdag in die parlement in ’n voorlegging, gesê dat misdaad die landbou honderde miljoene rand kos en voedselsekuriteit onder druk plaas. André Botha, voorsitter van Agri SA se komitee oor landelike veiligheid, het gesê dat veediefstal die bedryf sedert 1991 sowat driehonderd-vyf-en-sestig miljoen rand gekos het. Volgens Botha kan geen bedryf sulke verliese oorleef nie en bring dit voedselsekuriteit in Suid-Afrika in gedrang.
FAO publiseer handboek oor weghol-vure
Die Verenigde Nasies se voedsel-en-landbou-organisasie, die FAO, het ’n nuwe handboek oor brandbestryding gepubliseer. Volgens die handboek word sowat driehonderd-en-vyftig miljoen hektaar grond jaarliks deur wegholbrande vernietig, waarvan meer as die helfte in Afrika voorkom. Die organisasie sê dat gemeenskappe betrokke moet raak by die voorkoming van brande, aangesien die meeste wegholbrande deur menslike aktiwiteite veroorsaak word.
Royal landbouskou skop binnekort af
Die honderd nege-en-vyftigste Royal landbouskou skop eersdaags in Pietermaritzburg af. Die skou, wat vanaf 28 Mei tot 6 Junie duur, sal meer as eenduisend stuks lewendehawe ten toon stel en sal ook gasheer wees vir drie nasionale veekompetisies. Sowat vierduisend produsente van regoor die land sal die skou na verwagting besoek.
Woensdag, 21 April 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Kleinboere verminder: Landboubesigheidskamer verslag
’n Verslag wat deur die ontwikkelingsbeplanningsafdeling van die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika gedoen is, toon dat produksie deur kleinboere oor die afgelope tien jaar afgeneem het. Intussen blyk dit dat kommersiële landbou bly groei. ’n Aantal mikro-studies het getoon dat Suid-Afrikaanse kleinboere talle probleme in die gesig staar. Hierdie probleme sluit aspekte soos veesiektes, negatiewe klimaatstoestande, gebrek aan genoegsame inligting en toegang tot produksiekrediet in.
Vulkaniese aswolk bedreig Keniaanse uitvoere
Die vulkaniese aswolk wat tans vlugte na Noord-Europa en Brittanje inperk, bedreig Keniaanse uitvoere. Volgens woordvoerders van die Keniaanse lugvaartowerheid verloor die land tans sowat drie miljoen Amerikaanse dollar aan uitvoere per dag, weens die beperking. Vars blomme soos rose word ook deur die wolk geraak en daar is vrese dat groot hoeveelhede blomme eenvoudig weggegooi sal moet word.
Ontwikkelde lande veroorsaak waterskaarste
Ontwikkelde lande se voedselvoorrade kan ernstig geaffekteer word deur globale waterskaarste. Volgens ’n onlangse verslag deur ’n ingenieursliggaam, is die voedselbedryf die grootste besoedelaar van water ter wêreld is en sal volgehoue invoere van voedsel na ontwikkelde lande, grootskaalse stygings in voedselpryse tot gevolg hê. Luidens die verslag plaas die groeiende vraag na voedsel vanuit ontwikkelende lande al hoe meer druk op gebiede wat water-arm is.
Suiwelbedryf dra by tot kweekhuisgasse
Die Verenigde Nasies se voedsel-en-landbou-organisasie sê in sy jongste verslag dat die suiwelbedryf sowat vier persent bydra tot die wêreld se antropogeniese kweekhuisgasuitlatings. Hierdie syfer sluit gasse in wat verband hou met die produksie, verwerking en vervoer van suiwelprodukte, asook gasse wat verband hou met vleis wat deur die suiwelbedryf geproduseer word, in.
Dinsdag, 20 April 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
WRSA verwelkom spesialis-eenheid
Die wildbedryf kan uitsien na ‘n spesialis-eenheid om gesofistikeerde wildstropery hok te slaan. Dit volg nadat die minister van water en omgewingsake, Buyelwa Sonjica, in haar begrotingsrede verlede week in die parlement, gesê het haar departement oorweeg die eenheid. Jaques Malan, president van Wildbedryf Suid-Afrika, sê dat die organisasie die minister se besluit verwelkom, aangesien wildstropery op renosters tans geweldige afmetings aanneem. Sedert die begin van Januarie is daar al vyf-en-vyftig renosters landwyd vir hul horings doodgemaak.
Aussie-hulp vir voedselsekerheid
Die African Press Organisation berig dat Australië ’n nuwe twintig-miljoen Amerikaanse dollar-projek geloods het om voedselsekerheid in suidelike en oostelike Afrika te verseker. Die projek beoog om landbouproduksie op te stoot en nuwe markte vir produsente in die twee streke te open. Etiopië, Kenia, Malawi, Mosambiek en Tanzanië sal direk deur die projek bevoordeel word, terwyl die res van Suidelike Afrika ook na verwagting voordeel sal trek uit die projek.
Koringpryse bly val na rekord oeste
Die skerp daling in koringpryse blyk ’n onverwagse voordeel vir voedselvervaardigers in te hou. Die daling volg na wêreldwye rekord-oeste. Volgens Foodnavigator.com behoort die wêreld koringoes vir die 2009/2010 seisoen ’n vlak van honderd-vyf-en-negentig miljoen ton te behaal. Dit sal die grootste hoeveelheid koring in tien jaar wees.
Afrika produkte vir Europese markte
Afrika-produsente is tans een van die grootste groepe verskaffers van organiese produkte aan Europese markte. Freshplaza.com berig dat sowat vyfduisend boere in Burkina Faso, Kameroen, Ghana, Senegal en Siërra Leone begin het om organiese varsprodukte na Europa uit te voer, nadat ’n vryehandelsooreenkoms, asook organiese verbouingssertifikate, vanaf die Verenigde Nasies se voedsel-en-landbou-organisasie, die FAO, verkry is.
Maandag, 19 April 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
R100 miljoen vir ontwikkelende landbou
Die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Petterson, het in haar begrotingsrede voor die parlement verlede week, ’n honderd miljoen rand bewillig vir ontwikkelende boere in voormalige tuislande. Die skenking sal die vorm van trekkers aanneem. Die minister het gesê dat die eerste besending van die departement se meganisasieprogram alreeds hierdie jaar aan projekte in Mpumalanga en KwaZulu-Natal gebring sal word.
Wolpryse daal
Wolpryse het verlede week bly daal. Cape Wools se merino-aanwyser het met twee komma agt persent geval vergeleke met die veiling voor die Paasreses, om op sestig rand per kilogram skoonwol te sluit. Elfduisend eenhonderd-een-en-vyftig bale is te koop aangebied, waarvan drie-en-negentig persent verkoop is. Intussen het die Australiese en Oosterse markaanwysers vir die eerste keer sedert Desember 2009, tot onder negehonderd Australiese sent per kilogram gedaal.
Kaapse wynmakersgilde ken beurse toe
Die Kaapse wynmakersgilde het vanjaar hulle sogenaamde Protégé-beurse toegeken aan twee wynmakerstudente van Elsenburg Landboukollege. Chandré Petersen van die Paarl en Sifiso Mbhele van KwaZulu-Natal sal finansiële ondersteuning vir hulle finale studiejaar ontvang. Hulle sal ook na afloop van hulle studies, geleentheid kry om die gilde se drie-jaar kadetprogram by te woon. Volgens Kate Jonker, algemene bestuurder van die gilde, moet kandidate ’n hoë akademiese standaard handhaaf en ’n passie vir wynmaak hê om te kwalifiseer vir die beurs.
Sprinkane saai verwoesting in Australië
Sprinkane het groot verwoesting gesaai in die sentrale westelike dele van die Australiaanse provinsie, Nieu-Suid Wallis. Sowat tienduisend hektaar se gars en koring is opgevreet. Volgens die Australian Associated Press, is die omgewing rondom die dorp, Forbes, die hardste deur die plaag getref. Daar bestaan vrese dat die sprinkaanplaag die ergste nog sedert 2004 kan wees, nadat goeie reën sprinkaangetalle aansienlik laat styg het.
Donderdag, 15 April 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Verdere hulp vir droogte in Oos- en Suid-Kaap
Tientalle boere en besighede het tot dusvêr bygedra om voer aan die droogtegeteisterde dele van die Oos- en Suid-Kaap te bring. Volgens Koos Pienaar, voorsitter van die MPO Vrystaat, het ’n bekende kunsmismaatskappy reeds sowat ’n halfmiljoen rand bewillig om die voer aan te ry. Vragte voer wat deur boere in die binneland geskenk is, is reeds na boere in Oos-Londen en Port Elizabeth gebring. Pienaar berig verder dat georganiseerde landbou en ander instansies buite landbou ook in hulle private hoedanigheid hulp aangebied het.
Nuwe oplossings vir roofdierbeheer gesoek
Die stelsel van gekoördineerde roofdier-beheer wat deur rolspelers voorsien word, moet leer uit wetenskaplike ervaring en praktiese ervaring in die veld. So sê professor HO de Waal van Alpru, die Afrika navorsingseenheid vir groot roofdiere. Die norme en standaarde vir die bestuur van skadeveroorsakende diere in Suid-Afrika sal die beleidsraamwerk vorm vir die afkondiging van regulasies oor roofdier-beheeraksies. Volgens de Waal moet die golf van roofdiere aan die hand van die nuwe beleidsraamwerk omgeswaai word, om die impak daarvan op die vee- en wildbedrywe te verminder.
Vroeë appels bekommer Amerikaanse produsente
Onlangse lente temperature in Amerika is besig om appelbome te laat blom en dit bekommer produsente in die land. Volgens Freshplaza.com is die bome besig om ’n maand vroeër as normaalweg te bot. Lae temperature kan die vrugte-oes skade berokken en indien die bloeisels sou vries, is daar ’n risiko dat geen appels geproduseer sal word nie, of dat die vrugte verwronge sal wees. Intussen blyk dit dat aarbeie in dele van Amerika ook ’n maand vroeg ryp gaan wees.
Té gesonde kaas en joghurt sleg vir verkope
’n Studie deur ’n doktorale student toon dat vervaardigers versigtig moet wees om te veel vet uit kaas en te veel suiker uit joghurt te sny. Volgens Dairyreporter.com, toon die studie dat alhoewel verbruikers belangstel in gesonder produkte, dit op die lange duur verkope nadelig kan beïnvloed indien vervaardigers te veel smaak inboet deur vette en suikers onnodig uit te sny.
Woensdag, 14 April 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Oos-Kaap bly droog
Voernood in die Oos-Kaap bly hoog, sê die voorsitter van die melkprodusente-organisasie in die Vrystaat, Koos Pienaar. Pienaar is tans in die Oos-Kaap as deel van MPO Vrystaat se volgehoue verskaffing van voer aan produsente in die droogtegeteisterde streek. Intussen berig Pienaar dat die MPO Vrystaat ’n borg gekry het om van die vragte voer na die streek te vervoer, maar hy sê ook dat nog groot hoeveelhede voer nodig is om in die nood te voorsien.
MPO Vrystaat hou roetevergaderings
Die MPO Vrystaat streek hou dan ook van 19 tot 23 April 2010 sy roetevergaderings in die Vrystaat self. Die vergaderings skop op 19 April af in Bultfontein, waarna Kroonstad, Koppies, Petrus Steyn, Warden, Clocolan, Rosendal, en Lindley aan die beurt kom. Die vergaderings eindig in Bloemfontein. Bertus de Jongh, hoofuitvoerende beampte van die MPO nasionaal, en MPO-ekonoom, doktor Koos Coetzee, sal as sprekers optree. Belangstellendes kan vir Veronica Marais, streekskoördineerder van die MPO Vrystaat by 083 276 4703 skakel.
WRSA Vrystaat hou algemene jaarvergadering
Wildbedryf Suid-Afrika Vrystaat hou op Donderdag, 29 April om tienuur die oggend sy algemene jaarvergadering in die Albert Wessels Ouditorium van die Vrystaatse Universiteit. Die onderwerp vir die vergadering is die ekonomie van wildboerdery en verskeie kundiges sal aanbiedings doen oor die onderwerp. Die organisasie raai Vrystaatse wildboere aan om die vergadering by te woon, aangesien twee konsep-wette wat ‘n wesenlike invloed op die wildbedryf gaan hê, bespreek sal word. Belangstellendes kan Jess de Klerk skakel by 082 388 0654.
Provinsiale jongboer van die jaar kompetisie
Agri Wes-Kaap en Santam Landbou hou eersdaags weer hulle jongboer van die jaar kompetisie en nooi alle jongboere uit om vir die kompetisie in te skryf. Registrasie vir die kompetisie sluit op 16 April en inskrywings vir die kompetisie sluit op 5 Mei vanjaar.
Dinsdag, 13 April 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
LUR vra vir beter werksverhoudinge
Die Noordwes LUR van landbou, bewaring, die omgewing en plaaslike ontwikkeling, Boitumelo Tshwene, het gevra dat produsente en plaaswerkers ‘n ondersteunende werksverhouding moet kweek. Tshwene het gesê dat sy departement bekommerd is oor aanvalle op boere en plaaswerkers in die Noordwes-provinsie, en het gesê dat boere en hulle werkers mekaar nodig het in die landboubedryf.
Nuwe voorsitter vir lewendehawe welsynskomitee
Professor Gareth Bath is deur die lewendehawe welsynskoördineringskomitee, die LWCC, aangewys as sy nuwe voorsitter. Gedurende die laaste vergadering het die LWCC besluit om sy kodes vir die korrekte slag van diere om te skakel na SABS-standaarde. Daarvolgens sal die metodes wat gebruik word om diere te slag, so pynloos moontlik wees. Die komitee het ook kosher en meer tradisionele slagtingsmetodes bespreek en sal eersdaags ‘n beleidsvoorstel hieroor formuleer.
Eerste globale sitruskonferensie in Kaapstad
Kaapstad is aangewys as die gasheer vir die eerste globale sitruskonferensie. Die konferensie, wat op agt en nege Julie vanjaar by die Bay hotel in Kampsbaai aangebied gaan word, sal fokus op verskillende raakpunte wat die sitrusbedryf beïnvloed. Verskeie internasionale sprekers sal afgevaardigdes toespreek rakende die internasionale vars sitrusmarkte, terwyl nuwe markte in Rusland en die Verenigde Arabiese Emirate ook onder die soeklig sal kom. Afgevaardigdes sal ook die geleentheid hê om ‘n wêreldliggaam vir die sitrusbedryf te bespreek.
Konferensie vir wildboere oor wildplase
‘n Konferensie van wildboere en jagters is belê om die nasionalisering van wildsplase en die invloed wat dit op die bewaring van biodiversiteit kan hê, te bespreek. Die konferensie sal op 30 April 2010 tydens die wild-ekspo op die Pretoriase skouterrein plaasvind. Die konferensie word deur die konfederasie van jagtersverenigings van Suid-Afrika, in die samewerking van die SA jagters en wildbewaringsvereniging, aangebied.
Maandag, 12 April 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Landbou masjinerie verkope laer
Verkope in landboumasjinerie vir die jaar tot dusvêr, is drie-en-twintig persent laer as vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Volgens die Suid-Afrikaanse landboumasjinerie-assosiasie, is vierhonderd-en-dertig trekkers in Maart verkoop. Dit is sestien persent laer as die vyfhonderd-en-twaalf eenhede wat verlede Maart verkoop is. Stroperverkope in Maart is vier eenhede meer as in Maart verlede jaar.
Europese suiwelproduksie kan stabiliteit kelder
’n Skerp styging in Europese suiwelproduksie kan internasionale suiwelpryse ’n knou toedien. Volgens Dairyreporter.com het internasionale suiwelpryse verlede jaar rekord laagtepunte bereik, voordat pryse skerp opgeskiet het teen die einde van die jaar, net om weer in 2010 te val. Onlangse markregstellings het internasionale pryse laat stabiliseer, maar ’n verslag deur Rabobank waarsku dat groter suiwelproduksie in Europa, gekombineer met ’n swakker Euro, pryse ’n knou kan toedien.
Plaaslike katoensyfers laagste sedert vorige eeu
Katoen Suid-Afrika se derde vooruitskouing vir die 2009/2010 produksiejaar, dui op ’n totale katoenoes van nege-en-dertig duisend sewehonderd-en-sestien bale vesel. Dit is ’n afname van twaalf persent teenoor die vorige seisoen se oes en is ook die kleinste katoenoes sedert die vroeë sestigs. Ses-en-dertig duisend tweehonderd-en-ses bale vesel sal na raming in Suid-Afrika geproduseer word, met die oorblywende drieduisend vyfhonderd-en-tien bale vesel wat in Swaziland geproduseer sal word.
Min organiese voedsel in VSA
Slegs ’n klein persentasie gewasse word tans as organies gesertifiseer. Dit is die bevinding van ’n onlangse studie deur die Amerikaanse departement van landbou se voedselagentskap. Nuwe inligting van die departement toon dat die totale hoeveelheid landbougrond vir organiese landbou in 2008, slegs sowat nul komma ses persent van die land se totale landbougrond uitgemaak het. Tans oorskry die verbruikersvraag die organiese voedselaanbod.
Donderdag, 8 April 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Landbou-konfederasie verkies nuwe direkteurs
Die Suider-Afrikaanse konfederasie van landbou-unies, oftewel Sacau, het by sy pas-afgelope algemene jaarvergadering ’n nuwe direksie aangewys. Douglas Taylor-Freeme van die kommersiële produsente-unie in Zimbabwe is vir ’n tweede termyn herkies as president van die konfederasie. Die Swazilandse nasionale landbou-unie is ook tot die konfederasie toegelaat, wat sy totale ledetal tot vyftien lede in elf Afrika-lande opstoot. Theo de Jager van Agri Suid-Afrika is ook gedurende die vergadering tot die direksie verkies.
Droëvrugteprys stabiel vir jaar
Die prys van droëvrugte het sedert verlede jaar stabiel gebly, sê Marius Smal van Bokomo Foods. Volgens Smal is die prysstabiliteit toe te skryf aan ’n groter droëvrugte-oes vergeleke met verlede jaar. Die huidige oes beloop sowat vyf-en-veertig duisend ton waar verlede jaar se oes vyf-en-twintig duisend ton was. Die oes word slegs een maal per jaar ingeneem vir verwerking.
Aartappelbedryf hoop op beter pryse
Die prys van aartappels kan binnekort begin styg, meen Pieter van Zyl, bestuurder van bedryfsinligting by Aartappels Suid-Afrika. Volgens Van Zyl was die prys tot dusvêr laer in vergelyking met verlede jaar se pryse. Die laer pryse word toegeskryf aan hoër temperature en reënval, wat die houvermoë van aartappels negatief beïnvloed. Van Zyl meen dat die verwagte kouer weer die houvermoë van aartappels behoort te verbeter en pryse sal opstoot.
Nano-tegnologie om melamien in suiwel uit te wys
’n Nuwe toetsingsmetode om melamien in melk uit te wys kan eersdaags algemeen gebruik word. So sê navorsers in Amerika. Volgens die webblad AP-food.com, het ’n navorsingspan van die universiteit van Miami die toets ontwikkel deur goue nano-deeltjies te gebruik om te toets vir melamien. Die span sê dat die interaksie tussen die nano-deeltjies en melamien, ’n kleurverandering in die melk tot gevolg het.
Woensdag, 7 April 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Minister erken grondhervorming faal
Die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Petterson, het tydens ’n debat by die Klein-Karoo nasionale kunstefees, erken dat die regering se grondhervormingsplan gefaal het. Die minister, die voorsitter van die Unie vir Suid-Afrikaanse Landbou, Ismail Motala, en Theo de Jager, visepresident van Agri SA, het tydens die fees aan ’n debat oor voedselsekerheid deelgeneem. Volgens Joemat-Petterson het slegs ’n paar swart mense voordeel getrek uit bemagtiging.
Blommemark steeds onder druk
Die uitvoerblommemark toon ’n stelselmatige herstel, sê die hoofuitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse blomprodusente-organisasie, Jak Duif. Volgens Duif het die mark sy herstel te danke aan beter weersomstandighede in Europa, wat die aanvraag na blomme verbeter. Op plaaslike vlak lyk dinge egter anders, met die mark wat steeds onder groot druk is weens oorproduksie. Duif sê dat dit veral rose en krisante is wat onder druk is, maar dat die mark kan verbeter namate aanvraag vanuit die Europese markte groei.
Sybokhaarmark groei
Die plaaslike sybokhaarmark groei tans sterk in die grootbokhaar- en jongbokhaar-markte. Deon Saayman, algemene bestuurder van Sybokhaar Suid-Afrika, skryf die groei in die mark toe aan die groeiende aanvraag vanuit Europa. Volgens Saayman is die aanvraag vanuit China, waar sybokhaar vir breidrag gebruik word, ook sterk. Slegs kleinbokkiehaarmarkte sukkel tans, maar Saayman is positief dat die mark sal herstel teen die einde van die somerseisoen.
Nog reën nodig
Ten spyte van goeie reën wat oor die grootste gedeelte van die land uitgesak het, gaan die Suid-en Oos-Kaap steeds gebuk onder droogte. Damstande in die Suid-Kaap bly laag, met die Wolwedans, Stompdrif en Tuinroete-damme wat almal onder die dertig persent merk is. Intussen berig die Weerburo se sewe-dag voorspelling, dat die gebied tussen George en Port Elizabeth hierdie week ’n gemiddelde kans van dertig persent vir reën staan.
Dinsdag, 6 April 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Wes-Kaap loods Slenkdalkoors-inentingsprogram
Die minister van landbou en landelike ontwikkeling in die Wes-Kaap, Gerrit van Rensburg, het aangekondig dat die provinsie pogings gaan verskerp om vee teen Slenkdalkoors in te ent. Volgens die minister sal ’n addisionele vyf-en-dertig duisend stuks vee in die noordelike gedeeltes van die provinsie ingeënt word, as deel van die voorkomende strategie. ’n Buffersone is intussen in die Murraysburg-omgewing geskep deur die inenting van tienduisend stuks vee op hoë-risiko plase. Die departement fokus tans op die Beaufort-Wes-gebied.
Nuwe wetgewing vir Europese unie suiwelbedryf
Die Europese Unie se landbou-kommissaris, Dacian Ciolos, beplan nuwe wetgewing om die werking van die Europese suiwelbedryf te verbeter. Volgens die webpublikasie, Dairyreporter.com, het die kommissaris gesê dat aanbevelings deur ’n hoë-vlak melkstudiegroep, in Junie verwag word. Daarna behoort ’n nuwe stel wetgewing vir promulgering teen die einde van die jaar, saamgestel te word. Ciolos het gesê dat nuwe strukture nodig is om prysskommelings die hoof te bied.
Nuwe wynindeks op web
’n Nuwe indeks waarvolgens Suid-Afrikaanse wyne beoordeel word, is op die internet geplaas. Die Suid-Afrikaanse superieure wyn maatstaf-indeks hoop om wynkopers in staat te stel om ingeligte besluite te neem. Volgens Izak Smit, skepper van die stelsel, sal die indeks realistiese vergelykings tussen verskillende wyne tref, en kopers in staat stel om die regte keuse te maak.
Omega-3 suiwelprodukte vir hartgesondheid
Weer by melk. Duitse navorsing toon dat die omega-drie vetsure in suiwelprodukte, suiwelverbruikers se hartgesondheid beduidend verbeter. Volgens die studie is drie gram omega-drie vetsure per dag nodig om kardiovaskulêre risikofaktore soos cholesterol te verbeter. Omega-drie vetsure word gebruik om suiwelprodukte se gesondheidsvoordele te verhoog.
Maandag, 5 April 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Witmielie-kartel vir vervolging verwys
Die mededigingskommissie het sy bevindinge aangaande samespanning tussen meulenaars van witmielies, na die mededingingstribunaal verwys vir vervolging. Die kommissie se ondersoek na samespanning het in 2007 al begin. Tydens die ondersoek het die kommissie bevind dat verskeie meulenaars in die witmieliebedryf saamspan. Die kommissie het die tribunaal gevra om ’n administratiewe boete van tien persent op die maatskappye se omset vir 2009 te hef.
Wolpryse daal in trae mark
Wolpryse het tydens die laaste wolveiling voor die Paasreses gedaal. Cape Wools se merino-aanwyser het met drie komma twee persent gedaal om die dag te sluit op een-en-sestig rand, vyf-en-sewentig sent per kilogram skoonwol. Die prys is egter drie-en-dertig persent hoër as gedurende dieselfde veiling verlede jaar. Die plaaslike mark het die Australiese mark se afwaartse tendens gevolg. Die mark het ’n hoë aanbod gehad met twaalfduisend sewehonderd-vyf-en-sewentig wolbale wat te koop aangebied is. Vyf-en-negentig persent van die bale is verkoop.
WRSA verkies nuwe president
Wildbedryf Suid-Afrika het sy nuwe direksie tydens ’n galadinee verlede week aangewys. Jaques Malan is aangewys as president vir die volgende twee jaar, terwyl die vorige president, doktor Gert Dry, tot visepresident verkies is. Die bedryf het ook sy wildboer van die jaar aangewys en dokter Johan Kriek het met die louere weggestap.
MPO wys bufferplakkerwenner aan
Die tweede wenner in die Melkprodusente-organisasie se bufferplakker-kompetisie is aangewys. Die wen-motorregistrasienommer is HFW 498 NW. Die wenner het ’n week kans om met die MPO in verbinding te tree om die prys op te eis. Dit kan gedoen word deur Yolanda by 012 843 5600 te skakel. Die volgende trekking sal op Maandag, 12 April, plaasvind en die wenner sal die volgende dag aangekondig word.
Donderdag, 1 April 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Agri Wes-Kaap wens minister geluk
Agri Wes-Kaap het die minister van landbou in die provinsie, Gerrit van Rensburg, geluk gewens met sy begrotingstoespraak. Die organisasie het in ’n verklaring gesê dat hy baie tevrede is met die rigting waarin die minster die departement van landbou stuur in terme van ontwikkelingsplanne vir landelike gebiede.
TLU SA waarsku teen veldbrande in Limpopo
Die voorsitter van TLU SA Noord, Jan Viljoen, het boere gewaarsku om voorsorg te tref teen veldbrande in Limpopo. Volgens Viljoen is dit belangrik dat alle vuurvegters deurgaans in goeie werkende toestand gehou moet word. Hy het georganiseerde landbou aangemoedig om seker te maak dat die korrekte proses in plek is om brande te voorkom, en die brande wat wel ontstaan, so gou moontlik te blus.
Katoen moontlike alternatief
Met mieliepryse wat tans ’n afname toon, kan boere moontlik weer katoen oorweeg as ’n alternatiewe gewas om aan te plant. So meen Koot Louw van Katoen Suid-Afrika. Volgens Louw toon die jongste internasionale markaanwysers dat die prys van katoen hoog bly, na ’n styging in Februarie. Hy sê dat dit Suid-Afrikaanse boere kan aanmoedig om katoen aan te plant. Vanjaar se katoenoesskatting is die kleinste nog.
Droëbone-oes kleiner
Die 2010 oesskatting vir alle tipes droëbone, beloop sowat ses-en-vyftig duisend ton. Volgens Chris Kleingeld van die Droëbone Produsente-organisasie, is dit sowat twaalf persent minder as verlede jaar se skatting. Produsente het ook sowat agt persent minder hektaar droëbone aangeplant. Kleingeld sê dat rooigespikkelde bone die grootste deel van die land se droëboon-aanplantings uitmaak en dat sowat veertigduisend ton verwag word.
Woensdag, 31 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Laer mielie-uitvoere
Suid-Afrika het minder wit- en geelmielies uitgevoer vir die week geëindig op 19 Maart, as gedurende die voorafgaande week. Volgens die Suid-Afrikaanse graan-inligtingsdiens, Sagis, het die grootste besending witmielies na Kenia gegaan, terwyl Swaziland, teen vyf-en-veertig duisend ton, die meeste geelmielies aangekoop het. Anna Enslin, hoofuitvoerende beampte van Sagis, sê dit is interessant om te let dat Suid-Afrika ook sowat sewe-en-dertig duisend ton geelmielies na Ierland uitgevoer het gedurende hierdie tydperk.
Veevoerbedryf groei sterk
Die Suid-Afrikaanse veevoerbedryf het na raming tussen die jare 2000 en 2009, met sowat dertig persent gegroei. So het doktor Erhard Briedenhann, voorsitter van Afma, tydens die organisasie se onlangse forum vir 2010 by Sun City gesê. Volgens Afma het die wêreldproduksie van veevoer in dieselfde tydperk met elf persent toegeneem. Plaaslike veevoerproduksie het in 2009/2010 wel afgeneem en word tans geprojekteer teen twee persent.
Operasie Ystervuis skop af
Jan Viljoen, voorsitter van die TLU SA Noord, het lede van dié provinsie se plaaswagstelsel versoek om deel te neem Operasie Ystervuis. Die veldtog het gister afgeskop en sal tot 6 April duur. Die aksie volg op ’n strategiese werkswinkel wat in Maart gehou is en waartydens besluit is om die veldtog te loods na aanleiding van die moord van tien plaasbewoners in Limpopo, sedert Oktober 2009. Die organisasie sê hy het die provinsiale kommissaris ook versoek om aan die aksie deel te neem.
TLU SA waarsku teen ongemagtigde mynbou
Viljoen het in nog ’n verklaring gesê dat grondeienaars ‘n roeping en plig het om seker te maak dat alle mynbou-aktiwiteite met die volle mag van die toepaslike wetgewing en weerstand van die gemeenskap teengestaan word. Volgens die organisasie is daar sedert 2002 om sowat vier-en-twintig duisend prospekteer- en mynregte aansoek gedoen. Die meeste aansoeke is in Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en die Noord-Kaap ingedien. In die Wes-Kaap is sowat eenduisend ses-en-negentig aansoeke toegestaan.
Dinsdag 30 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Grondkwessie: Adjunkminister lewer kommentaar
Die adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, doktor Pieter Mulder het gesê dat Suid-Afrika ’n balans moet vind tussen bestaansboere, wat grond wil hê om in hul eie behoeftes te voorsien, en kommersiële boere wat kos vir die sowat sewentig persent stedelike inwoners van die land produseer. Volgens Mulder kan ondeurdagte grondhervorming in Suid-Afrika die land se landbou-ekonomie vernietig. Die adjunkminister het die uitsprake gemaak na aanleiding van die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti se onlangse parlementêre uitsprake oor privaatgrondbesit.
Wes-Kaapse kabelsdiefstal in landelike gebiede
Agri Wes-Kaap het met die hulp van hulle landbouverenigings ’n opname gedoen oor die impak van kabeldiefstal in veral landelike gebiede. Die bevindinge wat uit die opname gespruit het, gaan gebruik word om probleemareas in die landelike gebiede te identifiseer. Die landbou-organisasie sal met ’n aantal misdaadbestrydingsorganisasies saamwerk om die landelike gebiede in die Wes-Kaap teen diefstal en verwante misdaad te beskerm.
Vennootskap wil Oos-Kaapse landbou markte uitbrei
’n Samewerkingsooreenkoms tussen ’n Oos-Kaapse landelike ontwikkelingsinitiatief en die voedselreus Unilever beoog om markgeleenthede vir ontwikkelende boere in die gebied te skep. Volgens die ooreenkoms sal die boere Unilever van plaaslik geproduseerde produkte voorsien, wat weer op sy beurt werksgeleenthede in die Oos-Kaapse landbou skep. Volgens Gail Klintworth, voorsitter van Unilever Suid-Afrika, is dit belangrik vir die maatskappy om sy landbou basis in die Oos-Kaap uit te brei.
Viëtnamese hulp vir Chad voedselsekuriteit
Viëtnamese kenners gaan die Afrika land Tsjad help om ’n reeks landbou aktiwiteite daar te stel om voedselsekuriteit in dié land te verseker. Volgens die Verenigde Nasies se voedsel en landbou organisasie, die FAO, gaan vyftien Viëtnamese kenners Tsjad help om die aktiwiteite oor twee jaar te implementeer. Die sowat twee miljoen Amerikaanse dollar koste gaan deur Tsjad befonds word met behulp van ’n trustfonds wat deur die FAO geskep is.
Maandag 29 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
R3-miljard landboufonds vir landbou ontwikkeling
’n Drie miljard rand landboufonds is gestig om landbou-ontwikkeling in plattelandse gebiede te bespoedig. Die Futuregrowth landboufonds is daarop gemik om beleggers die geleentheid te gee om direk in landbou te belê. Die fonds sal in landbougrond, landboubesighede en boerdery-infrastruktuur belê. Volgens James Howard, batebestuurder van Futuregrowth, is die fonds se doelwit om ’n markgerigte antwoord tot grondhervorming te bied.
Wildstropers maai onder renosters
Ten spyte van grootskaalse pogings om wildstropery te bekamp, het die onwettige aktiwiteit verlede jaar tot sy hoogste syfer in vyftien jaar geklim. Sowat eenduisend vyfhonderd renosterhorings is gedurende die afgelope drie jaar onwettig verkoop, ten spyte van ’n internasionale verbod op renosterhoringhandel. Volgens Julian Freimond van Wildlife Risk Solutions, is honderd twee-en-twintig renosters verlede jaar onwettig in Suid-Afrika gejag, met voorspellings dat tot sowat tweehonderd vanjaar van kant gemaak sal word.
Ontwikkelende-landbou organisasie steun grondplan
Die Verenigde Suid-Afrikaanse Landbouvereniging, USAAA, sê dat hy die regering se grondhervormingsplan ondersteun, maar bekommerd is oor ’n eksklusiewe klimaat. Volgens Trevor Abrahams, voorsitter van die vereniging, moet die regering met swart boere in gesprek tree. Die vereniging sê dat hy ten volle bereid is om met die regering, asook kommersiële landbou, saam te werk ten einde ’n werkbare oplossing vir grondhervorming te vind.
Kenners waarsku oor voëlgriep
Die Verenigde Nasies se voedsel en landbou-organisasie berig dat ’n span internasionale wetenskaplikes gewaarsku het dat daar nog nie genoeg gedoen is om die verspreiding van die voëlgriepvirus te ondersoek nie. Volgens die wetenskaplikes heers daar groot vraagstukke rondom die oordraagbaarheid van die siekte deur wilde voëls. Die organisasie berig dat, alhoewel die siekte uit die publieke oog is, dit steeds ’n groot probleem veral in Egipte en dele van Asië is, waar die siekte ’n groot bedreiging vir voedselsekuriteit inhou.
Donderdag, 25 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Britse markte oop vir Suid-Afrikaanse pomelo’s
Die Suid-Afrikaanse sitrusprodusente-organisasie berig dat nuwe markte vir pomelo-produsente in Brittanje geopen het. Afgevaardigdes van die organisasie het verlede week met vier van die grootste handelsname in die land vergader, om ’n strategie vir die bemarking van Suid-Afrikaanse sitrus daar te stel. Volgens Justin Chadwick, hoofuitvoerende beampte van die produsente-organisasie, is pomelo’s en sagte sitrus geïdentifiseer as potensiële markte. Samesprekings vind ook plaas om die moontlikheid van sitrus-uitvoere na Japan te ondersoek.
Nuwe implemente vir landbouprojekte in Noordwes
Die LUR vir landbou, bewaring, die omgewing en plaaslike ontwikkeling in Noordwes, Boitumelo Tshwene, het ontwikkelende boere in dié provinsie gemaan om na hulle nuwe implemente om te sien. Dit volg nadat die department landboutoerusting en veehanteringsfasiliteite aan drie landbouprojekte in die provinsie toegeken het. Volgens Tshwene moet die boere die grond tot hulle beskikking ten volle benut, om ekonomiese stabiliteit in die provinsie te help verseker.
Vereniging vir waterdoeltreffende mielies gedenk bestaan
Die waterdoeltreffende mielies vir Afrika-projek het onlangs sy tweede bestaansjaar gevier. Die projek, wat daarop gemik is om meer produktiewe mielies wat minder water gebruik aan kleinboere in Afrika te verskaf, is in Maart 2008 in die lewe geroep. Die Landbounavorsingsraad van Suid-Afrika het die eerste van hierdie mielies in November 2009 geplant. Die doel van die aanplanting is om die droogtebestandheid van die mielies te bepaal, en mieliebasters te identifiseer wat onder droogtetoestande kan presteer.
Wyndruifoes baie goed
Die webwerf Wine.co.za berig dat vanjaar se druiwe-oes meer gehalte druiwe gaan lewer. Onegalige rypwording en laer produksiesyfers het beteken dat die oesjaar moeiliker verloop het, maar ’n koue, nat winter en lente het druiwe van hoë gehalte gelewer. Lede van die Kaapse Wynmakersgilde is dit eens dat die druiweoes vanjaar kleiner gaan wees, maar ’n hoër gehalte druif aan die wynmark gaan lewer.
Woensdag, 24 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Viëtnamese uitvoermark kyk na Suid-Afrika
Suid-Afrika kan in die volgende paar jaar ’n potensiële mark word vir Viëtnamese landbou-uitvoerprodukte. So het Adriaan du Pisanie, eerste sekretaris van die Suid-Afrikaanse ambassade in Viëtnam, gesê tydens ’n onlangse bilaterale konferensie om handel tussen die twee lande te versterk. Le Dinh Buu Tri, direkteur van die staat se kapitaal-ontwikkelingskorporasie in Ho Chi Minh-stad, het gesê dat Viëtnam in ’n aantal Suid-Afrikaanse sektore kan belê, waarvan landbouprodukte een is.
Hittegolf het min invloed op tafeldruiwe
Volgens die Suid-Afrikaanse tafeldruifvereniging het lae reënval en ’n gepaardgaande hittegolf, min uitwerking op die gehalte van tafeldruiwe in die Hexriviervallei-streek gehad. Die laaste Red Globe, La Rochelle en Bonheur druiwe word tans in die streek verpak, terwyl sowat twintig persent van die laaste Crimson Seedless druiwe gedurende die volgende twee weke verpak sal word. Vroeë aanduidings is dat die gehalte van Dauphine-druiwe hierdie seisoen uitstekend is.
Groot internasionale belangstelling in NAMPO
Buitelandse uitstallers sal vanjaar ’n ekstra geur aan die Nampo-oesdag verskaf. ’n Groot afvaardiging uit Argentinië, sowat vyf Amerikaanse uitstallers en nuwe produkte vanuit Australië, gaan alles bydra tot die oesdag se tema “Sien die wêreld van landbou.” Meer as seshonderd-en-dertig uitstallers gaan die onderskeie fasette van landbou aanspreek, terwyl meganisasie-uitstallers weer virtuele demonstrasies sal aanbied.
Voermeester Namibië ontvang opleiding
Die landbou-moniteringsmaatskappy, Afri Compliance, het sy inhuis opleidingsprogram vir die veevoerbedryf na Namibië uitgebrei. Voermeester Namibië het onlangs afgevaardigdes na die eerste twee-dag opleidingseminaar wat Afri Compliance in Windhoek aangebied het, gestuur. Herman van Zyl, die maatskappy se uitvoerende portefeuljebestuurder, sê Afri Compliance wil voermeulens in Suidelike Afrika ondersteun in die nakoming van toepaslike wetgewing.
Dinsdag, 23 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Waterbewaring dringend nodig
Waterbewaring moet dringende aandag geniet, veral gesien in die lig van die pas-afgelope waterweek. Volgens die adjunkpresident van die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika, Louis Meintjies, sal die onoordeelkundige toekenning van tradisionele landbouwater aan ander bedrywe, daartoe lei dat minder gewasse besproei kan word. Meintjies het ook gesê dat regeringstrukture herstel moet word om die besoedeling van natuurlike waterbronne te bekamp.
Rekord inskrywings vir Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe
’n Rekord getal inskrywings is ontvang vir vanjaar se Suid-Afrikaanse suiwelkampioenskappe. Agthonderd-sewe-en-veertig inskrywings van vier-en-sewentig groot en boetiek suiwelvervaardigers het ingeskryf om mee te ding om ’n gesogte Qualité-toekenning. Die resultate van die kampioenskappe word op 22 April aangekondig en sal ook volledig in die tydskrif, Milk & Juice, verskyn.
Wêreld sitruskonferensie in Suid-Afrika
Die eerste wêreld sitruskonferensie gaan eersdaags in Suid-Afrika plaasvind. Die konferensie word op agt en nege Julie 2010 by die Bay Hotel in Kampsbaai aangebied. Internasionale sprekers sal konferensiegangers inlig omtrent internasionale vars-sitrusmarkte, bio-afbreekbare verpakkingsmateriale en die behoefte aan ’n globale sitrusliggaam om die aanvraag na dié produkte te stimuleer.
Nuwe mieliekultivar om oeste op te stoot
’n Nuwe samewerkingsooreenkoms is onlangs van stapel gestuur om voedselsekuriteit regoor Afrika te verseker, deur die ontwikkeling van nuwe mielievariëteite te ontwikkel. Die nuwe variëteite sal kunsmis beter opneem en sal oeste na raming met sowat vyftig persent opstoot. Die sogenaamde Imas-vennootskap word gelei deur die internasionale mielie- en koringverbeteringsentrum, en word befonds met ’n negentien komma vyf miljoen Amerikaanse dollar donasie deur die Bill en Melinda Gates stigting, asook USaid.
Maandag, 22 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Regering oningelig oor wildbedryf bydrae
Die regering se beoogde nasionalisering van wildsplase as onderbenutte grond, spreek van onkunde. So sê die president van Wildbedryf Suid-Afrika, doktor Gert Dry. Volgens Dry is wildboerdery ’n hoogs mededingende en wetenskaplike boerderyvertakking wat op ’n besigheidsgrondslag bedryf word. Die wildbedryf verdien tans sowat sewe miljard rand per jaar. Wildbedryf Suid-Afrika het ’n dringende versoek tot die direkteur-generaal van die departement van landelike ontwikkeling en grondsake, Tozi Gwanya, gerig, om in gesprek te tree met die wildbedryf.
Suid-Afrikaanse inmaakbedryf sukkel
Moontlike werksverliese staar die plaaslike geblikte vrugtebedryf in die gesig, weens die sterker rand. Volgens die Suid-Afrikaanse geblikte vrugte- en groentevereniging, is dit veral geblikte vrugte-uitvoere wat steeds onder verlede jaar se resessie gebuk gaan. Die uitvoer-gedrewe bedryf word tans deur die huidige wisselkoers en plaaslike kosteverhogings geknyp.
Wolpryse styg ten spyte van sterker rand
Ten spyte van ’n sterker rand, het wolpryse by verlede week se wolveiling in Port Elizabeth gestyg. Die Cape Wools merino-aanwyser het met twee komma twee persent gestyg, om af te sluit teen drie-en-sestig rand nege-en-sewentig sent per kilogram skoon wol. Die prysstygings word toegeskryf aan wolprysstygings in Australië, Europese belangstelling en ’n kleiner wolveiling verlede week. Sesduisend vyfhonderd-en-dertig bale, waarvan sewe-en-negentig persent verkoop is, is te koop aangebied.
Melk is beter as sportdrankie, beweer studie
Afgeroomde melk kan ’n beter oefendrankie vir vroulike atlete wees as populêre sportdrankies. Volgens ’n artikel in die joernaal, Medicine and Science in Sports and Exercise, meen navorsers dat die kalsium- en proteïeninhoud van afgeroomde melk help dat vroulike atlete vinniger vetmassa verloor, terwyl meer spiermassa gebou word. Volgens die studie is die kombinasie van kalsium en vitamien D die rede vir die verlies aan vetmassa.
Donderdag, 18 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Agri SA bespreek grondaangeleenthede
’n Afvaardiging van Agri SA het onlangs met die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming vergader. Die vergadering het gefokus op die feitlik algehele mislukking van grondhervorming en boere-ontwikkelingsinisiatiewe. Die departement is ook versoek om onlangse uitsprake oor die moontlike nasionalisering van landbougrond toe te lig. Volgens Agri SA het die department gesê dat nasionalisering nie deur die regering oorweeg word nie.
Departement deel van kommissie-besluite
Die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Petterson, het met ’n afvaardiging van Graan SA vergader om terugvoer te gee oor die internasionale handelsadministrasie-kommissie se vergadering op nege Maart. Dit volg nadat Graan SA ’n aansoek gebring het om invoerbelasting op koring te verhoog, in ’n poging om plaaslike produsente te beskerm. Volgens die minister sal die koringbedryf ingelig word oor die besluit, sodra die proses afgehandel is.
Bobbejane rig groot skade aan
Kaapse bobbejane rig tans groot skade in die Franschhoek-vallei aan. Die bobbejane verwoes na bewering tonne ryp Chardonnay-druiwe wat vir wynmaak bestem is. Sommige plase in die vallei het al veertig persent van hulle druiwe-oeste verloor weens die skade. Volgens Mark Dendy-Young, bestuurder van die La Petite Ferme wynlandgoed, kan die bobbejane tot sowat twee ton druiwe per week opvreet. Dit beteken ’n verlies van sowat tweeduisend bottels wyn.
Ayrshire nasionale veiling en streekskampioenskappe
Die nasionale Ayrshire-veiling en streekskampioenskappe vind vanjaar op 21 en 22 April in die nuwe Ayrshire-klubhuis in Bloemfontein plaas. Volgens Edmund Els, beoordelaar van die streekskampioenskappe, sal verskillende suiwelrasse ook teen mekaar meeding. Herman Duvenhage sal as beoordelaar optree. Die veiling sal veertig vroulike diere, drie bulle en drie embrio’s aanbied.
Woensdag, 17 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
TLU SA Noord eis spesialis-eenheid teen plaasaanvalle
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika sê dit het tyd geword dat ’n spesialis polisie-eenheid gestig word om plaasaanvalle te bekamp. Die stelling volg nadat nog twee boere die afgelope naweek op hulle plase vermoor is. Die organisasie het ook gesê dat misdaad intelligensie-prioriteit moet geniet, sodat aanvalle in die toekoms voorkom kan word. Die TLU SA het ook tydens ’n vergadering met die LUR vir veiligheid in Limpopo, geëis dat plaasaanvalle en plaasmoorde as ‘n aparte en ‘n prioriteitsmisdaad gelys moet word.
Lewendige entstof vir vee beskikbaar
Onderstepoort Biologiese Produkte sê dat daar nog genoeg lewendige entstof teen Slenkdalkoors beskikbaar is om produsente te help, totdat ’n nuwe besending onaktiewe entstof beskikbaar is. Alhoewel lewendige entstof dragtige diere kan laat aborteer, raai OBP produsente aan om liewers die kans te waag, eerder as om groot getalle diere te verloor. Die eerste besending onaktiewe entstof behoort teen die einde van April beskikbaar te wees.
Mineraleregte toetssaak kry verhoordatum
Die mineraleregte toetssaak tussen Agri SA en die minister van minerale en energie, sal vanaf vier Oktober vanjaar in die hof aangehoor word. Die sentrum vir toegepaste regstudies sal die hof bystaan om die omvang van die eis teen die staat aan te toon. Indien Agri SA suksesvol is, sal die staat eisers moet vergoed indien hulle kan bewys dat hulle mineraalregte onteien is ingevolge enige bepalings van die Petroleum Hulpbronne Ontwikkelingswet.
Graanprodusent van die jaar
Produsente word uitgenooi om hulle skriftelike nominasies vir die Graan Suid-Afrika/Syngenta graanprodusent van die jaar-kompetisie in te dien. Die skriftelike nominasies moet Graan SA voor sestien April bereik en die genomineerdes mag slegs vol-opbetaalde Graan SA-lede wees. Volgens die organisasie gee die kompetisie erkenning aan Suid-Afrikaanse produsente wat soms onder moeilike omstandighede, uitstekend presteer.
Woensdag, 16 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
TLU SA Noord eis spesialis-eenheid teen plaasaanvalle
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika sê dit het tyd geword dat ’n spesialis polisie-eenheid gestig word om plaasaanvalle te bekamp. Die stelling volg nadat nog twee boere die afgelope naweek op hulle plase vermoor is. Die organisasie het ook gesê dat misdaad intelligensie-prioriteit moet geniet, sodat aanvalle in die toekoms voorkom kan word. Die TLU SA het ook tydens ’n vergadering met die LUR vir veiligheid in Limpopo, geëis dat plaasaanvalle en plaasmoorde as ‘n aparte en ‘n prioriteitsmisdaad gelys moet word.
Lewendige entstof vir vee beskikbaar
Onderstepoort Biologiese Produkte sê dat daar nog genoeg lewendige entstof teen Slenkdalkoors beskikbaar is om produsente te help, totdat ’n nuwe besending onaktiewe entstof beskikbaar is. Alhoewel lewendige entstof dragtige diere kan laat aborteer, raai OBP produsente aan om liewers die kans te waag, eerder as om groot getalle diere te verloor. Die eerste besending onaktiewe entstof behoort teen die einde van April beskikbaar te wees.
Mineraleregte toetssaak kry verhoordatum
Die mineraleregte toetssaak tussen Agri SA en die minister van minerale en energie, sal vanaf vier Oktober vanjaar in die hof aangehoor word. Die sentrum vir toegepaste regstudies sal die hof bystaan om die omvang van die eis teen die staat aan te toon. Indien Agri SA suksesvol is, sal die staat eisers moet vergoed indien hulle kan bewys dat hulle mineraalregte onteien is ingevolge enige bepalings van die Petroleum Hulpbronne Ontwikkelingswet.
Graanprodusent van die jaar
Produsente word uitgenooi om hulle skriftelike nominasies vir die Graan Suid-Afrika/Syngenta graanprodusent van die jaar-kompetisie in te dien. Die skriftelike nominasies moet Graan SA voor sestien April bereik en die genomineerdes mag slegs vol-opbetaalde Graan SA-lede wees. Volgens die organisasie gee die kompetisie erkenning aan Suid-Afrikaanse produsente wat soms onder moeilike omstandighede, uitstekend presteer.
Maandag, 15 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Weermag neem grensbewaking oor
Die verantwoordelikheid vir die beveiliging van ons landgrense, sal voortaan dié van die Suid-Afrikaanse weermag wees, en nie meer van die polisiediens nie. Dit is bevestig deur die adjunkminister van justisie en staatkundige ontwikkeling, Andries Nel, by Agri SA se misdaadkongres verlede week. Die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe, asook Suid-Afrika en Mosambiek, sal vanaf 1 April beveilig word. Die Lesotho-grens sal later ingesluit word.
Agri SA veroordeel Malema uitsprake
Intussen het Agri SA Julius Maleme se onlangse uitsprake skerp gekritiseer. Volgens Johannes Moller, president van Agri SA, hoort Malema se uitsprake nie tuis in ’n verdraagsame samelewing nie. Moller het in ’n verklaring gesê dat Agri SA van die Menseregtekommissie verwag om die aangeleentheid op te volg en Malema tot verantwoording te roep.
Wolmark af na sterker rand
Die sterker rand het weereens laer wolpryse tot gevolg gehad op verlede week se wolveilings in Port Elizabeth. Die Cape Wools Merino-aanwyser het met twee komma ses persent gedaal om met die marksluiting te eindig op twee-en-sestig rand drie-en-veertig sent per kilogram skoon.
Alternatiewe vrugteboerdery by Cape Week
Alternatiewe vrugte as boerdery-aktiwiteit is een van die trekpleisters by vanjaar se Agri Cape Week. Vrugtesoorte soos vye, granate en persimmons sal by uitstallings vertoon word. ’n Groot fokus op olywe sal met ’n nasionale olyfkonferensie afskop, waartydens buitelandse sprekers van Italië en Spanje, belanghebbendes sal toespreek.
Nuwe landbou rolspeler in Wes-Kaap
Die verenigde Suid-Afrikaanse landbouvereniging, USAAA, sê hy is oorgehaal om opkomende landbou in die Wes-Kaap by te staan. Volgens Trevor Abrahams, voorsitter van die vereniging, het die organisasie homself gevestig as die tuiste vir opkomende landbou in die Wes-Kaap. Abrahams sê ook dat die organisasie ’n deursigtige en diplomatieke beleid sal volg.
Donderdag, 11 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Landbouers onregverdig benadeel, sê adjunkminister
Regeringsubsidies in die landboubeleid van sekere lande, plaas onregverdige druk op Suid-Afrikaanse kommersiële landbouers. So het doktor Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, onlangs aan ’n vergadering van sowat veertig landbouministers in Parys, Frankryk gesê. Volgens Mulder maak hierdie beskermingsmaatreëls dit onmoontlik vir Suid-Afrikaanse landbouers om op gelyke vlak met landbouers van hierdie lande mee te ding.
GM-mielies vir voedselsekuriteit
’n Groter geneties-gemodifiseerde mielie-aanplanting, kan bydra tot Suid-Afrika se voedselsekuriteit. Volgens Wally Green, ’n onafhanklike konsultant vir biotegnologie, maak GM-mielies sowat sewentig persent van die land se totale 2009/2010 mielie-aanplantings uit. Volgens Green toon ’n opname dat die aanplant van GM-mielies in 2009 met tweehonderd-een-en-sestig duisend hektaar en GM-sojabone met vyf-en-veertig duisend hektaar, toegeneem het.
Vertroue in agribesigheid meer positief
Die Landboubesigheidskamer en Industriële Ontwikkelingskoöperasie se landboubesigheidsvertrouensindeks het pas verskyn en is steeds negatief. Volgens Lindie Stroebel, bestuurder van ekonomiese en finansiële inligting by die besigheidskamer, toon die indeks egter ’n verbetering op die vorige kwartaal. Vertroue in die landbousektor het ook gedurende die eerste kwartaal van 2010 met sowat elf persent gestyg teenoor die eerste kwartaal van 2009.
Voedselsekuriteit in Suidelike Afrika gesond
Die vroeë waarskuwingsnetwerk teen hongersnood, oftewel Fewsnet, se voedselsekuriteitsverslag oor Suidelike Afrika vir Januarie tot Junie 2010, dui daarop dat voedselsekuriteit in Suidelike Afrika stabiel gebly het. Die verslag gee ’n oorsig van huidige voedselsekuriteitstoestande en vordering in die 2009/2010 oesjaar. Die organisasie skryf die stabiele toestand toe aan goeie oeste en hoër voedselproduksie gedurende 2009/2010.
Woensdag, 10 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Volstruisbedryf teenwoordig by Agri SA- konferensie
Die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer het konferensiegangers by die afgelope Agri SA konferensie in Somerset-Wes, voorgestel aan die sogenaamde Ostri-SEB-model. Die volstruisbedryf lewer jaarliks ’n bydrae van meer as twaalf miljoen rand tot swart ekonomiese bemagtiging. Sowat seshonderd volstruisprodusente in die Wes-, Oos-, Suid- en Noord-Kaap is SEB-aktief.
Teenstortingsaansoek vorder
Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, Savpo, se aansoek om ‘n dringende interim teenstortingstarief so te sê afgehandel. Die organisasie sê in sy nuusbrief dat dit teen die helfte van Maart by die Internasionale Kommissie vir Handelsadministrasie ingedien sal word. Indien suksesvol, verwag Savpo dat die tarief teen Junie in plek sal wees
Uitbraak van Korridorsiekte onder beheer
Die staatsveeartse in Ellisras en Mokopane (Potgietersrus) het aangedui dat buffels op twee plase in hierdie streke positief getoets het vir die gevreesde korridorsiekte. Die plase waar die siekte ontdek is, is intussen onder kwarantyn geplaas, met streng bosluisbeheermaatreels wat toegepas word. Die veeartse het bevestig dat die probleem tans onder beheer is en dat beesboere nie hoef te vrees dat die siekte verder sal versprei nie.
Kleiner katoenproduksie lei tot prysstyging
Volgens die internasionale katoen advies komitee, Icac, het katoenpryse gedurende Februarie wesenlike stygings getoon. Die komitee skryf die stygings aan ’n kleiner wêreldproduksie, en groter katoenverbruik deur spinners toe. Alhoewel ’n vyftien-present afname in 2009/2010 wêreldvoorrade voorsien word, sal wêreld eindvoorrade vir 2010/2011 nie verder daal nie. Plaaslik word die totale katoenoes vir die 2009/2010 produksie-jaar op sowat veertigduisend driehonderd vyf-en-tagtig bale vesel geraam. Dit is ’n afname van sowat tien persent teenoor die oes van die vorige seisoen.
Dinsdag, 9 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Kommersiële boere moet help met grondherstel
Kommersiële boere kan die mislukte grondhervormingsproses ten goede gebruik. Dit is die reaksie van die Wes-Kaapse minister van landbou en landelike ontwikkeling, Gerrit van Rensburg, op die regering se aankondiging dat grondhervorming gefaal het. Van Rensburg het in ’n verklaring gesê dat geld nie enigste antwoord is om sukkelende swart boere te help nie en dat kommersiële boere ook kan help om landbougrond tot produktiewe eenhede te herstel.
2009 se varkvleisinvoere die hoogste ooit
Suid-Afrika het in 2009 sewe-en-twintig duisend tweehonderd-en-veertien ton varkvleis ingevoer. Dit is die hoogste invoersyfer in die geskiedenis. Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, Savpo, sê in sy jongste nuusbrief dit lyk asof die hoë invoere vanjaar gaan voortduur. Tweeduisend eenhonderd-vyf-en-sewentig ton varkvleis is in Januarie ingevoer.
Trekkerverkope weer laer
’n Totaal van vyfhonderd-sewe-en-twintig trekker-eenhede is in Februarie verkoop. Dit is een-en-dertig persent minder as verlede Februarie. Volgens die Suid-Afrikaanse landboumasjinerie-assosiasie, Saama, is trekkerverkope vir die jaar tot dusvêr byna ses-en-twintig persent laer as verlede jaar. Stroperverkope vir Februarie is ook aansienlik laer as verkope verlede Februarie.
MPO loods ‘n bufferplakker-kompetisie
Die Melkprodusente-organisasie het pas ’n bufferplakker-kompetisie geloods. Twee produsente kan elke maand vyfhonderd rand elk losslaan indien die bufferplakker deur MPO-personeel opgemerk word. Die eerste registrasienommer in die wedstryd is reeds bekend. Bertus de Jongh, hoofuitvoerende beampte van die MPO, gesels net na die nuus met ons oor die kompetisie. Meer besonderhede oor die kompetisie en hoe om pryse op te eis, is op die RSG Landbou webwerf beskikbaar by www.rsglandbou.co.za.
Maandag, 8 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Regering haal nie SEB-grondteikens
Die regering sê dat sy teikens vir die herverdeling van grond, nie bereik sal word voor die sperdatum van 2014 nie. Die minister van landelike ontwikkeling en grondsake, Gugile Nkwinti, het verlede week gesê dat die koste van hierdie grond-oordragprojek teen tagtig miljard rand, onbekostigbaar is binne die tydraamwerk. Business Report berig dat geld nou eerder bestee sal word aan swart boere wat reeds grond ontvang het, maar onsuksesvol boer.
Voorstelle oor nywerheids-aksieplan
‘n Afvaardiging van Agri SA het verlede week die landboudimensies van die regering se sogenaamde industriële beleids-aksieplan, aan die portefeuljekomitee oor handel en nywerheid toegelig. Landbouverwerking en bio-brandstof is van die prioriteite wat in aksieplan uitgelig word. Volgens Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur van Agri SA, het die organisasie onder andere aanbeveel dat die huidige strategiese plan vir landbou in die aksieplan geïnkorporeer word. Verskeie ander aanbevelings is ook gemaak.
Afri Compliance fasiliteer Afma-regeringsgesprek
Die veevoervervaardigersvereniging, Afma, het in ’n onlangse vergadering met die adjunkminister van landbou, doktor Pieter Mulder, gesê die regering is welkom om van kundigheid in die veevoerbedryf gebruik te maak, ten einde stabiliteit in die bedryf te verseker. Sake soos die nuwe voerwetgewing en die voerregistrasieproses is ook bespreek. Die gesprek is deur landboumoniteringsmaatskappy, Afri Compliance, gefasiliteer.
LBK 2010 besigheidsopname
Die Landboubesigheidskamer is besig met ‘n opvolg-opname op sy 2004 en 2008 agribesigheidstudie. Die studie hoop om inligting in te win oor die mededingendheid van landboubesighede en faktore wat dit beïnvloed. Landboubesighede wat aan die opname wil deelneem, moet hulle voltooide vraelyste teen môre faks na 012 349 1330 of epos dit aan lindie@agbiz.co.za.
Donderdag, 4 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Departement wil landbouwette hersien
Die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Petterson, het in ‘n toespraak tydens Agri SA se bedryfs- en boere-ontwikkelingskonferensie, gesê dat alle landbouwette tans hersien word. Sake 24 berig dat veertien landbouwette wat dateer uit die tydperk voor 1994, tans ongeldig of ontoepaslik is. Daar is ook wette wat ná 1994 ingestel is, wat volgens Joemat-Petterson hersien moet word. Dié wette hou spesifiek verband met die toepassing van die vryemarkstelsel binne die landboukonteks.
Slenkdalkoors brei uit
'n Vrystaatse boer is vermoedelik die tweede persoon wat Slenkdalkoors opgedoen het. Dit volg nadat die virus verlede maand in dié provinsie uitgebreek het. Volgens Volksblad is Francois Marais van Bultfontein na ’n hospitaal in Bloemfontein gehaas, nadat hy Vrydag 'n hoë koors ontwikkel het. Hy is in ’n stabiele toestand. Nagenoeg een-en-’n-half duisend stuks vee is reeds deur die virale siekte geaffekteer. Die Bultfontein boere-unie het veemakelaars versoek om alle veilings te staak om die verspreiding van die siekte te stuit.
Spitsberade spreek uitdagings aan
Die departement van landbou, bosbou en visserye gaan ’n reeks spitsberade vir plaaswerkers aanbied. Die berade sal regoor die land en in samewerking met die onderskeie provinsiale landboudepartemente aangebied word. Rolspelers soos Cosatu en die TLU SA, sal ook betrokke wees. Die eerste beraad het vandag by Mount Amanzi naby Hartbeespoort in die Noordwes-provinsie afgeskop, en kom môre tot ’n einde.
Heuningbosteebedryf vergader
Die Heuningbosteevereniging van Suid-Afrika bied aanstaande Maandag ’n simposium in George in die Suid-Kaap aan. Die simposium sal fokus op die bedryf se planne oor die volgende tien jaar. Suid-Afrikaanse heuningbostee geniet tans groot aanhang in die buiteland. Belangstellendes kan vir Retha Louw skakel by 021 870 2900.
Woensdag, 3 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Langkloof-vrugteramp kan duisende werkloos laat
Meer as sewentig duisend landelike inwoners en besighede in die Klein-Karoo, staar ‘n ramp in die gesig, nadat skade weens oorstromings in 2007, nog nie herstel is nie. Landbouers wag al langer as drie jaar vir regeringshulp om skade van meer as eenhonderd-en-tagtig miljoen rand aan damme, pypleidings en dies meer, te herstel. Sowat sewentig persent van die kloof se inkomste kom uit vrugte. Meer as sestig duisend stuks kleinvee is ook in gedrang.
Elektrisiteitsverhoging verwerp
Die TLU SA sê hy betreur die goedgekeurde vier-en-twintig komma agt persent verhoging in elektrisiteitstariewe. Die organisasie se president, Ben Marais, sê in ‘n verklaring dit is duidelik dat daar nie na die belange van die verbruiker en boer gekyk is nie. Marais het ‘n beroep op die regering gedoen om Nersa te ontbind. Die TLU SA is een van talle landbou-organisasies wat sy misnoeë met die besluit uitgespreek het.
Ondersoek na SMS-pryse vir rooivleis
Die Rooivleisprodusente-organisasie beoog om ’n SMS-stelsel te implementeer om vleispryse in die verskillende provinsies met sy lede te kommunikeer. Professor André Jooste van die Nasionale Bemarkingsraad sal namens die RPO met die Mededingingsraad skakel, ten einde ‘n prosedure te ontwikkel wat nie strydig met mededingingswetgewing is nie.
Media-dag vir Nampo-oesdag
Die Landbouskrywersgilde nooi alle media uit na ’n mediadag vir die 2010 Nampo-oesdag. Die mediadag sal op 12 Maart by Nampo Park net buite Bothaville plaasvind, en sal bestaan uit ’n inligtings- en spanbousessie. Skakel vir Marna van Jaarsveld by 056 515 0942 vir meer inligting.
Dinsdag, 2 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Grondeisehof uitspraak verwelkom
Die TLU SA sê hy is verheug oor die uitspraak van die Grondeisehof in Johannesburg, ingevolge waarvan die Baphiring-stam se eis om grond in die Koster-distrik, van die hand gewys is. Ben Marais, president van die unie, het in ‘n verklaring gesê dit is verblydend dat die hof voedselsekerheid bo politieke oorwegings gestel het. Die organisasie het ook gevra dat reeds afgehandelde eise, in die lig van hierdie uitspraak, weer ondersoek moet word om seker te maak dat kompensasie nie herhaal word nie.
Finale koring-oesskatting afwaarts aangepas
Die finale produksieskatting vir koring is afwaarts aangepas. Die Nasionale Oesskattingskomitee sê in sy jongste raming dat die aanpassing sowat een komma drie ses persent laer is as die een komma nege vier ses miljard ton van die vorige skatting. Die oppervlakte beplant met koring, is ook afwaarts aangepas met vyfduisend hektaar, na seshonderd twee-en-veertig duisend hektaar.
Graan SA hou kongres
Graan SA hou môre en oormôre sy jaarlikse kongres by Nampopark net buite Bothaville. Die kongres word voorafgegaan word deur ‘n werksessie vir wintergrane wat vanmiddag plaasvind. Die politieke analis, JP Landman, sal afgevaardigdes môre toespreek oor posisionering binne die internasionale mark. Donderdag se sessie sal deur die minister van landbou, bosbou en vissery, Tina Joemat-Pettersson, geopen word.
Aartappels SA bemagtig informele handelaars
Aartappels Suid-Afrika sal oor die volgende twee jaar, verskeie veldtogte van stapel stuur om Suid-Afrikaners op te voed in die gesondheidswaarde van aartappels. Die eerste in die reeks veldtogte het verlede afgeskop, toe ‘n akademie vir informele handelaars by die Tshwane varsproduktemark geloods is. Informele handelaars sal opgelei word in aspekte soos kliëntediens en besigheidsuitbreiding.
Maandag, 1 Maart 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Hewige reaksie op landbou-organisasies
Landbou-organisasies het verlede week met skok gereageer op Eskom se goedgekeurde tariefverhoging. Volgens Johannes Möller, president van Agri SA, gaan boerderye met intensiewe produksiestelsels soos besproeiing en suiwel, deur dié verhoging op hul knieë gedwing word. Die Landboubesigheidskamer se bestuurshoof, doktor John Purchase, het op sy beurt gesê dat dit tyd is dat die regering besef dat sulke verhogings voedselsekuriteit toenemend sal ondermyn.
Agri Inspec stop etiketlose invoere
Die Melkprodusente-organisasie se moniteringsmaatskappy, Agri Inspec, het verlede week ’n besending etiketlose babamelkpoeier aan die departemente van landbou en gesondheid, asook die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gerapporteer. Volgens Barbara Bieldt, markbeskermingsbestuurder van die MPO, kan invoere wat nie aan plaaslike etiketteringsregulasies voldoen nie, gesondheidsrisiko’s inhou. Agri Inspec het monsters van die melkpoeier geneem vir verdere ontleding.
Innovasie nodig vir voedselsekuriteit
‘n Vyftig present hoër produksie van voedsel sal oor die volgende twintig jaar moet geskied, om wêreld voedselsekuriteit te laat realiseer. So het professor Bill Davies van die sentrum vir volhoubare landbou aan die universiteit van Lancaster gesê, tydens ’n landbouseminaar verlede week by die universiteit van Pretoria. Volgens Davies sal meer tegnologiese innovasie in die vorm van beter pesbeheer, besproeiingsmetodes en bemestingspraktyke nodig wees om ’n groeiende wêreldbevolking te voed.
Wolmark bereik hoogste seisoenprys
Die wolmark het uitstekende resultate gelewer tydens verlede week se veiling in Port Elizabeth. Die Cape Wools merino-aanwyser het vyf komma ses persent gestyg, om op die hoogste prys nóg hierdie seisoen te eindig. Teen marksluiting was die prys van wol drie-en-twintig persent hoër as tydens die opening en het op ses-en-sestig rand ses-en-veertig sent per kilogram gesluit.
Donderdag, 25 Februarie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Pasop vir besoedeling!
Jompie Burger, algemene bestuurder van die Suiwel Standaard Agentskap, het melkprodusente in Noordwes aangeraai om gereeld hulle water se bakteriologiese gehalte te moniteer om te verseker dat hulle veilige voedsel produseer. Dit volg na ’n aankondiging deur die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes dat die Hartbeespoortdam moontlik met skadelike bakterieë besmet kan wees.
Varkpryse laer as in 2009
Inligting wat deur die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAVPO, bekendgestel is, dui daarop dat pryse wat deur abattoirs aan produsente betaal is, in Februarie 2010 ietwat laer was as in Desember 2009.
Goliat van gat pampoenfees
TLU SA se noordstreek hou op negentien Maart 2010 sy jaarlikse Goliat van Gat-pampoenkompetisie in Swartwater, tydens die Swartwater Bosveld Skouspel. Inskrywingsvorms vir die onderskeie Goliat van Gat-kompetisies is beskikbaar by TLU SA Noord se streekkantoor.
Overberg hou perdeskou
Die Overberg prestige perdeskou wat onlangs in Bredasdorp gehou is, is goed bygewoon deur perdetelers en vertoners. Ernst Conradie, voorsitter van die skoukomitee, sê sestig klasse is tydens die skou aangebied. Tradisionele skouklasse, sowel as moderne klasse soos dressuur en skouspring het ‘n wye verskeidenheid van deelnemers gelok.
Woensdag, 24 Februarie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Koop Suid-Afrikaans, vra MPO
Die Melkprodusente-organisasie, oftewel MPO, het ’n beroep op verbruikers gedoen om te verseker dat hulle Suid-Afrikaans geproduseerde suiwelprodukte koop. Volgens die hoofuitvoerende beampte van die MPO, Bertus de Jongh, sal verbruikers op hierdie manier bydra tot die Suid-Afrikaanse ekonomie en werksgeleenthede in die plaaslike suiwelbedryf in stand hou. Die bedryf verskaf tans werk aan meer as sestig duisend mense.
Sampioenkwekers hou kongres
Die Sampioen Kwekersvereniging van Suid-Afrika, Samfa, het verlede week sy jaarlikse kongres gehou. Die kongres, wat oor twee dae gestrek het, is veral bygewoon deur knopie- en bruinsampioenkwekers, sê doktor Martmari van Greuning, algemene bestuurder van Sylvan Africa. Verskeie internasionale sprekers het die kongres toegespreek, wat saamgeval het met Samfa se algemene jaarvergadering.
Meer belegging in vee nodig, sê organisasie
Die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbou-organisasie, die FAO, sê dat dringende beleggings, navorsing en sterk bestuur nodig is om te verseker dat die wêreld se lewendehawe-populasie, bly voldoen aan globale aanvraag. Die organisasie sê dat vee tans sowat veertig persent bydra tot die globale waarde van landbouproduksie. Lewendehawe verskaf wêreldwyd voedsel aan sowat een miljard mense.
Wêreld lemoenproduksie stabiliseer
Wêreld lemoenproduksie sal stabiel bly tot aan die einde van die lemoenseisoen. So lui ’n verslag deur die suidelike halfrond se vereniging van vars vrugte-uitvoerders, Shaffe. Die verslag berig ook dat die handelsektor vir beide lemoene en geel-nartjies in die mark sal styg. Wêreldproduksie van lemoene sal nie veel verander nie en ’n totale produksie van sowat twee-en-vyftig komma twee metrieke ton word verwag.
Dinsdag, 23 Februarie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Landbou-organisasie steun begroting
Landbou-organisasie Agri Suid-Afrika het by monde van sy president, Johannes Möller, gesê dat die minister van finansies, Pravin Gordhan, vertroue in die regering herstel het met ’n goeie begrotingsbeplanning. Volgens Möller is dit veral die minister se klem op die verbetering van regeringsbesteding wat verwelkom moet word.
Wynprodusente raadop met aksynsbelasting
Die agt komma een persent aksynsverhoging op wyn en agt komma nege persent aksynsverhoging op spiritualieë wat in die nuwe begroting afgekondig is, gaan wynprodusente onder geweldige druk plaas, sê Paiter Botha, finansiële bestuurder en voorsitter van die wynprodusente-organisasie Vinpro se aksynsforum. Die bedryf bly egter positief en hoop om met deurlopende kommunikasie saam met die regering ’n oplossing te vind.
Nuwe Amerikaanse mark oop vir sitrusprodusente
Sitrusprodusente in sestien magistraatsdistrikte in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap het marktoegang tot die VSA gekry. Volgens Justin Chadwick, hoofuitvoerende beampte van die Sitruskwekersvereniging van Suid-Afrika, het die vereniging reeds vier jaar gelede hiervoor aansoek gedoen. Die mark open nuwe deure vir veral pomelo-produsente, wat mede-produsente in die res van die suidelike halfrond in die VSA-mark sal kan voorspring.
Aartappel werkswinkel vir straatverkopers
Aartappels Suid-Afrika en die Tshwane Varsproduktemark gaan saamspan om ’n werkswinkel vir straatverkopers aan te bied. Die Potato Wise werkswinkel is daarop gemik om straatverkopers te help om hulle besighede te laat groei. Die werkswinkel vind op Vrydag 26 Februarie vanaf 11uur by die Tshwane varsproduktemark plaas.
Maandag, 22 Februarie 2010. Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
MPO waarsku teen siektes
Doktor Jan du Preez, besturende direkteur van die Melkprodusente-organisasie se Instituut vir Suiweltegnologie, het produsente versoek om hulle vee teen Slenkdalkoors te ent. Dit volg nadat gevalle van dié siekte in Bultfontein in die Vrystaat opgemerk is. Du Preez sê dat huidige weerstoestande uiters gunstig is vir die bevordering van dié en ander lewensgevaarlike siektes soos knopvelsiekte en drie-dae-stywesiekte. Hierdie siektes word deur insekte oorgedra en tas gehoefde diere aan.
Agri SA na Sasol Nitro
Landbou-organisasie, Agri SA, het verlede week samesprekings met Sasol Nitro gehou om handelspraktyke in die kunmisbedryf te bespreek. Agri SA het die afspraak aangevra om spesifieke inligting te verkry oor die onlangse mededingingsondersoek en die gepaardgaande administratiewe boete van twee honderd een-en-vyftig miljoen wat Sasol Nitro opgelê is. Agri SA het ook die geleentheid gebruik om sy kommer uit te spreek oor die land se groeiende afhanklikheid van ingevoerde kunsmis.
Petisie teen plaasmoorde
Die landbouwebblad, www.landbou.com <http://www.landbou.com> , het ‘n petisie oor plaasmoorde opgestel. Die petisie, wat “stop plaasmoorde” heet, kan op die webblad mypetition.co.za onder petisie vier een agt gevind word. Die petisie is deur die webblad se redaksie opgestel. Hulle beoog om dit in Maart aan ‘n senior regeringsamptenaar te oorhandig.
Agri SA Bedryfs- en Boerontwikkelingskonferensie
Die Agri SA Bedryfs- en Boerontwikkelingskonferensie word op 25 en 26 Februarie 2010 by die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes aangebied. Die oogmerk van die konferensie is om landbou-uitdagings vanuit ‘n bedryfsoogpunt te evalueer. Die minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson sal die konferensie op die eerste dag toespreek, terwyl Gugile Nkwitni, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, die konferensie op dag twee sal toespreek.
Donderdag, 18 Februarie 2010.Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Swakker rand ondersteun wolmark
‘n Swakker rand/dollar wisselkoers het die wolmark ‘n effense hupstoot gegee gedurende vandeesweek se wolveilings in Port Elizabeth. Cape Wools se merino-aanwyser het met sowat twee komma een persent gestyg, om op twee-en-sestig rand drie-en-negentig sent te sluit. Die veilings was kleiner as gewoonlik, met sowat sesduisend sewehonderd vyf-en-sestig bale te koop, waarvan sowat nege-en-negentig persent van die hand gesit is.
Europese tekort aan uie
‘n Tekort aan uie in die Europese Unie, kan die wêreldwye prys van uie skerp laat styg. Freshplaza.com berig dat veral Oos-Europese lande getref word deur die tekort, nadat die finansiële resessie produsente genoop het om terug te snoei op ui-aanplantings. Uiepryse op die Europese mark sal na verwagting tot vyftig Europese sent per sakkie kerf kan haal.
Landbou-organisasie wens departement geluk
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika het sy tevredenheid uitgespreek met die Limpopose departement van landbou se pas-afgelope landbou-indaba. Volgens Jan Viljoen, provinsiale voorsitter van die TLU SA, het die indaba uitstekende geleentheid gebied om georganiseerde landbou in die provinsie se standpunte aan die departement oor te dra. Viljoen sê die TLU SA hoop om in die toekoms nouer met die departement saam te werk, ten einde voedselsekuriteit te verbeter en werksgeleenthede te skep.
Kleinskaal-boerdery in ‘n boks
‘n Nuwe selfonderhoudende landboustelsel deur ‘n Amerikaanse maatskappy, kan voedselsekuriteit in Suid-Afrika bevorder. Volgens Jonathan Norton, operasionele hoof van die nie-winsgewende organisasie, Operation Lionheart, kan voedselproduksie met tot sestig persent verhoog, terwyl waterverbruik terselfdertyd met tot veertig persent kan afneem. Die stelsel sal vir eers aan kleiner boere gebied word.
Woensdag, 17 Februarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Verhoging van minimum loon
’n Verhoging in die minimum loon, wat van 1 Maart 2010 van toepassing sal wees, is pas aangekondig. Die minimum loon verhoog van eenduisend twee-honderd een-en-dertig rand en sewentig sent, na eenduisend drie-honderd en sestien rand en nege-en-sestig sent. Dit verteenwoordig ’n ses komma nege persent verhoging in die vergoeding van plaaswerkers.
EU gee bystand aan Zim-kleinboere
Die Europese Unie het sowat dertien miljoen Amerikaanse dollar aan Zimbabwe gegee, om die land se kwynende landbou te help. Die fondse, wat vir kleinboerhulp aangewend sal word, sluit opleiding en boerebenodigdhede soos saad en kunsmis in. Sowat tagtigduisend kleinboere sal deur die fondse bevoordeel word.
Verwydering van leë landbouchemikalieë-dromme
Leë chemikalieë-houers wat op plase gehou word, hou ’n gesondheidsrisiko vir produsente en hul werknemers in, indien dit nie reg hanteer word nie. Graan SA sê in sy jongste nuusbrief dat sy lede dikwels probleme ondervind met die verwydering van houers. Die organisasie beveel aan dat sy lede vir Schalk van der Merwe kontak vir gratis verwydering van dromme. Hy kan by selnommer 072 056 8724 geskakel word.
Databasis oor grondhervorming
’n 2009-projek om ’n databasis oor grondhervorming saam te stel, kan ‘n betroubare syfer tot stand bring. Die projek, wat onder die vaandel van die forum van hoofuitvoerende beamptes plaasvind, word sterk ondersteun deur georganiseerde landbou en regeringsdepartemente. Landbou-organisasie, Agri SA, sê dat dié databasis enige spekulasie oor grondhervorming kan hokslaan. Agri SA versoek alle boere om aan die oudit deel te neem en betroubare inligting te verskaf.
Dinsdag, 16 Februarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Landbou-organisasie striem staatsrede
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika sê dat die staatsrede deur president Jacob Zuma, geen wesenlike standpunte aangaande die landbou ingeneem het nie. Volgens die organisasie se president, Ben Marais, is landbou tans een van die belangrikste sake waaraan aandag gegee moet word, veral gesien in die lig van wêreldwye kommer oor voedselsekuriteit.
Aanmelding van vloedskade
Vrystaat landbou en die departement van landbou van die Lejweleputswa-distriksmunisipaliteit, is in die proses om produsente wat vloedskade opgedoen het, te identifiseer en die skade te bereken. Vrystaat Landbou het reeds ‘n vraelys in hierdie verband aan al sy lede uitgestuur. Graan SA versoek ook sy produsente om die vraelys te voltooi. Produsente kan vir doktor Jack Armour van Vrystaat landbou skakel om skade aan te meld: Sy nommer is 051 444 4609
Zimbabwe stop Mosambiek vrugte-invoere
Die Zimbabwiese regering het alle invoere van vrugte vanuit Mosambiek opgeskort. Volgens ‘n berig in The Herald, volg die optrede nadat vrugtevlieë in sommige besendings ontdek is. Die vlieë, wat vir die eerste keer in Kenia en daarna in Mosambiek opgemerk is, val veral piesangs aan. Zimbabwe voer normaalweg piesangs, papaja, pynappels, lietsjies en ander subtropiese vrugte van Mosambiek af in.
Water Instituut hou konferensie
Die Waterinstituut van Suidelike Afrika, Wisa, hou vanaf 18 tot 19 Februarie ’n waterkonferensie by die Veermark in Port Elizabeth. Die konferensie sal onder andere deur die LUR van onderwys in die Oos-Kaap, Mahlubambile Qwafu, toegespreek word.
Maandag, 15 Februarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Landboubesigheidskamer en Agri SA paaie skei
Die Landboubesigheidskamer het na sowat ‘n dekade besluit om van sy status as filiaal van Agri SA afstand te doen. Doktor John Purchase, hoofuitvoerende beampte van die Landboubesigheidskamer, sê dat die besluit geneem is omdat die kamer homself wil herposisioneer. Die organisasie kan homself derhalwe nie net by een landbou-organisasie skaar nie.
Wolmark-oorsig vir Januarie
Nadat die wolprys aanvanklik skerp gestyg het gedurende vanjaar se eerste twee wolveilings, het die mark ’n afwaartse kurwe begin toon. Cape Wools berig in sy maandelikse markoorsig dat, alhoewel markanaliste nie voorsien dat die mark té vêr sal val nie, die Chinese nuwejaarsvieringe tog ’n invloed op die mark kan hê. Uitvoerstatistiek vir Suid-Afrika gedurende die eerste helfte van die seisoen, toon dat China se markaandeel tot vyf-en-sestig persent van totale uitvoerwaarde gegroei het.
Volstruismark bly sterk
Die aanvraag na volstruisprodukte bly sterk in die Noordelike halfrond. So sê Anton Kruger, hoofuitvoerende beampte van die Suid Afrikaanse Volstruis-besigheidskamer. Sowat vyf-en-negentig persent van Suid-Afrikaanse volstruisvleis word na Europa uitgevoer, waar dit tans teen sowat twee-en-dertig euro per kilogram verhandel. Kruger sê dat die goeie prys egter deur ’n sterker rand gekortwiek word. Intussen bly die aanvraag na volstruisleer in Amerika konstant.
Agri SA hou misdaadkonferensie
Landbou-organisasie, Agri SA, hou op 8 Maart ’n misdaadkonferensie. Gedurende die twee sessies wat beplan word, sal landelike misdaad en ’n regeringsperspektief oor die bekamping van landelike misdaad, bespreek word. Onder die sprekers wat afgevaardigdes gaan toespreek is die minister van polisie, Nathi Mtethwa.
Donderdag, 11 Februarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Krisis vir Suid-Kaap
Die versengende droogte in die Suid- en Oos-Kaap, dwing al hoe meer boere om alternatiewe weiding vir hulle kuddes te soek. Volgens George Cuyler, dagbestuurslid van die melkprodusente-organisasie in die Wes-Kaap, het produsente geen keuse as om kuddes na beskikbare weiding te trek nie. Cuyler sê ook dat boere van hulle kuddes moet uitslag, maar dat ‘n waglys van tot drie weke tans by abattoirs geld, omrede soveel boere hulle kuddes moet kleiner maak.
Agri SA hou misdaadkonferensie
Landbou-organisasie Agri SA hou op agt Maart ‘n misdaadkonferensie in die Avalon-hotel in Pretoria. Die konferensie sal deur verskeie hooggeplaaste regeringsamptenare, waaronder die minister van polisie, Nathi Mthetwa, toegespreek word. Die konferensie sal sake soos landelike misdaad, die regering se perspektief op die bekamping van landelike misdaad, en eie inisiatiewe om misdaad te bekamp, bespreek.
Nasionale waterforum fokus op waterkrisis
Die nasionale waterforum, oftewel NWF, het ‘n webblad bekend gestel waarop alle toepaslike inligting oor water geplaas sal word. Die NWF is verlede jaar in die lewe geroep om belanghebbende organisasies in plaaslike watersake saam te snoer, ten einde die omvang van die waterkrisis in die land te probeer vasstel. Die NWF beoog ook om aksieplanne op te stel om die krisis die hoof te bied.
MPO Noordstreek hou roetevergadering
Die Melkprodusente-organisasie se noord-streek hou van agt tot negentien Maart ‘n reeks interaktiewe inligtingsvergaderings in Gauteng, Limpopo en Noordwes. Verskeie sprekers, waaronder Bertus de Jongh, hoofuitvoerende beampte van die MPO Nasionaal, die MPO-ekonoom, doktor Koos Coetzee, en die besturende direkteur van Agri Inspec, doktor Hennie Kleynhans, sal produsente toespreek. Vir meer inligting, kontak Alta van Zyl by 012 843 5600.
Woensdag, 10 Februarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Brande bedreig Knysna omgewing
Verwoestende veldbrande teister tans die Knysna-omgewing. Volgens Mark van Niekerk van die Suid-Kaapse brandbestrydingsorganisasie, is die brande toe te skryf aan die versengende droogte in die Suid-Kaap. Intussen het Knysna se brandweer ‘n tydelike beheerpos opgerig om die brande te help bestry. Boere wat veldbrande op hul plase gewaar, kan die brandweerhoof, Piet Pretorius, by 044 302 6400 skakel.
Landbou klop resessie
Professor Johan Willemse van die departement van landbou-ekonomie aan die Vrystaatse Universiteit, het by die nasionale meestersuiwelboertoekennings in Bloemfontein verlede week, gesê dat dit beter met landbou gaan as met talle ander sektore, ten spyte van die afgelope resessie. Willemse het ook gesê 2010 is die jaar van die melkprodusent en dat hy ‘n produsenteprysverhoging van tussen tien en vyftien sent per liter voorsien na die winter se kant toe.
Suiwel by die Swellendamskou
Die Melkprodusente-organisasie in die Wes-Kaap, bied vanjaar sy eerste MPO-plaaswerf tydens die Swellendam Landbouskou op 26 en 27 Februarie aan. Die organisasie sal verskeie skole in die week voor die skou besoek, om hulle te vertel waar melk vandaan kom, waarom suiwel gesond is, en hoe die suiwelbedryf inmekaar steek.
Nuwe plaaswerkervereniging
Die Hexvallei Tafeldruifvereniging het ’n plaaswerkervereniging op die been gebring. André Plaatjies, voorsitter van die vereniging, sê hulle wil plaaswerkers op die regte manier bemagtig deur die regte inligting aan hulle te verskaf. Dit is ook vir plaaswerkers ‘n forum om aangeleenthede te bespreek wat hulle regstreeks raak.
Dinsdag, 9 Februarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Limpopo melkboer die beste in SA
Leon Thom van Malati Melkery naby Gravelotte in Limpopo, is die afgelope Donderdag in Bloemfontein aangewys as die nasionale meestersuiwelboer van die jaar. Thom was ook verlede jaar aangewys as meestersuiwelboer van die noordstreek. Die kompetisie word deur die Landbounavorsingsraad gekoördineer en finaliste se boerdery-besighede, word deur 'n kennerspaneel beoordeel.
Eerste vrag ruvoer uit Noordwes bereik Suid-Kaap
Die eerste vrag ruvoer wat deur boere in Noordwes aan produsente in die droogtegeteisterde Oos- en Suid-Kaap geskenk is, is vandeesweek in die Oos-Kaap afgelaai. Talle boere het ruvoer geskenk nadat die nasionale en Vrystaatse melkprodusente-organisasies ‘n beroep op boere landwyd gedoen het, om medeprodusente te help.
Kleinhandelverkope van landboumasjinerie daal
‘n Totaal van driehonderd ses-en-negentig trekkereenhede is in Januarie vanjaar verkoop. Dit is agtien persent laer as Januarie verlede jaar se verkope. Stroperverkope vir Januarie was ook aansienlik laer vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar. Die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie, Saama, beraam dat totale trekkerverkope in 2010 sowat tien persent laer sal wees as verlede jaar.
Minder Hollandse pere vir uitvoermark
Ten spyte van ‘n groei in peer-uitvoere in die laaste drie maande van 2009, het die Hollandse uitvoermark minder pere in totaal uitgevoer as gedurende 2008. Die peer-oes in 2009 was wel groter as in 2008, maar invoermarkte was versigtig en het minder pere aangekoop. Volgens Freshplaza.com, kan die laer hoeveelheid peeruitvoere toegeskryf word aan laer uitvoere gedurende die eerste drie kwartale van 2009.
Maandag, 8 Februarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
WRSA steun hofuitspraak
Wildbedryf Suid-Afrika, die WRSA, het by monde van sy president, doktor Gert Dry, gesê dat hy ‘n hofbevel steun wat die minister van landbou, bosbou en vissery verbied om swartwitpense uit Zambië in te voer. Volgens die bevel moet die minister eers die korrekte prosedures volg, voordat ’n besluit geneem mag word oor die invoer van gehoefde diere uit Zambië. Die WRSA het gesê dat hy die invoer van gehoefde diere steun, mits dit op ’n verantwoordelike wyse gedoen word.
Wêreld katoenproduksie neem af
Volgens die international cotton advisory committee, die Icac, word wêreld katoenproduksie vir die 2009/2010 seisoen op twee en twintig komma twee miljoen ton geprojekteer. Dit is ‘n afname van sowat vyf persent teenoor die vorige seisoen. Gevolglik word verwag dat wêreld katoenvoorrade met sowat veertien persent tot tien komma vyf miljoen ton sal afneem teen Julie 2010.
Namibië voer meer vrugte na China uit
Namibia Cape Span, ‘n maatskappy wat wingerde in Namibië se suidelike druifproduksie gebied besit, het sowat honderd en tien duisend kartonne druiwe na China uitgevoer. Die totale waarde van die druiwe word op sowat een komma een miljoen Amerikaanse dollar geraam. Tot dusvêr het boere in die suidelike deel van Namibië sowat twee en dertig komma vier miljoen Amerikaanse dollar in inkomste gegenereer deur die uitvoer van druiwe na China, die Verenigde State en lande in die Europese Unie.
Mosambiek kasjoeneut oes groot
Mosambiek se nasionale kasjoeneut instituut, Inaju, is optimisties dat die 2009/2010 kasjoeneut-oes vyf en negentig duisend ton sal haal, berig die Mosambiekse dagblad Noticias. Volgens Inaju is daar alreeds een en sewentig duisend vierhonderd ton kasjoeneute bemark, sowat vyf en sewentig persent van die finale teiken hoeveelheid. Die groter oes word toegeskryf aan beter weerstoestande, en suksesvolle plaagbestryding.
Donderdag, 4 Februarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Landboubesighede
Die plaaslike landboubedryf het 2009 op ‘n hoë noot afgesluit, deur sy winsgewendheid met sowat vier-en-veertig persent te lig. So lui die bevindinge van ’n onlangse PricewaterhouseCoopers peiling. Dié resultate het voortgespruit uit bedrywe se strategiese aankope binne die mark, en graanmarkte se gebruik van goeie geleenthede vir voorraadbestuur. Inflasievlakke voor Oktober 2008, het ook tot die winsgewendheid bygedra.
Probleemdierbestuur in Wes-Kaap
Verteenwoordigers van georganiseerde landbou en CapeNature, het by die pas-afgelope Wes-Kaapse roofdierkomiteevergadering, voorstelle bespreek ingevolge waarvan roofdierbestuur tot voordeel van beide produsent en bewaring sal strek. Daar word verwag dat die voorstelle beide landbou en bewaring sal help met die volhoubare bestuur van natuurlike hulpbronne, asook ondersteuning aan grondeienaars wat tans verliese ondervind.
Nasionale kaasfees in Wes-Kaap
Die negende Suid-Afrikaanse kaasfees, wat deur Agri-Ekspo aangebied word, sal van 24 tot 27 April by Bien Donné in die Wes-Kaap gehou word. Kaasmakers van regoor die land sal hulle ware tentoonstel, terwyl komplimentêre produkte soos plaaslike olywe, wyne, ingemaakte vrugte en brode ook beskikbaar sal wees.
Proteïen smoor bakterie in die kiem
Foodnavigator.com berig dat ‘n anti-bakteriële proteïen, wat die teenwoordigheid van E.coli-bakterie in rou vleis aansienlik laat afneem, tans ontwikkel word. Alhoewel die tegnologie gebruik kan word om verskeie voedselpatogene te beheer, sal dit vir eers slegs gebruik word om bakterieë in rooivleis te vernietig. Die proteïen behoort chemiese produkte soos melksuur te vervang as ontsmettingsmiddel in die rooivleisbedryf.
Woensdag, 3 Februarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
TLU verwerp Sexwale-uitlatings
Die TLU SA het sy misnoeë te kenne gegee met uitlatings wat verlede week deur die minister van behuising, Tokyo Sexwale, gemaak is. Sexwale het gesê dat die huurarbeiderswet veroorsaak het dat boere miljoene arbeiders weggejaag het, en dat dit ’n behuisingsprobleem vir die land geskep het. Die TLU SA se president, Ben Marais, sê dat Sexwale hom skuldig maak aan ’n algemene stelling sonder enige bewyse.
Monitor landerye vir siektes
Graan Suid-Afrika raai produsente aan om hulle landerye te monitor vir tekens van siektes. In die lig van die baie nat toestande wat tans ondervind word oor die grootste deel van die mielieproduksiegebied, is dit veral blaarsiektes wat kan kop uitsteek. Die organisasie het produsente in sy jongste nuusbrief aangeraai om van wisselbou, swamdoders en weerstandige kruisings gebruik te maak, om siektes te beheer.
Solidariteit verwerp loonverhoging
Obaro, die handelsnaam van MGK Bedryfsmaatskappy, het tydens verlede week se loononderhandelinge met die vakbond, Solidariteit, ‘n loonverhoging van nul persent aangebied. Die maatskappy het ook versoek om van vanjaar se loonverhogings vrygestel te word. Solidariteit meen egter dat die maatskappy onlangs meer as honderd-en-tien miljoen rand spandeer het om verskeie Afgri handelstakke oor te koop, nadat hy ook ‘n aansienlike wins in 2009 getoon het.
Melkery produseer rekordgrootte jogurt
’n Kaapstadse suiwelmaatskappy het ’n wêreldrekord vir die grootste houer jogurt opgestel. Fair Cape Dairies, tesame met Checkers, het ‘n vyfhonderd-liter houer rooibos jogurt by die Canal Walk in Kaapstad onthul, om die vorige wêreldrekord met sowat vierhonderd liter verby te steek. Lede van die publiek kon ook ’n houertjie van die jogurt geniet, in ruil vir ‘n donasie.
Dinsdag, 2 Februarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Rooivleisbedryf na hoë hof
Die rooivleisbedryfsforum het hom na die Noord Gautengse hooggeregshof in Pretoria gewend, om die beplande invoer van swartwitpense vanaf Zambië te keer. Die forum het aansoek gedoen om ‘n interdik. Volgens James Faber van die rooivleisprodusente-organisasie in die Noord-Kaap, is die bedryf nie soseer gekant teen die invoer van gehoefde diere vanuit Zambië nie, maar wil hulle verseker dat die regte maatreëls gevolg word om Suid-Afrika se biosekuriteit te beskerm.
MPO bekommerd oor Chinese suiwelinvoere
Die melkprodusente-organisasie, oftewel MPO, sê hy is bekommerd oor suiwelprodukte wat vanaf China ingevoer word. Die organisasie sê dat Suid-Afrika dikwels ‘n stortingsterrein vir swak gehalte produkte uit Oosterse lande is. Die organisasie sê hy sal suiwelprodukte vanaf dié land fyn dophou en maan verbruikers om liefs eg Suid-Afrikaanse produkte te koop.
Agri Cape week bied interessante geleenthede
Die Agri Cape week, wat hierdie jaar van vyftien tot sewentien April by die Hoër Landbouskool Boland in die Agter-Paarl aangebied word, se fokus sal vanjaar wyer strek as net vrugte, wyn en groente. Een van die hoogtepunte op die program is ‘n agri-toerisme werkswinkel waartydens plaaseienaars ingelig sal word omtrent die potensiaal van landbougerigte toerisme. ‘n Nasionale olyfkonferensie sal onderwerpe soos die beste kultivars vir Suid-Afrika, olyf-ekstraksie en biologiese pesbeheer aanroer.
Afrika-afvaardiging na Indië vir landbouspitsberaad
‘n Vyf-dag landbouspitsberaad tussen Afrika en Indië, sal van 28 Februarie tot 5 Maart in Hyderabad in Indië, aangebied word. Die beraad sal fokus op landboutoerusting en navorsing, grond- en waterbewaring, biobrandstof en oesbestuur. Sowat vyf-en-dertig afgevaardigdes van verskillende Afrika-lande sal die beraad bywoon.
Maandag, 1 Februarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Wolmark plat af
Die wolmark het effens afgeplat tydens verlede week se wolveiling in Port Elizabeth. Dit volg nadat die wolprys skerp gestyg het gedurende die vorige twee weke. Cape Wools se Merino-aanwyser het met vier komma sewe persent geval, na twee-en-sestig komma nul vyf rand. Die Australiese mark het ook afgeplat.
Professor beveel uitruilprogram aan
‘n Beter uitruilprogram tussen lande, kan voedselsekuriteit verbeter. Dit was die mening van professor Anatole Krattiger, ‘n lektor verbonde aan Cornell Universiteit in Amerika, tydens ‘n lesing verlede week by die Landbounavorsingsraad in Pretoria. Volgens Krattiger is beperkinge op die vrye uitruil van plantkiemplasma, tans die grootste bedreiging vir voedselsekuriteit in ontwikkelende lande.
Plaaslike sampioenmark is gesond
Die sampioenbedryf in Suid-Afrika se vooruitsigte vir 2010 lyk goed. Volgens doktor Martmari van Greuning, van Sylvan Africa, is die plaaslike mark stabiel en sal dit so bly vir die volgende jaar. Sowat vyf-en-negentig tot agt-en-negentig persent van plaaslik gekweekte sampioene is die knopie- en bruinsampioene, terwyl die res deur gourmet sampioene soos oester- en shiitake-variëteite opgemaak word. Suid-Afrika het verlede jaar sowat twintigduisend ton knopie- en bruinsampioene gekweek.
Tamatiemark groei sterk
Goeie groei word vir die internasionale tamatiemark voorspel in 2010. Freshplaza.com berig dat tamatiepryse by die Spaanse veiling, Casi, gewissel het tussen ses-en-’n-half euro vir A- en G-klas tamaties, en sewe-en-’n-half euro vir M-klas tamaties. Twee miljoen kilogram tamaties is op die veiling verkoop.
Donderdag, 28 Januarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Moontlike verhoging in kunsmispryse
Plaaslike kunsmispryse kan moontlik in Februarie styg, nadat die internasionale pryse in ureum en fosfate vanaf Desember 2009 tot die derde week van Januarie, gestyg het. In ag genome die rand/dollar wisselkoers, het die internasionale prys van ammoniak met een komma drie persent, ureum met vyf komma vyf persent, en di-ammoniumfosfaat, oftewel DAP, met sewentien komma nege persent, gestyg. Die prys van kaliumchloried het met agt komma vier persent gedaal.
Europese koue bevoordeel Marokko
Marokkaanse uitvoerders van vars produkte, kan moontlik voordeel trek uit die koue Europese weer. Volgens die Marokkaanse vereniging van vars produkte-produsente en -uitvoerders, Apefel, kan die koue weer in Europa, Marokko se kwynende uitvoer mark ‘n groot guns bewys. Apefel verwag dat die volumes van groente en vrugte uitvoere vanaf Marokko na die Europese unie tot so hoog as drie honderd duisend ton kan styg.
Meer graan vir biobrandstofvervaardiging
‘n Verslag deur die Amerikaanse departement van landbou, toon dat ’n kwart van alle mielies en ander graangewasse wat in die verenigde state verbou word, aan die vervaardiging van biobrandstof gaan. Syfers vir 2009 wat deur die departement verskaf is, toon dat etanolproduksie tot rekord-hoogtes gestyg het. Amerikaanse boere het verlede jaar eenhonderd-en-sewe miljoen ton graangewasse vir biobrandstof verbou.
Suiwelproteïen het verpakkingspotensiaal
Voedselverpakkingsmateriaal wat van suiwelbestanddele vervaardig word, kan ‘n haalbare alternatief bied tot petroleum-gebaseerde verpakkingsmateriaal. Volgens ‘n studie deur die Amerikaanse landbounavorsingsdiens, die ARS, kan verpakkingsfilm gemaak van suiwelproteïen ‘n hernubare bron vir voedselverpakking wees. Volgens die webwerf, Foodproductiondaily, sal die verpakking uit kaseïen en wei, twee van die vernaamste proteïene wat in melk gevind word, vervaardig word.
Woensdag, 27 Januarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri SA in gesprek met minister
‘n Afvaardiging van Agri SA onder leiding van sy voorsitter, Johannes Möller, het verlede week met die minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson, in gesprek getree oor die prioriteite van sy werksprogram vir 2010. Tydens die gesprek het die minister Agri SA ook ingelig oor president Jacob Zuma se stappe vir verbeterde dienslewering, wat ook op die landbou van betrekking is.
Trekker- en stroperverkope daal
Trekker en stroperverkope vir Desember verlede jaar is heelwat laer as in Desember 2008. Volgens die Suid-Afrikaanse landboumasjinerie-assosiasie, Saama, is die tweehonderd een-en-twintig trekkers wat in Desember verkoop is, amper vyftig persent minder as in Desember 2008. Daarmee saam het stroperverkope vir 2009 met sowat negentien persent gedaal sedert 2008.
Varkvleis-invoere laer
Totale varkvleis-invoere vir Desember 2009, is sowat vierhonderd vier-en-tagtig komma nul vyf ton laer as in November. Invoere vir Desember staan op net meer as eenduisend negehonderd ton, wat totale invoere vir 2009 op net meer as sewe-en twintig duisend tweehonderd ton te staan bring. Varkribbetjies vorm steeds die grootste persentasie van die invoere, naamlik vyftig persent.
Smaak en tekstuur gee woema aan laevet kaas
Laevet-kase moet dieselfde smaak en tekstuur as hulle volvet eweknieë hê ten einde mee te ding in die kaasmark. Volgens navorsers aan die Universiteit van North Carolina, toon ‘n studie dat verbruikers nie laevet cheddar- of mozzarella-kaas sal aanvaar, as dit in smaak of tekstuur van volvet-kase verskil nie. Die navorsers glo dat die studie kaasprodusente sal help om laevet kase te produseer wat kan meeding met volvet kase.
Dinsdag, 26 Januarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Droogte woed voort in Suid-Kaap
Die voortslepende droogte in die Suid-Kaap, bly ‘n bron van ernstige kommer vir boere asook die landbou-organisasie, Agri Wes-Kaap. Veral veeboere ondervind kontantvloeiprobleme, aangesien hulle vir lang tydperke voer vir hul diere moet aankoop.
Alhoewel die droogte tot dusvêr geen beduidende invloed op melkproduksie in die Suid-Kaap het nie, kan duur voedingsprogramme melkproduksie in dié streek ernstig knou.
Wolbedryf is optimisties
Die plaaslike wolbedryf se toekoms lyk rooskleurig. Volgens Elize Pretorius van die nasionale wolkwekersvereniging, beteken die onlangse skerp styging in China se vraag na wol, dat dié land besig is om sy wolreserwes op te bou. Indien hierdie tendens voortduur, kan pryse aanhou styg. Die herstel van kambolverkope in Italië, is ook bemoedigend vir die superfyn-segment van die mark, aldus Pretorius.
Voorlopige skatting voorspel vergroting
Die nasionale oesskattingskomitee verwag ‘n vergroting in die totale oppervlak mielies geplant vir die 2009/2010 produksie-seisoen. Die voorlopige skatting beloop sowat twee komma ses twee sewe miljoen hektaar mielies geplant. Dit is sowat agt komma twee drie persent, of bykans tweehonderd duisend hektaar meer, as verlede seisoen.
Solidariteit-lede dien grief teen LNR-hoof in
Meer as honderd-en-dertig lede van die vakbond, Solidariteit, wat by die Landbounavorsingsraad werksaam is, het die afgelope week ʼn groepgrief teen die LNR se uitvoerende hoof, Shadrack Moephuli, ingedien. Die groep-aksie volg nadat Moephuli onlangs aangehaal is waar hy gesê het dat die LNR “steeds ʼn bastion van apartheid” is.
Maandag, 25 Januarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
2010 Wyndruiwe-oes krimp
Die Suid-Afrikaanse Wynbedryf Inligting en Stelsels, Sawis, beraam dat 2010 se wyndruiwe-oes kleiner sal wees as vorige jare. Dit sal gepaard gaan met ’n laer wynproduksie. Volgens Debbie Wait van Sawis, word 2010 se oes op sowat vyf-en-twintig duisend ton minder geraam as die 2008-oes. Vanjaar se wynproduksie word op sowat negehonderd ses-en-negentig komma twee miljoen bruto liter geraam.
Wolprys styg sterk
Die wolprys het weer eens sterk gegroei tydens verlede week se wolveilings. Cape Wools se merino-aanwyser het met drie persent gestyg, om die dag met vyf-en-sestig rand en elf sent per kilogram af te sluit. Die pryse word deur ’n sterk aanvraag uit China en Indië aangedryf. Nege-en-negentig persent van die vyftienduisend seshonderd ses-en-negentig bale wol op die veiling, is verkoop.
Agri Inspec ondersoek babamelkpoeier
Die Melkprodusente-organisasie se moniteringsmaatskappy, Agri Inspec, het ‘n ondersoek geloods na babamelkpoeier wat vanaf ‘n land in Sentraal-Afrika, deur die Beitbrug-grenspos na Suid-Afrika ingevoer word Aldus doktor Hennie Kleynhans, besturende direkteur van Agri Inspec, sê dat die invoere agterdog gewek het toe dit aan die lig gekom het dat melkpoeier teen veertien persent van die normale prys ingevoer is.
Japan lig verbod op Australiese veselperskes
Japan het sy tydelike verbod op die invoer van Australiese veselperskes, opgehef. Japan het verlede week alle veselperske-invoere vanuit Australië verbied, nadat ongeïdentifiseerde inseklarwes in ‘n veselperske vanaf Queensland gevind is. Japan het die verbod gelig nadat toetse getoon het dat die larwes nie ‘n kwarantyngevaar inhou nie.
Woensdag, 20 Januarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Katoen prys op, oesskatting af
Ten spyte van ‘n beter katoenprys in 2010, gaan die katoen-oes na verwagting met sowat tien persent daal vergeleke met 2009, sê Katoen Suid-Afrika se Koot Louw. Die organisasie sê in sy jongste skatting dat daar sowat veertigduisend bale katoen na verwagting binnelands geproduseer sal word. Die internasionale katoen advieskomitee verwag dat wêreldwye katoenproduksie met sowat twee-en-twintig miljoen ton kan afneem in die 2009/2010 seisoen.
Kweekhuisgas-verslag bevraagteken
Die Britse suiwel-organisasie, Dairy UK, gaan skynbaar ‘n verslag oor kweekhuisgasse bevraagteken. Volgens die webwerf, foodnavigator.com, beoordeel die verslag die Britse voedselbedryf. Dit maak ook voorstelle oor hoe om kweekhuisgasse, wat deur die bedryf gegenereer word, te verminder. Dairy UK sê in reaksie op die verslag, dat sommige van die voorstelle gevaarlik is en die bedryf kan skaad.
Wêreldbank begroot vir Nigeriese voedselproduksie
Die Wêreldbank gaan sowat agthonderd miljard Nigeriese dollar in Nigerië belê, in ‘n poging om voedselproduksie in die land te verhoog. Die befondsing maak deel uit van die sogenaamde Fadama-landbouprojekte. Die Nigeriese dagblad, This Day, berig dat die projek oor die volgende vyf jaar sal poog om voedselproduksie en sosio-ekonomiese groei in die land aan te wakker.
Koue weer vernietig Ierse aartappels
Die koue weerstoestande in Europa het ‘n verwoestende impak op aartappelprodusente in Ierland gehad. Die Ierse boerevereniging, die IFA, sê dat hy die verliese op sowat vyftien miljoen euro se aartappels skat. Daar is tans sowat tweeduisend vierhonderd hektaar aartappels wat weens die koue weer, nog nie geoes is nie.
Dinsdag, 19 Januarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri SA na Nersa
Agri Suid-Afrika doen op 21 Februarie in Midrand by die Gallagher-konferensiesentrum ‘n voorlegging aan die Nasionale Energiereguleerder, Nersa. Johan Pienaar van Agri SA sê dat een van die voorstelle ‘n nul persent rentelening van die Reserwebank aan Eskom insluit. Aspekte soos voedsel- en werksekuriteit sal ook onder die loep kom.
Brandstofpryse kan styg
Volgens die jongste inligting van die Sentrale Energiefonds kan die petrolprys op drie Februarie met negentien sent per liter styg en die dieselprys met sestien sent per liter. Brandstofprysberamings is grootliks afhanklik van die rigting waarin die ru-olieprys en die wisselkoers beweeg.
Tanzanië verbou nuwe mieliekultivar
Tanzanië gaan begin om ‘n hoë opbrengs mieliekultivar aan te plant wat water meer doeltreffende benut. Volgens allAfrica.com maak die aanplanting deel uit van ‘n vyfjaar-program, wat deur die internasionale koring- en mielieverbeteringssentrum gesteun word. Twee mieliekultivars, wat drie tot vier ton per hektaar kan lewer, is vir dié doel ontwikkel. Tradisionele kultivars lewer tans slegs sowat een tot twee ton per hektaar.
Vitamien D en kalsium teen beenbreuke
‘n Kombinasie van vitamien D en kalsium kan die voorkoms van beenbreuke aansienlik verminder, berig Dairyreporter.com. Volgens ‘n studie waaraan sowat sewentig duisend mense deelgeneem het, kan dié kombinasie beenbreuke met sowat agt persent laat afneem, en heupbreuke met sowat sestien persent. Die kombinasie van vitamien D en kalsium vul mekaar aan, omdat kalsium beengroei aanmoedig en vitamien D kalsiumopname vergemaklik.
Maandag, 18 Januarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Plaaslike produksie steeds onder druk
Onlangse syfers wat deur die Melkprodusente-organisasie beskikbaar gestel is, dui op ‘n beraamde totale melkproduksie van 2 500 miljoen liter in 2009. Die organisasie se ekonoom, doktor Koos Coetzee, sê dat dié syfer drie komma ses persent minder is as in 2008. Die MPO raam ook dat daar in 2010 ongeveer tweeduisend vyfhonderd-en-tagtig miljoen liter melk geproduseer sal word. Dit is drie komma drie persent meer as in 2009.
Wolprys styg sterk
Die eerste wolverkope na die Desember-reses, het goed vertoon. Pryse in al die wolklasse het gestyg, en Cape Wools se Merino-aanwyser het verlede Woensdag op drie-en-sestig rand en twintig sent gesluit. Dit is sowat vier komma een persent hoër as tydens die Desember-veiling. Faktore soos ‘n sterk aanvraag uit China, kommer oor voorraad en ‘n skerp styging in Australiese pryse, het bygedra tot die prysstyging.
Spaanse steenvrug-uitvoere op, waarde af
Die Spaanse 2009 steenvrugseisoen het met ‘n hoër uitvoersyfer, maar ‘n laer waarde as in 2008 geëindig. Uitvoere van perskes, pruime, kersies en appelkose, het met sowat ses persent gestyg, terwyl die waarde van uitvoere met sowat vier persent gedaal het. Volgens die Spaanse federasie vir produsente van vrugte, groente en blomme, oftewel Fepex, kan die syfers toegeskryf word aan die sterk druk waaronder pryse in 2009 verkeer het, asook groeiende invoere vanuit ander lande.
Grasvelde kan klimaatverandering teenwerk
‘n Nuwe studie deur die Verenigde Nasies se voedsel en landbou organisasie, die FAO, toon dat grasvelde klimaatverandering kan teëwerk. Die studie het bevind dat grasvelde CO2 beter absorbeer as byvoorbeeld woude. Aldus die navorsers stoor weidings sowat dertig persent van die aarde se ondergrondse koolstof. Die wêreld word tans deur sowat drie komma vier miljard hektaar grasveld bedek.
Donderdag, 14 Januarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Trekker- en stroperverkope daal
Die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie, oftewel Saama, berig dat trekker- en stroperverkope gedurende 2009 aansienlik minder was as in 2008. Algehele trekkerverkope van sowat vyfduisend vyfhonderd eenhede in 2009, was bykans sewe-en-twintig persent laer as die verkope van seweduisend vyfhonderd eenhede in 2008. Algehele stroperverkope in 2009 was tweehonderd-vyf-en-sewentig eenhede, vergeleke met driehonderd een-en-veertig eenhede in 2008.
Wynverkope groei in Brittanje
Wynverkope in Brittanje het stabiel bly groei sedert 2005. Die webwerf, Just-drinks.com, berig dat die Britse wynmark sy hoogste groei van vyf komma ses persent gedurende 2007 beleef het, met ‘n verdere groei van een komma drie persent gedurende 2009. Die Britse wynmark word op sowat agtien-en-‘’n-half miljard dollar beraam, nadat dit ‘n totale groei van dertien komma vier persent oor die afgelope vyf jaar getoon het.
Europa koue knou Kenia-uitvoere
Internationalsupermarketnews.com berig dat Keniaanse varsprodukte-uitvoere geknou word deur die ysige weer in Europa. Die slegte weer in groot dele van Europa, vertraag die vervoer van bederfbare produkte, wat die Keniaanse mark groot hoofbrekens besorg. Blomme-, vrugte- en groenteverkope word die ergste beïnvloed deur die weer, en daar is vrese dat die vertraging selfs tot die kansellasie van langtermyn kontrakte kan lei.
Bloubessies teen geheueverlies
Amerikaanse navorsers het bewys dat ‘n daaglikse inname van vyfhonderd milliliter bloubessiesap, geheueverlies in ouer mense kan beperk. Die Journal of Agricultural and Food Chemistry berig dat die studie die eerste in sy soort is, om die potensiële voordele van bloubessies op menslike breinfunksie te toets. Die studie het bewys dat kognitiewe funksies ‘n verbetering getoon het gedurende die twaalf-week toetsperiode.
Woensdag, 13 Januarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Eerste boere na Kongo
Die eerste Suid-Afrikaanse boere sal eersdaags na die Kongo vertrek. Volgens André Botha, een van die groep van twaalf boere wat aan die einde van die maand daarheen vertrek, is die plase vir bewerking reeds geïdentifiseer. Die groep beplan om mielies en suikerriet as hoofgewasse aan te plant, terwyl koffie en neut-aanplantings ook in die pyplyn is. Die stap volg nadat Agri SA verlede jaar met die Kongolese regering onderhandel het.
Abattoir-pryse op
Luidens ‘n afkondiging in die staatskoerant van 24 Desember 2009, hef die Suid-Afrikaanse Vleis-industriemaatskappy, Samic, vanaf 1 Januarie vanjaar ‘n hoër diensfooi. Volgens Rudi van der Westhuizen van Samic, is die diensfooi sowat 15 persent hoër as voorheen. Samic het ingevolge ‘n direksiebesluit geen verandering aan sy diensfooi gedurende 2009 gemaak nie.
Deurbraak in bakterie-toetsing
Meatprocess.com berig dat die Amerikaanse departement van landbou ‘n nuwe, gevorderde prosedure ontwikkel het om te toets vir ‘n bakterie wat tot voedselvegiftiging kan lei. Die nuwe toets is goedkoper, gee vinniger resultate, en is meer sensitief as soortgelyke bestaande toetse. Die toets, wat slegs agt-en-veertig uur per toetsing duur, is sowat twee keer vinniger as bestaande toetse.
Australiese grootmaat wyn-uitvoere styg
Australiese wyn-uitvoere het verlede jaar met nege persent per volume gegroei, berig The Australian. Syfers wat deur die Australiese wyn- en brandewynkorporasie vrygestel is, toon dat uitvoere sowat sewehonderd-en-sestig miljoen liter behaal het. Dit is nagenoeg sestig miljoen liter meer as in 2008.
Dinsdag, 12 Januarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Klimaatverandering kan visboerdery skaad
‘n Studie deur die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbou-organisasie, die FAO, toon dat klimaatverandering bykomende probleme vir akwaboere kan veroorsaak. Die studie toon dat aardverwarming in Afrika en Asië bo normale vlakke sal styg. Hierdie vlakke kan teen die jaar 2100 besonder negatief wees vir dié vastelande se visplase. ‘n Styging in seevlakke kan ook die soutgehalte in riviere opstoot, wat visboerdery kan beïnvloed.
Wetenskap nodig vir beter produksie
Wetenskaplikes by die Oxford boerdery-konferensie wat verlede week by die Oxford Universiteit gehou is, het in ‘n studie getoon dat tegnologie en beter wetenskaplike metodes nodig is om voedselsekuriteit te verseker. Die studie het ook getoon dat plantteling die belangrikste toekomstige ontwikkeling sal wees, met geen-gemanipuleerde gewasse wat ‘n groter rol sal speel.
Varkpryse laer as in 2008
Varkpryse was in Desember 2009 in geheel laer as in 2008. Inligting wat deur die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAVPO, bekendgestel is, dui daarop dat pryse wat deur abattoirs aan produsente betaal is, in Desember 2009 ietwat laer was as in Desember 2008.
Agri Cape week in April
Die jaarlikse Agri Cape week sal vanaf vyftien tot sewentien April 2010 by die Hoër Landbouskool Boland in die Agter-Paarl aangebied word. Die ekspo sal weer fokus op die vrugte-, wingerd- en groentebedrywe in die Wes-Kaap, en sal verskeie werkswinkels en inligtingsessies insluit. ’n Konferensie vir opkomende landbou asook ‘n landbou-arbeiderskonferensie sal ook tydens die ekspo plaasvind.
Maandag 11 Januarie 2010
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Boere help mekaar
Boere in die Wes-Kaap het reeds groot hoeveelhede voer geskenk om medeboere in die droogtegeteisterde Suid-Kaap te help, sê Liana Stroebel, streekskoördineerder vir die Melkprodusente-organisasie in die Wes-Kaap. Dit kom nadat die Wes-Kaapse minister van landbou, Gerrit Janse van Rensburg, ‘n beroep op boere gedoen het om voer te skenk. Boere wat nog voer wil skenk, kan met die MPO Wes-Kaap skakel.
Handboek vir organiese boerdery
Die navorsingsinstituut vir organiese landbou, die FIBL, het ‘n projek geloods om ‘n handleiding oor organiese boerderymetodes aan kleinboere in Afrika te bring. Hiermee hoop die FIBL om verligting te bring vir streke wat onder armoede en hongersnood gebuk gaan. Die projek, wat deur die Bill and Melinda Gates-stigting befonds word, beloop sowat driehonderd duisend Amerikaanse dollar.
Ben-en-klouseer in Suid-Korea
Associated Press berig uit Suid-Korea dat ‘n bek-en-klouseer uitbreek op ‘n plaas kwarantynbeamptes gaan noop om duisende vee van kant te maak. Ses koeie op ‘n plaas in Poncheon, sowat vyf en veertig kilometer noord van die hoofstad Seoul, het positief vir die siekte getoets. Dit is die eerste geval van bek-en-klouseer in Suid-Korea in agt jaar.
Wynverkope verstadig wêreldwyd
‘n Verslag deur die International Wine and Spirits Record dui aan dat die wêreldmark vir wyn en spiritualieë oor die volgende paar jaar teen ‘n stadiger pas sal groei. Die wêreldmark vir spiritualieë sal tot 2013 teen nul komma vier persent groei. Dit is twee persent minder as tussen 2003 en 2008. Die wêreldmark vir wyn sal terselfdertyd met nul komma ses persent groei, sowat nul komma agt persent minder as tussen 2003 en 2008.
Ouer Nuus en radio MP3's | Older News AND MP3'S
|