|

Maandag, 31 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel en aangebied deur Agri Connect. Vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Landbou moet internasionaal meeding
Suid-Afrikaanse landbou gaan net oorleef en gedy as boere kostes beheer, meer produktief is en nuwe markte ontgin, sê Ernst Janovsky, algemene bestuurder van Absa AgriBesigheid. Om dit reg te kry, moet boere die jongste landboutegnologie toepas en gehelp word om internasionale markte te ontgin. Janovsky het boere ook gemaan om hulle oorhoofse koste ten alle koste te bestuur, aangesien dit feitlik onmoontlik is om veranderlike koste te beheer.
Droëvrugtebedryf wil dienste uitbrei
Verouderde sultana-aanplantings en gebrekkige toegang tot finansiering, is van die redes waarom rosyntjieboere vanjaar laer oeste aangeteken het. Die organisasie, Droëvrugte Tegniese Dienste, oftewel DTD, sê na ‘n pas-voltooide ondersoek na die behoeftes van rosyntjieprodusente, dat die bedryf sy gemiddelde oes-opbrengs van pitlose druiwe sal moet verhoog om volhoubaar te bly. Die DTD sal ook ondersoek instel na die totstandbringing van ’n onafhanklike landboukundige diens
Bonteboktelers kry genootskap
Geskiedenis is verlede week op die Magersfontein Gholflandgoed naby Modderrivier gemaak, toe ‘n groot aantal Noord-Kaapse Bonteboktelers die Noord-Kaap Bonteboktelersgenootskap tot stand gebring het. Die genootskap sal voortaan self die bontebokkuddes van sy lede as suiwer kuddes kan sertifiseer. Die bestuur bestaan uit Hennie Lacock, Wiaan van der Linde en Julius Gers. Die liggaam sal nou saamwerk met die Noord-Kaapse en nasionale departement van natuurbewaring.
Meer mielies, maar minder koring verwag
Die Nasionale Oesskattingskomitee het sy verwagte kommersiële mielie-oes effens opwaarts aangepas na 11,684 miljoen ton. Die jongste produksieskatting vir sonneblomsaad en sojabone bly onveranderd, terwyl sorghum effens opwaarts aangepas is. Die oppervlakteskatting vir koring is hersien na 656 200 hektaar. Dis is 0,5 persent minder is as die vorige skatting. Volgens produsente kan die afname in die verwagte aanplanting van koring hoofsaaklik toegeskryf word aan die relatief swakker pryse vergeleke met die hoë insetkostes.
Donderdag, 27 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel en aangebied deur Agri Connect. Vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Jaarlikse karkaswenners gekroon
Die wenners van die jaarlikse Samic karkaskompetisie is verlede Vrydagaand in Vryburg aangewys. Nagenoeg 1 440 kommersiële en 94 opkomende boere het in sestien kategorieë meegeding. Die afdeling vir enkel-bees kommersiële produsente is gewen deur meneer E Heroldt, met ‘n totaal van 99,97 persent. Die kategorie enkel-bees opkomende produsent is gewen deur meneer M Moyo en die kommersiële groep-bees kategorie is gewen deur Ottawa Ranches. Die volledige uitslae is beskikbaar op die RSG Landbou webwerf by www.rsglandbou.co.za.
Sagtevrugte kry finansiële hupstoot
Die sagtevrugtebedryf se plan om 600 hektaar vrugtebome in die Wes-Kaap te vestig, het ‘n hupstoot gekry toe die Wes-Kaapse departement van landbou ‘n bedrag ter waarde van 1,5 miljoen rand bewillig het. Die vyfjaar-projek het onlangs in Ceres afgeskop en sal vanjaar reeds 52 hektaar vrugtebome vestig. Ongeveer 700 permanente poste sal deur die inisiatief geskep word. Die projek is ‘n gesamentlike inisiatief van nuwe boere, die Sagtevrugte Produsentetrust en die Wes-Kaapse departement van landbou.
Heidelberg kry reuse elektrisiteitsaanleg
Die wêreld se grootste opelug-aanleg om elektrisiteit uit misstof te vervaardig, kan binnekort by Heidelberg in Gauteng gebou word. Dié projek word deur die onafhanklike energieverskaffer, Lesedi Biogas Project (LBP), en Karan Beef aangepak. Volgens Engineering News behoort die kragsentrale teen middel 2011 in bedryf te wees. Finansiering sal van LBP, die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en die Sentrale Energiefonds kom. Karan Beef sal die beesmis van sy voerkraal by Heidelberg aan LBP verskaf.
SAVPO hou jaarvergadering
Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAVPO, hou op 8 en 9 September sy algemene jaarvergadering en kongres by die Glenburn Lodge naby Krugersdorp. Op die lys van sprekers is onder meer twee internasionale sprekers en Ernst Janovsky, landbou-ekonoom van Absa. Om te registreer, kontak Sally Borman by 012 361 3920 of e-pos info@sapork.com.
Woensdag, 26 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel en aangebied deur Agri Connect. Vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Koolstofvoetspoor sal op SA impakteer
Die Suid-Afrikaanse regering sal na verwagting in Desember vanjaar ‘n mede-ondertekenaar word van ‘n ooreenkoms om die wêreld se koolstof-uitlatings te verminder. Dit sal lei tot plaaslike wetgewing wat op alle sfere van die ekonomie sal impakteer, aldus die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters. Die organisasie sê in ‘n persverklaring dat ‘n koolstof-vrye of neutrale status al meer ‘n voorvereiste word om dienste en produkte op die wêreldmark te verkoop.
Aartappels bly gewilde keuse
‘n Landbouprojek van die OR Tambo Distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap, het nuwe lewe in die Mthatha-omgewing se aartappelbedryf geblaas. Dit kom nadat die munisipaliteit verlede jaar sewe plase in die Swartberg-omgewing opgekoop het. Aartappelproduksie op dié plase het sedertdien verdubbel. Volgens die bestuurder van die plase, Muji Mngadi, verwag hulle aanstaande jaar ‘n oes van 45 hektaar. Die aartappels word by die Kei Varsproduktemark in Mthatha verkoop.
Polisie-optrede teen plaasaanvalle verskerp
Die polisie beplan verskeie stappe om plaasaanvalle teë te werk. Dit kom nadat dié kwessie tydens ’n werksessie oor polisiebestuur in Kaapstad bespreek is. Volgens die Sondagkoerant, Rapport, het Leko Mbatha, woordvoerder van die nasionale polisiehoof, bevestig dat sektorpolisiëring op maksimum sterkte geïmplementeer moet word. Dit behels onder meer die aanstelling van meer reserviste, wat oudkommandolede sal insluit. Plattelandse veiligheidskomitees word ook voorsien.
Hoofbestuurder van SA Holstein bedank
Die hoofbestuurder van SA Holstein, Herman Duvenhage, het bedank. Sy diens eindig amptelik op 31 Oktober. Duvenhage was die afgelope vier jaar aktief betrokke by veranderinge met betrekking tot klassifikasies en skakeling met die organisasie se lede.
TLU SA hou kongres
Landbouers word herinner aan die TLU SA se kongres wat vanjaar op 9 en 10 September by die WNNR in Pretoria sal plaasvind. Vanjaar se tema sal fokus op die rol van die kommersiële boer as voedselverskaffer in Afrika. Belangstellendes kan vir Lynne Kayser skakel by 012 804 8031.
Dinsdag, 25 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel en aangebied deur Agri Connect. Vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Doeanebedrog deur Agri Inspec ondersoek
Agri Inspec, die MPO se moniteringsmaatskappy, is een van drie maatskappye aan wie ‘n tender deur die Nywerheidsontwikkelingskorporasie toegeken is vir 'n in-diepte ondersoek na doeanebedrog ten opsigte van invoere in Suid-Afrika. Die doel van die projek is om praktiese voorstelle te maak vir die verbetering van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se maatreëls om sulke bedrog hok te slaan. Die forensiese ondersoekmaatskappye, Nexus Forensics en G9 Forensics, is die ander twee maatskappye wat by die ondersoek betrokke is.
Melk se koolstofvoetspoor op Britse verpakking
Die Britse supermarkgroep, Tesco, sal voortaan die koolstofvoetspoor van melk in sy eie verpakking, op die etiket aandui om verbruikers te help om “groen” inkopiekeuses te maak. Die nuwe etikettering word nie gebruik vir organiese melk nie, aangesien die melk se koolstofvoetspoor heelwat kleiner is as dié van konvensionele melk. Nuwe navorsing het getoon dat die helfte van Britse verbruikers die begrip “koolstofvoetspoor” verstaan en produkte probeer koop wat ‘n klein voetspoor het.
Wolpryse styg skerp
Die nuwe wolseisoen het op ’n hoë noot afgeskop toe Cape Wools se Merino-aanwyser op die eerste veiling van die 2009/10-seisoen met vyftien persent vergeleke met die sluitingsveiling van die vorige seisoen gestyg het tot R53,85 per kilogram (skoon). Dit is die beste vlak in tien maande. In Australië, waar veilings twee weke gelede reeds begin het, het pryse ook verstewig. Die meeste markontleders maan egter dat die mark in die volgende maande wisselvallig kan wees.
Kursus oor graanbemarking aangebied
Die Universiteit van die Vrystaat se departement van landbou-ekonomie bied op Vrydag 4 September ‘n kursus oor graanbemarking by dié universiteit aan. Die kursus gee ʼn oorsig oor die produksie en verbruik van mielies, koring, sonneblomsaad en sojabone in Suid-Afrika en verduidelik ook wat graanmarkte is en hoe dit werk. Lesings sal ook gegee word oor hoe graanbeurse soos Safex werk. Vir meer inligting, kontak Michelle Ellis by ellism.sci@ufs.ac.za.
Werkswinkel oor snotsiekte
‘n Werkswinkel oor snotsiekte sal more, die ses-en-twintigste Augustus, in Potchefstroom gehou word. Die werkswinkel skop om tien uur die oggend af by die Hadeda Landgoed in MC Roode-rylaan. Snotsiekte-spesialiste en rolspelers soos Wildbedryf Suid-Afrika en die Rooivleisprodusente-organisasie, sal by die werkswinkel betrokke wees. Toegang kos 50 rand per persoon. Besprekings kan gedoen word by mevrou Bouwer by telefoonnommer 018 294 5378.
Dinsdag, 25 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel en aangebied deur Agri Connect. Vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Doeanebedrog deur Agri Inspec ondersoek
Agri Inspec, die MPO se moniteringsmaatskappy, is een van drie maatskappye aan wie ‘n tender deur die Nywerheidsontwikkelingskorporasie toegeken is vir 'n in-diepte ondersoek na doeanebedrog ten opsigte van invoere in Suid-Afrika. Die doel van die projek is om praktiese voorstelle te maak vir die verbetering van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se maatreëls om sulke bedrog hok te slaan. Die forensiese ondersoekmaatskappye, Nexus Forensics en G9 Forensics, is die ander twee maatskappye wat by die ondersoek betrokke is.
Melk se koolstofvoetspoor op Britse verpakking
Die Britse supermarkgroep, Tesco, sal voortaan die koolstofvoetspoor van melk in sy eie verpakking, op die etiket aandui om verbruikers te help om “groen” inkopiekeuses te maak. Die nuwe etikettering word nie gebruik vir organiese melk nie, aangesien die melk se koolstofvoetspoor heelwat kleiner is as dié van konvensionele melk. Nuwe navorsing het getoon dat die helfte van Britse verbruikers die begrip “koolstofvoetspoor” verstaan en produkte probeer koop wat ‘n klein voetspoor het.
Wolpryse styg skerp
Die nuwe wolseisoen het op ’n hoë noot afgeskop toe Cape Wools se Merino-aanwyser op die eerste veiling van die 2009/10-seisoen met vyftien persent vergeleke met die sluitingsveiling van die vorige seisoen gestyg het tot R53,85 per kilogram (skoon). Dit is die beste vlak in tien maande. In Australië, waar veilings twee weke gelede reeds begin het, het pryse ook verstewig. Die meeste markontleders maan egter dat die mark in die volgende maande wisselvallig kan wees.
Kursus oor graanbemarking aangebied
Die Universiteit van die Vrystaat se departement van landbou-ekonomie bied op Vrydag 4 September ‘n kursus oor graanbemarking by dié universiteit aan. Die kursus gee ʼn oorsig oor die produksie en verbruik van mielies, koring, sonneblomsaad en sojabone in Suid-Afrika en verduidelik ook wat graanmarkte is en hoe dit werk. Lesings sal ook gegee word oor hoe graanbeurse soos Safex werk. Vir meer inligting, kontak Michelle Ellis by ellism.sci@ufs.ac.za.
Maandag, 24 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel en aangebied deur Agri Connect. Vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Nuwe modelle vir grondhervorming op tafel
Dit lyk of die regering se “gewillige koper, gewillige verkoper” model vir grondhervorming van die baan is. President Jacob Zuma het verlede week in Limpopo gesê dat 'n meer doeltreffende en goedkoper manier gevind moet word om die proses te bespoedig. Landbou-organisasie, Agri SA, het in reaksie op die nuus gesê dat, indien dit die president se bedoeling is om meer pragmatiese modelle vir grondhervorming te ontwikkel, hulle graag met hom wil saamwerk. Die organisasie sal egter nie staan vir prysmanipulasie en verskanste nasionalisering nie.
Aartappelprodusent vereer
Solly Ratjomane, 'n aartappelprodusent van Dendron in Limpopo, is aangewys as die wenner in die 2009 Toyota New Harvest of the Year-kompetisie. Ratjomane het 'n nuwe Toyota bakkie gewen en Aartappels SA het 50 000 rand ontvang, wat ten bate van opkomende boere aangewend sal word. Ratjomane boer op 'n 1 900 hektaar plaas, waarvan 120 hektaar vir aartappels onder besproeiing gebruik word.
Voedselproduksie moet verdubbel
Die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbou-organisasie sê dat wêreld voedselproduksie teen 2050 moet verdubbel. Saadreus, Monsanto, sê hy onderneem om boere se produksie teen 2030 te verdubbel teenoor die vlakke van 2000. Kobus Lindeque, Monsanto se besturende direkteur vir sub-Sahara-Afrika, sê in ‘n persverklaring dat Monsanto jaarliks 680 miljoen Amerikaanse dollar bestee aan projekte om nuwe gewasse vir die boer na te vors.
Wes-Kaapse voorligters verbeter dienslewering
Eenhonderd Wes-Kaapse landbouvoorligters gaan met nuwe tegnologie bemagtig word, ten einde beter dienste aan boere te lewer. Die sogenaamde “Smart Pen” word op 28 Augustus geloods en stel voorligters in staat om intydse verslae tydens plaasbesoeke in te vul, wat onmiddellik ook by die departement van landbou sal registreer. Die “Smart Pen” is ook ‘n navigasietoestel en sal die departement in staat stel om die bewegings van hulle voorligters monitor.
Donderdag, 20 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel en aangebied deur Agri Connect. Vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Landbank vir eers uit spervuur
Die Landbank is vir eers in kalmer waters, nadat 'n regruk-aksie onder bestuur van die nasionale tesourie, vrugte afgewerp het. Die minister van finansies, Pravin Gordhan, meen dit is egter te gou om nou al te sê of die Landbank heeltemal uit die moeilikheid is. Bua Nuus berig dat die bank se netto kontantposisie van 3,5 miljoen rand, beter lyk as verlede jaar se 800 miljoen rand. Die bank se finansiële verslag is Maandag in Midrand bekend gestel.
Landbank belangrik vir landboufinansiering
Intussen het Agri SA in ‘n persverklaring gesê die bank behoort ‘n belangrike rol te speel om mededinging ten opsigte van die verskaffing van landboufinansiering, te verseker. Volgens Johannes Möller, president van Agri SA, sal hierdie en verwante aangeleenthede op 24 Augustus met die bestuur van die Landbank bespreek word. Hy het ook verwys na president Zuma se uitlatings oor die gewillige-koper-gewillige-verkoper benadering, en gesê dat Zuma genader sal word om groter duidelikheid oor die aangeleentheid te verskaf.
Plaaswerkers hou eersdaags konferensie
Die jaarlikse plaaswerkerkonferensie sal vanjaar vir die vierde keer by die Agri Megaweek in Bredasdorp gehou word. Die konferensie sal op Donderdag, 17 September by die FNB Ouditorium plaasvind. Plaaswerkers kan kom luister na verskeie sprekers en sal ook die geleentheid kry om te deel in die bespreking. Die Megaweek vind van 15 tot 18 September plaas.
RPO riglynpryse vir week
Die Rooivleisprodusente-organisasie se weeklikse gemiddelde prys vir speenkalwers, staan vandeesweek op R14,38 per kilogram. Die produsenteprys vir A twee beeskarkasse is R22,54 per kilogram, terwyl AB twee beesvleis op R21,39 per kilogram staan. A twee lamsvleis staan op R32,98 per kilogram en AB twee skaapvleis op R27,80 per kilogram. Vir meer pryse, skakel die RPO se kantore by 012 348 1933.
Woensdag, 19 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel en aangebied deur Agri Connect. Vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Mielie-oes laat wenkbroue lig
Die wenkbroue het Vrydag gelig na gerugte dat die Amerikaanse departement van landbou se 10,5 miljoen ton raming vir Suid-Afrika se mielie-oes, aansienlik laer is as dié van die plaaslike oesskatters. Sake 24 berig dat die nasionale oesskattingskomitee se raming 11,6 miljoen ton is. Navraag by die Amerikaanse departement van landbou se kantoor in Pretoria, het egter aan die lig gebring dat die 10,5 miljoen ton in der waarheid die VSA se vooruitskatting vir die 2009 / 2010 plantseisoen is. Hulle verwagting vir die huidige 2008/2009 seisoen is 12 miljoen ton.
Misoes van ‘n ander aard
‘n Mielie-misverstand van ‘n ander aard het hom die afgelope naweek in Bloemfontein afgespeel, toe ’n vragmotor met ’n vrag van meer as 10 ton mielies, in Eeufeesweg deur ‘n tuinmuur geploeg het. Die trok het die 2,5 meter hoë tuinmuur platgery en sy vrag in die swembad en tot by die huis se voordeur laat beland. Die Volksblad berig dat werkers ure land gespook het om die mielies op te tel. Van die mielies is deur diesel besoedel.
Gauteng vroueboere vereer
Die Gautengse provinsiale regering en die departement van landbou, bosbou en visserye, het verlede week sy top vroueboere vereer. Die algehele wenner as top produsent op nasionale vlak, is Noni Mukose Trading, wat prysgeld van 40 000 rand losgeslaan het. Ruth Masinga van Thokoza is as beste produsent op huishoudelike vlak aangewys, terwyl die Kutloano landbouprojek as die grootste produsent vir die huishoudelike verbruikersmark aangewys is.
MPO Noord hou kongres
Die Melkprodusente-organisasie Noord hou op 26 Augustus sy jaarlikse kongres by die Sunwa River Lodge in Parys in die Vrystaat. Die tema van vanjaar se kongres is optimale produksie vir beter wins. Talle sprekers sal die kongresgangers toespreek oor onderwerpe soos koeigesondheid en bestuurstelsels. Belangstellendes kan vir Alta van Zyl skakel by 012 843 5672.
Maandag, 17 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel en aangebied deur Agri Connect. Vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Watertekorte knou Limpopo
Die minister van waterwese en omgewingsake het aangekondig dat die Vhembe- en Mopani-streke van Limpopo, tot rampgebiede verklaar word weens 'n watertekort. Terwyl die watertekort vererger word deur vervalle infrastruktuur by suiweringsaanlegte, is die lae damvlakke ook 'n bron van kommer vir boere in hierdie gebiede. Van die damme in Limpopo wat baie leeg is, of baie laer vlakke het as verlede jaar is die Albasini-dam by Louis Trichardt. Die Nsamidam is slegs 2,2 persent vol teenoor verlede jaar se 53,7 persent.
Moratorium op grondaankope
Die regering se besluit om vir eers ‘n moratorium te plaas op die opkoop van plase, is uit talle oorde verwelkom, terwyl ander meer skepties is. Mdu Shabane, die adjunk-direkteur-generaal van die departement van landelike ontwikkeling en landbou-hervorming, het in Durban gesê dat landbou in Suid-Afrika nie tot sy volle reg kan kom, alvorens die probleme rondom grondeise nie uitgesorteer is nie. Die president van Kwanalu, Robin Barnsley, het gesê sy organisasie verwelkom die aankondiging, maar dat die proses baie versigtig bestuur sal moet word.
Winkels boikot hoenderplaas
Woolworths en Pick 'n Pay het Woensdag gesê hulle sal nie meer enige eiers wat deur die henne van Jan Serfontein se plaas, Boskop Layer Chicks, gelê is, verkoop nie. Dit volg na berigte dat die mense van dié plaas sowat 70 000 haantjies daagliks in 'n leë plaasdam gooi om te vrek. Volgens Nuus 24 beskou die besigheid die kuikens as ekonomies nutteloos.
MPO se bedryfsinligtingsverslag beskikbaar
Die jongste uitgawe van die Melkprodusente-organisasie se bedryfsinligtingsverslag, is pas vrygestel. Volgens doktor Koos Coetzee, MPO ekonoom, bevat die verslag opgedateerde inligting oor melkproduksie en -verbruik, in- en uitvoere asook internasionale en plaaslike produsente- en produkpryse. Produsente wie graag die dokument wil ontvang, kan vir Justin Kennerley kontak by 012 843 5615.
Donderdag, 13 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel en aangebied deur Agri Connect. Vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Wes-Kaap boer nasionaal vereer
Die land se mees invloedryke vroue, is verlede week tydens ‘n reeks glansbyeenskomste in Johannesburg, Kaapstad en in KwaZulu-Natal aangewys. Dié toekennings vereer die talle Suid-Afrikaanse vroue wat die land se sosiale, ekonomiese en politieke landskap help verander. Die vroue ding in agtien kategorieë mee. Jeanne Groenewald, ‘n vryloop-hoenderboer van Elgin, het dié kategorie gewen. Groenewald is ook in 2006 aangewys as Suid-Afrika se vroueboer van die jaar.
Agri Dwala word ‘n plaas ryker
Altesaam 29 begunstigdes en ander landbou-rolspelers in die Wes-Kaap, het onlangs ‘n plaas ryker geword. Die plaas, Jafters Krantz, is onlangs as eiendom van die Agri Dwala Trust ingelyf. Die Agri Dwala projek staan onder die mentorskap van Kosie van Zyl en Piet Blom. Die projek se beeskudde staan tans op sowat 400 beeste en daar is ook reeds sowat 1 000 ton gars, 650 ton koring en 250 ton hawer suksesvol bemark in die afgelope graanseisoene.
Wynprodusente ly nog nie
'n Verslag deur PricewaterhouseCoopers se wynbedryf-spesialis, Frans Weilbach, dui daarop dat plaaslike wynprodusente nie tans deur die druk van die wêreldwye resessie geraak word nie. In sy navorsingsverslag oor die Suid-Afrikaanse wynbedryf, skryf hy dat die produksie van rooiwyn, in lyn met die aanvraag, gestabiliseer het. Witwyn variëteite, daarenteen, lewer in sommige gevalle 'n hoër inkomste per hektaar met die styging van die prys van witwyn die afgelope paar jaar.
Boere moet registreer vir misverwydering
Die departement van water en omgewingsake het ‘n beroep gedoen op boere wat water gebruik vir misverwydering, stalle skoonmaak en bemesting, om dié aktiwiteite voor 30 Augustus te registreer. Boere wat reeds geregistreer het, moet ‘n heraansoek indien. Die departement waarsku dat dit ‘n oortreding is om nie te registreer nie. Registrasievorms is beskikbaar op die webtuiste www.dwaf.gov.za. Meer inligting kan verkry word van Shane Naidoo by 012 336 6707.
Woensdag, 12 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel en aangebied deur Agri Connect. Vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600.
Graanboer-ontwikkelingsvereniging
Die graanbedryf is in die proses om ‘n graanboer-ontwikkelingsvereniging te stig. Volgens Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van die Meulenaarskamer, is die hoofdoel van dié afdeling 21-maatskappy om hulp te verleen met die totstandkoming en ontwikkeling van opkomende graanboere. Volgens die webwerf, landbou.com, sluit die stigterslede van dié vereniging die Landboubesigheidskamer, Graan SA, die Wintergraan-trust, en talle ander privaatmaatskappye in.
Melkproduksie daal steeds
Totale melkproduksie gedurende die eerste helfte van 2009, is 4,2 persent minder as gedurende die eerste helfte van 2008. Volgens doktor Koos Coetzee, ekonoom by die melkprodusente-organisasie, sal melkproduksie in die res van die jaar ook op laer vlakke as in 2008 beweeg. Die huidige laer mielie- en ander insetpryse, asook die herstel van produsentepryse, mag aanleiding gee tot ‘n relatiewe styging in produksie in die komende lente.
Graan SA inligtingsvergaderings
Graan Suid-Afrika hou oor die volgende twee weke ‘n reeks inligtingsvergaderings om produsente in te lig oor produksieruimtes en die effek daarvan op winsgewendheid. Bloemfonteinse produsente kom môre-oggend om tien-uur by die Bains Game Lodge byeen, terwyl Bothaville-produsente op 18 Augustus om nege-uur die oggend by Nampo Park sal vergadering. Die Bothaville-byeenkoms vorm deel van die Monsanto Bewaringsbewerkingskonferensie, waar Graan SA ‘n spreekbeurt sal hê. Produsente in die Reitz-omgewing sal op 27 Augustus om tien uur die oggend by die VKB-ledesaal toegespreek word.
Onthou die Agri Outlook-konferensie
Luisteraars word herinner aan vanjaar se AMT Agrivooruitskou-konferensie vir 2010, wat op 30 September en 1 Oktober by die WNNR se konferensiesentrum in Pretoria plaasvind. Die adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, doktor Pieter Mulder, sal onder andere as spreker optree. Meer inligting kan verkry word van Minda Bornman by telefoon 012 348 8344.
Maandag, 10 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
VSA wil landbou in Afrika ontwikkel
Die Amerikaanse landbousekretaris, Tom Vilsack, sê dat dié supermoondheid Afrika wil speen van sy afhanklikheid van voedselhulp. Volgens die nuusagentskap, Reuters, het Vilsack gesê dat die VSA teen 2010 een miljard dollar, of sowat agt miljard rand, in landbou-ontwikkeling in Afrika wil belê. Dit is dubbel soveel as in vorige jare. Terwyl hy steeds nood voedselhulp sal verleen waar nodig, wil die VSA voedselsekerheid bewerkstellig deur plaaslike landboubedrywe te versterk.
Trekkerverkope steeds laer
Trekker- en stroperverkope is steeds aan’t daal. Volgens die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie, Saama, is trekkerverkope in Julie vanjaar net meer as 32 persent laer as in Julie verlede jaar. Stroperverkope is sowat 51 persent laer as in Julie verlede jaar. Die voorsitter van Saama, Leon Pretorius, sê in ‘n persverklaring dat finansieringstekorte en kopers se wag-en-sien-houding, bydra tot die verlaagde verkope. ‘n Bykomende faktor is die sterk rand wat oespryse afdwing.
Katoensake lyk beter
Die internasionale katoen-advieskomitee sê hy verwag dat wêreld katoenproduksie in 2009/10 min of meer sal stabiliseer op 23,6 miljoen ton. Op die plaaslike front dui die sewende oesskatting vir die 2008/09 produksiejaar op ‘n totale katoenoes van 42 741 bale vesel. Dit is drie persent hoër as verlede maand se skatting en 14 persent kleiner as die vorige seisoen.
Nuwe webadres vir departement
Die verandering van die volle benaming van die departement van landbou en grondsake na die departement van landbou, bosbou en visserye, beteken dat die departement se webadres ook aangepas is. Die nuwe adres is www.daff.gov.za . Die ou adres, www.nda.agric.za sal gebruikers outomaties verwys na die nuwe adres.
Donderdag, 6 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Beste vroueboer moet gekroon word
Dit is tyd vir die gereelde vroueboer van die jaar-kompetisie en deelnemers kry weer die geleentheid om in vyf kategorieë mee te ding. Die eerste drie kategorieë maak voorsiening vir uitvoer-, nasionale asook informele markvoorsiening, en twee verdere kategorieë maak voorsiening vir produksie vir huishoudelike gebruik. Die wenners sal op 29 Augustus aangewys word.
Varkvleis-invoere gekritiseer
Die voortgesette verbod op varkvleis-invoere vanaf Brasilië, is vandeesweek deur die president van die Brasiliaanse Varkvleisprodusente en uitvoerdersvereniging, Pedro de Camargo Neto, gekritiseer. Volgens SABC Nuus het Neto gesê dat die verbod die handelsooreenkoms tussen Indië, Brasilië en Suid-Afrika afwater. Die oorspronklike verbod is ingestel na ‘n uitbreek van bek-en-klouseer in Brasilië. Die meeste van Suid-Afrika se ingevoerde varkvleis kom tans vanuit die duurder Europese Unie.
Arabiere sal spitsberaad befonds
Saudi Arabië sal die koste van die Wêreld Spitsberaad op Voedselsekuriteit dra. Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie het verlede week aangekondig dat die beraad van 16 tot 18 November by sy hoofkantore in Rome gehou sal word. Die beraad hoop om die afwaartse beleggingstendens in landbou om te swaai, sodat meer voedsel geproduseer kan word. Sowat een miljard mense word wêreldwyd deur hongersnood en voedseltekorte geraak.
Tongaat Hulett wins styg
Suikerreus, Tongaat Hulett, het pas sy finansiële syfers vir die ses maande tot einde Junie bekend gemaak. Volgens die maatskappy se uitvoerende hoof, Peter Staude, kon die maatskappy in die tydperk van sy landbougrond vir eiendomsontwikkeling opsy sit. Die dagblad, Beeld, berig dat die maatskappy se binnelandse bedrywighede ’n winsbydrae van 77 miljoen rand aangeteken het. Dit is 100 persent hoër as in dieselfde tyd verlede jaar. Rou suiker-uitvoere het in hierdie tyd tot 93 000 ton vermeerder.
Woensdag, 5 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Landbank doen stappe teen wanbetalers
Die Landbank het begin met regstappe teen 557 grondeienaars wat nie hul lenings terugbetaal nie. Net meer as die helfte van die respondente is opkomende boere en die oorblywende 274 is kommersiële boere. Die dagblad, City Press, berig dat die bank sedert 2002 verhoed is om mense met onbetaalde skuld te vervolg. Hierdie moratorium is egter verlede jaar in Julie opgehef. Die National African Farmers Union, oftewel Nafu, het die bank gekritiseer vir sy optrede.
Jongbysiekte se impak vererger
Die departement van landbou, bosbou en visserye het 'n dringende beroep op alle byeboere gedoen, om by die departement se planne in te skakel om Amerikaanse jongbysiekte onder beheer te bring. Die impak van die siekte kan na verwagting ook die vrugtebedryf benadeel indien daar nie voldoende bestuiwing in vrugteboorde kan plaasvind nie. Die bestuiwingseisoen begin gewoonlik na die tweede week in Augustus. Dié aansteeklike siekte is reeds in sowat dertig persent van byekorwe suid van die byeboerlyn, hoofsaaklik in die Wes-Kaap, aangeteken.
Wes-Kaap Jongboer van die Jaar
Handri Conradie van die plaas Koelfontein in Ceres, is aangewys as vanjaar se Wes-Kaapse jongboer van die jaar. Conradie boer onder andere met appels, pere en druiwe. Die Paarl Landbouvereniging is aangewys as beste landbouvereniging en Agri Klein Karoo as beste distrikslandbouvereniging. Die beste veediefstaleenheid was dié van Oudtshoorn. Die oorhandigings is tydens die pas-afgelope Agri Wes-Kaapse kongres gedoen.
RPO riglynpryse vir week
Die Rooivleisprodusente-organisasie se weeklikse gemiddelde prys vir speenkalwers, staan vandeesweek op R14,04 per kilogram. Die produsenteprys vir A twee beeskarkasse is R22,57 per kilogram, terwyl AB twee beesvleis op R21,56 per kilogram staan. A twee lamsvleis staan op R33,25 per kilogram en AB twee skaapvleis op R27,26 per kilogram. Vir meer pryse, skakel die RPO se kantore by 012 348 1933.
Dinsdag, 4 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Europeërs kan leer by SA-melkboere
'n Internasionale suiwelraadgewer uit Frankryk, sê dat Suid-Afrika se inisiatiewe in 'n ongereguleerde suiwelmark, 'n goeie voorbeeld vir Europa se stakende melkboere is. Volgens Phillipe Jachnik is die afskaffing van kwotas die onafwendbare resultaat van 'n onvolhoubare sisteem. Hy sê Europese produsente kan maar kers opsteek by hul Suid-Afrika eweknieë. Suid-Afrika bied in 2012 die Internasionale Suiwelfederasie se beraad aan.
Elsenburg onder soeklig
Bewerings van ongerymdhede en algemene akademiese verval by die Elsenburg Landboukollege, sal binnekort ondersoek word. Volgens berigte is ‘n komitee vir hierdie doel deur die Wes-Kaapse minister van landbou en landelike ontwikkeling, Gerrit van Rensburg, in die lewe geroep. Hy het verlede week by die Agri Wes-Kaap kongres gesê dat 'n beheerraad vir die kollege ook binne die volgende maand aangestel sal word.
MPO Oos-Kaap hou kongres
Die Melkprodusente-organisasie in die Oos-Kaap hou op 12 Augustus sy algemene jaarvergadering in Port Elizabeth by die Marine Protea Hotel. Die tema is die ontwikkeling van 'n strategie vir Oos-Kaapse melkprodusente om hulle aandeel in die verbruikersrand te vergroot. Danie Jacobs sal ‘n strategiese beplanningsessie fasiliteer. Vir meer inligting, skakel die MPO streekskoördineerder, Alta van Zyl, by 012 843 5600.
MPO hou Skolemelkdag
Die Melkprodusente-organisasie vier vanjaar op 13 Oktober skolemelkdag. Op dié dag deel MPO-lede melkies uit aan kinders by skole regoor die land. Inkleurboeke wat vertel waar melk vandaan kom en waarom dit gesond is, word ook vanjaar uitgedeel en is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu en Sesotho. Barbara Bieldt, die MPO se bestuurder vir markbeskerming, is in beheer van die projek en vertel net hierna meer oor die projek.
Maandag, 3 Augustus 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Zille bly oor positiewe houding
Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, het verlede week tydens die Agri Wes-Kaap Kongres gesê die beste manier waarop die provinsiale regering boere kan bystaan, is om hindernisse in die pad van landbou-ontwikkeling te verwyder. Sy het gesê dit is die nasionale regering se plig om geskikte ondersteunende infrastruktuur en dienste te verskaf. Zille het ook gesê sy is bly oor die positiewe houding van die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Pettersson.
Sukses vir wol-ontwikkelingsprogram
Die sukses van die Nasionale Wolkwekersvereniging se opleidings- en ontwikkelingsprogram, is onlangs bevestig deur ‘n onafhanklike evaluasie deur Agri Africa. Die evaluasie onder leiding van professor Eckard Kassier, toon dat inkomste uit wol wat deur kommunale wolprodusente verskaf is, van 1,5 miljoen rand tien jaar gelede, na 46 miljoen rand in die 2007/2008 seisoen verhoog het. ‘n Totaal van 110 skeerhuise het in 2007/2008 hoër pryse behaal as die nasionale gemiddelde wolprys.
Suiker-na-etanol-aanleg op kaarte
‘n Lewensvatbaarheidstudie sal bepaal of ‘n suiker-verwerkingsaanleg vir die produksie van etanol in die noorde van KwaZulu-Natal opgerig sal word. Indien die projek haalbaar bevind word, kan die aanleg in 2011 al brandstof vervaardig. Volgens Food and Beverage Reporter het privaat-beleggers reeds 1,8 miljard rand bewillig vir die bou van die aanleg.
Sterk rand raak sitrusuitvoere
Suid-Afrika sal na verwagting vanjaar minder sitrus uitvoer. Fruitnet.com berig dat die finale syfer waarskynlik minder as 90 miljoen kartonhouers sal wees. Die uitvoervooruitskattings vir Valencia’s en pomelo’s is reeds verlaag. Produsente is ook bekommerd oor die uitwerking wat die sterk rand op die winsgewendheid van seisoen gaan hê.
Donderdag, 30 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Plaaswerkers maak stemme dik
Plaaswerkers uit die Boland, Weskus, Breërivier, Witzenberg, Overberg, Oostenberg, Breedevallei en Swartland, het Dinsdag saam met munisipale werkers opgetrek, om hulle stem dik te maak teen plaasuitsettings en lewensomstandighede op sommige plase. Die protesaksie sal vandag by sekere plase in die Stellenbosch-omgewing voortgesit word. Die organiseerders van die Stellenbosch wynfees sê dat die protesaksie nie ‘n invloed op die fees behoort te hê nie.
Grondeise kort fondse
Die Grondeisekommissie benodig vyftig miljard rand om uitstaande grondeise aan te spreek. Die waarnemende hoof grondeisekommissaris, Blessing Mphela, het by ‘n mediageleentheid in KwaZulu-Natal, gesê dat vanjaar se begroting reeds uitgeput is en dat ‘n verdere drie miljard rand nodig is om die jaar deur te sien. Hy het buitensporige hoë grondpryse as een van die redes vir die tekort aan fondse aangevoer. Die duurste skikking tot op hede, was die 600 miljoen randse Dube-grondeis op die KwaZulu-Natalse noordkus.
Verligting dalk op pad vir Uganda
Boere in die droogtegeteisterde Afrika-staat, Uganda, kan binnekort verligting kry in die vorm van droogtebestande mielies. Die Kasese-streek in die suidweste van die land is geïdentifiseer as teikengebied vir proeflopies van die sogenaamde Water Efficient Maize for Africa projek. New Vision berig dat die nuwe variëteite ‘n verwagte 20 na 35 persent hoër opbrengs kan lewer.
SA varkprodusente hou AJV
Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-vereniging, Savpo, hou op 9 en 10 September sy algemene jaarvergadering by Glenburn Lodge in Muldersdrift. Ernst Janovsky van Absa Agribesigheid en verteenwoordigers van PIC International en Topigs International sal as sprekers optree . Belangstellendes kan vir Sally Bosman kontak by 012 361 3920.
Woensdag, 29 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Geen tribunaal: dwing wetsbepalings af!
Dit help nie om tribunale in te stel om dienslewering op plaaslike regeringsvlak te verbeter nie. So sê Ben Marais, president van die TLU SA, na aanleiding van ‘n voorstel van die ANC se Mathews Phosa, dat tribunale ingestel word waar munisipale amptenare en -raadslede nie hulle werk doen nie. Marais sê dat die instel van tribunale onnodig is en geld mors, terwyl die antwoord eenvoudig lê in die uitvoering van die Grondwet. Aldus Marais steur die meeste plaaslike owerhede hulle nie aan wetgewing nie.
Alge dalk nuwe biobrandstofbron
Alge is die nuutste bron van biobrandstof. Kenners meen dat alge talle voordele het, waaronder dat dit koolstofdioksied absorbeer en gebruik kan word om die gasse wat deur steenkoolgedrewe kragstasies uitgelaat word, skoner te maak. News 24 berig dat brandstofreus, Exxon Mobil, pas aangekondig het dat hy 600 miljoen dollar sal belê in ‘n vennootskap met Synthetic Genomics, om biobrandstof uit fotosintetiese alge te vervaardig.
Megaweek vir graanprodusente
Vanjaar se Agri Megaweek wat van 15 tot 18 September 2009 by die Agri Mega Park in Bredasdorp plaasvind, beloof om weer eens ‘n hoogtepunt op die kalender van die Wes-Kaapse graanbedryf te wees. Die Agri Megaweek Graandebat sal vanjaar weer ‘n sentrale besprekingsforum wees. Die gewilde garswerkswinkel word weer aangebied, terwyl daar ook ‘n werkswinkel vir die kanolabedryf aangebied word. Vir meer inligting besoek gerus Agri Mega se webtuiste by www.agrimega.co.za of kontak ons kantoor by 028 424 2890.
RPO riglynpryse vir week
Die Rooivleisprodusente-organisasie se weeklikse gemiddelde prys vir speenkalwers, staan vandeesweek op R12,80 per kilogram. Die produsenteprys vir A twee beeskarkasse is R22,26 per kilogram, terwyl AB twee beesvleis op R21,08 per kilogram staan. A twee lamsvleis staan op R33,43 per kilogram en AB twee skaapvleis op R28,61 per kilogram. Vir meer pryse, skakel die RPO se kantore by 012 348 1933.
Donderdag, 28 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
EU kwotas word nie verminder
Eise deur betogende melkprodusente in Strasburg dat die melkkwota met 5 persent verminder word om melkpryse te laat styg, is deur die Europese Kommissie verwerp. Melkprodusente in Europa sukkel om melk winsgewend te produseer teen huidige melkpryse. Volgens die Europese Kommissie is regstellende stappe soos die herinstelling van uitvoersubsidies reeds geneem, en sal daar nie afgewyk word van die doelwit om melkproduksiekwotas teen April 2015 uit te faseer nie.
MPO waarsku teen veediefstal
Die Melkprodusente-organisasie waarsku boere om bedag te wees op veediefstal. Dié waarskuwing kom nadat die organisasie se moniteringsmaatskappy, Agri Inspec, insae gehad het in ‘n verslag waarvolgens meer as 121 000 stuks vee met ‘n waarde van meer as 360 miljoen rand, die afgelope jaar gesteel is. Na raming word ongeveer sewentig persent van gesteelde vee nie teruggevind nie.
Minister blaas lewe in landbou in
Die nuwe minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Petterson, sê dat sy van plan is om beleggings in die landbou, spoorvervoer en biobrandstofbedryf in Suid-Afrika te maak. Joemat-Petterson het verlede week ‘n aantal kwelpunte aangeraak toe sy lede van landbou-organisasie, Agri SA, toegespreek het. Sy het onder andere gesê dat sy bewus is van probleme binne die departement van landbou en dat sy vasberade is om die regering se denkwyse oor kommersiële landbou te verander.
Dis weer skoutyd
Die landbou-afdeling van die Pretoria Skou beloof om vanjaar weer 'n hoogtepunt op die skouprogram te wees. Die skou word vanjaar vir die sewentigste keer aangebied en die landbouprogram sal van Donderdag, 20 Augustus, tot Sondag, 6 September, duur. Die diererasse wat by die skou te siene sal wees sluit dertien perderasse, drie varksoorte, dertien beesrasse en verskeie soorte kleinvee en pluimvee in. Die Australiese Emoe en Hugenoot vleisbeesras sal ook te siene wees.
Maandag, 27 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Afgri verkoop Laeveld-belange
I-Net Bridge berig dat die landboumaatskappy, Afgri, in die proses is om van sy belange in die Laeveld te verkoop aan MGK Bedryfsmaatskappy. Die transaksie sal elf takke raak wat aan Afgri Operations en Laeveld Korporatiewe Belegging Beperk behoort het. Beide is filiale van Afgri. Afgri wil meer fokus op graan as kernbesigheid en meen dat MGK in die belang van kliënte van die verkoopstakke in onder andere Brits, Marble Hall, Nelspruit, Hoedspruit en Komatipoort sal optree.
El Niño maak sy verskyning
Dit lyk asof die El Niño-verskynsel binnekort chaos kan veroorsaak met oorstromings, droogtes en hittegolwe in talle wêrelddele. Die Wêreld Meteorologiese Organisasie waarsku dat dié verskynsel oor die komende maande die reënseisoene in talle wêrelddele kan omkrap. Die Volksblad berig dat dit onder meer ’n impak op kosproduksie in dele van Afrika, Australië en Indië kan hê. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens behoort die impak op die 2009 / 2010 seisoen nie te groot te wees nie.
Melamienseminaar in Johannesburg
Die Voedselveiligheidsinisiatief van die Suid-Afrikaanse Raad op Verbruikersgoedere, bied op 7 Augustus ‘n melamienseminaar aan. Die seminaar word in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch aangebied en sal by die Inanda Klub in Fourways, Johannesburg, gehou word. Die seminaar sal die nuutste wetenskaplike inligting en bevindinge oor melamien in voedselprodukte onder die soeklig plaas. Belangstellendes kan vir Linda Brink skakel by 011 789 5777.
Agri Wes-Kaap hou kongres
Agri Wes-Kaap hou môre en oormôre sy jaarlikse kongres by Goudini Spa. Hooggeplaastes soos die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, asook die provinsiale minister van landbou, Gerrit van Rensburg, sal kongresgangers toespreek. Die Agri Wes-Kaap Santam jongboer van die jaar sal tydens die geleentheid gekroon word. Toekennings sal ook gemaak word vir die beste veediefstal-eenheid asook die beste distriks-landbouvereniging.
Donderdag, 23 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
KZN beveg voedselnood
Die KwaZulu-Natalse provinsiale regering het Saterdag sy “een huis een tuin”-veldtog in Qhudeni in die noorde van die provinsie van stapel gestuur. Die provinsie se premier, doktor Zweli Mkhize, het gesê die veldtog vorm deel van die regering se pogings om voedselsekuriteit in die provinsie te verseker. Nagenoeg 35 persent van die provinsie se inwoners verkeer in voedselnood. Buanuus berig dat gemeenskappe saad en toerusting sal ontvang om groentetuine by hulle wonings aan te lê.
RPO riglynpryse vir week
Die Rooivleisprodusente-organisasie se weeklikse gemiddelde prys vir speenkalwers, staan vandeesweek op R12,45 per kilogram. Die produsenteprys vir A twee beeskarkasse is R22,08 per kilogram, terwyl AB twee beesvleis op R21 per kilogram staan. A twee lamsvleis staan op R33,38 per kilogram en AB twee skaapvleis op R28,11 per kilogram. Vir meer pryse, skakel die RPO se kantore by 012 348 1933.
Oos-Kaap soek uitblinkers
Die soektog na die Oos-Kaap Landbouskrywers se boer, opkomende boer en landboukundige van die jaar 2009, het sopas afgeskop. Benoemings word tans ingewag en alle belangstellendes, landbouverenigings en organisasies is welkom om nominasies in te dien. Die sluitingsdatum vir nominasies is 31 Augustus vanjaar. Meer inligting kan verkry word van Elize Pretorius by telefoonnommer 041 365 5030.
Voerkraal- en suiwel inligtingsdag
Die Fleckvieh Telersvereniging hou op 28 Julie ‘n voerkraal- en suiwelinligtingsdag by die Philadelphia Boeresaal. Talle vooraanstaande sprekers uit Flekvieh-geledere, waaronder die Duitse melkprodusente-organisasie se bestuurder, doktor Thomas Grupp, sal teenwoordig wees. Belangstellendes moet hulle plek bespreek deur vir Thys Swart te skakel by 082 498 8878.
Woensdag, 22 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Melkprys in die spervuur
Die Cape Argus berig dat melkprodusente steeds vrae het oor die verskil tussen die produsenteprys en die kleinhandelprys van melk. Terwyl die produsenteprys die afgelope jaar gedaal het, het kleinhandelpryse met vyftien persent gestyg. Alwyn Kraamwinkel, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie, sê egter dat dit onregverdig is om roumelkpryse te vergelyk met die eindproduk op winkelrakke, aangesien waarde toegevoeg word vandat rou melk die plaas verlaat.
Herrie oor etniese suiweringstaakspan
Die TLU SA het in ‘n persverklaring sy misnoeë te kenne gegee met die daarstelling van ’n taakspan om beweerde vergrype op plase in Noordwes, te ondersoek. Die taakspan volg kort of die hakke van aantygings deur Solly Phetoe van Cosatu, oor gewelddadige optrede teen swart plaaswerkers. Die president van die TLU SA, Ben Marais, het Phetoe se aantygings as “wilde stellings” beskryf en gesê dat daar nog ‘n taakspan nodig is om die talle aanvalle op blanke boere te ondersoek.
SA Sitrusveldtog in VSA
Daar lê ‘n kritiese paar weke voor vir Suid-Afrika se somer sitrusveldtog in die VSA. Dit volg nadat die seisoen goed afgeskop het met uitstekende gehalte Suid-Afrikaanse sitrusvrugte op Amerikaanse winkelrakke. Die seisoen betree nou sy middel-somermaande, met ‘n toename in Amerikaanse somervrugte. Suid-Afrikaanse nawelprodusente verwag strawwe kompetisie van onder andere Chile.
Landbouskrywers Noord soek sy wenners
Dis alweer nominasietyd vir die Landbouskrywers SA Noord se 2009 boer en landboukundige van die jaar. Nominasies vir Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes kan ingestuur word na Magda du Toit en moet haar teen 14 Augustus vanjaar bereik. Belangstellendes kan haar kontak by 011 790 8254 of 082 388 0187.
Dinsdag, 21 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Suid-Afrika verloor nog ‘n wolkoper
Na bykans eenhonderd jaar van handel in die Suid-Afrikaanse wolbedryf, het die Dewavrin Groep, beter bekend as ADF, sy wolbedrywighede in Suid-Afrika gestaak. Martin Clapham, besturende direkteur van die groep, het in ‘n brief aan rolspelers gesê dat die maatskappy op nuwe ontwikkelinge buite die wolbedryf gaan fokus. Elize Pretorius, kommunikasiebestuurder by die Nasionale Wolkwekersvereniging, het die besluit betreur. Pretorius sê dat die stap uiteindelik sal lei tot minder mededinging op die plaaslike wolbeurs. Daar is nou slegs sewe wolkopers in Suid-Afrika.
Nuwe verspreider vir Same Deutz-Fahr
Eqstra Industrial Equipment is op 1 Julie amptelik aangestel as die alleenverspreider van Same Deutz-Fahr-trekkers en stropers vir die Sub-Sahara-streek in Afrika. Eqstra se landbou-afdeling sal voortaan handel dryf as Same Deutz-Fahr. Volgens Eqstra se hoofuitvoerende beampte, Gary Neubert, beplan die maatskappy om sy netwerk teen Junie 2010 uit te brei tot 50 handelaarskappe.
TLU SA ontmoet LUR in Noordwes
Die dagbestuur van die TLU SA se Wesstreek, het vroeër vandeesmaand samesprekings met die LUR vir landbou in Noordwes, Boitumelo Tshwene, gehou. Volgens Wilhelm Rochèr, voorsitter van die Wesstreek, is sake soos veediefstal en finansiering vir jong boere bespreek. Rochèr sê die TLU SA steun ook die LUR se planne om ‘n provinsiale landbouforum vir alle rolspelers te stig.
Rapporteer probleme met vogmetings
Graan SA het graanprodusente versoek om die organisasie te kontak indien hulle enige probleme met vogmetings by spesifieke leweringspunte sou ondervind. Dit volg nadat die organisasie in Junie klagtes hieroor ontvang het. Volgens wet mag alle grade mielies hoogstens 'n voginhoud van 14 persent hê. Probleme kan aangemeld word deur vir Wessel Lemmer te skakel by 056 515 2145.
Maandag, 20 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Manuel maak medium strategie bekend
Die minister van nasionale beplanning in die presidensie, Trevor Manuel, het verlede week in sy medium-termyn strategiese raamwerk, gesê dat die regering van plan is om ‘n omvattende landelike ontwikkelingsprogram te ontwikkel. Die program beoog onder andere om voedselsekuriteit te versterk by wyse van ‘n breër landbouproduksiebasis.
Op ‘n vraag of grond in die voormalige tuislande ook by die regering se grondhervormingsteiken vir 2014 ingesluit is, het Manuel geantwoord dat daar nie meer ‘n onderskeid getref sal word tussen sogenaamde wit of swart grond nie. Hy het gesê dat die klem eerder sal val op die bewerkbaarheid en produktiwiteit van grond, as op die eienaarskap daarvan. Luisteraars wat die volledige strategie onder oë wil kry, kan na die webwerf www.doj.gov.za/MTSF <http://www.doj.gov.za/MTSF> gaan.
Vennootskappe kan boere laat oorleef
Opkomende boere se grootste uitdagings is toegang tot markte en ’n tekort aan wetenskaplike kennis. So sê John Purchase, hoofuitvoerende beampte van die Landboubesigheidskamer. Purchase het in ‘n onderhoud met Fin 24, gereageer op aankondigings deur die Landbank dat dié instansie gedwing is om plase van swart boere terug te neem, weens onbetaalde lenings. Purchase hoop dat die bank beter beheer sal kan uitoefen, noudat dit onder beheer van die ministerie van finansies is.
Bysiekte in tot 85% van korwe
Spore van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is gevind in minstens 85 persent van heuningmonsters wat uit korwe in die Wes-Kaap geneem is. Dit is vyf persent meer as twee weke gelede se beraming. Volgens John Moodie, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Byebedryforganisasie, is daar tans redelike sekerheid dat die siekte deur spore in onbestraalde heuning die land ingebring is. Moodie het versoek dat byeboere hulle korwe ondersoek, en besmette korwe moet vernietig en in sterk plastiek na bestralingsgeriewe moet neem vir bevestiging.
Donderdag, 16 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Sonkrag vir Afrika
Twaalf Europese maatskappye het Maandag ‘n 400 biljoen Euro sonkrag-inisiatief van stapel gestuur. Die projek beoog die totstandbringing van massiewe sonkragplase in Afrika en die Midde-Ooste. Die konsortium meen dat die projek in 15 persent van Europa se elektrisiteitsbehoeftes kan voorsiening. Ingenieursreuse, ABB en Siemens, tesame met energiemaatskappye en finansiële instellings, vorm deel van die konsortium. Independent Online berig dat die projek einde Oktober sal afskop.
Veilige elektrisiteit op plase
Eskom het ‘n beroep op die landboubedryf gedoen om voorsorg te tref dat die werkspasie rondom kraglyne en elektriese installasies op plase, veilig is. Boere word ook versoek om hulle werknemers in te lig oor die veiligheidsaspekte van kraglyne op plase. Eskom Distribusie se bestuurder vir veiligheid, gesondheid en die omgewing, Moniwa Mahlangu, sê dat bome wat te na aan kraglyne is, die grootste probleme veroorsaak. Probleme kan by gerapporteer word deur 086 0037 566 te skakel.
RPO riglynpryse vir week
Die Rooivleisprodusente-organisasie se weeklikse gemiddelde prys vir speenkalwers, staan vandeesweek op R13 per kilogram. Die produsenteprys vir A twee beeskarkasse is R21,97 per kilogram, terwyl AB twee beesvleis op R20,91 per kilogram staan. A twee lamsvleis staan op R33,33 per kilogram en AB twee skaapvleis op R28,16 per kilogram. Vir meer pryse, skakel gerus die RPO se kantore by 012 348 1933.
TLU hou weer kongres
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika hou in September sy jaarkongres. Vanjaar se tema sentreer rondom die kommersiële boer se onderhouding van die Afrika landbou-omgewing. Die kongres op 9 en 10 September by die WNNR in Pretoria gehou word. Belangstellendes moet voor 14 Augustus registreer deur vir Lynne Kayser te skakel by 012 804 8031.
Kliek hier vir RSG radio programme in MP3 formaat
Donderdag, 16 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Sonkrag vir Afrika
Twaalf Europese maatskappye het Maandag ‘n 400 biljoen Euro sonkrag-inisiatief van stapel gestuur. Die projek beoog die totstandbringing van massiewe sonkragplase in Afrika en die Midde-Ooste. Die konsortium meen dat die projek in 15 persent van Europa se elektrisiteitsbehoeftes kan voorsiening. Ingenieursreuse, ABB en Siemens, tesame met energiemaatskappye en finansiële instellings, vorm deel van die konsortium. Independent Online berig dat die projek einde Oktober sal afskop.
Veilige elektrisiteit op plase
Eskom het ‘n beroep op die landboubedryf gedoen om voorsorg te tref dat die werkspasie rondom kraglyne en elektriese installasies op plase, veilig is. Boere word ook versoek om hulle werknemers in te lig oor die veiligheidsaspekte van kraglyne op plase. Eskom Distribusie se bestuurder vir veiligheid, gesondheid en die omgewing, Moniwa Mahlangu, sê dat bome wat te na aan kraglyne is, die grootste probleme veroorsaak. Probleme kan by gerapporteer word deur 086 0037 566 te skakel.
RPO riglynpryse vir week
Die Rooivleisprodusente-organisasie se weeklikse gemiddelde prys vir speenkalwers, staan vandeesweek op R13 per kilogram. Die produsenteprys vir A twee beeskarkasse is R21,97 per kilogram, terwyl AB twee beesvleis op R20,91 per kilogram staan. A twee lamsvleis staan op R33,33 per kilogram en AB twee skaapvleis op R28,16 per kilogram. Vir meer pryse, skakel gerus die RPO se kantore by 012 348 1933.
TLU hou weer kongres
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika hou in September sy jaarkongres. Vanjaar se tema sentreer rondom die kommersiële boer se onderhouding van die Afrika landbou-omgewing. Die kongres op 9 en 10 September by die WNNR in Pretoria gehou word. Belangstellendes moet voor 14 Augustus registreer deur vir Lynne Kayser te skakel by 012 804 8031.
Woensdag, 15 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Klimaatverandering eis sy tol
Die interregeringspaneel oor klimaatverandering waarsku in sy vierde verslag, dat ses Afrika-streke teen 2050 hulle vermoë om mielies te verbou, kwyt sal wees. Studies toon dat groeiseisoene al warmer raak, selfs met ‘n vermindering in koolstofvrystellings. Die ses gebiede wat geïdentifiseer is, is Burkina Faso, Tsjaad, Mali, Niger, Senegal en Siërra Leone. Navorsers waarsku dat hierdie lande so gou moontlik moet oorskakel na hitte- en droogtebestande gewasse soos sorghum.
Europese melkprodusente ruk weer op
Europese melkprodusente het wéér in hulle massas opgeruk in protes teen die toenemende druk op melkpryse. Die opmars het in die Franse stad, Strasburg, onder die vaandel van die Europese Melkraad plaasgevind. Etlike duisende melkprodusente eis dat melkkwotas met onmiddellike ingang met vyf persent verlaag word. Die Europese kommissie het tot dusvêr geskop teen versoeke om melkkwota’s te verlaag en voer aan dat EU-melkproduksie alreeds ver onder die melkkwota is.
Pasop vir onwettige pesbeheer
Dit blyk dat onwettige pesbeheermaatskappye besig is om verbruikers en die omgewing in gevaar te stel met ontoelaatbare pesbeheertegnieke. Die vereniging van veterinêre en gewas-assosiasies van Suid-Afrika, Avcasa, sê dat talle onwettige operateurs dienste in die vrugteverbouingsgebiede van die Wes-Kaap lewer. Die organisasie maan verbruikers om seker te maak dat pesbeheerdienste by die registrateur van die wet op misstowwe, veevoedsel, landboumiddels en veemiddels geregistreer is.
Universiteit stel boek oor landboubeleid bekend
Die Universiteit van Kaapstad se instituut vir armoede, grond- en landboustudies, beter bekend as PLAAS, het pas ‘n nuwe boek bekend gestel waarin beweer word dat ‘n nuwe beleid vir grond- en landbouhervorming in Suid-Afrika nodig is. Die boek voer aan dat aansienlike staatsingryping nodig sal wees om nuwe produksieprosesse en -skale van stapel te stuur, en om kleiner boere by te staan. Belangstellendes wat meer omtrent die boek wil weet, kan die universiteit skakel by 021 959 3763.
Dinsdag, 14 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
SA en Namibië wil saamwerk
Die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Petterson, en haar Namibiese eweknie, John Mutorwa, het Vrydag 'n memorandum van ooreenkoms onderteken om beter samewerking oor sekere belangrike kwessies vas te stel. Die memorandum bevat verskeie ooreenkomste wat die landbou betref. Dit sluit die opleiding van Namibiese veeartsenykundige studente en die beskerming van karakoelskaap-genetika in.
Kommer oor invoere vanuit EU en VSA
Statistiek wat deur moniteringsmaatskappy, Agri Inspec, aan die Melkprodusente-organisasie beskikbaar gestel is, laat kommer ontstaan oor die effek van gesubsidieerde invoere uit die Europese Unie en die VSA, op die plaaslike suiwelbedryf. Volgens die statistieke het invoere van volroom melkpoeier vanaf Mei tot Junie vanjaar verdubbel. Daar heers ook kommer oor die toename in invoere van langlewe melk. Die MPO het die International Trade Administration Commission onlangs versoek om die plaaslike bedryf dringend teen onregverdige mededinging te beskerm.
Wolprodusente moet verklarings onderteken
Die sukses van die wolbedryf en die verskillende sektore binne die bedryf, sal afhang van die mate waartoe standaarde geïntegreer en toegepas word. Wolprodusente wat die verhandelingsverklaring ten opsigte van die Kode van Beste Praktyke vir die wolbedryf onderteken het, sal vanaf die nuwe seisoen wat in Augustus afskop, op elke veilingskatalogus aangedui word. Wolprodusente wat nog nie die verklaring geteken het nie, kan dit van hulle makelaars verkry.
Holsteins gee opleiding
Die SA Holsteingenootskap bied eersdaags kursusse vir voornemende beoordelaars, in die Wes-Kaap aan. Kursusse word van 4 tot 6 Augustus aangebied. Belangstellendes kan vir Herman Duvenage skakel vir meer inligting omtrent die kursus-inhoud. Sy kontaknommer is 051 447 9123.
Maandag, 13 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Kommissie-ondersoek kan bedryf beïnvloed
Die ondersoek na die invloed van supermarkgroepe se markkrag op primêre produsente en verbruikerspryse, kan verreikende gevolge vir die voedselbedryf hê. Die Mededingingskommissie se adjunk-kommissaris, Tembinkosi Bonakele, meen dat regulering van die landbou- en voedselmark nodig is. Die aanvanklike ondersoek is deur die Melkprodusente-organisasie geloods, weens die onverklaarbare groot gaping tussen die produsente- en verbruikersprys. Ander ondersoeke in die voedsel- en landboumark het reeds ongerymdhede in sommige van dié bedrywe blootgelê.
Oribi’s moet getel word
Die Endangered Wildlife Trust het ‘n beroep op grondeienaars gedoen om die organisasie te help om Oribi-getalle in die land vas te stel. Die EWT sê in ‘n persverklaring dat so ‘n poging kan bydra tot pogings om die spesie te bewaar. Oribi kom in Suid-Afrika grotendeels op privaatgrond voor en slegs ‘n beperkte aantal diere word in bewaarde gebiede gevind. Grondeienaars wat wil deelneem in die opname, kan die Trust se webwerf besoek by www.ewt.org.za.
G8 vaag oor kweekhuisgas-teikens
Leiers uit die G8 groep van groot geïndustrialiseerde lande, het verlede Woensdag eenparig besluit om aardverwarming te beperk tot twee grade Celsius bo pre-industriële vlakke. Die groep het egter terselfdertyd sy teiken om kweekhuisgasvrystellings teen 2050 te verlaag, met 50 persent verlaag. Hoewel vaag oor sy eie teikens, het die groep in ‘n verklaring na afloop die samesprekings, gesê dat ontluikende ekonomieë op hul beurt, meetbare stappe moet neem om kweekhuisgasse te verminder.
Nuwe leier vir Nafu
Die National African Farmers’ Union, oftewel Nafu, het tydens ‘n spesiale jaarvergadering op 3 en 4 Junie, vir Otto Mbangula tot voorsitter van die organisasie verkies. Mbangula, ‘n boer van die Zastron-omgewing in die Vrystaat, neem die leisels by Motsepe Motlala oor. Die huidige leier van Nafu se provinsiale been in Kwazulu-Natal, doktor Mandla Buthelezi, is tot ondervoorsitter verkies. Nafu het ook tydens die vergadering sy nuwe uitvoerende komitee verkies.
Donderdag, 9 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Tee herwin sy landboustatus
‘n Bemagtiging-suksesverhaal in Limpopo, is besig om tee weer terug op die landbou-landskap te plaas. Die Tshivase-teelandgoed naby Thohoyandou, bied reeds aan 2 400 mense van die plaaslike gemeenskap werk. Die gemeenskap wat die teeplaas bedryf, doen dit tans met staatshulp. Die plaas produseer tee onder die Midi-tee handelsmerk en lewer jaarliks 2,4 miljoen kilogram swart tee. Hulle het onlangs ook rooibostee begin verbou.
Bobaas skeerders in aksie by Agri Megaweek
Sowat 1 200 skape sal by vanjaar se nasionale Skaapskeer- en Wolhanteringskampioenskappe geskeer word. Die kompetisie vorm deel van die Agri Megaweek wat van 15 tot 18 September in Bredasdorp gehou word. Die wêreld se top vier skeerders sal tydens die kompetisie te siene wees. Volgens Hendrik Botha, voorsitter van die Nasionale Skaapskeerfederasie, word die gewilde kompetisie al vir meer as 25 jaar aangebied. Skaapskeer is ook ‘n amptelike nasionale sport in Suid-Afrika.
RPO riglynpryse vir week
Die Rooivleisprodusente-organisasie se weeklikse gemiddelde prys vir speenkalwers, staan vandeesweek op R12,60 per kilogram. Die produsenteprys vir A twee beeskarkasse is R21,72 per kilogram, terwyl AB twee beesvleis op R20,63 per kilogram staan. A twee lamsvleis staan op R33,23 per kilogram en AB twee skaapvleis op R27,82 per kilogram. Vir meer pryse, skakel gerus die RPO se kantore by 012 348 1933.
Varkvleisinvoere styg
Die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie het pas bekend gemaak dat varkvleisinvoere in Junie op 4 055,59 ton staan. Dit is hoër as die invoere van 3 602,40 ton, wat in Mei vanjaar aangeteken is. Die Junie invoersyfer is ook die hoogste vir die jaar tot dusvêr, en bring die totale invoersyfer vir 2009 op 14 889,29 ton te staan.
Maandag, 6 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Hoë kostes kan suikerrietboere sink
‘n Skerp toename in kostes en voortslepende grondeise, is die hoofredes waarom talle suikerrietprodusente die bedryf verlaat. Volgens Tim Murray, vise-voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Suikerrietprodusente, sal die bedryf noodgedwonge ander inkomstebronne moet ondersoek. Business Report berig dat ’n daling van 1,5 persent in die aantal hektare onder suikerriet die afgelope jaar aangeteken is. Biobrandstof is volgens Murray die enigste opsie om oorlewing.
Jongbysiekte versprei steeds
‘n Voorlopige opname onder byekolonies in die Wes- en Oos-Kaap, dui daarop dat die gevreesde jongbysiekte wat in Februarie vanjaar uitgebreek het, steeds in die gebiede versprei. Beskikbare uitslae dui daarop dat meer as 80 persent van die 45 monsters wat getoets is, positief is vir die siekte. Mike Allsopp, ‘n navorser van die Landbounavorsingsraad in Stellenbosch, sê dit lyk nie of die siekte hokgeslaan sal kan word nie. John Moodie, voorsitter van die byebedryfsorganisasie, Sabio, sê dat die bedryf nou moet besluit of hy gaan voortgaan met pogings om die siekte uit te wis.
Landbou op Libiese agenda
Landbou en voedselsekuriteit was die hoof besprekingspunt op die agenda van die pas-afgelope Afrika-unie beraad in die Libiese hawestad, Sirte. Regeringsafgevaardigdes uit talle Afrikalande het ingestem om voorkeur te verleen aan landbou, as Afrika se antwoord op die wêreldwye ekonomiese krisis. Die Verenigde Nasies het daarop gewys dat buitelandse geld wat in Afrika-landbou belê word, ‘n groter impak het as beleggings in ander sektore.
Senwes rapporteer rekord wins
Graanreus, Senwes, het sy boekjaar afgesluit met 'n netto wins van 110 persent. Senwes bestaan reeds 100 jaar en het dié mylpaal gevier met 'n rekord-omset van R11,2 miljard. Volgens die maatskappy se gepubliseerde finansiële resultate, het die gunstige landbouseisoen van die afgelope jaar, die weg gebaan vir dié hoofstuk in Senwes se geskiedenis.
Maandag, 6 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Hoë kostes kan suikerrietboere sink
‘n Skerp toename in kostes en voortslepende grondeise, is die hoofredes waarom talle suikerrietprodusente die bedryf verlaat. Volgens Tim Murray, vise-voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Suikerrietprodusente, sal die bedryf noodgedwonge ander inkomstebronne moet ondersoek. Business Report berig dat ’n daling van 1,5 persent in die aantal hektare onder suikerriet die afgelope jaar aangeteken is. Biobrandstof is volgens Murray die enigste opsie om oorlewing.
Jongbysiekte versprei steeds
‘n Voorlopige opname onder byekolonies in die Wes- en Oos-Kaap, dui daarop dat die gevreesde jongbysiekte wat in Februarie vanjaar uitgebreek het, steeds in die gebiede versprei. Beskikbare uitslae dui daarop dat meer as 80 persent van die 45 monsters wat getoets is, positief is vir die siekte. Mike Allsopp, ‘n navorser van die Landbounavorsingsraad in Stellenbosch, sê dit lyk nie of die siekte hokgeslaan sal kan word nie. John Moodie, voorsitter van die byebedryfsorganisasie, Sabio, sê dat die bedryf nou moet besluit of hy gaan voortgaan met pogings om die siekte uit te wis.
Landbou op Libiese agenda
Landbou en voedselsekuriteit was die hoof besprekingspunt op die agenda van die pas-afgelope Afrika-unie beraad in die Libiese hawestad, Sirte. Regeringsafgevaardigdes uit talle Afrikalande het ingestem om voorkeur te verleen aan landbou, as Afrika se antwoord op die wêreldwye ekonomiese krisis. Die Verenigde Nasies het daarop gewys dat buitelandse geld wat in Afrika-landbou belê word, ‘n groter impak het as beleggings in ander sektore.
Senwes rapporteer rekord wins
Graanreus, Senwes, het sy boekjaar afgesluit met 'n netto wins van 110 persent. Senwes bestaan reeds 100 jaar en het dié mylpaal gevier met 'n rekord-omset van R11,2 miljard. Volgens die maatskappy se gepubliseerde finansiële resultate, het die gunstige landbouseisoen van die afgelope jaar, die weg gebaan vir dié hoofstuk in Senwes se geskiedenis.
Donderdag, 3 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Hoë kostes kan suikerrietboere sink
‘n Skerp toename in kostes en voortslepende grondeise, is die hoofredes waarom talle suikerrietprodusente die bedryf verlaat. Volgens Tim Murray, vise-voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Suikerrietprodusente, sal die bedryf noodgedwonge ander inkomstebronne moet ondersoek. Business Report berig dat ’n daling van 1,5 persent in die aantal hektare onder suikerriet die afgelope jaar aangeteken is. Biobrandstof is volgens Murray die enigste opsie om oorlewing.
Jongbysiekte versprei steeds
‘n Voorlopige opname onder byekolonies in die Wes- en Oos-Kaap, dui daarop dat die gevreesde jongbysiekte wat in Februarie vanjaar uitgebreek het, steeds in die gebiede versprei. Beskikbare uitslae dui daarop dat meer as 80 persent van die 45 monsters wat getoets is, positief is vir die siekte. Mike Allsopp, ‘n navorser van die Landbounavorsingsraad in Stellenbosch, sê dit lyk nie of die siekte hokgeslaan sal kan word nie. John Moodie, voorsitter van die byebedryfsorganisasie, Sabio, sê dat die bedryf nou moet besluit of hy gaan voortgaan met pogings om die siekte uit te wis.
Landbou op Libiese agenda
Landbou en voedselsekuriteit was die hoof besprekingspunt op die agenda van die pas-afgelope Afrika-unie beraad in die Libiese hawestad, Sirte. Regeringsafgevaardigdes uit talle Afrikalande het ingestem om voorkeur te verleen aan landbou, as Afrika se antwoord op die wêreldwye ekonomiese krisis. Die Verenigde Nasies het daarop gewys dat buitelandse geld wat in Afrika-landbou belê word, ‘n groter impak het as beleggings in ander sektore.
Senwes rapporteer rekord wins
Graanreus, Senwes, het sy boekjaar afgesluit met 'n netto wins van 110 persent. Senwes bestaan reeds 100 jaar en het dié mylpaal gevier met 'n rekord-omset van R11,2 miljard. Volgens die maatskappy se gepubliseerde finansiële resultate, het die gunstige landbouseisoen van die afgelope jaar, die weg gebaan vir dié hoofstuk in Senwes se geskiedenis.
Donderdag, 2 Julie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Produsente hou ondersoek dop
Die Mededingingskommissie se besluit om vier van Suid-Afrika se grootste supermarkte en twee groothandelaars te ondersoek vir beweerde onmededingende praktyke, word met valkoë deur produsente landwyd dopgehou. Die klagtes hou onder andere verband met gekonsentreerde koopkrag, langtermyn huurooreenkomste en die uitruil van inligting. Die kommissie sê dat hy eers grondige bewyse sal insamel, voordat die saak na die Mededingingstribunaal verwys word.
Grondbelasting knou Noord-Kaap boere
Boere in die Noord-Kaap is erg ontstoke oor die reuse verhogings in grondbelasting wat hulle aan munisipaliteite moet betaal. Die tariewe het gister in werking getree. Volgens ‘n woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley, wissel die verhogings tussen 49 en 79 persent, afhangende van die tariefkode. Johan van Rensburg, hoofbestuurder van Agri Noord-Kaap, sê in die Volksblad dat die belastingkoerse en bedrae in die meeste gevalle onaanvaarbaar is.
Vroueboer kry finansiële hulp
Die Oos-Kaapse departement van landbou en landelike ontwikkeling, het verlede maand ‘n broeihuis ter waarde van drie miljoen rand oorhandig aan ‘n hoenderboer van die Ntsheshe nedersetting. Bongiwe Kali is in 2008 as die nasionale vroueboer van die jaar aangewys. Kali produseer tans 1 500 kuikens per week. Die broeihuis sal haar in staat stel om ten minste 10 000 kuikens per week te produseer.
RPO riglynpryse vir week
Die Rooivleisprodusente-organisasie se weeklikse gemiddelde prys vir speenkalwers, staan vandeesweek op R12,75. Die prys vir A twee bees is R21,60 terwyl AB twee bees op R20,48 staan. A twee lam staan op R33,08 en AB twee skaap op R27,73.
Pen jou kosherinneringe neer
Kosliefhebbers kan pen en papier nader trek en hulle beste kosherinnering en resep neerpen. Kettle Kings het pas afgeskop met ‘n skrywerskompetisie waarin die wenners kans staan om lekker pryse los te slaan. Die wenverhale sal in ‘n bundel verskyn wat einde volgende jaar gepubliseer sal word. Belangstellendes kan die webwerf www.kettlekings.com besoek vir meer inligting, of skakel vir Lehan Botha by 083 462 0209.
Dinsdag, 30 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Duurder elektrisiteit benadeel landbou
Die verhoging van gemiddeld 31,3 persent in elektristeitstariewe wat deur Nersa aangekondig is, gaan beteken dat landbou ‘n bykomende R338,8 miljoen vir elektrisiteit gaan betaal. Dit gaan ‘n spiraal van kostestygings in die voedselketting tot gevolg hê wat die verbruiker verder onder druk sal plaas, sê Agri Suid-Afrika in sy reaksie op die verhoogde tariewe. TLU Suid-Afrika waarsku op sy beurt dat daar ‘n wesenlike gevaar bestaan dat sekere voedselsoorte skaars kan word. Dit geld veral vars produkte waar van grootskaalse verkoelingsfasiliteite gebruik gemaak word.
Radio en video kan boere oplei
‘n Studie deur die Afrika Ryssentrum en Benin se Universiteit van Abomey, het bevind dat die demonstrasie van landboutegnieke en tegnologie op video, ‘n uiters suksesvolle impak gehad het op kennisoordrag aan Afrika-boere. Eenhonderd-en-dertig duisend boere is by wyse van mobiele videostasies opgelei in die verwerking van rys. Die opleiding is opgevolg met radio-onderhoude met die boere, waartydens hulle hul suksesverhale met nagenoeg 800 000 luisteraars kon deel.
Konferensie takel aktuele sake in die vleisbedryf
Hoe gaan die 2010 Fifa Wêreldsokkerbeker in Suid-Afrika die vleisbedryf raak? Is Suid-Afrikaanse verbruikers gereed vir organiese vleis? Wat gaan die impak van ‘n enkele liggaam om vleisveiligheid te moniteer op die bedryf wees? Vir antwoorde op dié en ander aktuele vrae oor die vleisbedryf, is dit aan te beveel om die jaarlikse Konferensie vir Uitmuntendheid in Vleisbestuur van 20 tot 22 Julie by die Gallagher Konvensiesentrum in Midrand by te woon. Vir meer inligting, skakel Charmaine Shangase by 011 771 7134.
Kursus in kuddegesondheid
Die Melkprodusente-organisasie se Sentrum vir Produsente-ontwikkeling, Cendel, bied van 13 tot 15 Julie sy gewilde kursus in kuddegesondheid in Tsitsikamma aan. Lede van die Melkprodusente-organisasie sal afslag geniet en boere in die omgewing wat hul eie groepe van vyftien mense bymekaar kan maak, kan by ‘n ligging van hulle keuse opgelei word. Belangstellendes moet so gou moontlik registreer deur vir Julie McLachlan te skakel by 012 843 5745.
Maandag, 29 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Groen skerpioene gaan water oppas
Die minister van water en omgewingsake, Buyelwa Sonjica, het aangekondig dat verskeie programme geloods gaan word om waterbronne te bewaar. Sonjica het onder andere gesê dat die instel van 'n spesiale taakmag bekend as die groen skerpioene, en die herinstelling van omgewingshowe, sal help om wetgewing oor watermisbruik en -besoedeling toe te pas. Landbou sal spesiale aandag geniet, aangesien sowat 62 persent van die land se water deur dié sektor gebruik word.
Agri SA verwerp wateruitlatings
In ‘n skerp reaksie op minister Sonjica se uitlatings oor landbou, sê Johannes Möller, Agri Suid-Afrika president, dat die feit dat besproeiingslandbou 62 persent van die beskikbare water gebruik, verseker nie op 'n oortreding van enige aard dui nie. Dit dra in teendeel by tot werkskepping en voedselsekerheid waarop die regering 'n premie plaas. Volgens Möller het Agri Suid-Afrika reeds die minister versoek vir samesprekings oor onder meer die beperking van die oordrag van watergebruiksregte en die gevolglike nadelige uitwerking op voedselsekerheid, werkskepping en die ekonomiese gebruik van 'n skaars hulpbron soos water.
Landbouskrywers soek boer van die jaar
Die Landbouskrywers van Suid-Afrika se Noord-tak is weer op soek na sy boer en landboukundige van die jaar. Nominasies word tans ingewag vir Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes. Inskrywingsvorms is verkrygbaar op die organisasie se webwerf by www.agriculturalwriterssa.co.za <http://www.agriculturalwriterssa.co.za/> of skakel vir Magda du Toit by 011 790 8254.
Esada-kongres om die draai
Belangstellendes word daaraan herinner om so gou moontlik vir die vyfde Afrika Suiwelkongres- en uitstalling te registreer. Die kongres vind van 5 tot 7 Augustus by die Birchwood Hotel in Boksburg plaas en sluit bekende sprekers, toere na suiwelaanlegte, talle uitstallings en ‘n Queen of the Expo-kompetisie in. ‘n Aantal borgskappe en stalletjies is nog beskikbaar. Om te registreer of jou stalletjie te bespreek, skakel Julie McLachlan so gou moontlik by 012 843 5745.
Donderdag, 25 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Landbou wil jeug ontwikkel
Die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Petterson, het in haar begrotingsrede aangekondig dat 'n beursskema, internskappe en beskermde groeiprogramme vir jongmense, deur die departement aangebied gaan word. ‘n Bedrag van 22 miljoen rand is vir hierdie doel bewillig. Benewens indiensopleiding en ander programme, sal 290 jongmense beurse ontvang vir die ontwikkeling van skaars vaardighede in die landbousektor. Die departement beoog ook om 99 miljoen rand beskikbaar te stel vir ontwikkelingstoelae aan nuwe landboubesighede.
Frankryk kyk ook na supermarkte
Die ondersoek na pryse en marges op kleinhandel melkpryse in Frankryk gaan bespoedig word. Die Franse minister van landbou, Michel Barnier, sê op die webblad foodproductiondaily, dat dit die antwoord op voortgesette protesoptrede deur ontevrede Franse melkprodusente is. Vakbonde het in Junie bykans ‘n derde van die verspreidingspakhuise van groot supermarkgroepe in Frankryk versper, as deel van ‘n 48-uur lange protes teen supermarkte se marges op melk.
Betroubaarheid van brusellose-toetse onder soeklig
’n Onlangse vergadering van staatsveeartse het besluit dat die melkringtoets vir brusellose in die Wes-Kaap, voortaan vervang sal word deur ’n twee-jaarlikse serologiese toets. Dié besluit volg na aanleiding van die onbetroubaarheid van die melkringtoets en die vraag na verbeterde sertifisering van suiwelprodukte. Die serologiese toets kan op dieselfde tyd as die tuberkulose-toets gedoen word. Die Wes-Kaapse departement van landbou sal die koste van die toetse subsidieer.
RPO riglynpryse vir week
Die Rooivleisprodusente-organisasie se weeklikse gemiddelde prys vir speenkalwers, staan vandeesweek op R12,50. Die prys vir A twee bees is R21,61 terwyl AB twee bees op R20,58 staan. A twee lam staan op R32,73 en AB twee skaap op R27,63.
Woensdag, 24 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
TLU SA woon Landbou begrotingsdebatte by
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika sê dit is bemoedigend om te sien dat landbou weer ’n minister het wat geesdriftig is oor haar portefeulje. Die organisasie se adjunk-president, Louis Meintjies, het na afloop van die parlementêre replieke van die ministers van landbou, van landelike ontwikkeling en van grondhervorming, gesê dat dit verblydend is om te sien dat minister Tina Joemat-Petterson nie van plan is om blanke boere tot vyande te verklaar nie. Die organisasie voel egter dat byna oormatige klem tydens die replieke op mikro-landbou geplaas is.
Klimaat kan Wes-Kaap laat deurloop
Die Wes-Kaapse minister vir landbou en landelike ontwikkeling, het tydens ‘n konferensie oor klimaatverandering verlede week in Somerset-Wes, gesê dat maniere gevind moet word om die proses van rampvergoeding te bespoedig. Hy het gesê dat meer gereelde vloede in die provinsie verwag word na aanleiding van klimaatverandering. Doktor Guy Midgley, ‘n kenner op die gebied van klimaatverandering, voorspel dat die temperatuur in die provinsie teen 2030 met een graad Celsius sal styg, terwyl ‘n laer reënval in die suidwestelike dele van die Kaap verwag word.
Omgewingsmisdade moet gestraf word
Die minister vir omgewingsake, Buyelwa Sonjica, meen dat Suid-Afrika se bestaande regstelsel nie voldoende is om misdade teen die omgewing aan te pak nie. Die minister het tydens haar begrotingsrede in die parlement, gesê dat sy van plan is om die land se voormalige omgewingshowe weer in te stel, aangesien gewone kriminele howe nie misdade teen die omgewing prioritiseer nie.
Groot vyf word groot sewe
Intussen het Sonjica ook aangekondig dat Suid-Afrika binnekort die enigste land ter wêreld wees wat kan spog met ‘n Groot Sewe. Dit kom nadat besluit is om haaie en walvisse tot die bestaande Groot Vyf lys te voeg. Bua Nuus berig dat die besluit ‘n positiewe uitwerking op toerisme in die land kan hê.
Dinsdag, 23 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Beter bestel nodig vir opkomende boere
Die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Pettersen, het by ‘n vergadering van die Afrika Agri-sakeforum, gesê dat die vestiging van opkomende boere sonder vaardighede en finansiële hulp onmoontlik is. Sy het onder andere verwys na die Landbank se huidige beleid om onmiddellik rente te hef op lenings. Sake 24 berig dat die minister van mening is dat die lening geen werklike hulp bied nie, aangesien dit die opkomende boer onmiddellik in die skuld dompel.
Transformasie in jagbedryf nodig
Die minister van waterwese en omgewingsake, Buyelwa Sonjica, het in haar begrotingsrede in die parlement gesê dat die jagbedryf hervorm moet word, sodat dit ook swart mense kan bemagtig. Volgens Sonjica het die jagbedryf in 2007 sowat 753 miljoen rand vanuit die buiteland ingebring, maar word dié inkomste te stadig onder alle bevolkingsgroepe versprei. ‘n Transformasiehandves vir die jagbedryf word tans saamgestel in oorleg met rolspelers in die bedryf.
Sterk suiwelfokus vir Megaweek
Die Agri Megaweek wat van 15 tot 18 September vanjaar oudergewoonte by Agri Mega Park in Bredasdorp plaasvind, het vanjaar ‘n spesiale suiwelfokus. Verskeie aktiwiteite waaronder die nasionale Jersey kampioenskap, die Wes-Kaapse Ayrshire kampioenskap, asook die Queen of the Expo interras suiwelbeeskompetisie, sal by die ekspo te siene wees. Die galageleentheid van die Wes-Kaapse Meestersuiwelboerkompetisie sal ook in dié week gehou word.
Petrolprys kan weer styg
Verbruikers sal binnekort meer moet opdok vir brandstof. Volgens die jongste inligting van die Sentrale Energiefonds, sal die petrolprys na verwagting op 1 Julie met 44 sent per liter styg. Die prys van diesel kan met tot 37 sent per liter styg.
Cendel bied bestuurskursus aan
Die Melkprodusente-organisasie se Sentrum vir Produsente-ontwikkeling, Cendel, bied hierdie week ‘n melkerybestuurskursus in George in die Wes-Kaap aan. Dié kursus vind vandag en more by die Outeniqua proefplaas plaas. Onderwerpe sluit praktiese kuddebestuur, rumenfunksie en koeie op weiding in. Meer inligting kan verkry word van Julie McLahlan by 012 843 5600.
Maandag, 22 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Minister neem standpunt in oor monopolieë
Die nuwe minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Pettersson, het haar sterk uitgespreek oor die negatiewe invloed wat monopolieë in die landbou-besigheidsektor op boere en verbruikers se beursies het. Sy het tydens 'n byeenkoms van die Afrika Agri-sakeforum van die Europese bemarkingsnavorsingsentrum, gewaarsku oor landbou-insetverskaffers se monopolistiese praktyke en het onder meer na die onlangse kunsmis-skandaal verwys.
Onteiening nie noodwendig die antwoord
Beeld berig dat die minister haar ook uitgespreek het oor faktore wat voedselsekerheid en landboubedrywighede plaaslik kniehalter. Volgens Joemat-Pettersson sal haar departement baie meer aandag skenk aan die uiteenlopende behoeftes van kommersiële boere teenoor dié van opkomende boere. Sy het gesê dat onteiening nie noodwendig die oplossing is nie, aangesien dit onsekerheid in die landbou skep en voedselsekerheid bedreig.
Landbou raak minder kompeterend
'n Verslag van die Landbouboubesigheidskamer, dui daarop dat Suid-Afrikaanse landbou al minder kompeterend raak vergeleke met landboubesighede in die buiteland. Die verslag is deur landbou-ekonoom, doktor Dirk Esterhuizen, en professor Johan van Rooyen van die Universiteit van Pretoria, saamgestel. Sommige van die faktore wat die mededingendheid van plaaslike landbou ondermyn, het sedert 2004 al 'n beduidende negatiewe invloed. Die faktore sluit misdaad, 'n onbetroubare politieke klimaat en onbevoegde staatsamptenare in.
Koning vra hulp vir opkomende boere
Die koning van die Zoeloe-volk, Goodwill Zwelithini, het die KwaZulu-Natalse provinsiale regering versoek om projekte van stapel te stuur wat mense aanmoedig om hulle grond te bewerk. Zwelithini het tydens die amptelike opening van die KwaZulu-Natalse wetgewer, gesê dat opkomende boere regeringshulp in die vorm van saad en toerusting soos ploeë en trekkers nodig het. Buanuus berig dat die koning ook voorgestel het dat die landbou-owerhede ‘n werkswinkel hou, waartydens kommersiële boere hulle kennis met opkomende boere kan deel.
Donderdag, 18 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Minister maak fokus-areas bekend
Die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Pettersson, het gister haar begrotingstoespraak in die Parlement voorgelê. Sy sê haar departement sal aandag skenk aan vyf fokusareas om veral maatskaplike probleme in die landbou hok te slaan. Die vyf prioriteite behels die skep van 'n volhoubare werksomgewing; opleiding; gesondheid; die bekamping van misdaad en korrupsie; en die ontwikkeling van die platteland wat voedselsekerheid en grondhervorming betref.
Kommer oor mega-mynhoop
Boere van Kalbasfontein naby Fochville, wil 'n stokkie steek voor Gold Fields se voorneme om 'n mega-mynhoop naby die Leeuwspruit te vestig. Die dagblad, Beeld, berig dat die groep boere voorheen al 'n soortgelyke plan van Harmony Gold gestuit het. Omgewingsimpakstudies wat tans gedoen word, blyk nie te sê presies waar Gold Fields sy mynhoop wil vestig nie. Boere is veral besorg oor lug-, water- en grondbesoedeling wat deur die hoop meegebring kan word.
Posisionering en aanstelling
Die Agri Mega Groep in die Wes-Kaap, het pas vir Jerome Topley aangestel as sy nuwe hoofbestuurder vir kommunikasie en ontwikkeling in sy kantore in die Paarl. Topley, ‘n bekende in radio- en televisiekringe, en voormalige aanbieder op Radio Sonder Grense, het onlangs uitgetree as direkteur in die kantoor van die minister van landbou in die Wes-Kaap. Verskeie meningsvormers in landbou het reeds positief op Topley se aanstelling gereageer.
Erosievereniging hou konferensie
Die internasionale vereniging vir erosiebeheer hou van 24 tot 27 Augustus vanjaar sy jaarlikse konferensie by die Dome Mountain Park in Noordwes. Die konferensie sal fokus op sinergisme in erosiebeheer. Belangstellendes moet voor 15 Julie registreer. Meer inligting omtrent kostes kan van Samantha Winston verkry word by telefoon 012 460 7818.
Woensdag, 17 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Ondersteuning vir Zim-boere
Die minister van landbou en landelike ontwikkeling in die Wes-Kaap, Gerrit van Rensburg, het by die onlangse Bolandse Kameraderie Angus-veiling in Stellenbosch, aangekondig dat ‘n spesiale fonds gestig is ter ondersteuning van die Zimbabwiese Kommersiële Boere-unie. Die unie het tans slegs 500 van sy oorspronklike 4 500 lede oor. ‘n Persentasie van die fondse wat tydens die wynveiling gegenereer is, sal aan die fonds geskenk word. Die fonds word bestuur deur Agri SA.
Broodkartel kom voor stok
Die Mededingingstribunaal sal tussen 17 en 30 Junie, die klagte teen Pioneer Foods aanhoor in verband met beweerde kartelbedrywighede onder broodverskaffers in die Wes-Kaap. Volgens bedryfstydskrif, Food and Beverage Reporter, beweer Pioneer dat hy onskuldig is in die kartelsaak waarby Tiger Brands en Foodcorp betrek is. Die twee maatskappye het reeds skuld erken en boetes van onderskeidelik 98 miljoen en 45 miljoen rand betaal.
Geblikte jag aan bande
Die Endangered Wildlife Trust het die uitspraak van regter Ian van der Merwe verwelkom, wat die jag van mak leeus verbied. Die trust meen dat sogenaamde geblikte jag nou finaal aan bande gelê word. Die uitspraak is gelewer teen die Suid-Afrikaanse Roofdiertelersvereniging ten gunste van die staat. Dit beteken ook dat sowat 120 leeuboere hulle bedrywighede sal moet staak en 3 000 leeus in aanhouding geen heenkome het nie. Die meerderheid leeus sal waarskynlik van kant gemaak word.
RPO riglynpryse bekend
Die Rooivleisprodusente-organisasie se weeklikse gemiddelde prys vir speenkalwers, staan vandeesweek op R12,40. Die prys vir A twee bees is R22,02 terwyl AB twee bees op R20,85 staan. A twee lam staan op R32,90 en AB twee skaap op R23,03.
Oos-Kaapse melkprodusente vergader
Melkprodusente in die Oos-Kaap word uitgenooi na ’n reeks roetevergaderings van van 22 tot 25 Junie sal plaasvind. Vergaderings sal in Oos-Londen, Queenstown, Cradock en Cookhouse, Alexandria, Port Elizabeth, Tsitsikamma en Humansdorp gehou word. Meer inligting kan verkry word van Barbara Bieldt by 012 843 5600.
Dinsdag, 16 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Moontlike fonds vir melkprodusente
Die LUR vir landbou in die Wes-Kaap, Gerrit van Rensburg, het verlede week tydens ‘n provinsiale parlementsitting, gesê dat nagenoeg 80 persent van melkprodusente in die provinsie, in ernstige nood verkeer. Van Rensburg het aan die Cape Argus gesê dat hy tans oorweging skenk aan die skepping van ‘n fonds vir opkomende melkprodusente. Intussen word geraam dat nagenoeg 15 persent van die Wes-Kaap se oorblywende 880 melkprodusente, vanjaar die bedryf sal verlaat.
Droogte knel Suid-Kaap melkprodusente
Intussen is melkprodusente in die Suid-Kaap genoop om voer te koop en vee te slag weens die knellende droogte in die gebied. Volgens die Melkprodusente-organisasie se ekonoom, doktor Koos Coetzee, word ernstige waterprobleme ook in die Oos-Kaap ondervind. Talle kleiner produsente in veral die Vrystaat en Noordwes, verlaat ook die bedryf weens dalende winste.
TLU SA vra laer kragtarief
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika het tydens die onlangse Nersa-sitting oor Eskom se voorgestelde tariefverhoging van 34 persent, gesê dat so ‘n verhoging tot verdere toenames in landbou-insetkoste sal lei. Die unie het voorgestel dat ‘n tariefverhoging van tussen drie en ses persent oorweeg word.
Vrystaat kroon Meestersuiwelboer
Dokter Kobus Hendriks, ‘n Holstein-boer van Heilbron, is vir die twaalfde keer as die Vrystaatse Meestersuiwelboer aangewys. Cobus Behrens van Waterbron-Jerseys by Ventersburg, was tweede, en Johan en Tati Schoeman van die plaas Grootpan duskant Bothaville, derde. Jan Zim van Kagalam Farm naby Kestel, is vir die tweede jaar as beste opkomende melkboer aangewys.
Animate kry Australiaanse vennoot
Suid-Afrikaanse dieregesondheidsmaatskappy, Animate Animal Health, het met die Australiese maatskappy, Stirling Products, ooreengekom om Stirling se gepatenteerde groeibevorderaars in Afrika te versprei. Animate sal ‘n 50 persent aandeel in die nuwe maatskappy hê. Dokter Hinner Köster, tegniese direkteur van Animate, sal internasionaal as adviseur vir Stirling Products optree.
Maandag, 15 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Hoenderbedryf boer vooruit
Hoendervleisverkope het aansienlik gestyg weens laer kommoditeitspryse, vooruitgetekende voerkontrakte en ‘n afskaling in rooivleisverbruik weens die ekonomiese situasie. Volgens die Nasionale Landboubemarkingsraad se kwartaallikse voedselprysverslag, is 924 miljoen hoenders in 2008 geslag. Hoendervleis is ook van Brasilië ingevoer, om aan die plaaslike verbruik te voldoen.
Rainbow maak syfers bekend
Intussen het Rainbow Chickens aangedui dat die groep se resultate 'n afname in wesensverdienste van 39,6 persent toon vir die jaar eindigende 31 Maart. Die groep se inkomste uit hoender was 17,2 persent hoër as die vorige jaar. Die plaaslike hoendermark het die afgelope jaar met sowat tien persent gegroei.
Nuwe hoop vir Landbank
Die Zuma-regering het 3,5 miljard rand bewillig om die Landbank weer op die been te kry. Dit volg kort op die hakke van die regering se besluit verlede jaar, om die bank onder bestuur van die nasionale tesourie geplaas is. Die geld sal streng bestuur word en kwartaallikse vorderingsverslae sal gelewer moet word.
Nuwe landbou-LUR vir Gauteng
Nandi Mayathula-Khoza is verlede week deur die premier van Gauteng as LUR vir landbou aangestel, nadat die vorige LUR uit die amp bedank het te midde van ongerymdhede wat verband hou met 'n luukse motor. Mayathula-Khoza was voorheen burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsontwikkeling en speaker van die Johannesburgse metroraad.
Agri Outlook konferensie
Plaaslike en internasionale rolspelers in die landbou, kan hulle vere regskud vir die negende AMT Agri Outlook Konferensie wat op 30 September en 1 Oktober by die WNNR Konferensiesentrum in Pretoria gehou word. Meer as 400 kongresgangers word by vanjaar se konferensie verwag. Belangstellendes kan vir Minda Bornman skakel by 012 348 8344. Inligting oor konferensiekostes kan ook op AMT se webtuiste verkry word by www.agrimark.co.za.
Woensdag, 10 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Water in Afrika aan’t opdroog?
Sowat dertig Afrika-lande het in Nairobi ontmoet om ‘n standpunt oor klimaatsverandering op die kontinent in te neem. Volgens Suid-Afrika se minister van water en omgewingsake, Buyelwa Sonjica, sal dié standpunt in Desember tydens onderhandelinge in Kopenhagen voorgelê word. Sonjica het gesê dat ondersteuning vir Afrika op prioriteite soos tegnologie-oordrag moet fokus. Volgens die Verenigde Nasies kan tot 750 miljoen Afrika-inwoners teen 2020 ernstige watertekorte ervaar.
BFAP vooruitskouing
Die Buro vir Voedsel en Landbou-beleid sê in sy jongste landbou-vooruitskouing, dat die vraag na landboukommoditeite aansienlik sal verhoog sodra die sukkelende wêreldekonomie herstel. Die groter vraag sal op sy beurt kommoditeitspryse duurder maak. Die vooruitskouing beraam dat die wêreld teen 2010 uit sy resessie sal herstel.
Resessie haal masjinerie-verkope
Trekkerverkope was in Mei vanjaar 35 persent minder as in Mei verlede jaar. Verkope op ‘n jaar-tot-jaar basis staan tans op 21 persent minder as verlede jaar. Volgens Leon Pretorius, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landbou-masjinerie Assosiasie, wil dit voorkom of die globale ekonomiese krisis die Suid-Afrikaanse masjinerie-mark ingehaal het. Hy sê dat finansiering toenemend moeilik raak, terwyl talle boere ‘n wag-en-kyk houding ingeneem het.
RPO riglynpryse bekend
Die Rooivleisprodusente-organisasie se weeklikse gemiddelde prys vir speenkalwers, staan op R12,58. Die prys vir A twee bees is R22,70 terwyl AB twee bees op R21,54 staan. A twee lam staan op R33,24 en AB twee skaap op R26,38.
Hulp vir werksdonkies
Die Hoёveldse Perdesorg-eenheid het ‘n beroep op besighede en die algemene publiek gedoen, om hierdie winter hulp te verleen aan werksdonkies en perde in armer gebiede. Bystand kan verleen word in die vorm van ‘n kontantbydrae wat aangewend sal word om ontwurmingsmedisyne en stange aan te koop. Belangstellendes kan vir Bev Seabourne skakel by 016 360 9900.
Dinsdag, 9 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
TetraPak voorspel groei in suiwelverbruik
Die wêreldwye verbruik van melk en ander vloeibare suiwelprodukte, gaan na verwagting oor die volgende drie jaar teen ‘n saamgestelde jaarlikse groeikoers van twee komma twee persent groei. So lui navorsing wat deur Tetra Pak onderneem is en saamgevat word in die nuwe Tetra Pak Suiwelindeks. Dié tweejaarlikse verslag oor verbruikerstendense in die suiwelbedryf, het ten doel om melkprodusente te help om geleenthede vir groei te identifiseer.
Agri Inspec waarsku oor veevoer
Die Melkprodusente-organisasie se moniteringsmaatskappy, Agri Inspec, waarsku boere om op die uitkyk te wees vir goedkoop mieliemeel wat as veevoer verkoop word. Volgens die organisasie word mieliemeel per vragmotor vanuit Suid-Afrika na Angola uitgevoer, waar dit soms tot drie maande lank by grensposte staan en vrot word weens reën. Die meel word weer Suid-Afrika toe vervoer en as goedkoop veevoer verkoop. Volgens dokter Nico Schutte, veearts en besturende direkteur van die MPO se Sentrum vir Produsente-ontwikkeling, kan die meel giftig wees vir vee.
Hoë kospryse nie produsente se skuld
Die prys van die basiese voedselsoorte soos mielies, kan nie meer die skuld vir die hoë vlakke van voedsel-inflasie kry nie. So sê Neels Ferreira, voorsitter van Graan Suid-Afrika. Ferreira het in ‘n persverklaring gesê dat hoë insetkoste en die huidige lae prys vir mielies, geweldige druk plaas op marges ten opsigte van die oes wat nou gestroop word. Hy het gesê dat produsente wins moet maak om volhoubaar te produseer en hulle produksiebesluite dienooreenkomstig sal moet aanpas.
Fleckvieh in Kenia
Die Fleckvieh-beesras sal binnekort sy buiging in Kenia maak. Die stap volg nadat die ras met groot sukses in Suid-Afrika en Namibië bekend gestel is. Die dubbeldoel Fleckvieh is bekend vir sy goeie melk- en vleisproduksie. Die genetika-maatskappy, Fleckvieh Genetics EA Beperk, sal die ras van môre af by die Nairobiese ASK skouterrein tentoonstel, tydens die Brookside Telerskou. Die skou kom op 12 Junie tot ‘n einde.
Maandag, 8 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Zuma bevestig verkiesingsbeloftes
President Jacob Zuma se parlementêre openingstoespraak was op die punt af en getuig van 'n duidelike visie vir Suid-Afrika binne Afrika. So sê Johannes Möller, president van landbou-organisasie, Agri SA. Möller het in ‘n persverklaring gesê dat die afwesigheid van politieke retoriek opvallend was tydens die toespraak. Hy het ook bevestig dat die hernude fokus op die bekamping van misdaad, die grootste moontlike ondersteuning van die georganiseerde landbou sal kry.
Katoen-oes daal steeds
Wêreld katoenproduksie gaan vir die derde agtereenvolgende seisoen afneem. Die internasionale katoen-advieskomitee sê hy skryf dié afname onder andere toe aan meer kompetisie van ander gewasse. Plaaslik dui die vyfde skatting vir die huidige produksiejaar op ‘n afname van vier persent sedert verlede maand. Volgens Katoen Suid-Afrika verteenwoordig dit ‘n 20 persent afname op verlede jaar se syfers en is dit die kleinste oes in 45 jaar.
Angusklub hou veiling
Die Wes- en Suid-Kaapse SA Angusklub hou op 11 Junie sy vierde Elite-veiling. Die veiling sal om 10 uur die oggend by die Boland Landbouskool in die Paarl afskop. ‘n Totaal van 22 bulle en 57 vroulike diere, beide swart en rooi Angusse, sal te koop aangebied word. Klaas Loubser van die Angusklub vertel meer (insert voice clip).
RPO inligtingsdag in Oos-Kaap
Die RPO se Instituut vir Produksie-ontwikkeling hou op 16 Junie om 9:30 ‘n inligtingsdag vir Oos-Kaapse rooivleisprodusente by die Adelaide Gimnasium Klubhuis. Professor Johan Willemse van die Universiteit van die Vrystaat, asook Dirk Gunther van die OVK, sal by dié dag te hore wees. Produsente kan na die tyd gesellig verkeer en na die Springbokke se wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus kyk. Meer inligting kan verkry word van Frikkie Wentzel by selnommer 082 872 8833.
Donderdag, 4 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Wolkwekers hou kongres
Die Nasionale Wolkwekersvereniging het gister en vandag sy 80ste jaarkongres in Port Elizabeth gehou. Sake soos samewerking met die sybokhaarbedryf en die beheer van probleemdiere is bespreek. Elize Pretorius, kommunikasiebestuurder van die vereniging, sê dat die Suid-Afrikaanse skeersel wêreldwyd bekend is vir sy uitstaande gehalte en dat die besluite van die kongres ‘n beduidende invloed op die internasionale bedryf het. Volgens Pretorius is daar tans ‘n gesonde vraag na wol en sal dit in die komende seisoen uitgebrei word deur die kode van beste praktyke.
Voormalige landbou-adjunk oorlede
Die voormalige adjunkminister van landbou, Dirk du Toit, is Maandag in sy huis in Kaapstad oorlede. Die departement van landbou, bosbou en visserye het in 'n persverklaring gesê dat Du Toit vermoedelik aan ‘n hartaanval beswyk het. Du Toit het vir twee termyne as adjunkminister gedien. Hy word more begrawe en laat sy vrou en drie dogters agter.
Boere verklaar vlakvark-oorlog
Boere in die Oos-Kaap vra dat indringer-vlakvarke tot probleemdiere verklaar word. Landbou-organisasie, Agri Oos-Kaap, het aangedui dat hy ’n formele aansoek namens boere in die provinsie sal hanteer. Die Burger berig dat vlakvarke erge erosie veroorsaak en baie skade aan weidings en draadheinings aanrig. Hulle is ook in direkte kompetisie met vee en inheemse wild.
RPO riglynpryse vir die week
Die Rooivleisprodusente-organisasie se nasionale gemiddelde riglynpryse vir A-twee beesvleis, staan hierdie week op 22 rand en 71 sent. B-twee beesvleis staan op 19 rand 81 sent per kilogram, terwyl A-twee lam op 33 rand en 14 sent staan. Die riglynprys vir AB-twee skaap is 26 rand 56 sent. Die riglynprys vir speenkalwers tot 250 kilogram, is 11 rand en 63 sent.
Woensdag, 3 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Nampo Oesdag wys sy staal
Die organiseerders van die jaarlikse Nampo Oesdag net buite Bothaville, sê dat vanjaar se uitstallings meer as 60 300 besoekers gelok het. Graan Suid-Afrika sê in ‘n persverklaring dat bywoning besonder goed was, ten spyte van die heersende ekonomiese klimaat. Die boerepatente-kompetisie is vanjaar vir die 21ste keer deur Omnia aangebied.
Die blink kant van swakker ekonomie
Goeie nuus vir melkprodusente is dat daar reeds tekens is dat verbruikers tans meer geld op basiese voedsel soos melk bestee, terwyl minder geld op duursame goedere en skulddelging spandeer word. Volgens die Melkprodusente-organisasie se hoof-ekonoom, doktor Koos Coetzee, kan die vraag na suiwel verder groei. Laer inflasieverwagtinge en swakker groei het die Reserwebank in staat gestel om rentekoerse verlede week met ‘n verdere een persentasiepunt te verlaag.
Groter mielie-oes verwag
Die Nasionale Oesskattingskomitee het sy jongste oesskatting vir die verwagte kommersiële mielie-oes met net meer as 300 000 ton opwaarts aangepas. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is ook effens hoër en beloop 2,428 miljoen hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 4,74 ton per hektaar is. Die produksieskattings vir sonneblomsaad en grondbone is onveranderd gelaat, terwyl die oesskattings vir sojabone en sorghum effens hoër was.
LWO maan oor afleggingsprosedures
Die minimum loonverhoging vir plaaswerkers sedert 1 Maart vanjaar, het meegebring dat talle boere personeel moes aflê te midde die huidige ekonomiese toestande. Die voorsitter van die LWO Landbouwerkgewersorganisasie, Johan Rademeyer, sê egter dat boere moet sorg dat personeelafleggings streng volgens wetgewing gedoen word. Werkgewers wat onseker is oor die regte prosedures, kan die LWO skakel by 0861 101 828
Dinsdag, 2 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Varkvleisinvoere hoër
Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie se jongste syfers dui daarop dat varkvleisinvoere vir die tydperk van Januarie to April vanjaar, aansienlik hoër is as vir dieselfde tydperk verlede jaar. Invoere vir April vanjaar is egter sowat driehonderd-en-tagtig ton laer is as in Maart. Jacobus Hoffman, voorsitter van die organisasie se bedryfsbeskermingskomitee, sê in die organisasie se e-nuusbrief, Sappo Info, dat invoere in die komende maande na verwagting verder sal styg.
EU-melkboere bots met owerhede
Sowat 'n duisend Europese melkboere het Maandag met polisie in Brussels, België, gebots tydens betogings teen die lae melkprys in die Europese Unie. Melkprodusente het ook in Berlyn verkeer tot stilstand gedwing en melklewering aan verwerkingsaanlegte in Frankryk blokkeer. Die boere meen meer kan gedoen word om 'n beter melkprys te verseker en kla dat die melkprys met soveel as vyftig persent geval het in sekere EU-lande.
Groot wins wink vir Omnia
Kunsmis- en chemikalieë-maatskappy, Omnia, het verlede week aangekondig dat verdienste en wesensverdienste op sy aandele in die jaar tot einde Maart, aansienlik sal styg. Sake 24 berig dat ‘n styging van tussen veertig en sestig persent vergeleke met die vorige jaar, verwag word. Die aankondiging volg kort op die hakke van beweerde samespanning tussen kunsmisverskaffers Sasol, Omnia en Yara. Sasol is verlede week ‘n boete deur die Mededingingskommissie opgelê.
Bedryfsdag vir veekundiges
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekundiges bied op Donderdag, 4 Junie, 'n bedryfsdag oor melkproduksie in die Wes-Kaap aan. Kundiges in die bedryf sal gesels oor 'n verskeidenheid van onderwerpe soos finansiële oorlewing, genetika en produksiebestuur. Die dag word by die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding (die ou Elsenburg Landboukollege) aangebied. Vir meer inligting oor die dag en bywoningskostes, skakel Helet Lambrechts by 021 808 4748.
Maandag, 1 Junie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
MPO hou suiwelinvoere dop
Die Melkprodusente-organisasie het verlede week kommer uitgespreek oor die herinstelling van die Amerikaanse suiweluitvoer-aansporingskema. Die organisasie het ook onderneem om 'n streng oog te hou op gesubsidieerde suiwelinvoere vanuit die VSA en die Europese Unie. Volgens Barbara Bieldt van die MPO, was 34,5 persent van ingevoerde afgeroomde melkpoeier en 42 persent van alle botter-invoere verlede jaar, uit die VSA afkomstig. Die Nieu-Seelandse suiwelverwerker, Fonterra, het intussen ook skerp kritiek jeens die nuwe aansporingskema uitgespreek en gesê dit kan ‘n uiters negatiewe uitwerking op die wêreldwye mark hê.
Landbank moet landelike strategie steun
Die nuwe minister van finansies, Pravin Gordhan, het die Landbank aangesê om homself aan te pas by die regering se strategie vir landelike ontwikkeling. Sake 24 berig dat Gordhan verlede week ook aan werknemers van die bank gesê het, dat hy nie korrupsie en wanadministrasie sal duld nie. Die bank se nuwe uitvoerende hoof, Phakamani Hadebe, het die minister verseker dat die bank wel die regering se landelike ontwikkelingsplanne sal steun.
Opkomende landbou in Wes-Kaap kry hupstoot
Afgevaardigdes van die Verenigde Suid-Afrikaanse Landbou-assosiasie, oftewel USAAA, het verlede week in Bredasdorp in die Wes-Kaap byeengekom, om die posisie van opkomende landbou in die provinsie te bespreek. Raymond Koopstad, voorsitter van die vereniging, het by die geleentheid gesê dat opkomende landbou slegs ‘n stap na volhoubare kommersiёle landbou moet wees. ‘n Aksieplan sal binnekort in samewerking met Agri Mega daargestel word.
Besproeiingsinstituut hou kongres
Die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut hou van 3 tot 5 Junie sy jaarlikse kongres in Vanderbijlpark. Die tema is doeltreffende besproeiingsontwerp vir ‘n veranderende klimaat. Belangstellendes kan vir Riana Lombard skakel by 021 855 5412.
Donderdag, 28 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Moontlike ondersoek na kleinhandelaars en voedselketting
Die Nasionale Landboubemarkingsraad gaan die minister van landbou versoek dat die Mededingingskommissie ondersoek instel na kleinhandelaars se oorheersende rol in die voedselketting. Beeld berig dat so ‘n ondersoek ook goeie nuus sal wees vir melkprodusente en verwerkers wie hulle gebrek aan winsgewendheid, voor die deur van kleinhandelaars lê.
Verligting in dieselprys
Volgens die jongste inligting van die Sentrale Energiefonds, sal die petrolprys na verwagting op drie Junie met tien sent per liter styg. Die dieselprys kan egter met dertien sent per liter daal. Dié beramings is grootliks afhanklik van die rigting waarin die ruolieprys en wisselkoers beweeg.
Graan SA maan teen goedkoop diesel
Intussen raai Graan Suid-Afrika produsente aan om op die uitkyk te wees vir goedkoop diesel-aanbiedinge wat onlangs kop uitgesteek het. Die Suid-Afrikaanse Petroleum Handelaars Assosiasie en die Departement van Minerale en Energie, het beide hul kommer uitgespreek oor die wettigheid van hierdie diesel. Graan SA sê in sy jongste nuusbrief dat die Departement tans besig is om die oorsprong en gehalte van die diesel te ondersoek.
RPO riglynpryse vir die week
Die Rooivleisprodusente-organisasie se nasionale gemiddelde riglynpryse vir A-twee beesvleis, staan hierdie week op twee-en-twintig rand en twee-en-negentig sent. B-twee beesvleis staan op negentien rand agt-en-sewentig sent per kilogram, terwyl A-twee lam op drie-en-dertig rand en tien sent staan. Die riglynprys vir AB-twee skaap is sewe-en-twintig rand vier-en-twintig sent.
Inligtingsdag vir rooivleisprodusente
Die Rooivleisprodusente-organisasie bied dan ook op 11 Junie ’n inligtingsdag oor produksie-ontwikkeling by die Cedara Landboukollege in Pietermaritzburg aan. Bekendes soos Dave Ford en dokter Hinner Köster sal by die dag te siene wees. Registrasie vind reeds om agt dertig die oggend plaas. Meer inligting kan verkry word van Helena Kemp by 034 341 1270 of 071 688 9449.
Woensdag, 27 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Graan SA verwelkom blootlegging van kunsmiskartel
Graan Suid-Afrika sê in sy jongste nuusbrief hy verwelkom die mededingingskommissie se blootlegging van die sogenaamde Sasol kunsmiskartel. Die organisasie sê dat die skerp toename in kunsmispryse gedurende 2008, die gevolg van onmededingende sakepraktyke was en dat produsente aan die kortste ent getrek het. Graan SA sê ook dat hy vergoeding aan produsente wat deur die praktyke benadeel is, sou verwelkom.
Plaasaanvalle nie polities gemotiveer
‘n Onlangse studie onder dertig rowers in tronke, het bevind dat twee en twintig persent van hulle ook by plaasaanvalle betrokke was. Volgens ‘n ondersoek wat deur Rudolph Zinn van Unisa se departement van kriminele en forensiese ondersoek gedoen is, beskou hierdie oortreders plaasaanvalle as slegs nog ‘n huisrooftog. Volgens die dagblad, Beeld, toon die studie dat daar geen bewyse bestaan dat daar ‘n politieke motief agter plaasaanvalle is nie.
Verdagte in plaasmoord aangekeer
Intussen het die polisie Vrydag 'n verdagte aangekeer in verband met die moord op Alan Rowe, 'n melkboer van KwaZulu-Natal. Rowe is op 13 Mei deur 'n onbekende aantal rowers op sy plaas Bloemendal, in die Mooirivier-distrik, doodgeskiet. Die ondersoek duur voort.
Waarskuwingstelsel vir weer
Suider-Afrika kan binnekort 'n vroeë waarskuwingstelsel vir natuurrampe, soos oorstromings en droogtes, hê. Dit volg ná die stigting van die Meteorologiese Vereniging van Suider-Afrika in Namibië verlede week. Die Republikein berig dat die vereniging sy grondwet onderteken het ná beraadslaging in Botswana, Swaziland, Suid-Afrika en Lesotho. Die vereniging hoop om beter meteorologiese infrastruktuur daar te stel ten einde meer akkurate weervoorspellings te verskaf.
Dinsdag, 26 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Laer melkproduksie lei tot tekorte
Melkproduksie is tans heelwat laer is as verwag, en sal waarskynlik nie in die vraag na melk- en suiwelprodukte voldoen nie. Volgens die Melkprodusente-organisasie se hoof-ekonoom, doktor Koos Coetzee, neem produksie reeds sedert Desember verlede jaar af. Statistieke van Melk Suid-Afrika dui daarop dat totale melkproduksie gedurende die eerste drie maande van vanjaar, drie komma een persent laer was as gedurende dieselfde tydperk verlede jaar.
Clover ontvang spog-toekenning
Suiwelverwerker, Clover, het verlede week met die louere weggestap, toe een van sy produkte as produk van die jaar aangewys is tydens die sogenaamde Product of the Year Awards, oftewel Poty-toekennings. Clover se vetvrye melk het talle ander bekende handelsname uitgestof in die internasionaal erkende toekenningsgeleentheid. Dis die eerste keer dat die kompetisie in Suid-Afrika gehou is.
SAOG-landbouministers vergader
Kommer oor voedselsekerheid in Suidelike Afrika, is aan die afneem. Só lui die uitslag van ‘n vergadering van die ministers van landbou van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Suid-Afrika se minister van landbou, visserye en bosbou, Tina Joemat-Pettersson, het voorgesit tydens die konferensie wat in Sandton plaasgevind het. Volgens ‘n persverklaring wat na afloop van die geleentheid uitgereik is, kan beter graanoeste vanjaar in die subkontinent verwag word.
MPO Vrystaat hou die week roetevergaderings
Die Vrystaatse Melkprodusente-organisasie se jaarlikse roetevergaderings het vandag in Bultfontein afgeskop. More-oggend is daar ‘n vergadering in Kroonstad, Donderdagoggend in Bethlehem en Vrydagoggend in Bloemfontein. Sprekers sal onder andere gesels oor aangeplante weidings en melkgroepe. Vir meer inligting, skakel Veronica Marais by 083 276 4703.
Maandag, 25 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Sasol se boete groter
Die boete wat Sasol moet opdok vir samespanning in die kunsmisbedryf, het van net oor eenhonderd miljoen rand, tot byna tweehonderd-een-en-vyftig miljoen rand verhoog. Dit volg nadat die maatskappy nóg ongerymdhede in sy kunsmis-afdeling ontdek het. Sasol het in ‘n persverklaring gesê dat dié nuwe inligting aan die Mededingingskommissie verskaf is, waarna die kommissie die boete verhoog het. Sasol het sestig dae om die boete te betaal.
Damvlakke sak drasties
Die gemiddelde watervlak van Nelson Mandela-baai se belangrikste opgaardamme, het die afgelope jaar met meer as dertig persent gedaal. Die daling is die gevolg van die volgehoue droogte in die damme se opvangsgebiede. Die Burger berig dat die gemiddelde vlak van die damme tans op een-en-sestig komma agt persent staan, vergeleke met ‘n vlak van vier-en-negentig komma vier persent in dieselfde tydperk verlede jaar.
‘n Landbouprojek van ‘n ander kleur
‘n Dekgras-projek in die St Francisbaai-omgewing, kan werksgeleenthede en volhoubare inkomste in die omgewing ‘n hupstoot gee. Die Sea Vista-gemeenskap het reeds sowat sewentig hektaar dekriet aangeplant as deel van die projek. The Herald berig dat die projek die vermoë het om nagenoeg veertig duisend bondels dekgras per hektaar te produseer. Die projek vind in samewerking met die plaaslike owerhede en die departement van waterwese en bosbou plaas.
Chileaanse vrugtebedryf lyk goed
Die produksie en uitvoer van vrugte in Chile, behoort na verwagting skerp toe te neem. Volgens die webwerf, Fruitnet.com, maak dié Suid-Amerikaanse land hom gereed vir ‘n aansienlike toename in sy peer- en druiwe-oeste. Sy appel-oes sal egter na verwagting daal, nadat appelbome nie goed gedra het na die vorige seisoen se buitengewone groot oes.
Donderdag, 21 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
China het impak op SA voedselinflasie
Die jongste TradeProbe-verslag dui aan dat Suid-Afrika en China straf met mekaar meeding om die invoer van veral grane en olies. China se groeiende voedselinvoere het ook ‘n beduidende impak op Suid-Afrikaanse invoerpryse gehad. Aldus die verslag, dra dit by tot Suid-Afrika se voedselinflasie. ‘n Ontleding van Suid-Afrikaanse landbou in- en uitvoersyfers, toon ook dat Suid-Afrika nie volle voordeel getrek het uit die wêreldwye kommoditeitsoplewing nie.
LNR wil jongbysiekte bekamp
‘n Taakspan onder leiding van Mike Allsopp van die Landbounavorsingsraad in Pretoria, is tans besig met die opstel van 'n prosedure vir die toets, bekamping en vernietiging van Amerikaanse jongbysiekte. Die siekte is reeds in die suidelike dele van Suid-Afrika bevestig en die besmetting van sowat driehonderd korwe is aangeteken. Volgens Allsopp is hierdie syfer waarskynlik net die oortjies van die seekoei. Hy sê ook dat die spore tot drie jaar lank latent kan bly voordat die siekte uitbreek. Besmette korwe sal vernietig word en byeboere sal skadevergoeding ontvang.
Monsanto stel nuwe kultivar bekend
Die saadreus, Monsanto, het verlede week by die jaarlikse Nampo Oesdag, sy nuwe DKC 62 – 80 BR stapelgeen geelmieliekultivar bekend gestel. Die kultivar word binne honderd-en-twaalf dae ryp teenoor die normale honderd-en-veertig dae vir ander medium groeiers. Monsanto se produkbestuurder vir mielies, Bright Breytenbach, het in ‘n persverklaring na afloop van die bekendstelling, gesê dat die kultivar teen 2010 vrylik beskikbaar sal wees.
MPO Vrystaat hou roetevergaderings
Die MPO Vrystaat hou volgende week ‘n reeks roetevergaderings in dié provinsie se onderskeie streke. Die vergaderings vind van 26 tot 29 Mei in Bultfontein, Kroonstad, Bethlehem en Bloemfontein plaas. Belangstellendes kan vir Veronica Marais skakel by 083 276 4703.
Woensdag, 20 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Trekkerverkope steeds laer
Trekkerverkope in April vanjaar, was byna vyf-en-vyftig persent laer as verlede April. Volgens die jongste syfers van die Suid-Afrikaanse Landbou-masjinerie Assosiasie, is trekkerverkope vir die jaar tot dusvêr, byna negentien persent laer as verlede jaar. Stroperverkope vir April bly egter goed en is byna negentien persent hoër as verlede April.
SA Merinowol kry eie merk
Cape Wools het ’n sertifiseringsmerk vir produkte van Suid-Afrikaanse Merinowol ontwikkel. Dit vorm deel van ‘n veldtog om wol plaaslik te bevorder. Die term “Merino” sal in die plek van “wol” gebruik word, om ’n gunstiger identiteit vir die produk onder verbruikers te vestig. Die merke sal net gebruik mag word op produkte wat aan streng gehaltestandaarde voldoen. Dit is reeds vir registrasie voorgelê.
Indië bied moontlikhede vir landbou-uitvoere
Suid-Afrika het die potensiaal om suiwelprodukte, groente en vrugte na Indië uit te voer. So lui die bevindinge van die jongste TradeProbe-verslag. Volgens die verslag is wol Suid-Afrika se grootste uitvoerproduk na Indië. Uitvoere word wel gekortwiek deur die afwesigheid van ‘n handelsooreenkoms tussen die twee lande, maar die twee regerings onderhandel tans om marktoegang te verbeter.
RPO maak riglynpryse bekend
Die Rooivleisprodusente-organisasie se nasionale gemiddelde riglynpryse vir A-twee beesvleis, staan hierdie week op drie-en-twintig rand en sewe-en-sewentig sent. B-twee beesvleis staan op negentien rand ses-en-vyftig sent per kilogram, terwyl A-twee lam op twee-en-dertig rand en twee-en-dertig sent staan. Die riglynprys vir AB-twee skaap is sewe-en-twintig rand vyf-en-dertig sent.
Dinsdag, 19 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Producer prices adapted upwards
Van die melkkopers in die Vrystaat, Suid- en Oos-Kaap het hoër produsentepryse aan hulle produsente deurgegee. Die hoër produsenteprys bied welkome verligting aan produsente wat steeds met hoë insetkoste te kampe het.
Agri Inspec slaan toe op vrot kaas
Agri Inspec, die MPO se moniteringsmaatskappy, het verlede week op ‘n winkel in Durban toegeslaan, waar vrot kaas na bewering verkoop is. Elizna Meyer, Agri Inspec se senior bestuurder van forensiese ondersoeke, sê die ondersoek duur voort en die winkeleienaar is ook aan die Suid-Afrikaanse Inkomstesdiens gerapporteer.
Plaasmoord eis Natalse melkboer
Alan Rowe, ’n melkboer en lid van die Melkprodusente-organisasie in KwaZulu-Natal, is op 13 Mei deur rowers op sy plaas, Bloemendal, in die Mooirivierdistrik, doodgeskiet. Daar word in die media bespiegel dat sy moord moontlik verband hou met grondeise. Herman Duvenhage, rasdirekteur van SA Holstein, het sy skok oor die moord uitgespreek en sy medelye met die familie betuig.
MPO Vrystaat hou roetevergaderings
Die Vrystaatse Melkprodusente-organisasie hou van ses en twintig tot nege en twintig Mei verskeie vergaderings vir Vrystaatse melkboere. Besprekingspunte sluit in die rol van die MPO en die stand van die suiwelekonomie. Praktiese wenke oor aangeplante weidings, die belang van ruvoer en die werking van melkgroepe sal deur kenners bespreek word. Die roetevergaderings vind plaas in Bultfontein, Kroonstad, Bethlehem en Bloemfontein. Vir meer inligting kontak Veronica Marais by 083 276 4703.
Maandag, 18 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Absa optimisties oor toekoms
Bankreus, Absa, sê hy vertrou dat die onlangse veranderinge aan die kabinet veral die landbou sal baat. Louis von Zeiner, groep uitvoerende hoof van Absa Kleinhandel en Kommersiële bankwese, het by die Nampo-oesdag buite Bothaville, gesê dat die huidige ekonomiese druk as 'n geleentheid vir Suid-Afrikaanse landbou gesien moet word. Ernst Janovsky, hoof van Absa Agribesigheid, het gesê die bank sien reeds 'n daling van tussen tien en vyftien persent in landbou insetkoste. Hy het bygevoeg dat landbou se skuldlas gedaal het van sestig persent na 'n baie bemoedigende veertig persent.
Landelike uitdagings wêreldwyd dieselfde
Volgens ‘n verslag van die Internasionale Federasie van Landbou-organisasies gaan landelike gebiede wêreldwyd gebuk onder armoede ná meer as twintig jaar waarin landbou afgeskeep is. Sake24 berig dat IFAP van mening is dat die probleem opgelos kan word as beleidmakers ‘n nuwe landboumodel skep wat mens-gerig is en ‘n kennisbasis het. IFAP stel ook voor dat landelike ontwikkeling die opgradering van landelike infrastruktuur en die skep van werkgeleenthede insluit.
'n Boer maak 'n plan
Die wen-inskrywings van die Omnia Boerepatente-kompetisie was weer van die gewildste uitstallings by vanjaar se Nampo-oesdag. Die kompetisie het vanjaar 'n rekord getal inskrywings gelok en drie ekstra afdelings bygekry vir landboukolleges, jongboere en vroue. In die ope afdeling het Martiens Prinsloo van Hoopstad met sy misstrooier in die masjinerie en implemente-afdeling gewen. Geoffrey Lomas van Centurion se afstandbeheerde hek wat sonder elektrisiteit werk, het die afdeling vir gemodifiseerde landboutoerusting gewen.
Heuning veilig vir menslike gebruik
Die Burger berig dat talle Wes-Kaapse heuningboere se verkope die afgelope maand gehalveer het, moontlik omdat verbuikers bekommerd is oor die gehalte van die heuning ná berigte oor die impak van Amerikaanse jonbysiekte op kommersiële byekolonies in die Kaap. Mike Allsopp, ’n heuningbyspesialis van die Landbounavorsingsraad se afdeling gemoeid met insek-ekologie, sê heuning wat bakteriële spore van die Amerikaanse jongbysiekte bevat, is steeds geskik vir menslike gebruik en verbruikers kan met ‘n geruste hart heuning koop.
Donderdag, 14 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Landbou positief oor nuwe landbou ministers
Landbou-organisasies het positief gereageer op die aanstelling van die nuwe minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-petterson, en haar adjunk, doktor Pieter Mulder, asook die herstrukturering van die departement van landbou. Graan Suid-Afrika het gesê die organisasie is vol vertroue dat ons ‘n landbou vriendelike ministerie van landbou in die nuwe bedeling kan hê. Volgens Agri Suid-Afrika sal die verdeling van die landbou en grondsake ministerie bydra tot ‘n beter fokus op die landbou se kernfunksie om mededingend en volhoubaar voedsel en vesel te produseer.
Zuma-kabinet bied hoop
Steeds by die nuwe kabinet, het Agri Suid-Afrika ook president Jacob Zuma se verbintenis tot verbeterde dienslewering en bereidwilligheid tot samewerking oor politieke grense heen verwelkom. Agri Suid-Afrika wens die nuwe president en sy kabinet sukses toe met die hantering van Suid-Afrika se ekonomiese en maatskaplike uitdagings en vertrou dat daar voortgebou sal word op wat reeds bereik is met nasionale versoening, ontwikkeling en welvaartskepping.
Zim-regering weer in die sop
Die Mugabe-regering is skuldig bevind aan die verbreking van ‘n bilaterale ooreenkoms met Nederland, nadat hy dertien Nederlandse plaaseienaars se grond in 2003 onteien het. Sake 24 berig dat die internasionale sentrum vir die beslegting van beleggingsdispute in Washington, beslis dat die onteiening onregmatig plaasgevind het. Hy het gelas dat die Mugabe-regering skadevergoeding van meer as twee-en-negentig miljoen rand plus rente moet opdok.
Besigheisforum nou in Afrika
Die jaarlikse Agribesigheidsforum word vanjaar by die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes gehou. Dis die eerste keer dat die forum in Afrika gehou word en bied aan rolspelers in die landbou- en voedselbedrywe geleentheid om geleenthede in die Afrika-voedselbedryf te ontgin. Die forum word deur EMRC Internasionaal en die Landboubesigheidskamer aangebied. Navrae kan gerig word aan Doktor John Purchase by 012 300 9502.
Woensdag, 13 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Absa-baas oor voedselpryse
Voedselpryse sal waarskynlik nie binnekort dramaties verlaag nie. Ernst Janovsky, hoofbestuurder van Absa Agribesigheid, het by ‘n mediageleentheid Vrydag in Pretoria gesê dat alhoewel dit slegte nuus vir verbruikers is, dit tog goeie nuus vir Suid-Afrika se landboubedryf is. Volgens Janovsky word Suid-Afrika se landboumark grootliks deur buitelandse faktore gereguleer en is boere se insetkoste aan skommelende wisselkoerse onderhewig.
Mieliekultivar in VSA goedgekeur
Die VSA en Kanada het pas regulatoriese goedkeuring vir Monsanto se droogte-verdraagsame mielie-kultivar toegestaan. In Suid-Afrika is suksesvolle proefstroke van dié kultivar reeds in die Noord-Kaap geplant. Die kultivar sal ook vir besproeiingsboere voordele inhou en sal vanaf 2012 kommersieel in Suid-Afrika beskikbaar wees.
Katoen-oes styg effens
Die vierde plaaslike vooruitskouing vir katoenproduksie, dui op ‘n totale katoenoes van net meer as een-en-veertig duisend vyfhonderd bale vesel. Dit is een persent hoër as verlede maand, maar sewentien persent laer as die vorige seisoen s’n. Volgens Katoen Suid-Afrika ondervind katoenproduksie strawwe mededinging van gewasse soos mielies, wat minder insette vereis.
Nuwe LUR’e vir landbou aangestel
Gerrit van Rensburg is in die Wes-Kaap aangestel as minister van landbou en landelike ontwikkeling. Van Rensburg is ‘n voormalige president van Agri Wes-Kaap, het landbou opleiding en is self ‘n boer. In Gauteng is Nomantu Nkomo-Ralehhoko aangewys as minister van landbou en landelike ontwikkeling. Sy was ‘n lid van die landbou-portefeuljekomitee in die provinsie.
Dinsdag, 12 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Nuwe landbouministers verras
President Jacob Zuma het waarnemers verras met sy aanstelling van landbouministers. Tina Joemat-Petterson, LUR van landbou in die Noord-Kaap is die nuwe minister van landbou, en doktor Pieter Mulder is haar adjunk. Landbou en grondsake is ook geskei en daar is nou ‘n nuwe departement van landbou, bosbou en visserye asook ‘n departement van landelike ontwikkeling en grondsake. Die nuwe minsiter van landelike ontwikkeling en grondsake is Gugile Nkwinti.
Nuwe suiwelbaas oor produsentepryse
Parmalat se nuwe uitvoerende hoof, Nick Wentzel, sê dat hy hom nie nou al wil uitlaat oor melkboere se ontevredenheid oor produsentepryse nie. Wentzel het verlede week aan die dagblad, Beeld, gesê dat hy bewus is van ontevredenheid in die primêre bedryf. Wentzel is sedert vyf Mei verbonde aan Parmalat, nadat Theo Hendricks in April bedank het.
TLU waarsku oor Kongo
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika sê dat boere wat sak-en-pak na die Kongo wil verhuis, eers navorsing moet doen oor die omstandighede in daardie land. Honderde boere het reeds belangstelling getoon om op uitnodiging van die Kongolese regering, daar te gaan boer. Die TLU SA waarsku in sy gereelde nuusbrief dat boere veral moet waak teen politieke onstabiliteit, gebrekkige infrastruktuur, en die beskikbaarheid en koste van toerusting en insette.
Volhoubare landbou het strukture nodig
Die voorsitter van die Overberg Agri direksie, Deon de Kock, by tydens die onlangse jaarvergadering van die Overbergse Distrikslandbouvereniging, gesê dat landbou ‘n tuiste en spreekbuis nodig het, veral teen die agtergrond van die huidige ekonomiese speelveld. Hy het produsente gemaan om hulle georganiseerde landboustrukture te bewaar.
Nuwe suiwelbaas oor produsentepryse
Parmalat se nuwe uitvoerende hoof, Nick Wentzel, sê dat hy hom nie nou al wil uitlaat oor melkboere se ontevredenheid oor produsentepryse nie. Wentzel het verlede week aan die dagblad, Beeld, gesê dat hy bewus is van ontevredenheid in die primêre bedryf. Wentzel is sedert vyf Mei verbonde aan Parmalat, nadat Theo Hendricks in April bedank het.
TLU waarsku oor Kongo
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika sê dat boere wat sak-en-pak na die Kongo wil verhuis, eers navorsing moet doen oor die omstandighede in daardie land. Honderde boere het reeds belangstelling getoon om op uitnodiging van die Kongolese regering, daar te gaan boer. Die TLU SA waarsku in sy gereelde nuusbrief dat boere veral moet waak teen politieke onstabiliteit, gebrekkige infrastruktuur, en die beskikbaarheid en koste van toerusting en insette.
Volhoubare landbou het strukture nodig
Die voorsitter van die Overberg Agri direksie, Deon de Kock, by tydens die onlangse jaarvergadering van die Overbergse Distrikslandbouvereniging, gesê dat landbou ‘n tuiste en spreekbuis nodig het, veral teen die agtergrond van die huidige ekonomiese speelveld. Hy het produsente gemaan om hulle georganiseerde landboustrukture te bewaar.
Boer help spoorsny agter veediewe aan
’n Sewentigjarige nuwelingboer van Ladybrand, het verlede week self ingespring en spoorsnyer gespeel, toe veediewe van Lesotho sy skape gesteel het. Die Volksblad berig dat Sello Matlolane honderd-vyf-en-twintig van sy honderd-agt-en-twintig skape teruggekry het. Al sy ooie was dragtig toe hulle gesteel is. Suid-Afrikaanse boere op die Lesotho-grens is raadop met die veediefstalle en verloor jaarliks derduisende rande se lewendehawe.
Maandag, 11 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Kunsmiskartel swaar beboet
Die Mededingingskommissie se ondersoek-uitslag oor samespanning in die kunsmisbedryf, is uit talle oorde verwelkom. Sasol Nitro se bedrywighede is deur kunsmisverspreider, Nutri-Flo, verkla en Sasol het ingestem om 'n boete van honderd-agt-en-tagtig miljoen rand te betaal. Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, sê hy is bly dat Suid-Afrika steeds die kapasiteit het om oortredings soos hierdie te ondersoek en te straf. Ferreira sê hy sien uit daarna dat kunsmismaatskappye voortaan op 'n mededingende basis in die vrye mark sal kompeteer.
Inwoners ontevrede oor visplaas
Inwoners en verteenwoordigers van die Mid-Brak-bewaringsgebied is omgekrap oor ‘n nuwe visplaas wat binnekort in die monding van die Klein Brakrivier gevestig sal word. Beeld berig dat departement van omgewingsake en toerisme I&J se aansoek vir die oprigting van die plaas goedgekeur het. Die plaas sal tot tienduisend kilogram geelstert en kabeljou teel.
ASA stel beurse beskikbaar
Aartappels Suid-Afrika het in ‘n persverklaring verlede week bekend gemaak dat hy ‘n verdere twee beurse vir nagraadse studies aan universiteite, en ses beurse vir diplomastudies aan landboukolleges, goedgekeur het. Dit bring die getal beurse vir nagraadse, voorgraadse en diplomastudies op sewentien te staan.
Landbank kry nuwe hoof
Die Landbank het ‘n nuwe finansiële hoof, Wolf Meyer. Meyer geniet groot aansien in die finansiële wêreld en was voorheen die hoof van Brait SA. Hy was ook al finansiële hoof van Mercantile Bank en die International Bank of Southern Africa.
Donderdag, 7 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Parmalat kry nuwe baas
Die Italiaanse suiwelmaatskappy, Parmalat S.p.A., het in ‘n persverklaring aangekondig dat hy Nick Wentzel as direkteur en hoof operasionele beampte van sy Suid-Afrikaanse besigheid aangestel het. Wentzel se aanstelling kom na die onlangse bedanking van Theo Hendrickse. Wentzel was hoofuitvoerende beampte van Astral Foods.
Wynuitvoere groei
Die produsentemaatskappy, Wines of South Africa, sê dat wyn-uitvoere gedurende die eerste drie maande van 2009, met drie-en-twintig persent gestyg het. Die vervaardiger se hoofuitvoerende beampte, Su Birch, sê in die Cape Times dat twintig persent van hierdie styging uit verpakte wyne bestaan.
Sitruspes bedreig boorde
’n Uiters gevaarlike vlieg wat sitrusbome aanval, is vir die eerste keer in Suid-Afrika teëgekom. Sake 24 berig dat die wollerige witvlieg miljoene rande se skade kan aanrig. Professor Jan Giliomee, navorser by die Universiteit van Stellenbosch, sê dat die vlieg op suurlemoenbome in die Kaapse Skiereiland tot by Stellenbosch gekry is. ’n Geval is ook in George aangemeld.
RPO riglynpryse bekend
Die Rooivleisprodusente-organisasie se nasionale gemiddelde riglynpryse vir A-twee beesvleis, staan hierdie week op vier-en-twintig rand en sewe sent. B-twee beesvleis staan op twintig rand drie-en-negentig sent per kilogram, terwyl A-twee lam op drie-en-dertig rand en vyf sent staan. Die riglynprys vir AB-twee skaap is ses-en-twintig rand en vier-en-dertig sent.
Woensdag, 6 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Kospryse bly ‘n tameletjie
Die stof het steeds nie gaan lê oor die omstrede voedselprysvergelyking deur die vakbond, Solidariteit, nie. Landbou-organisasie, Agri Suid-Afrika, het nou ook versoek dat ‘n behoorlike ondersoek gedoen word na die dramatiese prysstygings. Volgens doktor Theo de Jager, adjunkpresident van Agri SA, lê die probleem by die winsmarges in elke stadium van die waardeketting. ‘n Woordvoerder van die Mededingingskommissie het aangedui dat die liggaam ondersoek sal instel na moontlike nie-mededingende gedrag onder kleinhandelaars.
Varkgriepvrese nog nie pandemie nie
Varkgriep het ‘n nuwe stertjie gekry, nadat tweehonderd varke in Kanada na bewering die virus opgedoen het, na kontak met ‘n besmette persoon. In Suid-Afrika is maatreëls reeds in plek om ‘n uitbreek te voorkom. Sondagkoerant, Rapport, berig dat die Suid-Afrikaanse Lughawemaatskappy, Acsa, hitteskandeerders wat griepsimptome kan identifiseer, by sy internasionale lughawens sal installeer. Dokter Wolfgang Peiser, hoof van mediese virologie aan die Universiteit van Stellenbosch, sê dat Suid-Afrikaners nie rede het tot paniek nie.
Distell kry nuwe bestuurder
Die Suid-Afrikaanse vervaardiger van alkoholiese drankies, Distell, het aangekondig dat hy ‘n omgewingsbestuurder aangestel het. Jacques Rossouw is aangestel in die nuwe pos, wat ‘n verlenging is van die maatskappy se pogings om sy koolstofvoetspoor te verklein. Rossouw was voorheen werksaam by die Suid-Afrikaanse Wynbedryf se geïntegreerde produksie-afdeling.
Propvol Bloem-program dié week
Die Bloemskou se hoofarena-program vir môre, sluit die tweede been van die Walliese ponie nasionale kampioenskap en die eerste been van die interprovinsiale pensteekkampioenskap in. By die grootveekompleks kan beestelers uitsien na die provinsiale en streekskampioenskappe van verskeie beesrasse. Die skou sal komende Saterdag tot ‘n einde kom.
Dinsdag, 5 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Kikoejoevergiftiging eis sy tol
Ten minste honderd-en-vyf-en-sewentig melkkoeie in die Cookhouse-omgewing in die Oos-Kaap, is vermoedelik aan kikoejoe-vergiftiging dood. Veeartse was Maandag nog besig met nadoodse ondersoeke om die oorsaak van die massa vrektes te bevestig. Die oorsaak van die vergiftiging is vermoedelik vanweë ‘n kombinasie van kommandowurms en nat, bewolkte weer.
TLU verwelkom rentekoersverlaging
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika sê hy verwelkom die Reserwebank se rentekoersverlaging, veral in die lig van landboukrediet wat die afgelope jaar geweldig toegeneem het weens hoë insetkoste en lae produkpryse. Doktor Koos Coetzee, ekonoom van die Melkprodusente-organisasie, sê dat die laer rentekoerse ook vir melkprodusente goeie nuus is, maar dat die eintlike voordeel daarin lê dat die verbruiker se besteebare inkomste styg.
Zuma bekommerd oor voedselpryse
Die aangewese president van Suid-Afrika, Jacob Zuma, meen dat die antwoord op die land se voedselvoorsieningsprobleme, dalk eerder by kommersiële boere as by kleinboere en grondrestitusie lê. Sondagkoerant Rapport berig dat verskeie georganiseerde landbou-organisasies na afloop van die verkiesing met Zuma gesprek gevoer het oor die stand van kommersiële landbou, en die aanwys van ‘n geloofwaardige minister van landbou.
Suiweldiere skitter in Bloem
Die Interras Suiweldierkompetisie by vanjaar se Bloemskou, is deur die vier-jaar-oue Holsteinkoei, Hotshot Luna Lienie 5035 ET van Hannes Olivier van Hobhouse gewen. Die Ayrshire Genootskap se nasionale kampioenskap is vir die vierde keer deur Kevin Lang van Fairfield Dairy by Howick gewen. Lang se inskrywing, Grace Valley Pepper Pot, is as senior kampioenkoei en algehele wenner van die drie-jaarlikse Ayrshire kompetisie aangewys.
Maandag, 4 Mei 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Kommer oor varkgriep groei
Kommer groei wêreldwyd oor die verspreiding van die gevreesde nuwe varkgriepvirus. Twee gevalle is verlede week in Suid-Afrika aangemeld, maar kon nog nie bevestig word nie. Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie het verlede week in ‘n persverklaring, ook te kenne gegee dat daar nog nie besluit is om die invoer van varkvleis of verwante produkte uit Meksiko of die VSA te verbied nie.
Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Barbara Hogan, het verlede week met lede van ander Sadek-lande vergader, om ‘n noodplan vir die gebied in werking te stel. Volgens Hogan beskik Suid-Afrika oor genoeg medikasie om ‘n krisis af te weer.
Herrie los oor Solidariteit voedselprysindeks
Die vakbond Solidariteit se jongste maandelikse voedselprysvergelyking onder die drie grootste supermarkgroepe in Suid-Afrika, toon dat voedselpryse die afgelope vier maande met ʼn gemiddeld van vyf komma vyf persent gestyg het. Die supermarkgroepe het heftig gereageer en gesê dat die vergelyking onwetenskaplik en onbetroubaar is. Solidariteit sê in ‘n verklaring dat vyf-en-twintig items vergelyk is en dat luukse items nié hierby ingesluit is nie. Volgens die prysvergelykings, het die prys van veral melk aansienlik gestyg.
Kongo-inligtingsdag in Bloemfontein
Vrystaatse boere wat belang stel om in die Kongo te gaan boer, kan op 13 Mei ‘n inligtingsdag in Bloemfontein bywoon. Die sessie begin om tien uur die oggend in die Senwes Senaatsaal. Belangstellendes moet vooraf registreer by selnommer 082 873 1747. Meer inligting omtrent die inhoud van die sessie kan by Gert Redelinghuis op selnommer 083 261 6031 verkry word.
Donderdag, 30 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Olifante vlug uit Zimbabwe
‘n Drastiese toename in wildstropery, het sowat vierhonderd olifante genoop om oor die Zimbabwiese grens na Zambië te migreer. Independent Online berig dat wildbewaarders in die noorde van Harare ook onlangs versoek is om ‘n luiperd in die stad te vang. Wildstropery van kleiner diere soos hase en rotte het ook drasties toegeneem. Diere vlug in hulle hordes uit hulle natuurlike omgewing, weens geweervuur en veldbrande wat deel van die stropery uitmaak.
Suiwel-sukses in Afganistan
‘n Suiwelprojek in oorlogsgeteisterde Afganistan, is besig om vrugte af te werp. Die projek wat in 2003 deur die VN se Voedsel en Landbou-organisasie geloods is, voorsien tans sowat eenduisend seshonderd plaasgesinne van ‘n inkomste. Die projek wat in Kabul en vier ander provinsies van stapel gestuur is, het talle klein melkprodusente se inkomste vervyfdubbel. Die melk word aan koöperasies voorsien en verwerk tot jogurt, botter en ander produkte.
Landbou groet ‘n groot gees
‘n Groot gees in die georganiseerde landbou-geledere, Dries Bruwer, is in die vroeë oggendure gister op ouderdom drie-en-sewentig aan lewer- en nierversaking oorlede. Bruwer was onder andere voorsitter van die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika en ‘n bekende boer in die Letsitele-omgewing. Hy word môre vanuit die Afrikaanse Protestante Kerk Pretoria-Oos begrawe.
Kolskoot-promosie skop af
Lede van landbou-lojaliteitskema, AgriBonus, kan hulle regmaak vir ‘n opwindende promosie wat môre afskop. Die Kolskoot-promosie sal tot einde Oktober strek en agt-en-tagtig pryse ter waarde van sowat ‘n halfmiljoen rand moet gewen word. Wenners sal maandeliks aangewys word en die groot wenners sal tydens ‘n funksie in November aangewys word. Vir meer inligting omtrent die promosie en AgriBonus-lidmaatskap, skakel die dienssentrum by 012 843 5660.
Woensdag, 29 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Varkgriep het wêreld op hol
‘n Nuwe varkgriepstam het die wêreld op hol. Die siekte het in Meksiko uitgebreek en meer as ’n honderd mense is volgens berigte reeds dood. Verskeie ander lande, insluitende die VSA, Nieu-Seeland en Frankryk, het reeds gevalle van besmetting aangemeld. Die Burger berig dat die nuwe varkgriepstam wat bekend staan as die A-Kalifornië 2009 virus, glo ‘n kombinasie van vark-, voël- en menslike griepstamme is. Suid-Afrika is tot op hede nog nie direk geraak nie.
Mpumalanga maak voorbrand
Die organisasie, Working for Fire, is besig met voorbereidings om veldbrande in Mpumalanga te voorkom. Dit kom nadat drie-en-dertig duisend hektaar veld en plantasies verlede jaar in puin gelê is. Buanuus berig dat dertien brandbestrydingseenhede reeds in die provinsie ontplooi is. RSG Landbou het gister berig dat die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika intussen ook ‘n waarskuwing uitgereik het oor die moontlikheid dat brande vanjaar vroeër mag voorkom.
Internasionale uitstalling om die draai
Die sewentiende internasionale landbou-uitstalling, Agri-tech, vind van vyf tot sewe Mei in die Israeliese stad, Tel Aviv, plaas. Agri-tech spog met die jongste tegnologie in die landboubedryf. Die uitstalling word deur ‘n aantal landbou-, handels- en regeringsinstansies aangebied.
Bloemskou skop af
En plaaslik skop die jaarlikse Bloemskou more in Bloemfontein af. Die skou huisves onder andere die wêreld se grootste buitelug saalperdskou. Verskeie bees- en skaaprasse se kampioenskappe sal tydens die skou aangebied word. Toegang vir volwassenes beloop veertig rand en kinders en pensionarisse betaal twintig rand. Die skou eindig op 9 Mei.
Dinsdag, 28 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
MPO praat met Wes-Kaapse boere
Die Melkprodusente-organisasie het verlede week sy reeks roetevergaderings in die Wes-Kaap voltooi. Die MPO se hoofekonoom, doktor Koos Coetzee, het gesê dat melkboere in die komende maande ‘n groter vraag na suiwelprodukte en ‘n moontlike verhoging in die produsenteprys vir melk kan verwag. Bertus de Jongh, hoofuitvoerende beampte van die MPO, het boere gerus gestel dat die huidige herstrukturering van die organisasie, boere meer sal bemagtig en groter verteenwoordiging in die bedryf sal gee.
Plaaseienaar wéér die baas
‘n Swart boer wat deur die minister van landbou en grondsake van haar plaas verwyder is, het weer toegang tot haar grond. RSG Landbou het onlangs berig dat Veronica Moos se plaas naby Delmas deur die regering teruggeneem is, omdat sy nie haar grond benut nie. Moos sê egter dat sy te min regeringsondersteuning ontvang het. Beeld berig dat Moos intussen toegang tot die plaas gegee is, totdat die hofsaak afgehandel is. Die saak kom weer op 5 Mei voor.
TLU waarsku oor brandgevaar
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika waarsku in ‘n persverklaring dat die gevaar van veldbrande aansienlik verhoog het met dalende temperature en gras wat vinnig vog verloor. Boere word gemaan om betyds hulle brandbane reg te kry en om soveel moontlik gras te oes.
Noordwes rooivleisprodusente hou vergadering
Die Noordwes Rooivleisprodusente-Organisasie hou op 19 Mei sy jaarkongres by die Vryburgse Polisieklub. Die voorsitter van die organisasie, Jaco Maré, sê dat produsente by die geleentheid belangrike inligting sal ontvang, wat hulle sal help om in die swak ekonomiese omstandighede te oorleef. Navrae kan gerig word aan Celesté de Beer by telefoonnommer 018 632 2987.
Maandag, 27 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Parmalat-baas bedank
Parmalat Suid-Afrika se hoofuitvoerende beampte, Theo Hendrickse, het bedank. Hendrickse was ook aan die stuur van sake van Parmalat se besighede in Zambië, Mosambiek, Swaziland en Botswana. Die voorsitter van Parmalat SA se raad, Fabio Genitrini, sal Hendrickse se pligte op 1 Mei oorneem, totdat ‘n opvolger aangestel is. Geen redes is vir sy bedanking gegee nie.
Agri SA werk saam met Kongolese regering
Die adjunkpresident van Agri SA, Theo de Jager, sê dat georganiseerde landbou nou met die Kongolese regering saamwerk om Suid-Afrikaanse boere in dié land te vestig. ‘n Afvaardiging van Agri SA het die land onlangs besoek, om ‘n ontleding van landboupotensiaal daar te doen. Die organiseerder van ’n vorige poging om boere daar te vestig, Johan van der Westhuizen, het egter in ‘n onderhoud met Beeld, gemaan dat die vorige poging misluk het weens burgeroorlog en swak infrastruktuur. ‘n Inligtingsdag vir boere sal vroeg in Mei in die Wes-Kaap gehou word.
Megadroogte dreig Afrika
‘n Pas-voltooide studie deur ‘n span Amerikaanse geologie- en klimaatkundiges, het bevind dat Afrika se sub-Sahara-streek erger droogtes as ooit in die gesig staar. Volgens die studie het die laaste lang droogtetydperk in die streek, driehonderd-en-vyftig jaar lank geduur. Independent Online berig dat die studie ‘n ontleding van klimaatpatrone oor duisende jare gedoen het.
Landboufakulteit verjaar
Die landboufakulteit van die Vrystaatse Universiteit, word vanjaar vyftig. Oudstudente en dosente van die afdelings vee-, wild- en weidingkunde, asook grond-, gewas- en klimaatkunde, word uitgenooi na ‘n reünie op 22 Mei op die proefplaas, Paradys. Belangstellendes kan vir Linda skakel by 051 401 2221 of kan registreer by www.kovsieagri.ufs.ac.za.
Donderdag, 23 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
KZN spreek voedselsekerheid aan
Die KwaZulu-Natalse LUR vir landbou en omgewingsake, het vandeesweek die provinsie se georganiseerde landbou-ontwikkelingslessenaar in Ndwedwe geopen. Die lessenaar hoop om voedselsekerheid aan te spreek. Die projek spruit uit ‘n ooreenkoms tussen die National African Farmers’ Union, die KwaZulu-Natalse landbou-unie, en ander nie-regeringsorganisasies.
Varkvleisprodukte invoere styg
Suid-Afrika het in Maart vanjaar net onder twee-en-’n-half duisend ton varkvleisprodukte ingevoer. Dit is bykans eenduisend ton meer as in Februarie. Volgens syfers wat deur die Suid-
Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie vrygestel is, bring dit totale invoere vir die jaar tot einde Maart, op net meer as vyfduisend-eenhonderd-en-sewentien ton te staan.
Prysverwagtinge vir kunsmis
Volgens die jongste nuusbrief van Graan Suid-Afrika, toon die meeste internasionale markverslae dat kunsmispryse oor die medium termyn redelik sywaarts behoort te beweeg. Volgens die organisasie behoort die geweldige prysveranderinge van die afgelope twee jaar, nie weer voor te kom nie. Internasionale pryse van ureum, DAP en kaliumchloried het tot dusver oor die kort termyn vir April gedaal.
Sukses vir Agri Cape Week
Die organiseerders van die pas-afgelope Agri Cape Week, sê dat die byeenkoms ‘n reuse-sukses was. Orton King, groep uitvoerende direkteur van Agri Mega, sê dat ekspo’s van hierdie aard aan insetverskaffers ‘n platform bied vir meer aggressiewe bemarking in moeilike ekonomiese tye. Die ekspo is verlede naweek by die Hoër Landbouskool Boland gehou.
Woensdag, 22 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Nog grond word oorhandig
Die ministers van landbou en grondsake, en van waterwese en bosbou, het eergister meer as seweduisend agthonderd hektaar kommersiële bosbou- en myngrond oorhandig aan vyfhonderd-vier-en-dertig huishoudings van die Mbonambi-gemeenskap in Richardsbaai. Die kommissie op die herstel van grondregte sê in ‘n persverklaring dat sewe-en-sewentig miljoen rand ook aan die gemeenskap oorhandig is as deel van hulle grondeis, wat in 1998 ingedien is.
Katoensaad-invoere wek kommer
Die landboumoniteringsmaatskappy, Afri Compliance, het ‘n waarskuwing gerig oor groot hoeveelhede substandaard katoensaad, wat via Beitbrug vanaf Zimbabwe na Suid-Afrika uitgevoer word. Die maatskappy sê in ‘n persverklaring dat hierdie invoere waarskynlik nie na wense gekontroleer en getoets word nie. Talle invoerbesendings is ook na bewering besmet met die toksien, Gossypol, en vrektes onder diere is reeds aangemeld.
Sacau verkies nuwe direksie
Die president van die Zimbabwiese kommersiële landbou-unie, Douglas Taylor-Freeme, is verlede week in Durban verkies tot president van die Suider-Afrikaanse Konfederasie van Landbou-unies, oftewel Sacau. Abiel Banda van die Malawiese landbou-unie en Motsepe Matlala van die Suid-Afrikaanse National African Farmers’ Union, is as mede-visepresidente aangewys. Die ander direksielede is Raimar Von Hase van Namibië en Effatah Jele Zambië.
RPO maak riglynpryse bekend
Die Rooivleisprodusente-organisasie se nasionale gemiddelde riglynpryse vir A-twee beesvleis, staan hierdie week op vier-en-twintig rand en een-en-sestig sent. B-twee beesvleis staan op twintig rand drie-en-negentig sent per kilogram, terwyl A-twee lam op drie-en-dertig rand en vyf sent staan. Die riglynprys vir AB-twee skaap is sewe-en-twintig rand en tien sent.
Dinsdag, 21 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Boere wil myne stop
Boere in Mpumalanga is op hulle agtervoete, nadat die regering minstens tweehonderd nuwe aansoeke om steenkool- en ander myne in dié gebied goedgekeur het. Beeld berig dat so ‘n stap landbou in die gebied op sy knieë kan dwing. Boere-organisasies is in Delmas, Ermelo, Belfast, Carolina en Standerton gestig om die aksie teen te staan. Volgens die organisasies, kan nóg myne lei tot grootskaalse besoedeling van die Vaalrivier en besproeiingswater.
Fonterra oor hoër melkpryse
Die Nieu-Seelandse koöperasie, Fonterra, het in April vir die tweede agtereenvolgende maand hoër pryse aan sy melkprodusente betaal. Die suiwel webblad, dairyreporter.com, berig dat die koöperasie drie komma vyf persent meer vir volroommelk betaal het as in Maart vanjaar. Fonterra meen die hoër prys is ‘n teken van ’n meer gebalanseerde vraag en aanbod van melk.
Wes-Kaapse melkprodusente vergader
Melkprodusente in die Wes-Kaap hou hierdie week ‘n reeks vergaderings in die provinsie se onderskeie streke. Vergaderings is reeds in George, Oudtshoorn en Riversdal gehou. Produsente in die Heidelberg-omgewing vergader vanmiddag om drie-uur by die NG Kerksaal. Verdere inligtingsessies sal Woensdag en Donderdag in Swellendam, Bredasdorp, Caledon en Malmesbury gehou word. Belangstellendes kan vir Liana Stroebel skakel by 084 264 1422.
Kaasfees om die draai
Liefhebbers van kaas word herinner aan die jaarlikse SA Kaasfees wat die komende naweek by Bien Donné tussen Franschhoek en die Paarl gehou word. Kaartjies is vooraf beskikbaar by Computicket en Checkers. Vir meer inligting, gaan na www.agriexpo.co.za.
Maandag, 20 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Grondhervorming loop sy rieme styf
Ses plase in Mpumalanga is deur ‘n groep gewapende begunstigdes buitgemaak. Die groep voer aan dat hulle besigheidsvennoot, Makhombo Farm Management, skuldig is aan wanbestuur van die projek. Business Day berig dat die grond in 2007 aan die Lugedlane gemeenskap oorhandig is, maar dat hulle nog geen voordeel getrek het uit die projek nie. Volgens Makhombo Farm Management kan dit egter nog twee of drie jaar neem voordat die projek ‘n wins toon.
Duitsland verban GM-mielievariëteit
Duitsland het verlede week bekend gemaak dat hy een van die saadreus, Monsanto, se geneties-gemodifiseerde mielievariëteite gaan verban. Dit was die enigste GM-gewas wat tot tot op hede in dié land toegelaat was. Independent Online berig dat die Duitse minister van landbou die verbouing van MON 810 mielies verban het, nadat ondersoeke getoon het dat dié variëteit ‘n gevaar vir die omgewing inhou. Duitse omgewingsaktiviste ondersteun die besluit.
België help landbou in Afrika
Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie, het bekend gemaak dat die Belgiese Ontwikkelingskorporasie ‘n bedrag van ses komma ses miljoen dollar bewillig het vir boere in Afrika. Die fondse sal deel vorm van die VLO se noodfonds vir Afrika-landbou. Die Belgiese bydrae sal onder meer aangewend word om kleinboere te help om mielieproduksie ‘n hupstoot te gee.
Kongo wink vir boere
Boere wat belangstel in die Kongolese regering se aanbod om daar te kom boer, kan op 29 April ‘n inligtingsdag in die Nigel-omgewing bywoon. Die dag word aangebied by die Lezar-opstal op die plaas, Groenfontein. ‘n Toegangsfooi sal gehef word en besprekings moet gedoen word by selnommer 083 261 6031. ‘n Verdere inligtingsdag sal gedurende die week van 5 Mei in die Wes-Kaap gehou word. Besonderhede sal nader aan die tyd bekend gemaak word.
Donderdag, 16 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Clover nie deur staking geraak
Die land se grootste vloot verkoelingsvragmotors van melkverwerker, Clover, is nie regstreeks beïnvloed deur die pas-afgelope staking van vragmotorbestuurders nie. Manie Roode, besturende direkteur van Clover in Afrika, het aan Agri Connect gesê dat die maatskappy se bestuurders merendeels lede van die Food and Allied Workers Union is. Ook Parmalat het aangedui dat hy minimale ontwrigting ervaar het weens die staking. Die vakbond, Satawu, het gister ‘n skikking bereik met werkgewers en die situasie sal vandag weer na normaal verkeer.
Gevaarligte flikker oor loonverskille
Die salarisverhogings vir bosbouwerkers is met agt komma sewe persent aangepas teenoor ‘n dertien persent verhoging vir landbouwerkers. Retha van der Merwe, bemarkingsbestuurder by die Landbouwerkgewersorganisasie, sê in ‘n persverklaring dat die LWO bekommerd is oor die impak wat die verhoging op boere se sakke sal hê. Dit is ook onduidelik waarom daar so ‘n groot verskil tussen die twee verhogings is. Die nuwe verhoging tree op 1 Maart in werking.
Uitvoere én invoere is op
Die Nasionale Landboubemarkingsraad sê in sy jongste Tradeprobe-publikasie, dat die uitvoer van landbouprodukte verlede jaar met een-en-vyftig persent toegeneem het. Invoere het met een-en-dertig persent toegeneem. Mielies en lemoene was tussen 2006 en 2008 die grootste uitvoerprodukte. Die waarde van rys-invoere het in hierdie tyd met meer as honderd-en-dertig persent gestyg.
Delareyville hou fees
Die Hervormde Kerk op Delareyville bied op twee Mei vanjaar sy Generaal Delareyfees aan. Talle pryse kan by dié fees losgeslaan word, waaronder beeste, skape, ‘n koedoe en kontantpryse. Belangstellendes kan vir Leslie Kern skakel by selnommer 083 588 1332.
RSG Landbou-kompetisie
Ons herinner graag aan ons RSG Landbou luisteraarskompetisie. Een gelukkige wenner staan hierdie maand kans om ‘n Gerber Multitool geborg deur AgriBonus, te wen. Besoek gerus ons webwerf by www.rsglandbou.co.za en volg die aanwysings.
Woensdag, 15 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Trekkerverkope daal
Die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie sê in ‘n persverklaring dat vyfhonderd-en-twaalf trekker-eenhede in Maart vanjaar verkoop is. Dit is twintig persent laer as in Maart verlede jaar. Trekkerverkope vir die jaar tot nou, is vyf persent laer as vir dieselfde tyd verlede jaar. Saama sê egter dat meeste van die fundamentele aspekte in die mark vir landboumasjinerie, steeds positief is.
Graan SA en ANC Vroueliga ontmoet
Graan Suid-Afrika en die ANC Vroueliga het onlangs buite Bothaville ontmoet om sake van gemeenskaplike belang te bespreek. Volgens die voorsitter van Graan SA, Neels Ferreira, het hoë voedselpryse, netto invoere van voedsel en volhoubare, swart kommersiële boerdery deel gevorm van die gesprekke. Yolande Botha, lid van die Vroueliga se nasionale uitvoerende raad, sê in ‘n persverklaring dat lede baie ingenome was met die aard van die besprekings.
PPC verbind tot ontwikkelende landbou
Pretoria Portland Sement, oftewel PPC, gaan een miljoen rand bydra tot die groei van ‘n voerkraalprojek op die plaas, Frankfort, buite Dwaalboom. Die maatskappy het verlede week ‘n ooreenkoms onderteken met die Thabazimbi plaaslike owerheid en die Bakgatla-Ba-Kgafela tradisionele owerheid. Die algemene bestuurder van PPC Dwaalboom, Hardie de Beer, sê in ‘n persverklaring dat ses-en-veertig plaaslike beesboere deur die projek bevoordeel sal word.
Sacau hou konferensie
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Landbou-unies, Sacau, hou vandag en môre sy jaarlikse beleidskonferensie in Durban. Verteenwoordigers van twaalf Afrikalande en talle ander ontwikkelingsinstansies woon die geleentheid by. Sacau se nuwe direksie sal Vrydag tydens sy algemene jaarvergadering verkies word. Sy huidige president, Ajay Vashee, is tans ook president van die internasionale federasie van landbouprodusente.
Maandag, 13 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri SA kry regshulp oor watterregte
Agri SA het verlede week met regslui vergader om die verhandeling van waterregte te bespreek, wat tans deur die departement van waterwese beperk word. Luidens ‘n verklaring van die organisasie hou die departement se optrede negatiewe implikasies vir die landbou in. Die regsoptrede volg meer as twee jaar se onsuksesvolle onderhandelinge met die departement.
VL wil staat hof toe vat oor grense
Die landbou-organisasie, Vrystaat-Landbou, het ‘n hofaansoek teen die Suid-Afrikaanse regering gebring oor die toestande aan die Lesotho-grens, waar boere deur misdaad geteister word. Die organisasie eis dat die staat die grensheining tussen die twee lande in stand moet hou en patroleer. Beeld berig dat indien die eis suksesvol is, dit opgevolg sal word met ‘n eis om skadevergoeding.
Opkomende boere loop onder veediewe deur
Intussen het opkomende boere in die Matatiele-distrik in die Oos-Kaap, wat aan Lesotho grens, die regering gevra om hulle teen veediewe van Lesotho, te beskerm. Die boere se versoeke dat die regering die grens in stand hou, het op dowe ore geval. Die SABC berig dat die boere ‘n protes-optog teen veediefstal beplan.
Wyngehalte vanjaar tops
Die gehalte van vanjaar se wyndruiwe-oes gaan uit die boonste rak wees. So sê Erhard Wolf, hoof van Distell se druiwe-aankope. Volgens Wolf het weerstoestande die plukseisoen verkort en druk op kelders geplaas, maar is die druiwe-oes uitstekend. Vanjaar se oes was vyf persent laer as verlede jaar, maar is produsentepryse sowat tien persent meer.
Donderdag, 9 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Noordwes landbou boer vooruit
Die ontwikkeling van opkomende boere in die Noordwes-provinsie, vorder goed. Cois Harman, ‘n kommersiële boer en lid van Agri SA, sê in ‘n persverklaring dat dertig opkomende boere sedert 2005 in die provinsie hervestig is. Hulle het reeds hulle lenings terugbetaal. Harman was vol lof vir die rol wat die provinsie se LUR vir landbou, Jan Serfontein, in die projekte vervul.
Natalse grondeise maak vordering
Die oorhandiging van eenduisend hektaar grond aan eisers op die Noordkus van KwaZulu-Natal, is uit talle oorde verwelkom. Die grond is geoormerk vir ‘n tien biljoen rand gemengde behuisingsprojek, waarin die gemeenskap van iDube ‘n twintig persent aandeel sal geniet. Die projek sluit die oprigting van vyfduisend huise, vier skole en ‘n sportskool in. The Mercury berig dat meer as eenduisend vierhonderd grondeise in die provinsie, nog onafgehandel is.
Boere en tradisionele leiers verenig
Tradisionele leiers het hulle by georganiseerde landbou in KwaZulu-Natal geskaar, in weerwil van die uitbreiding van eiendomsbelasting na landelike gebiede. Die president van Kwanalu, Robin Barnsley, sê in ’n verklaring op die organisasie se webblad, dat die impak van die wetgewing erger is as wat aanvanklik geraam is. Verdere vergaderings oor die aangeleentheid word in die vooruitsig gestel.
Dieselkorting moet gekoester word
Graan Suid-Afrika het ‘n beroep op sy lede en op ander graanprodusente gedoen, om die korting wat landbouprodusente tans op diesel ontvang, volgens die voorgeskrewe reëls te hanteer. Die organisasie sê in sy jongste nuusbrief dat baie produsente nie die beginsels van sogenaamde nat of droë basis verstaan en reg toepas nie. Vir meer inligting omtrent die korrekte toepassing van die korting, besoek Graan SA se webblad by www.grainsa.co.za .
Woensdag, 8 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Boere moet watervennote word
Die internasionale federasie van landbouprodusente het ‘n beroep gedoen op beleidmakers om veral kleiner boere te betrek by die bestuur van waterbronne. Die president van die federasie, Ajay Vashee, het tydens ‘n nuuskonferensie in Instanbul, Turkye, gesê dat landbouprodusente teen die jaar 2050, nagenoeg twee komma sewe biljoen mense van voedsel sal moet voorsien.
Nersa kondig tariewe aan
Die nasionale energiereguleerder van Suid-Afrika, oftewel Nersa, het verlede week sy riglyne vir hernieubare energietariewe aangekondig. ‘n Woordvoerder vir die organisasie, Thembani Bukula, het in ‘n persverklaring gesê dat die riglyne, beter bekend as Refit, ‘n omgewing skep waarbinne die regering sy hernieubare energieteikens vir 2013 kan bereik.
RPO vleispryse
Die Rooivleisprodusente-organisasie se nasionale gemiddelde riglynpryse van speenkalwers, staan hierdie week op dertien rand agt-en-dertig sent per kilogram. A-twee beesvleis is vier-en-twintig rand en vyf-en-vyftig sent per kilogram. B-twee beesvleis staan op een-en-twintig rand en sewenti sent. A-twee lam is drie-en-dertig rand twintig sent per kilogram en AB-twee skaap, ses-en-twintig rand twee-en-vyftig sent.
Iets vir elkeen by Nampo
Die organiseerders van die Nampo oesdag in Bothaville in die Vrystaat, sê dat besoekers hulle vanjaar kan verlustig in talle uitstallings waarin môre se tegnologie ten toon gestel sal word. Volgens Graan Suid-Afrika is ou gunstelinge soos die boerepatente-kompetisie weer op die program. Ons gesels net hierna met Jub Jubelius, voorsitter van die oesdag.
Dinsdag, 7 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Die room van suiwel beoordeel
Beoordeling in Suid-Afrika se jaarlikse suiwelkampioenskappe het verlede Donderdag in Bellville, Kaapstad plaasgevind. Kobus Mulder, bestuurder vir suiwel by Agri Ekspo, sê in ‘n persverklaring dat sewehonderd-en-sewentig inskrywings vanjaar beoordeel is. Die wenners sal tydens ‘n galadinee op 22 April in Stellenbosch aangekondig word. Die land se suiwelproduk van die jaar sal ook by die luisterryke geleentheid aangekondig word. Die jaarlikse SA Kaasfees volg kort op die hakke van die toekennings en skop op 24 April by die plaas, Bien Donné, naby Franschhoek af.
Katoenproduksie daal steeds
Katoen Suid-Afrika sê in sy jongste markverslag dat wêreld katoenproduksie na verwagting vir die derde agtereenvolgende seisoen sal afneem. Plaaslik dui die derde oesskatting vir die 2008/2009 produksiejaar, op ‘n totale katoen-oes van veertig-duisend negehonderd-ses-en-dertig bale vesel. Dit is drie persent minder as verlede maand se skatting en agtien persent laer as die vorige seisoen.
Plaaswerkers kry huise
Plaaswerkers van Willow Park naby Zeerust, het verlede week sestig nuwe wooneenhede van die Noordwes LUR vir plaaslike regering en behuising ontvang. Buanuus berig dat die uitvoerende burgemeester van die plaaslike distriksmunisipaliteit, Themba Gwabeni, ook elf koeie en honderd-drie-en-dertig bokke aan die gemeenskap geskenk het, om boerdery en kosproduksie ‘n hupstoot te gee.
Agri SA herinner aan eiendomsbelasting
Agri SA sê in sy jongste nuusbrief dat sy lede kennis moet neem van die feit dat die wet op eiendomsbelasting op een Julie vanjaar in werking tree, behalwe in gevalle waar die provinsiale LUR’e vir plaaslike regering, uitstel verleen het. Agri SA en sy affiliasies het verlede jaar ‘n reeks inligtingsessies aangebied, waarin die inhoud van die wet aan sy lede verduidelik is.
Maandag, 6 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Capespan word Kiku-vennoot
Suid-Afrika se voorste uitvoerder van vrugte, Capespan Exports, het die land se eerste uitvoerder geword om ‘n bemarkingslisensie vir die sogenaamde Kiku-handelsmerk te ontvang. Capespan sal dié handelsmerk gebruik om Fuji-appels te produseer en bemark. Jaco Smit, hoof tegniese diensbestuurder by die maatskappy, sê in ‘n persverklaring dat Capespan sy produsente sal bystaan om nagenoeg eenhonderd hektaar se boorde aan te plant oor die volgende vier tot vyf jaar.
G8 landbou-spitsberaad om die draai
Die eerste G-agt spitsberaad oor landbou vind van 18 tot 20 April vanjaar in Cison di Valmarino in die Italiaanse provinsie, Treviso, plaas. Die beraad is daarop gemik om knelpunte in die wêreld-landbousituasie aan te spreek en die toekoms van landbou te herontwerp. Instansies soos die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie en die Wêreldbank, sal dié beraad bywoon.
Vaal pyplyn kan kragprobleme verlig
Die honderd-een-en-twintig kilometer lange Vaal pyplyn, is verlede Woensdag amptelik deur die minister van waterwese en bosbou, Lindiwe Hendricks, geopen. Die twee komma vyf miljoen rand se projek sal in ‘n groot deel van Eskom en Sasol se waterbehoeftes in die Mpumalanga Hoëveld-distrik voldoen. Die pyplyn pomp water uit die Vaaldam en eindig in twee damme naby die dorp, Secunda.
Bysiekte kan bedryf lamlê
‘n Amerikaanse byesiekte wat etlike weke gelede in die Wes-Kaap geïdentifiseer is, kan die provinsie se heuningbedryf lamlê. Die Wes-Kaapse departement van landbou sê in ‘n persverklaring dat byeboere aangeraai word om nie byekos te gee wat heuning of stuifmeel bevat nie. Boere wat vermoed dat hulle kolonies met die sogenaamde American Foulbrood besmet is, kan vir Mike Allsopp by die Landbounavorsingsraad skakel by telefoonnommer 021 887 4690.
Donderdag, 2 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Beter opbrengs vir nuwe kultivar
Die saadreus, Monsanto, sê dat hy vanjaar drie nuwe mieliekultivars vir die besproeiingsmark gaan bekend stel. Die maatskappy se produkbestuurder vir saad, Bright Breytenbach, sê in ‘n persverklaring dat een van die kultivars ’n opbrengsverhoging van tot vyftien persent beter as enige bestaande kultivar kan behaal.
Lawaaikamp-eisers word vergoed
Meer as vyfhonderd begunstigdes in ‘n grondeis in die Suid-Kaap, is hierdie week vergoed nadat hulle tien jaar moes wag vir die afhandeling van hulle eis. Inwoners van Lawaaikamp naby George het die eis ingedien nadat hulle in die negentien-tagtigs van die grond verwyder is. Die minister van landbou, Lulu Xingwana, was teenwoordig by die ondertekeningseremonie.
Besproeiingskema word oorhandig
Die Limpopose LUR vir landbou, Dikeledi Magadzi, het vanoggend die gerehabiliteerde Mbahela Besproeiingskema aan ‘n groep van ses-en-tagtig begunstigdes oorhandig. Die skema vorm deel van die groter vierhonderd-en-negentig hektaar Tshiombo besproeiingskema. ‘n Honderd-en-een hektaar is gerehabiliteer en ten volle geoutomatiseer.
Zimbabwiese plaasbesettings moontlik op einde
Die Zimbabwiese regering sê dat hy onmiddellik ‘n einde gaan maak aan plaasbesettings, sodat sy ekonomiese herstel kan begin. Beeld berig dat dié land se ministerie van ekonomiese beplanning, gesê het dat plaaslike boere voortaan onbelemmerd met hulle boerdery sal kan voortgaan.
Oorstromings op pad
Die Verenigde Nasies waarsku dat swaar reën in die komende maande tot oorstromings in Suider-Afrika kan lei. Volgens dié organisasie se webblad, het oorstromings in Namibië en Madagaskar reeds talle plase verwoes.
Woensdag, 1 April 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri Inspec vlek bedrogspul oop
Die Melkprodusente-organisasie se moniteringsmaatskappy, Agri Inspec, het daarin geslaag om ’n bedrogspul in die olyfoliebedryf bloot te lê. Die maatskappy het agt jaar gelede ’n ondersoek na ongerymdhede in die oliemark geloods, en gevind dat gewone sonneblom-olie as ingevoerde olyfolie verkoop word. Die eienaar van die maatskappy wat die olie versprei het, is verlede week ’n boete van ’n kwart miljoen rand of drie jaar tronkstraf opgelê.
Perdesiekte breek landwyd uit
Die Wes-Kaapse landboudepartement het die beweging van perde ingeperk, ten einde ’n uitbreek van perdesiekte hok te slaan. Die African Horse Sickness Trust rapporteer op sy webblad dat Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal die ergste deur die siektes geraak word. Die departement het perde-eienaars gemaan om nie hulle perde van dié provinsies na die Wes-Kaap te verskuif nie.
Zimbabwe wil biobrandstof vervaardig
Die Nasionale Oliemaatskappy van Zimbabwe het aangekondig dat hy jatrofa plante gaan gebruik om biobrandstof te vervaardig. Volgens die maatskappy kan hulle sowat tien persent van die land se brandstofbehoeftes met dié plante produseer. Fin 24 berig dat meer as eenhonderd duisend hektaar se grond vir dié doel benut gaan word.
Bergbrande ruk hand uit
Die massiewe brand wat verlede week in die Tsitsikamma-berge uitgebreek het, het reeds meer as twintig duisend hektaar se plantasies verwoes. Die Burger berig dat brandbestryders steeds sukkel om die brande te blus, namate sterk winde en droë toestande die vure aanblaas. Ongeveer veertig hektaar se vrugteboorde het ook in die slag gebly.
Fluitende wortels in jou pot
Die universiteit van Dajare in Japan, het die wêreld se eerste fluitende wortels ontwikkel. Dié geneties-gemodifiseerde wortel het gaatjies wat meebring dat die wortel fluit wanneer dit gaar is. Professor Apli Fu, ’n navorser aan die universiteit, het gesê dat die wortels as ketelwortels bekend sal staan.
Dinsdag, 31 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
MPO herstruktureer
Die Melkprodusente-organisasie sê dat hy gaan herstruktureer op grond van aanbevelings deur bestuurskonsultante en die Uitvoerende Komitee van die MPO. Die MPO sê in ‘n verklaring dat die Mposa-groep se kernfiliale in die MPO geïnkorporeer sal word, ten einde optimale dienste aan melkprodusente te lewer. Die organisasie sê dat hy sodoende nóg meer doeltreffend kan optree in belang van die melkprodusent.
Goeie nuus vir landbouers
Landbou-organisasie, Agri SA, sê dat die onlangse daling in die rentekoers, goeie nuus vir die landbou is. Volgens Johan Pienaar, adjunk uitvoerende direkteur van dié organisasie, bring die daling van een persentasiepunt mee dat dié sektor vanjaar vierhonderd-en-sewentig miljoen rand sal bespaar. Volgens Pienaar verlaag dit ook die risikoblootstelling van finansierders aan die landbou.
Boere moet vergoed word
Die Pretoriase hooggeregshof hof het beslis dat boere in Limpopo vergoed moet word vir plase wat die regering vir grondhervormingsdoeleindes by hulle gekoop het. Beeld berig dat die boere se plase reeds aan begunstigdes oorgedra is, maar dat die boere nog nie daarvoor vergoed is nie.
RPO vleispryse
Die Rooivleisprodusente-organisasie se nasionale gemiddelde riglynpryse van speenkalwers, staan hierdie week op dertien rand twee-en-veertig sent per kilogram. A-twee beesvleis is vier-en-twintig rand en vyf-en-twintig sent per kilogram. B-twee beesvleis staan op een-en-twintig rand en ses sent. A-twee lam is drie-en-dertig rand drie-en-sewentig sent per kilogram en AB-twee skaap, ses-en-twintig rand en vyf sent.
MPO roetevergaderings vind plaas
Die Melkprodusente-organisasie Wes-Kaap hou vanaf twintig tot drie-en-twintig April ‘n reeks inligtingsvergaderings in dié provinsie. Dié vergaderings sal fokus op Wes-Kaapse suiwelsake. Belangstellendes kan vir Liana Stroebel by 084 264 1422 kontak vir meer inligting.
Maandag, 30 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
xVir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Plaaswerkers moet plase kry
Agri SA het tydens ‘n nuuskonferensie verlede week in Pretoria, gesê dat die regering sy beleid van “gebruik dit of verloor dit”, moet hersien. Doktor Theo de Jager, adjunkpresident van Agri SA, sê dat dit tot onnodige konflik tussen landbou-unies en die regering kan lei. Volgens De Jager moet plaaswerkers voorkeur kry in die grondhervormingsproses, omrede hulle ondervinding in boerdery het.
Minder mielies verwag
Die verwagte mielie-oes vir die 2008/2009 seisoen, staan op bykans elf komma twee miljoen ton. Dit is slegs komma twee drie persent laer as die vorige skatting. Luidens ’n verklaring deur die Oesskattingskomitee kan die opbrengs van witmielies, wat tans op ses komma vyf miljoen ton staan, afwaarts aangepas word weens bestuiwingsprobleme wat deur sommige produsente ervaar is.
Opkomende boere kry stropers
Die Oos-Kaapse LUR vir landbou het verlede week ‘n stroopmasjien aan opkomende boere in die Matatiele-distrik oorhandig. Luidens ‘n verklaring deur dié provinsie se landboudepartement, sal die stroper deur drie plaaslike gemeenskappe gebruik word. Die department het vroeër die maand meer as twintig trekkers aan opkomende boere in ander dele van die provinsie oorhandig.
Storm verwag
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat ‘n tropiese storm wat oor Madagaskar woed, moontlik dele van Suid-Afrika kan affekteer. Beeld berig dat ‘n verteenwoordiger van die Weerdiens gesê het dat Mpumalanga en Limpopo deur swaar reën en vloede geteister kan word. Veral boere word gemaan dat die storm vroeg hierdie week in dié provinsies verwag kan word.
Donderdag, 26 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Plaaslike voedselpryse daal nie
Die Verenigde Nasies se voedsel- en landbou-organisasie sê dat voedselpryse in vyf-en-vyftig ontwikkelende land, nie globale prysneigings volg nie. Die National Basic Food Prices Data and Analysis Tool, toon dat voedselpryse in Suid-Afrika stadig of glad nie gedaal het nie. Die VN sê in ’n verklaring dat dié databasis ontwikkel is om globale voedselpryse te monitor.
Nuwe maatreëls vir pluimveebedryf
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging het vroeër vanjaar by die minister van landbou aansoek gedoen om die instelling van statutêre maatreëls in die plaaslike pluimveebedryf. Die minister het die aansoek na die Nasionale Landboubemarkingsraad verwys vir verdere ondersoek. Luidens ‘n verklaring deur die LNR is die doel van die maatreëls om telers van braaikuikens en verskaffers van verpakkingsmateriaal vir eiers, te verplig om by die SAVP te registreer.
Oos-Kaap brande verwoes plase
‘n Brand wat teen die hange van die Tsitsikamma-berge in die Oos-Kaap ontstaan het, het miljoene rande se skade aan meer as twintig hektaar vrugteboorde aangerig. Die Burger berig dat ’n denneboomplantasie en talle byekorwe ook verwoes is. Die brand het waarskynlik ontstaan nadat ‘n plaaswerker ’n hoop rommel verbrand het.
RSG Landbou wenner aangekondig
Jan Grobler van Sasolburg is die eerste wenner in die RSG Landbou-kompetisiereeks. Grobler het ‘n eksemplaar van die boek, Cattle Breeds of South Africa, losgeslaan. ‘n Verheugde Grobler het aan Agri Connect gesê dat die boek handig te pas sal kom wanneer hy sy eie boerdery begin. April se kompetisie word deur die lojaliteitsprogram, AgriBonus, geborg en deelnemers staan ‘n kans om ‘n Gerber Multitool te wen. Besoek www.rsglandbou.co.za vir meer inligting.
Woensdag, 25 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri SA teken ooreenkoms met Kongo
Landbou-organisasie, Agri SA, sê dat boere wat belangstel om in die Republiek van Kongo te gaan boer, gratis plase van dié land se regering sal ontvang, op voorwaarde dat hulle dit produktief gebruik. Theo de Jager, adjunkpresident van Agri SA, het aan Agri Connect gesê dat meer as tien miljoen hektaar landbougrond beskikbaar gemaak sal word vir die program.
Boere kan tweede opinie kry
Graan SA sê in ‘n persverklaring dat produsente wat bestuiwingsprobleme met mieliekultivars ondervind, van Santam Landbou se onafhanklike skadebepaling gebruik kan maak, indien hulle nie tevrede is met saadreus, Monsanto, se skadebepalings nie. Monsanto het intussen self versoek dat produsente hulle lande vir moontlike bestuiwingskade moet ondersoek, sodat vertragings in die takseringsproses voorkom kan word. Monsanto waarsku dat produsente wat die DKC 78-45BR, DKC 78-35R en DKC 77-71R-sade aangeplant het, nie bloot moet aanvaar dat dit nie bestuif het nie.
Biodiversiteit is belangrik
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Biodiversiteit, het tydens ‘n werkswinkel gister in Pretoria, gesê dat veral veeboere ‘n groot rol kan speel in die handhawing van ‘n volhoubare ekostelsel. Volgens ‘n beampte van die instituut, kan watervoorrade en graslande in Suid-Afrika tot niet gaan, indien boere nie nou al gesonde boerderymetodes toepas nie.
Pampoenfees lewer ‘n rekord op
Die jaarlikse Goliat van Gat pampoenkompetisie is verlede Saterdag by die Pioniersmuseum in Pretoria gehou. Vanjaar se wenpampoen is deur Lood Fourie ingeskryf en het eenhonderd ses-en-vyftig kilogram geweeg. Die grootste pampoenpastei ter wêreld is ook tydens dié geleentheid gebak. Die pastei van byna een komma vyf ton, het die vorige rekord met vyfhonderd kilogram oorskry.
Dinsdag, 24 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Woolworths steun waterskema
Die handelsreus, Woolworths, het bekend gemaak dat hy hom by die World Wide Fund se neutrale waterskema skaar. Woolworths sal ingevolge dié skema, help om indringerplante in riviere op die plase van sy verskaffers uit te roei. Luidens ‘n verklaring sal die projek die produktiwiteit van landbougrond verhoog. Sowat sestig persent van Suid-Afrika se water word vir besproeiing gebruik.
Zim boere steeds geteister
Die Zimbabwiese regering dwing steeds boere van hul plase af. Volgens ‘n berig in dagblad, Beeld, is talle boere onlangs weer gedreig en ‘n melkboer in die Chegutu-distrik is dakloos gelaat, nadat lede van die heersende partye sy plaashuis geplunder het. Zimbabwe ondervind tans ‘n melktekort en moet melk vanuit Suid-Afrika invoer.
Ghana soek SA boere
Die regering van Ghana in Wes-Afrika, gaan gratis plase gee aan Suid-Afrikaanse boere wie bereid is om in dié land te boer. Die Sondagkoerant, Rapport, berig dat Suid-Afrikaanse boere president John Atta Mills se eerste keuse is om die land se landboubedryf reg te ruk. Die Republiek van die Kongo het vroeër vanjaar ‘n soortgelyke projek geloods. Saai- en veeboere wat belangstel, kan hulle aansoeke e-pos na james@itradetoday.com of kan dit faks na 086 552 7179.
Melamien-seminaar binnekort aangebied
‘n Seminaar oor die voorkoms van melamien in die voedselketting, word op een April deur die Universiteit van Stellenbosch aangebied. Die seminaar sal fokus op die verskeie aspekte van melamien en die invloed wat dit op voedsel het. Sprekers sluit professors Fred Reyers en Chris Cruywagen in. Belangstellendes kan vir Adelé Botha skakel by 021 808 4737.
Maandag, 23 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Plaaswerkers mag stem
Verskeie landbou-unies het verlede week ‘n dokument onderteken waarvolgens voorsiening gemaak word dat plaaswerkers deur hulle werkgewers toegelaat sal word om in vanjaar se verkiesing te stem. Die onafhanklike verkiesingskommissie het ook die dokument onderteken. Luister net na die nuus wanneer André Botha, dagbestuurslid van Agri SA, meer hieroor gesels.
Melkkartel dagvaardigings ongeldig verklaar
Die Mededingingstribunaal het die dagvaardigings op twee lede van die sogenaamde melkkartel, ongeldig verklaar. Die tribunaal voer aan dat die dagvaardigings teen Milkwood Dairy en Woodlands Dairy te vaag was. Die tribunaal het egter gesê dat hulle ‘n instandhoudingsbevel teen dié lede ingestel het. Die kommissie sal steeds met sy ondersoek voortgaan.
Byeboere vrees dodelike siekte
Die Wes-Kaapse heuningbedryf loop gevaar om deur ‘n siekte lamgelê te word. Dié siekte, wat jong bye doodmaak, is onlangs vir die eerste keer in Suid-Afrika aangeteken. Die departement van landbou is tans besig om noodmaatreëls in te stel om die verspreiding van die siekte te keer. Beeld berig dat ingevoerde, onbestraalde heuning moontlik die bron van die siekte is.
Wolvooruitsigte lyk goed
Wolbemarkingsvooruitsigte is merkbaar meer positief vergeleke met ‘n paar weke gelede. Dit kom nadat Sjinese verwerkers sterker tot die mark toetree om groter volumes te verseker. Hoewel tekstielverbruik in Japan met vyf persent gedaal het, het die vraag na wol met sewe persent gestyg, tesame met die Italiaanse luukse maatskappye wat ‘n drie persent groei getoon het.
Donderdag, 19 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Waar is regeringsteun?
’n Studie deur die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling, toon dat staatsondersteuning vir landbou in Suid-Afrika, die laagste onder verskeie ontwikkelende lande is. Beeld berig dat die vlak van ondersteuning aan plaaslike boere oor die afgelope tien jaar wesenlik gedaal het. Die organisasie het die landboubeleid van sewe ontwikkelende lande ondersoek.
TLU SA kap na regering
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika het hom uitgespreek jeens regeringsuitsprake dat grond wat nie reg aangewend word nie, van opkomende boere weggeneem sal word. Professor Koos de la Rey het in ‘n verklaring gesê dat die regering eerder die herverdeling van grond moet staak, totdat die grond wat wel oorgedra is, produktief benut word.
Nog brandstofprysstygings wag
Die prys van petrol sal op een April met sewe-en-twintig komma vyf sent per liter styg, terwyl diesel met twee-en-twintig komma vyf sent per liter sal styg. Doktor John Purchase, hoofuitvoerende beampte van die Landboubesigheidskamer, het aan Agri Connect gesê dat voedselpryse dienooreenkomstig behoort te styg, alhoewel nie teen ‘n hoër tempo as wat tans die geval is nie.
Gardenex tuinskou om die draai
Die jaarlikse Gardenex skou skop binnekort by die Johannesburgse Coca-Cola Dome af. Liefhebbers van plante en tuinmaak kan dié geleentheid van sewe-en-twintig tot nege-en-twintig Maart besoek. Die ekspo bied onder andere ‘n boeke-uitstalling deur Briza Uitgewers. Ander besienswaardighede sluit Koi-damme, tuinmaakkompetisies en geselsies deur bekende tuinboukundiges in.
RSG Landboukompetisie
Luisteraars word herinner aan die RSG Landbou luisteraarskompetisie waarin die boek, Cattle Breeds of South Africa, gewen kan word. Besoek www.rsglandbou.co.za vir meer inligting.
Woensdag, 18 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Nestlé help plaaslike gemeenskappe
Die suiwelverwerker, Nestlé Suid-Afrika, het aangekondig dat hy sy produksieaanleg in Harrismith in die Vrystaat gaan uitbrei. Dié uitbreiding, wat die aanbou van ‘n nuwe produksielyn behels, gaan meer werksgeleenthede vir die plaaslike gemeenskap skep. Nestlé sê ook in ‘n verklaring dat hy sal voortgaan om opkomende swart boere in Harrismith geldelik te ondersteun.
Oos-Kaapse boere kry trekkers
Die Oos-Kaapse LUR vir landbou, Gugile Nkwinti, het vandeesweek ‘n veldtog geloods waarin sy departement trekkers en stropers aan opkomende boere in die provinsie sal oorhandig. Volgens Nkwinti is die veldtog deel van hulle sogenaamde groen revolusie. Buanuus berig dat die departement verlede jaar talle lewendehawe aan opkomende boere oorhandig het.
Visboerdery in die pyplyn
’n Sake-onderneming wat in akwakultuur spesialiseer, sê dat hy ‘n forelboerdery in die Sterkfonteindam wil begin. Volgens Etienne Hinrichsen, die uitvoerende hoof van AquaEco, kan forelboerdery voedselsekerheid aan miljoene Suid-Afrikaners bring. Luidens ‘n berig in Sake 24, sal die boerdery sowat vyftig ton forel per jaar kan produseer.
Gardenex tuinskou om die draai
Die jaarlikse Gardenex skou skop binnekort by die Johannesburgse Coca-Cola Dome af. Liefhebbers van plante en tuinmaak kan dié geleentheid van sewe-en-twintig tot nege-en-twintig Maart besoek. Die ekspo bied onder andere ‘n boeke-uitstalling deur Briza Uitgewers, en besoekers kan kennis maak met die outeurs van verskeie planteboeke. Ander besienswaardighede sluit Koi-damme, tuinmaakkompetisies en geselsies deur bekende tuinboukundiges in.
Dinsdag, 17 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Slenkdalkoors onder beheer
Die KwaZulu-Natalse landbou-unie, Kwanalu, sê dat die uitbreek van slenkdalkoors in dié provinsie onder beheer is. Luidens ‘n verklaring deur die organisasie, het die siekte nie na ander plase versprei nie. Kwanalu waarsku egter dat boere steeds hulle diere teen die siekte moet inent. Dit volg nadat gevalle van slenkdalkoors etlike weke gelede in dele van die provinsie aangemeld is.
LWO sprei sy vlerke
Die Landbouwerkgewersorganisasie het aangekondig dat hy nou ook nywerhede buite die landbou bedien. Die organisasie sal voortaan bekend staan as die LWO Werkgewersorganisasie. Retha van der Merwe, bemarkingsbestuurder van die LWO, sê dat hulle gerat is om enige werkgewer by te staan met arbeidsprobleme.
MPO mediadag ‘n sukses
Die Melkprodusente-organisasie het Vrydag ‘n uiters suksesvolle melk-mediadag vir lede van die pers aangebied. Die dag was daarop gemik om die media oor die funksies van die MPO in te lig en om die voordele van suiwelprodukte uit te lig. Luister net ná die nuus wat Raymond Erasmus, mede-eienaar van die plaas Jasmyn naby Hartbeespoortdam, oor die dag te sê het.
Eerste Agri Kaap Week om die draai
Die eerste Agri Cape Week vind van sestien tot agtien April by die Hoër Landbouskool Boland in die Paarl plaas. Dié landbou-ekspo sal op die vrugte-, wingerd- en groentebedrywe fokus. Die ekspo bied onder meer uitstallings, werkwinkels en vertonings. Belangstellendes kan vir Hanno Maritz van Agri Promo skakel by 028 424 2890.
Maandag, 16 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Clover sluit kaasfabriek
Die suiwelverwerker, Clover, gaan sy kaasfabriek in Wesselsbron buite Welkom teen einde Mei vanjaar sluit. Die maatskappy sê dat hoë produksiekostes die belangrikste rede vir dié stap is. Die vakbond, Solidariteit, het in reaksie hierop in ‘n persverklaring gesê dat die sluiting van die fabriek ‘n terugslag vir die plaaslike gemeenskap sal wees. Bykans negentig werknemers sal hulle werk verloor.
Pasop vir melamien in vismeel
Die hoofuitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse varkvleisprodusente-organisasie, Simon Streicher, het verlede week gewaarsku dat ingevoerde vismeel moontlik met melamien besmet kan wees. Streicher het aan Agri Connect gesê dat produsente moet ligloop vir goedkoop vismeel. Hy raai hulle aan om alle vismeel vir melamien te laat toets, voordat dit aangekoop word.
Agri SA haastig vir skut-wetgewing
Landbou-organisasie, Agri SA, sê die finalisering van die Nasionale Wetsontwerp op Skutte, wat die skut van vee reguleer, is nou noodsaaklik. Dié organisasie sê in ‘n nuusbrief dat die minister van landbou al byna vier jaar lank sloer met die publisering van die wet vir kommentaar. Volgens Agri SA ondervind talle boere probleme om vee wat hulle eiendom betree, te skut.
Monsanto wys wenners aan
Drie boere het Vrydagaand tydens ‘n funksie in Pretoria, elk ‘n trekker losgeslaan in saadmaatskappy, Monsanto, se trekkerkompetisie. Riaan Taljaard, Danie Snyman en doktor Piet van Wyk, het elk ‘n trekker ter waarde van een komma een miljoen rand gewen. Snyman het sy dank teenoor Monsanto uitgespreek en gesê dat hy die trekker sal gebruik om sy bydrae tot kosproduksie in die land te maak.
Donderdag, 12 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Volstruisplaas word oorhandig
Die minister van landbou, Lulu Xingwana, het gister ‘n mislukte volstruisplaas by Hammanskraal duskant Pretoria, aan ‘n koöperasie bestaande uit vier vrouens oorhandig. Xingwana het verlede maand gesê dat sy alle onproduktiewe plase sal terugneem en aan ander opkomende boere gaan gee. Sy het gesê dat haar departement sy volle steun aan die nuwe begunstigdes sal gee.
Kyk eerder na gapings, vra MPO
Xingwana het ook Vrydag tydens ‘n beraad oor hoë voedselpryse, gesê dat melkprodusente deur verwerkers uitgebuit word. Die Melkprodusente-organisasie het in reaksie gesê dat hy nie heeltemal saamstem met haar uitlating nie. Volgens Etienne TerreBlanché, besturende direkteur van die MPO, moet die minister eerder vra waarom die gaping tussen produsente- en verbruikerspryse vergroot.
Varkvleis invoere laer
Volgens die Suid-Afrikaanse varkvleisprodusente-organisasie het Suid-Afrika verlede jaar minder varkvleis ingevoer as voorheen. Jacobus Hoffman, voorsitter van die organisasie se bedryfsbeskermingskomitee, sê in ‘n nuusbrief dat dié verlaging aan verswakte randwaarde en internasionale markneigings toegeskryf kan word.
TLU ploeg voort met ondersoek
Die Transvaalse landbou-unie van Suid-Afrika sê dat sy ondersoek na die skerp styging in kunsmispryse voortgaan, ondanks ‘n tekort aan fondse. Die organisasie sê in ‘n verklaring dat verdere prysstygings verwag word en dat die ondersoek dus moet voortgaan.
Registreer nou vir suiwelkonferensie
Die vyfde African Dairy Conference and Exhibition sal van vyf tot sewe Augustus in Boksburg, Gauteng, plaasvind. Die kongres word aangebied onder die vaandel van die Eastern and Southern African Dairy Association. Belangstellendes kan www.dairyafrica.com besoek vir meer inligting.
Woensdag, 11 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri SA slaan slag vir grondeienaars
Agri SA het ‘n slag geslaan vir grondeienaars wie se mineraalregte ingevolge die Wet op die Ontwikkeling van Minerale- en Petroleumhulpbronne onteien is. Agri SA sê in ‘n verklaring dat ‘n onlangse beslissing deur die hooggeregshof in Pretoria, kán beteken dat benadeelde grondeienaars deur die staat vergoed sal moet word. Die staat het nog nie op die beslissing gereageer nie.
NERPO ondersteun landbouminister
Die nasionale opkomende rooivleisprodusente-organisasie het die minister van landbou se besluit om onproduktiewe grond van begunstigdes terug te neem, geprys. Die organisasie sê in ‘n verklaring dat opkomende boere die nodige mentorskap en leiding van die regering moet kry, voor hulle grond kry.
Landboumasjinerie verkope bly sterk
Die jongste verslag van die Suid-Afrikaanse landboumasjinerie-organisasie, dui daarop dat trekkerverkope vir Februarie laer is as vir dieselfde tyd verlede jaar. Jaar-op-jaar trekkerverkope is egter een komma sewe persent hoër, terwyl stroperverkope met meer as negentig persent gestyg het.
Lae suiwelpryse affekteer produsente
Die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie sê dat die plaaslike suiwelbedryf onder druk geplaas word deur dalende suiwelpryse. Dit volg op die nasionale landboubemarkingsraad se jongste verslag oor kleinhandelpryse. Sampro sê in ‘n verklaring dat die laer pryse onder meer toegeskryf kan word aan ‘n verswakking in die verbruikersmark.
Minder graanvoorrade kan Afrika lamlê
Die president van die Graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika, Annatjie Loio, het tydens dié organisasie se algemene jaarvergadering gesê dat meer as sestien miljoen ton graan die afgelope seisoen plaaslik hanteer is. Voorspellings dui egter daarop dat voorrade binne die volgende vyf jaar met ‘n derde sal krimp. Volgens Loio sal die Afrika-kontinent die ergste deur dié dalings geraak word.
Dinsdag, 10 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri SA ondersteun nie beleid nie
Agri SA sê dat hulle nie die minister van landbou se beleid om onproduktiewe plase terug te neem, onvoorwaardelik kan ondersteun nie. Dit is gegrond op 'n uitganspunt dat die begunstigdes van grondhervorming hulle plase moedswillig verwaarloos. Die organisasie sê in ‘n verklaring dat die minister eerder die amptenare onder haar bestuur verantwoordelik moet hou vir hul versuim om tydig vestigingshulp aan nuwe boere te verleen.
Brandgevaar in die Wes-Kaap
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gewaarsku dat weerstoestande in die Wes-Kaap brande kan laat opvlam. Dit kom nadat daar verlede week ‘n bergbrand in die Paarl-omgewing uitgebreek het. Sowat vyf duisend hektaar fynbos, plantasies, sowel as talle wingerde en vrugteboorde is verwoes. Volgens die weerdiens se webblad kan die hittegolf en sterk winde wegholbrande aanvuur.
Minder wyn, beter gehalte
Die wyndruif-oes van 2009 blyk agt komma vyf persent minder te wees as verlede jaar se rekordoeste. Die Suid-Afrikaanse wynbedryf-inligting en -stelsels het in ‘n verklaring gesê dat hoewel die oeste minder gaan wees, gehalte nie geraak gaan word nie. Plaaslike wynverkope gaan na verwagting daal, terwyl uitvoere met bykans een-en-dertig persent sal klim.
Agri Inspec slaan toe
Die Melkprodusente-organisasie se moniteringsmaatskappy, Agri Inspec, het welslae behaal met die monitering van in- en uitvoere van graangewasse in Namibië. Die maatskappy het in Desember verlede jaar nuwe regulasies rakende die vervoer van graangewasse ingestel. Jan Brits, die projekbestuurder, gesels net na die nuus oor die dienste wat Agri Inspec in Namibië lewer.
Maandag, 9 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Melkprodusente word uitgebuit, sê Lulu
Lulu Xingwana, die minister van landbou, het tydens ‘n spitsberaad oor hoë voedselpryse verlede week gesê dat melkprodusente deur verwerkers uitgebuit word. Etienne Terre’blanche, besturende direkteur van die Melkprodusente-organisasie, het gesê meer deursigtigheid is in die suiwelbedryf nodig ten einde mededingend aan te moedig. Volgens Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, is daar nie genoeg mededinging in die landboubedryf om goedkoper voedsel te verseker nie.
Lulu wil volstruisplaas regruk
Intussen het die minister van landbou verlede week gesê haar departement gaan ingryp in die Ostrich Oasis-projek, nadat dié bemagtigingsprojek gefaal het. Agri Connect het verlede maand berig dat die volstruisplaas tot niet gegaan het, omdat die eienaars nie oor voldoende boerderykennis beskik het nie. Beeld berig egter dat die plaaseienaars die department van onvoldoende steun beskuldig.
Merinoaanwyser styg weer
Die Cape Wools merino-aanwyser het die afgelope week met ses komma drie persent gestyg. Dit bring die afgelope twee weke se styging op bykans tien persent te staan. Luidens ‘n verklaring van Cape Wools, kan dié styging aan die swakker rand toegeskryf word. Nagenoeg nege en ‘n half duisend bale sal volgende week opgeveil word.
Inwoners bekommerd oor visplaas
Inwoners van Mosselbaai is ongelukkig oor ‘n visplaas wat die vismaatskappy, I&J, in die monding van die Klein-Brakrivier wil oprig. Die Burger berig dat daar kommer bestaan oor die impak van die visplaas op haaie en walvisse se migrasieroetes, en dus ook op die plaaslike toerismebedryf.
Donderdag, 5 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Slenkdalkoors is onder beheer
Die uitbreek van slenkdalkoors in dele van KwaZulu-Natal, blyk onder beheer te wees. Dié oordraagbare siekte, wat verlede week op ses plase in die provinsie uitgebreek het, het na wat verneem word, gelei tot die dood van meer as sestig stuks vee. Harvey Anderson, ‘n boer van Donnibrook, het aan Agri Connect gesê dat boere in die provinsie tans hulle vee teen die siekte inent.
Die hoof staatsveearts het ook gemaan dat boere en plaaswerkers beskermende klere moet dra wanneer daar met geaffekteerde vee gewerk word. Volgens Quentin Simpson, ‘n melkprodusent in die provinsie, word die siekte gewoonlik na swaar reëns deur muskiete versprei.
Karooboere help mekaar
Boere in die droogtegeteisterde Karoo het ‘n helpende hand na sukkelende mede-produsente uitgereik. Luidens ‘n verklaring deur Agri Mega, het verskeie boere meer as sestig ton voer aan ander produsente geskenk. Die Wes-Kaapse minister van landbou het die inisiatief van stapel gestuur.
Mpumalanga vorder met grondhervorming
Die departement van landbou in Mpumalanga, het die afgelope vyf jaar bykans driehonderd duisend hektaar grond aan landelike gemeenskappe oorhandig. Die departement het aan News 24 gesê dat hulle nog dertig persent grond voor 2014 aan gemeenskappe moet oorhandig.
SA eet meer rooivleis
Moeilike ekonomiese omstandighede het daartoe gelei dat Europese verbruikers minder rooivleis eet. In Suid-Afrika lyk die prentjie egter anders. Volgens Dave Ford, voorsitter van die Suid-Afrikaanse voerkraalvereniging, sukkel plaaslike vleisprodusente om by die plaaslike aanvraag na rooivleis te hou. Vars vleispryse het die afgelope jaar dienooreenkomstig met bykans agt persent gestyg.
Woensdag, 4 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Voedselprysverslag bekend gemaak
Suid-Afrika se voedselprys-inflasie het met een persent verminder sedert Desember verlede jaar, maar voedselpryse bly hoog. Luidens die nasionale landboubemarkingsraad se jongste voedselprysverslag, het mielies-, vleis- en sonneblomprodukte se pryse gestyg. Die verslag meen egter dat suiwelprodukpryse in dieselfde tydperk afgeneem het.
Duitse boer vra buitelandse hulp
Alfred Huber, ‘n Duitse boer in Limpopo, het die Duitse regering om hulp gevra nadat die plaaslike grondhervormingskommissie slegs die helfte van die geld waarvoor hy sy plaas verkoop het, uitbetaal het. Theo de Jager, adjunkpresident van landbou-organisasie, Agri SA, het aan Agri Connect gesê dat die kommissie tot dusver nie op enige navrae gereageer het nie.
Katoenproduksie kan afneem
Volgens die jongste verslag van Katoen Suid-Afrika, is wêreld-katoenpryse steeds aan die afneem. Luidens die verslag verwag die internasionale katoenadvieskomitee, dat globale katoenproduksie vanjaar met tien persent sal afneem. Dié afname word onder meer aan verlaagde verdienste uit katoen toegeskryf. Plaaslike katoenproduksie is sestien persent minder as die vorige seisoen.
Bio-besproeiing ontdek
‘n Professor aan die Universiteit van Nagoya in Japan, het ontdek dat sommige plante as besproeiing vir ander plante kan dien. Die webblad, Japan for Sustainability, berig dat plante met diep wortelstelsels water na die oppervlak vervoer, en dit op die droë grondlaag laat drup. Dit bevog plante met vlakker wortelstelsels. Die universiteit beskou dié verskynsel as natuurlike besproeiing.
Dinsdag, 3 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Boere mag nou beboet word
Boere in die Wes-Kaap wat hulle plaaswerkers met drank betaal, kan voortaan met tot een miljoen rand hiervoor beboet word. Hoewel die sogenaamde dopstelsel in 1961 verbied is, maar talle boere nog daarvan gebruik. Buanuus berig dat die Wes-Kaapse drankwet, wat in November 2008 gewysig is, bepaal dat werkgewers nie meer hulle werknemers met alkohol mag betaal nie.
Zimbabwiese boere van plase afgesit
Talle wit Zimbabwiese boere is deur magistrate beveel om hulle plase te verlaat, skynbaar om grondhervorming te bevorder. Luidens ‘n berig in Beeld gaan dié plase as verjaardaggeskenk aan die land se president, Robert Mugabe, gegee word. Sowat veertig plase is sedert Januarie weggeneem.
Petrolprys styg weer
Die departement van minerale en energie het verlede week aangekondig dat die petrolprys more met vyf-en-veertig sent per liter sal styg. Die prys van diesel sal egter vir die tweede agtervolgende maand daal. Eienaars van dieselvoertuie sal agt-en-dertig sent per liter minder betaal.
Noord-Kaapse plaaswerker van die jaar aangekondig
Mario Witbooi van die plaas Klipbank naby Augrabies, is die wenner van die Noord-Kaapse plaaswerker-van-die-jaar kompetisie. Die Burger berig dat dié kompetisie, wat regoor die land gehou word, hierdie jaar vir die derde keer in die Noord-Kaap aangebied is.
RSG Landbou kompetisie
RSG Landbou loods vandag die eerste in ‘n reeks maandelikse kompetisies. Luisteraars kan hierdie maand ‘n eksemplaar van die boek, Cattle Breeds of South Africa, losslaan deur RSG Landbou se webblad te besoek. Vir meer inligting omtrent die kompetisie, luister gerus net na die nuus wanneer Justin Kennerley van mediamaatskappy, Agri Connect, sal verduidelik hoé die kompetisie werk.
Maandag, 2 Maart 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Landbousektor kan vanjaar sukkel
Die landbousektor het in die laaste kwartaal van 2008 ‘n uitstekende groeisyfer van bykans sewentien persent getoon. Volgens Johan Pienaar, adjunk uitvoerende direkteur van Agri SA, sal dié prestasie egter nie in 2009 voortgesit word nie. Pienaar sê in dié organisasie se nuusbrief dat hoë insetkoste en laer kommoditeitspryse grootliks hiervoor verantwoordelik sal wees.
Nuwe MPO raad verkies
Dèan Kleynhans is die Melkprodusente-organisasie se nuwe voorsitter. Kleynhans is verlede week by die organisasie se jaarlikse direksievergadering tot voorsitter verkies. Mike Black is tot ondervoorsitter verkies. Kleynhans volg vir Nelius van Greunen op en Black neem die leisels by Freddie van Zyl oor.
Vuil water krap boere om
Vuil riviere naby Stutterheim in die Oos-Kaap, kan beteken dat plaaslike boere nie meer groente en vrugte aan kleinhandelaars mag lewer nie. Die water van die Kubusie en Cumakala-riviere, wat deur boere vir besproeiing gebruik word, word na bewering deur riool afkomstig van ‘n hoender-abattoir besoedel. Luidens ‘n berig op Daily Dispatch Online, is soortgelyke insidente al aangemeld.
Wolmark verras kopers
Die wolmark het kopers verlede week verras, toe die Cape Wools Merino-aanwyser met drie komma drie persent gestyg het. Volgens Ona Viljoen van Cape Wools, kan dié styging aan sterk kompetisie onder vetwol-uitvoerders toegeskryf word. Sowat elf duisend bale sal volgende week opgeveil word.
Graan SA kongres kruip nader
Belangstellendes word herinner aan Graan SA se jaarlikse kongres wat op vier en vyf Maart by Nampopark buite Bothaville plaasvind. Belangstellendes kan Nico Vermaak skakel by 056 515 2145.
Donderdag, 26 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Arabiere stel in SA-landbou belang
Saoedi-Arabië beplan om in die Suid-Afrikaanse landbou te belê, in ‘n poging om minder afhanklik van olie te raak. Business Report berig dat dié land se minister vir handel en nywerheid tydens ‘n besoek aan Suid-Afrika hierdie week, gesê het dat hulle betrokkenheid ‘n langtermyn vooruitsig sal wees.
EU ten gunste van GM-voedsel
Dit wil voorkom asof die Europese Unie ‘n ommeswaai in sy benadering tot biotegnologie in die landbou beleef. Willy de Greef, sekretaris-generaal van die Europese vereniging van bioindustrieë, het tydens ‘n seminaar in Centurion, Pretoria, gesê dat die wêreldwye sukses van GM-gewasse ‘n groot rol hierin gespeel het. Hy het ook bevestig dat die EU se GM-beleid net op die landbou gemik is.
Minder mielies aangeplant
Die jongste verslag van die nasionale oesskattingskomitee dui daarop dat boere sowat twaalf ton minder mielies in die 2008/2009 produksieseisoen aangeplant het, vergeleke met die vorige seisoen. Die komitee verwag ‘n mielie-oes van nagenoeg elf miljoen ton.
Aartappels SA skenk geld aan sentrum
Aartappels Suid-Afrika het vierhonderd duisend rand aan ‘n welsynsorganisasie geskenk, ter afsluiting van die 2008 internasionale jaar van die aartappel. Die vereniging en sy vennote het die geld tydens ‘n funksie hierdie week aan die Heartbeat sentrum vir gemeenskaplike ontwikkeling oorhandig. Volgens Mark du Plessis, hoofuitvoerende beampte van ASA, was die veldtog ‘n reuse sukses.
Plaaswerker kompetisie skop af
Dit is weer tyd vir die Wes-Kaapse jaarlikse plaaswerker-van-die-jaar kompetisie. Die organiseerder van die kompetisie, Agri Mega, nooi boere om hulle werkers hiervoor te nomineer. Belangstellendes kan vir Leensie Streicher skakel by 028 424 2890 of besoek die webblad by www.agrimega.co.za.
Woensdag, 25 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Landbouverenigings moet saamstaan
Dirk Uys, uittredende voorsitter van die Bredasdorpse Landbou- en Wolkwekersvereniging, sê dat samesmelting binne georganiseerde landbou ‘n realiteit word. Agri Mega berig dat Uys by dié organisasie se jaarvergadering gesê het dat so ‘n stap nodig mag raak, aangesien produsentegetalle afneem. Die hoof van Absa Landbou, Ernst Janovsky, het by dieselfde geleentheid gesê dat, ten spyte van krimpende produsentegetalle, plase intussen groter en meer winsgewend geraak het.
Boere soek nou ander voer
Biobrandstofaanlegte regoor die wêreld het meegebring dat plaaslike mieliepryse beduidend verhoog het. Hierdie situasie kan winsgewende melkproduksie belemmer. Dokter Hinner Köster, tegniese direkteur van Animate Animal Health, het in ‘n verklaring vandeesweek gesê dat melkboere nou na goedkoper, alternatiewe veevoer sal moet kyk.
Asgisa reik uit na gemeenskappe
Die regering se landbou-inisiatief, Asgisa, in die Oos-Kaap, is van plan om gemeenskappe in die voormalige Transkei met die stigting van boerderye te help. Die besigheidsdagblad, Business Day, berig dat Asgisa hoop om voedselsekerheid vir plaaslike gemeenskappe te verseker. Meer as ‘n halfmiljoen hektaar grond sal vir dié doel benut word.
Bobbejane toon vreemde gedrag
‘n Boer naby Calitzdorp in die Wes-Kaap, moes onlangs tot sy verbasing toesien hoedat bobbejane ‘n kleintjie teen ‘n geëlektrifiseerde plaasheining gooi, skynbaar om te sien of die heining aan is of nie. Bert Vos, ‘n kenner op die gebied van ape, het aan Agri Connect gesê dat hierdie gedrag nie algemeen is nie, en heel moontlik ‘n ongeluk was. Volgens hom gooi bobbejane gewoonlik stokke om te kyk of heinings aan is.
Dinsdag, 24 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Maksimum melamienvlakke voorgestel
Die departement van gesondheid het pas sy konsepregulasies oor melamienvlakke in voedsel, in die Staatskoerant gepubliseer. Die regulasies volg kort op die hakke van verlede jaar se Chinese melkskandaal. Die regulasies bepaal onder andere die maksimum vlak vir melamien in voedsel. Belangstellendes kan tot einde April kommentaar lewer op die voorgestelde regulasies.
Plase word ontruim
Weghol veldbrande in Somerset-Wes in die Wes-Kaap, het verskeie plantasies en vrugteboorde in dié gebied verwoes. Die brand, wat verlede week onder beheer gebring is, het wéér opgevlam nadat sterk winde die gebied geteister het. Die Burger berig dat talle plase in die omgewing ontruim is.
Boere sukkel met droogte
Intussen word berig dat boere in die Karoo weens erge droogte genoop is om hulle plase en vee te verkoop. Terselfdertyd kan melkboere in die Suid-Kaap nie meer hulle weidings besproei nie, en verwag appelboere ‘n tweederangse oes.
Zimbabwe moet op landbou fokus
Die Transvaalse landbou-unie van Suid-Afrika sê dat indien Zimbabwe ernstig is oor die herstel van sy ekonomie, die regering eers boere in die land moet hervestig. Ben Marais, president van die unie, het gereageer op berigte dat die Suid-Afrikaanse regering oorweeg om leiding te neem in Zimbabwe se ekonomiese heropbou.
TLU groet staatmaker
Marais het ook verlede week die unie se medelye uitgespreek teenoor die familie van Willie Lewies, voormalige adjunkpresident van die TLU SA. Lewies is verlede week op sy plaas naby Ellisras oorlede. Volgens Marais het Lewies diep spore in die georganiseerde Suid-Afrikaanse landbou getrap en sal hy as staatmaker en spanmaat onthou word.
Maandag, 23 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Sensus bevestig landbou se rol
Landbou-organisasie, Agri SA, sê dat die resultate van die voorlopige 2007 landbousensus, dié bedryf se belangrike rol as voedsel- en werkverskaffer beklemtoon. Die organisasie sê in ‘n verklaring dat die sensus egter nie die gegewens van bestaansboerdery of grondhervormingsprojekte insluit nie.
Landbou dra by tot krisisverligting
Die uitvoerende direkteur van Agri SA, Hans van der Merwe, het in nóg ‘n persverklaring gesê dat die globale ekonomiese krisis druk gaan plaas op plaaslike voedselpryse. Volgens Van der Merwe moet daar gefokus word op knelpunte wat landbou-ontwikkeling striem. Hy is ook van mening dat grond wat weens die grondhervormingproses onproduktief gelaat is, weer produktief aangewend moet word.
LWO kritiseer loonverhogings
Die Landbou Werkgewersorganisasie sê dat die voorgestelde minimum loonverhoging van dertien persent vir plaaswerkers, tot afdankings kan lei. George Wilken, hoofbestuurder van die organisasie, het in ‘n persverklaring te kenne gegee dat hulle meer gemaklik sal wees met ‘n agt persent verhoging. Die minimum loon is verlede week deur die minister van arbeid aangekondig.
Veediefstal ruk boere
Veediewe in die Pearston-distrik in die Oos-Kaap, het verlede jaar nagenoeg agthonderd stuks vee in dié gebied gesteel. Na wat berig word voel boere in die omgewing dat die polisie te laks is om die sake op te volg. Die Burger berig dat daar reeds verliese van meer as driehonderd-en-sestig duisend rand gely is.
Laai RSG Landbou MP3's af (Leêrs ongeveer 1 - 3 Mb elk)
Regs-kliek op die skakel en kies "save target as" vir Internet Explorer of kies "save link as" vir Firefox.
Donderdag, 19 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Minder boere, groter inkomste
Statistieke Suid-Afrika se jongste sensusverslag oor kommersiële landbou, toon dat alhoewel daar minder kommersiële boere in die bedryf is, Suid-Afrika se bruto boerdery-inkomste sedert 2002 met bykans vyftig persent gestyg het. Luidens die verslag het veeboerdery die hoogste inkomste verwek. Die sensus is tussen 2006 en 2007 gedoen.
Petrolprys styg wéér
Goeie en slegte nuus vir boere en ander verbruikers, is dat die plaaslike petrolprys met tot sestig sent per liter in Maart kan styg, indien internasionale brandstofpryse vir die res van die maand stabiel bly. Die dieselprys kan egter met dertig sent per liter daal. Fin 24 berig dat die jaarlikse verhoging in die belasting op brandstof wat in April in werking tree, brandstofpryse met veertig sent per liter sal opdruk.
Suikerboere suur na vloede
Suikerboere in Queensland, Australië, die wêreld se derde-grootste suiker-uitvoerder, staar groot verliese in die gesig nadat vloede hulle landerye weggespoel het. Die vloede kom skaars ‘n week nadat veldbrande groot dele van die land verwoes het. Independent Online berig dat duisende vee ook in die vloede dood is.
Koei-koeldrank binnekort beskikbaar
‘n Indiese organisasie beplan om binnekort ‘n nuwe koei-koeldrank bekend te stel, wat van dié dier se urine gemaak sal word. ‘n Woordvoerder van die sogenaamde Indiese nasionale vrywilligerskorps, sê dat die koeldrank, wat in verskillende geure beskikbaar sal wees, talle gesondheidseienskappe het. News 24 berig dat die koeldrank tans toetse ondergaan om te verseker dat dit veilig is vir mense.
Woensdag, 18 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Boere eis vergoeding
‘n Nuwe provinsiale jagproklamasie in die Suid-Kaap wat mense verbied om roofdiere van kant te maak, het talle boere in die omgewing ontevrede. Na wat berig word is boere van mening dat die koste van vleisproduksie nou sal styg, omdat hulle nie meer probleemdiere wat hulle vee aanval, mag doodmaak nie. Die Burger berig dat boere vergoeding wil eis vir vee wat deur roofdiere gevang word.
Veldbrande verwoes plantasies
Honderde hektare denneboomplantasies in die Wes-Kaap, is deur ‘n vlammehel verwoes, nadat ‘n veldbrand verlede week naby Grabouw uitgebreek het. Boere en plaasbestuurders in die omgewing sukkel nou om seisoenale werkers betyds te ontplooi, om hierdie seisoen se vrugte te pluk.
Independent Online berig dat die vuur vermoedelik by ‘n informele nedersetting begin het.
VSA slag melkkoeie
Honderde melkboere in Amerika is besig om van hulle kuddes te slag, aangesien hulle nie meer voer vir die diere kan bekostig nie. Luidens ‘n berig in die sakeblad, Business Report, dek die Amerikaanse produsenteprys vir melk slegs die helfte van boere se insetkostes. Daar word verwag dat meer as een miljoen melkkoeie geslag sal word om kostes te sny.
Droogte blyk gebreek te wees
Dit lyk of daar verligting is vir boere in die Oos-Kaap, nadat daar die afgelope naweek sowat tagtig millimeter reën in die provinsie geval het. Lourens Gildenhuys, ‘n boer in die Tsitsikamma-omgewing, sê dat dié gebied sestien millimeter reën gekry het. Die Suid-Afrikaanse weerdiens voorspel dat die droogte-geteisterde provinsie hierdie week nòg reën kan verwag.
Dinsdag, 17 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Minimum loon aangekondig
Die minister van arbeid het aangekondig dat die minimum loon vir plaaswerkers vir 2009/2010 met dertien persent sal styg. Die verhoging sal van die eerste Maart af van krag wees. Anton Rabe, voorsitter van Agri SA, sê in ‘n verklaring dat dit vir dié organisasie belangrik is dat plaaswerkers se inkomste en lewensomstandighede bly verbeter.
Spogplaas gaan tot niet
Nòg ‘n plaas wat as deel van grondhervorming aan grondeisers afgestaan is, het misluk. Die piesangplaas, bekend as Altyd Beter naby Hazyview in Mpumalanga, is drie jaar gelede aan die Giba-gemeenskap oorhandig, waarna dit tot niet gegaan het. Die Sondagkoerant Rapport berig dat meer as eenduisend plaaswerkers hulle werk verloor het, nadat die plaas oorgeneem is.
Wolpryse steeds swak
Afwaartse druk op kommoditeitspryse en die sterker rand, het tot swakker wolpryse verlede week gelei. Ona Viljoen, skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse Wolbedryf, sê dat verlede week se syfers toon dat plaaslike kopers steeds versigtig is. Gemiddelde wolpryse het deur die bank gedaal.
Olmex-beurs staan reg
Melkboere wat sukkel om van hulle melk te verkoop, word genooi om die Melkprodusente-organisasie se aanlyn verhandelingsbeurs, bekend as Olmex, te besoek. Melkprodusente en -kopers kan op die webwerf met mekaar onderhandel om die beste moontlike prys te kry. Vir meer inligting, skakel Dawie Maree by 012 843 5600 of besoek die webwerf by www.olmex.co.za.
Maandag, 16 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Minimum loon aankondiging verwag
Landbou-organisasie, Agri SA, het in Mei verlede jaar ‘n aantal aanbevelings rakende minimumlone vir plaaswerkers aan die Diensvoorwaardeskommisie gemaak. Verskeie openbare verhore hieroor, is vir boere en plaaswerkers in al nege provinsies gehou. Agri SA hoop dat die minister van arbeid vandag ‘n aankondiging in hierdie verband sal doen.
Boere wil rampgebied laat verklaar
Boere in die Wes-Kaap het die regering gevra om die gebied tussen Piketberg en Redelinghuys, tot ‘n rampgebied te verklaar. Dit kom nadat veldbrande verlede week miljoene rande se skade aangerig het. Na wat berrig word, het die vuur onstaan nadat ‘n plaaswerker sy sigaretstompie in die veld gegooi het. Volgens News 24 is meer as twintig duisend hektaar landerye verwoes.
Bek- en klouseer nie onder beeste nie
Die Suid-Afrikaanse departement van veeartsenykundige dienste onderhandel tans met die Verenigde Arabiese Emirate, om ‘n verbod op die invoer van plaaslike vleis na dié lande, op te hef. Die Suid-Afrikaanse Rooivleisbedryfsforum het in ‘n verklaring gesê dat bek- en klouseer wel verlede jaar onder buffels in Phalaborwa uitgebreek het, maar dat geen beeste besmet is nie.
Pluimveebedryf hou kongres
Die Suider-Afrikaanse Pluimveevereniging nooi rolspelers in die pluimveebedryf om die Avi-Afrika pluimveekongres en ekspo by te woon. Dié byeenkoms vind van een-en-twintig tot drie-en-twintig April by Emperor’s Palace in Johannesburg plaas. Belangstellendes kan vir Kevin Lowell skakel by 011 795 2051.
Laai RSG Landbou MP3's af (Leêrs ongeveer 1 - 3 Mb elk)
Regs-kliek op die skakel en kies "save target as" vir Internet Explorer of kies "save link as" vir Firefox.
Donderdag, 12 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Kunsmispryse word ondersoek
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika meen dat hoë kunsmispryse ‘n ernstige impak op produksiekoste het. Dié organisasie het verlede week in ‘n persverklaring, sy steun aan ‘n ondersoek na kunsmispryse toegesê. Volgens Graan Suid-Afrika is hulle ook deurlopend betrokke om onmededingendheid in die kunsmisbedryf aan te spreek.
Koöpwet bekyk
Die nasionale ekonomiese ontwikkelings- en arbeidsraad, Nedlac, ondersoek tans klagtes dat gewone sake-ondernemings hulleself ingevolge die bepalings van die Wet op Koöperatiewe Instellings registreer. Na wat berig word kan ondernemings op hierdie wyse arbeidswetgewing vryspring. Die dagblad, Beeld, berig dat Nedlac en regslui tans na die bewoording van die wet kyk.
Indringerplante tap riviere
Indringerplante kan die landbou skaad, nadat talle riviere in KwaZulu-Natal weens dié plante opgedroog het. Die LUR vir landbou, Mtholephi Mthimkhulu, het na afloop van ‘n werkswinkel Dinsdag, gesê dat indringerplante ook ‘n bedreiging vir die provinsie se toerismebedryf kan wees. Independent Online berig dat die departement reeds indringerplante op meer as driehonderd duisend hektaar grond en wateroppervlaktes vernietig het.
Pampoenfees mik na rekord
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika beplan om ‘n reuse pampoenpastei by vanjaar se Goliat van Gat pampoenkompetisie te bak. Die organiseerders hoop om vanjaar die rekords te herskryf met hierdie aksie. Besoekers sal ook van die pastei kan eet. Die kompetisie vind op een-en-twintig Maart by Pretoria se Pioniersmuseum plaas.
Woensdag, 11 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Nog ‘n verbod op SA-vleis
Die Verenigde Arabiese Emirate het ‘n tydelike verbod op die invoer van vleis uit Suid-Afrika na dié land geplaas. Dit volg nadat gevalle van bek- en klouseer plaaslik aangemeld is. Mike Phillips, ‘n direkteur van die Suid-Afrikaanse vleisbedryfsmaatskappy, Samic, sê egter dat hy geen kennis dra van enige gevalle van dié siekte in Suid-Afrika nie. Volgens Phillips kan onbeheerde kuddes langs die Zimbabwiese grens moontlik met die siekte besmet wees.
Reën bring verligting in Oos-Kaap
Die reën wat die afgelope naweek in die Oos-Kaap geval het, het groot verligting gebring vir boere in die omgewing. Jan Louw, ‘n melkboer van Cookhouse in dié provinsie, sê dat alhoewel hulle opgewonde is oor die reën, die droogte nog nie gebreek is nie. Die provinsie beleef sy ergste droogte in vyftig jaar. Die Burger berig dat nóg reën vir die komende naweek voorspel word.
Wynbedryf benodig regeringsteun
Die uitvoerende hoof van die Vergelegen wynlandgoed, meen dat die Suid-Afrikaanse regering meer in die wynbedryf moet belê. Don Tooth het aan News 24 gesê dat die beeld van Suid-Afrikaanse wyne versterk moet word, ten einde langtermyn beleggings in toekomstige markte te bevorder. Volgens Tooth moet die Suid-Afrikaanse wynbedryf ook na die Amerikaanse mark kyk.
Dodelike kewers mik vir avo’s
Die avokadobedryf in die Amerikaanse staat, Florida, kan binnekort deur kewers lamgelê word. ‘n Navorser van die North Carolina State University sê dat talle sogenaamde Redbay-kewers vinnig op pad is na dié staat se kusgebied, waar meer as sewe duisend hektaar se avokadobome aangeplant is. Die klein kewers versprei ‘n swam wat die bome vinnig doodmaak.
Dinsdag, 10 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Produsenteprys styg
In ‘n stap wat as goeie nuus vir melkprodusente beskou word, het een van Suid-Afrika se bekende melkkopers, Clover, pas bekend gemaak dat hy sy melkprodusente se produsenteprys met tot soveel as sewe-en-veertig sent per liter gaan verhoog. Dié verhoging sal op een Maart vanjaar in werking tree. Dit kom nadat Clover vroeër vanjaar aangekondig dat hy sy produsenteprys met sowat dertig sent opwaarts gaan aanpas.
Suiwelverwerker se boete bekragtig
Die administratiewe boete wat deur die Mededingingskommissie aan Lancewood Cheese opgelê is, is bekragtig. Die boete volg nadat Lancewood skuldig bevind is aan betrokkenheid by ‘n beweerde melkkartel. Luidens ‘n verklaring deur die kommissie, het dié maatskappy ses maande om die boete te betaal. Ses ander suiwelverwerkers se betrokkenheid word nog ondersoek.
Ressessie lei tot oorskotte
Die wêreldwye ekonomiese insinking kàn daartoe lei dat ander lande se oorskotvleis en suiwelprodukte na Suid-Afrika vervoer word. Dit is die mening van professor Johan Willemse, landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat. Volgens Willemse het ekonomiese druk verskeie lande geforseer om invoere te beperk, en kan dié oorskotte hulle weg na Suid-Afrika vind. Streng maatreëls geld egter plaaslik om onwettige invoere hok te slaan.
Skadevergoeding steeds nie uitbetaal nie
Verskeie boere van die Eden-distrik in die Wes-Kaap, het nog steeds geen geld van die plaaslike departement van landbou ontvang nie. Dit volg nadat hulle damme en plase tydens groot vloede in 2007 beskadig is. Die Burger berig dat talle boere nie geld het om hulle damme te herstel nie. Die departement het vandeesweek gesê dat hulle wel met die kontrolering van eise begin het.
Maandag, 9 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri SA bekommerd oor grondeise
Landbou-organisasie, Agri SA, sê dat die gesloer met grondeise nadelig is vir die landbou. Volgens dié organisasie vat dit gemiddeld vier jaar om ‘n grondeis af te handel en dit het dalende voedselproduksie tot gevolg. Agri SA het tydens ‘n mediakonferensie verlede week in Pretoria, gesê dat die regering nie haastig is om die eise af te handel nie. Meer as vyfhonderd plase wat aan swart opkomende boere oorhandig is, het tot dusver misluk.
Landboubesighede toon sterk groei
Suid-Afrikaanse landbou-besighede het verlede jaar sterk groei getoon, ten spyte van stygende kommoditeits- en petrolpryse. Dit is die bevinding van ouditeursfirma PriceWaterhouseCoopers, in sy vierde agribesigheidsopname. Luidens ‘n verslag oor die opname, het sommige agribesighede bykans veertig persent meer wins gemaak, in vergelyking met die vorige periode.
Trekkerverkope styg steeds
Intussen het trekkerverkope ook gestyg, met verkope in Januarie wat agt persent hoër is as dieselfde tydperk verlede jaar. Leon Pretorius, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie, sê in ‘n verklaring dat stabiele oespryse en goeie reënval dit makliker gemaak het vir boere om nuwe toerusting aan te skaf.
Trekosse meer werd as trekkers?
Maar ‘n melkboer in die Oos-Kaap meen dat ‘n paar trekosse meer werd kan wees as nuwe trekkers. John Sneyd van die plaas Huntley House in Alexandria, het in ‘n onderhoud met mediamaatskappy, Agri Connect, gesê dat kleinboere wat trekosse gebruik om hulle lande om te ploeg, ‘n potensiële wins van sowat sewentig duisend rand per jaar kan maak. ‘n Trop osse is reeds deur die Volhoubaarheidsinstituut van Stellenbosch op verskeie plase beproef.
Donderdag, 5 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Nasionale Meestersuiwelboer aangewys
Jacques Möll, ‘n melkprodusent van Ficksburg in die Vrystaat, is gister tydens ‘n spoggeleentheid in Pretoria, as nasionale meestersuiwelboer van die jaar aangewys. Jan Zim van Kestel in die Vrystaat is aangewys as opkomende suiwelboer van die jaar. Die kompetisie word deur die Landbounavorsingsraad aangebied.
Katoenhandel wêreldwyd af
Die Internasionale Katoen Advieskomitee sê dat die wêreld katoenhandel na verwagting met sowat een-en-twintig persent sal afneem in die 2008/2009 tydperk. Luidens ‘n persverklaring deur Katoen Suid-Afrika, sal dit die kleinste volume katoen wees wat die afgelope sewe jaar internasionaal verhandel is. Dié afname word daaraan toegeskryf dat China dié seisoen minder katoen sal invoer.
Aartappel SA soek antwoorde
Die bedryfsorganisasie, Aartappels Suid-Afrika, vra dat verwerkers verduidelik waarom verlaagde insetkostes nie in die vorm van laer voedselpryse aan verbruikers deurgegee word nie. Dié organisasie sê in ‘n persverklaring dat die produsenteprys van aartappels sedert 2007 met sowat vyf-en-veertig persent gedaal het, terwyl die kleinhandelprys met slegs agt persent gedaal het.
Wynbedryf in die rooi
Die wynbedryf sit hande in die hare, nadat talle wynprodusente meer as vier jaar al sukkel om verder te boer. Volgens Gert van Wyk, ‘n landbou-ekonoom van die diensorganisasie, VinPro, lyk ‘n vinnige herstel vir die bedryf onmoontlik, ten spyte daarvan dat insetkostes begin daal het. Sake 24 berig dat druiwepryse sedert 2004 skerp geval het.
Woensdag, 4 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Kleiner vooruitsig vir mielie-aanplanting
Die Nasionale Oesskattingskomitee se jongste verslag dui daarop dat daar hierdie seisoen sewe persent minder witmielies, en ses persent minder geelmielies aangeplant is, in vergelyking met die vorige seisoen. Sonneblomsaad het egter ‘n verhoging van ses persent getoon. Die volgende produksieskatting sal teen einde Februarie vrygestel word.
GM-oeste kan redding wees
Geneties gemodifiseerde voedsel kan deel wees van die oplossing om globale voedseltekorte teen te werk. Bekende Britse navorser, John Beddington, het aan die Amerikaanse nuuswebblad, Bloomberg, gesê dat hoewel GM-voedsel nie die enigste antwoord is nie, dit wel sekere probleme kan oplos. Na wat beraam word, moet globale voedselproduksie met minstens vyftig persent groei om tred te hou met klimaatsverandering.
Ierse varkvleis weer toegelaat
Die Suid-Afrikaanse departement van landbou het ‘n handelsbeperking op die invoer van Ierse varkvleisprodukte gelig. Suid-Afrika het in Desember verlede jaar ‘n handelsbeperking op varkvleis uit dié land geplaas, nadat drie Ierse varkplase positief getoets het vir dioksien, ‘n chemiese middel wat kanker kan veroorsaak. ‘n Veevoermaatskappy was na bewering die bron van die besmetting.
Graan SA hou weer vergadering
Belangstellendes word herinner aan Graan Suid-Afrika se volgende gebiedsvergadering, wat op elf Februarie in Potchefstroom plaasvind. Dié vergadering dien as voorloper vir die jaarlikse Graan SA kongres. Die reeks vergaderings is op alle graanprodusente van toepassing en die klem sal vanjaar op die strategiese rol van landbou val. Vir meer inligting, skakel Christa de Wet by 056 515 0941.
Dinsdag, 3 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Suiwelverwerker stel nuwe hoof aan
Die Suid-Afrikaanse suiwelverwerker, DairyBelle, het aangekondig dat sy hoofuitvoerende beampte, Richard Dalgleish, bedank het. Die verwerker het in ‘n persverklaring gesê dat Charles Meyerowitz, ‘n direkteur en aandeelhouer in die maatskappy, onmiddellik oorneem as hoofuitvoerende beampte. Leonard Meyerowitz is as adjunk hoofuitvoerende beampte aangewys.
Agri Inspec keer suiwelinvoere
‘n Besending botter wat vanuit Amerika ingevoer is, is deur die Melkprodusente-organisasie se moniteringsmaatskappy, Agri Inspec, onderskep. Die botter het nie aan minumum gehaltestandaarde voldoen nie en is boonop teen ‘n lae drie-en-dertig rand tagtig per kilogram ingevoer. Agri Inspec het onlangs ook beslag gelê op ingedampte en kondensmelk wat vanuit Singapoer ingevoer is. Die produkte se etikette het nie aan Suid-Afrikaanse regulasies voldoen nie. Die saak is by die departement van landbou aangemeld.
Petrolprys styg weer
Die prys van petrol styg more met een-en-sestig sent per liter, nadat dit die afgelope paar maande met meer as twee rand per liter gedaal het. Die department van minerale en energie skryf dié verhoging toe aan ‘n swakker rand-dollar wisselkoers. Die groothandelprys van diesel sal egter met vyf sent per liter daal.
SA boere sukkel in Zimbabwe
Suid-Afrikaanse boere in Zimbabwe is deur dié land se regering belet om boer. Louis Fick, ‘n Suid-Afrikaanse boer in Zimbabwe, sê dat al sy varke binne ‘n paar weke sal vrek, nadat daar ‘n voerverbod op sy plaas gesit is. Luidens ‘n berig in Beeld gaan ‘n groep boere die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap versoek om die Zimbabwiese regering te dwing om eienaarskap van plase te herstel.
Maandag, 2 Februarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Melksubsidies kan druk verhoog
Die Melkprodusente-organisasie het sy ontevredenheid uitgespreek oor die nuus dat die VSA en die Europese Unie, weer subsidies vir hulle melkprodusente gaan instel. Etienne Terre’Blanche, besturende direkteur van die MPO, het in ‘n persverklaring gesê dat hierdie subsidies groot druk op veral opkomende melkboere plaas. Die subsidies sal op botter, afgeroomde melkpoeier en kaas ingestel word.
Perdesiekteseisoen breek aan
Perde-eienaars word aangeraai om hulle diere teen perdesiekte in te ent. Die Burger berig dat veral die Suid-Kaap kwesbaar is, weens die talle donkies wat in die provinsie voorkom. Volgens dokter Paul van Dam van die Onderstepoortse Instituut vir Veeartsenykunde, is dié siekte wat deur muggies oorgedra word, dodelik vir perde en behoort eienaars betyds voorsorg te tref.
Boere verwelkom reën
Die afgelope week se reënbuie word veral deur boere in KwaZulu-Natal verwelkom. Mike Black, ‘n bekende melkboer van Boston in dié provinsie, het in ‘n onderhoud met mediamaatskappy, Agri Connect, gesê dat die ligte reënbuie sy opgaardamme gevul het, en dat hy slaggereed is vir die winter. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel nog reën vir die oostelike dele van die land.
Meer melk met mooi maniere
Blommetjie, Petunia en Mollie. Sulke name mag beteken dat ‘n melkkoei tot soveel as twee honderd en vyftig liter melk per jaar méér kan produseer. Luidens ‘n persverklaring deur die Newcastle Universiteit in Brittanje, het navorsing getoon dat koeie positief reageer op persoonlike aandag en dat melkproduksie dan kan verhoog.
Donderdag, 29 Januarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri Inspec lê beslag op melkprodukte
Die Melkprodusente-organisasie se moniteringsmaatskappy, Agri Inspec, het beslag gelê op ‘n besending babaformule en melkdrankies vir ouer babas. Die produkte wat uit Korea afkomstig is, is by die Durbanse hawe stopgesit, nadat die besending nie aan verpakkingsvereistes voldoen nie. Daar is ook beslag gelê op ‘n besending ingevoerde kaseïenpoeier wat melamien bevat.
Handel verlaag voedselpryse
Die Suid-Afrikaanse handelsreuse, Shoprite en Pick n Pay, het vroeër hierdie week aangekondig dat hulle moontlik voedselpryse gaan verlaag, om die impak van inflasie te verlig. Dié aankondiging kom nadat die KwaZulu-Natalse LUR vir landbou, Mtholephi Mthimkhulu, verlede week die land se hoë voedselpryse bevraagteken het. Luidens ‘n berig deur Independent Online, het Mthimkhulu ook gesê dat sy departement tans na maniere kyk om voedselpryse te verlaag.
Verstedeliking in China kan tot tekorte lei
Droogte en massa verstedeliking in China, het daartoe gelei dat dié land minder graangewasse aanplant, wat tot voedseltekorte in ontwikkelende lande kan lei. Volgens die webblad, FoodNavigator, het ‘n studie deur Britse navorsers getoon dat China wêreld-graanvoorrade leeg kan tap, indien hulle meer graan moet begin invoer. China produseer sowat vyfhonderd miljoen ton graan per jaar.
Cholera affekteer duisende
Volgens die departement van gesondheid in Limpopo, is daar reeds meer as drieduisend mense in dié provinsie vir cholera behandel. Volgens die nuuswebblad, News 24, het dié siekte, wat in November verlede jaar in die provinsie uitgebreek het, tot dusver elf mense se lewens geeïs. Intussen het die Sekhukhune munisipaliteit aangekondig dat die Tubatse-rivier, waarvan dele met cholera besmet was, nou weer skoon is.
Woensdag, 28 Januarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Invoertariewe op koring afgeskaf
Die minister van handel en nywerheid het op aanbeveling van die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie, die heersende twee persent invoertarief op koring afgeskaf. Nico Hawkins, bestuurder van bedryfsbediening by Graan Suid-Afrika, het gesê dat die wisselende tarief wat in 1999 gegeld het, weer ingestel is. Volgens Hawkins sal die afskaffing van die tarief nie boere of verbruikers beïnvloed nie.
Vierling kalfies maak opslae
‘n Melkboer van Mpumalanga het ‘n groot verrassing gekry toe een van sy koeie geboorte gegee het aan ‘n vierling. Volgens Hennie Harmse, eienaar van die plaas Vlakfontein naby Balfour, is die Frieskoei kunsmatig bevrug met saad van die bul Fantastic, wat by ‘n plaaslike semenverskaffer gekoop is. Dokter Nico Schutte van die Melkprodusente-organisasie se Instituut vir Suiweltegnologie, sê dit is verstommend dat die drie bulletjies en versie nog leef.
Groot belangstelling in Kongo-aanbod
Nagenoeg vyfhonderd boere het al navraag gedoen oor die moontlikheid om in die Republiek van Kongo, in Wes-Afrika te gaan boer. Dié sterk reaksie kom nadat amptenare van die Kongolese regering voelers uitgesteek het na die moontlikheid dat Suid-Afrikaanse boere, kan hand bysit om dié land se landboubedryf weer op die been te bring. Theo de Jager, adjunkpresident van Agri SA, sê egter dat hulle eers deeglik ondersoek sal instel na die omstandighede en volhoubaarheid van die projek. Belangstellendes kan hulle besonderhede faks na 086 672 6588 of ‘n e-pos stuur na cdpalms@mweb.co.za.
Beeste vrek weens watertekort
Die Oos-Kaapse departement van landbou moes op ‘n plaas naby Alexandria ingryp, nadat die waterpomp gebreek het en sowat sewentig beeste sonder water gelaat is. Luidens ‘n berig in Die Burger was die plaas, wat klaarblyklik deur die Mabanda-familietrust besit word, verlate gevind. Volgens ‘n verteenwoordiger van die plaaslike tak van die Dierebeskermingsvereniging, is die beeste na ‘n buurplaas verskuif.
Dinsdag, 27 Januarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Vervoerprobleme knou graanbedryf
Die graanbedryf staar ernstige vervoerprobleme in die gesig, danksy Suid-Afrika se swak vervoerstelsels. Kobus Laubscher, die hoofbesturder van Graan Suid-Afrika, het in ‘n berig in die koerant, Business Day, gesê dat graanboere sukkel om hulle oeste na silo’s te vervoer. Volgens Laubscher hou swak paaie en spoornetwerke ‘n bedreiging vir die land se voedselsekuriteit en -beskikbaarheid in.
Suiwelnavorsing kry ‘n hupstoot
Melk SA en die Landbounavorsingsraad het op 20 Januarie vanjaar ’n memorandum van verstandhouding onderteken om samewerking met betrekking tot suiwelnavorsing tussen dié twee organisasies te koördineer en te bevorder. Ingevolge die memorandum, sal daar onder meer gekyk word na suiwelverwante navorsingsbehoeftes, die praktiese toepassing van plaaslike en internasionale navorsing, en die uitbreiding van navorsingskapasiteit by die navorsingsraad.
Congo wants SA farmers
Die Republiek van die Kongo in Wes-Afrika, is op soek na Suid-Afrikaanse boere om dié land se landboubedryf weer op die been te bring. Rapport berig dat amptenare van die Kongolese regering vandeesweek met Agri SA vergader het, om uit te vind wat die vereistes en behoeftes van Suid-Afrikaanse boere is. Belangstellendes kan hulle besonderhede faks na 086 672 6588 of hulle kan ‘n e-pos stuur na cdpalms@mweb.co.za.
Vinnige melamientoets ontwikkel
Navorsers van Purdue Universiteit in die Verenigde State van Amerika, het ‘n vinnige metode ontwikkel om melk te toets vir melamien. Volgens ‘n artikel op die universiteit se webblad, kan dié metode klein hoeveelhede melamien in melk en melkpoeier, binne ‘n skrale vyf-en-twintig sekondes opspoor. Die toets is ontwikkel na aanleiding van die onlangse melamienskandaal in China.
Maandag, 26 Januarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Sasol vra om skikking
Die Suid-Afrikaanse petroleumreus, Sasol, het die Mededingingskommissie van Suid-Afrika om ‘n skikkingsooreenkoms genader, ná aantygings oor sy betrokkenheid by prysvasstelling in die kunsmisbedryf. Neels Ferreira, voorsitter van Graan Suid-Afrika, sê in ‘n persverklaring dat mededinging in die kunsmisbedryf al dekades lank onder bedenking is. Volgens Ferreira kan daar nou uitsluitsel gekry word oor die jarelange prysbinding deur kunsmismaatskappye.
Goeie reën word voorspel
Boere in Gauteng en omliggende provinsies kan breed glimlag, nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens goeie neerslae vir groot dele van die binneland voorspel het. Maar terwyl die reën goeie nuus is vir vee- en graanboere, sal lusernboere moet kopkrap oor wanneer hulle lusern gaan sny. Evert Scholtz, weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê ook dat gebiede in die Oos-Kaap, wat deur droogte geteister word, ‘n skraal kans op reën sal hê.
Twee kry doodstraf oor melamien
‘n Chinese hof het twee mans wat by die melamien melkskandaal in dié land betrokke was, die doodstraf opgelê. Die besmette melk het ses Chinese babas se dood veroorsaak. Die dagblad, Beeld, berig dat een van die mans, Zhang Yujun, die werkswinkel bestuur het wat die grootste produsent van die gifstof in China was. Die hof het ook die voormalige hoofbestuurder van die suiwelprodusent waar die skandaal oopgevlek is, tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Karoo hou handelsfees
Die Karoo-dorpie, Graaff-Reinet, wat ook bekend staan as die juweel van dié droë streek, speel in Maart gasheer vir die eerste Karoo Ontwikkelingskonferensie en Handelsfees. Die fees is daarop gemik om boere en entrepreneurs die geleentheid te gee om hulle produkte te bemark. Die konferensie sal die potensiaal van die Karoo as woestynlandbougebied beklemtoon. Belangstellendes kan vir Anita Harmse skakel by 072 992 5099 vir meer inligting.
Donderdag, 22 Januarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Melkboere kry goeie nuus
Clover oorweeg die moontlikheid om produsentepryse met tussen twintig en dertig sent per liter te verhoog, is in Beeld berig. Dit is egter nog onseker wanneer dié verhogings in werking gaan tree. Etienne Terre’Blanche, besturende direkteur van die Melkprodusente-organisasie, het gesê dat die verhogings groot verligting vir boere sal beteken. Clover is tans die enigste verwerker wat produsenteprysverhogings aangekondig het.
Verwarring heers oor fondse
‘n Misverstand oor droogtehulp vir boere in die Oos-Kaap, het groot verwarring in die provinsie veroorsaak. Die provinsie se departement van landbou het verslag gelewer oor die besteding van droogtehulp fondse, maar het dit nie duidelik gemaak dat die geld rééds uitgeput is nie. Cerneels Pietersen, president van Agri Oos-Kaap, sê dat die geld wel verligting gebring het, maar dat daar nóg fondse nodig is. Mthobeli Mxotwa, ’n woordvoerder van die Oos-Kaapse landboudepartement, het gesê boere moet so gou as moontlik by hulle voorligtingskantore om finansiële hulp aansoek doen. Dit sal die departement in staat stel om die behoefte aan verdere hulpverlening te bepaal.
Koringproduksie neem drasties af
Verskeie boere in die Oos-Vrystaat is van plan om koringproduksie te staak indien huidige marktoestande nie verbeter nie. Doktor Philip Theunissen, van Forensies.com, sê in hul nuusbrief dat koring se winsgewendheid ingeperk word deur meulenaars soos Pioneer Foods en Foodcorp wat koring invoer om plaaslike tekorte aan te vul. Volgens Theunissen is die meulenaars nie bereid om die boere se produksiekoste in ag te neem wanneer hulle pryse vasstel nie. Volgens boere in die Oos-Kaap is die pas afgelope koringoes die swakste in dertig jaar.
Kommandowurms saai verwoesting
‘n Plaag kommandowurms het groot skade in Liberië, Wes-Afrika, aangerig. Die wurms verwoes landerye en besoedel ook kanale en riviere met hulle ontlasting. Die Liberiese regering het spesialiste uitgestuur om die wurms met insekdoders te beveg. Diederichs Visser van die Landbounavorsingsraad, sê dat groot hoeveelhede van die wurms nie ‘n algemene gesig in Suid-Afrika is nie.
Woensdag, 21 Januarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Melkkartel saak sloer
Twee van die respondente in die melkkartelondersoek deur die Mededingingskommissie, beweer dat die ondersoek vol ongerymdhede is. Die melkverwerkers, Milkwood en Woodlands, het in ‘n aansoek voor die Mededingingstribunaal aangevoer dat die inligting wat deur die ondersoeke verkry is, nie teen hulle gebruik mag word nie. Sake24 berig dat advokaat Jeremy Gauntlett, wat beide respondente verteenwoordig, sê dat daar geen saak teen die twee verwerkers sonder dié inligting is nie.
Graan SA hou vergadering
Graan SA se gebruiklike streeksvergaderings, wat die jaarlikse Graan SA Kongres voorafgaan, is deur vier gebiedsvergaderings vervang. Dié vergaderings het betrekking op alle graanprodusente en spesifieke klem sal vanjaar op die strategiese rol van landbou geplaas word. Verskeie sprekers, insluitend doktor Roelof Botha en doktor Kobus Laubscher, sal as sprekers optree. Die vergaderings vind vanaf nege-en-twintig Januarie tot sewentien Februarie plaas. Vir meer inligting skakel Christa de Wet by 056 515 0941.
Droogteverligting vir boere
Boere wat deur die droogte in die Oos-Kaap lamgelê is, is aangeraai om die departement van landbou vir geldelike hulp te nader. Die department het Maandag aangekondig dat hulle twintig miljoen rand vir droogtehulp beskikbaar gestel het. Freddie van Zyl, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie in die Oos-Kaap, het gesê dat plaaslike boere tans finansieel ly, omdat hulle ekstra voer moet aankoop. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het voorspel dat groot dele van die provinsie môre reën sal kry.
Boere word vir brande vergoed
Intussen gaan verskeie boere in Gauteng deur die departement van landbou vergoed word vir brandskade wat hulle verlede jaar gedurende Julie tot September gely het. Die departement het die fondse beskikbaar gestel uit die Veldbrandverligting-skema. Die Transvaalse Landbou-unie sê in ‘n persverklaring dat dit die eerste keer is dat só ‘n hulpskema vir boere in Gauteng ingestel is. Boere wat op soek is na nog inligting oor die skema, kan die TLU Streekkantoor in Pretoria skakel by 012 804 8031.
Dinsdag, 20 Januarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Suiwelverwerker skik buite die hof
Die mededingingskommissie van Suid-Afrika het pas bekend gemaak dat een van die beskuldiges in die melkkartelsaak, met die kommissie geskik het. Luidens ‘n persverklaring wat deur die kommissie uitgereik is, is suiwelverwerker Lancewood ‘n administratiewe boete van eenhonderd duisend rand opgelê. Volgens die kommissie het Lancewood ook ingestem om met die vervolging van die ander lede van die kartel, wie onder meer Clover, Parmalat en Nestlé insluit, te help.
Wolbedryfsorganisasie vier tagtig jaar
Die Nasionale Wolkwekersvereniging vier vanjaar sy tagtigste bestaansjaar. Volgens Elize Pretorius, kommunikasiebestuurder van die vereniging, is die NWKV een van die oudste bedryfsorganisasies in georganiseerde landbou. Die vereniging werk saam met wolprodusente om ‘n sterk eenheidsorganisasie in die landbou te vorm. Die vereniging sê dat hy homself ter viering van sy verjaarsdag, op beter dienslewering gaan toespits, ten einde die wolbedryf te bevoordeel. Die hoogtepunt van die vieringe is die vereniging se jaarkongres wat op 3 en 4 Junie in Port Elizabeth sal plaasvind.
Europese boere kry hulp
Die Europese melkraad het verlede week bekend gemaak dat die sogenaamde Fair Trade- sertifisering vir melk, binnekort in Europese lande beskikbaar sal wees. Dié sertifisering vir Europese melk is ontwikkel om produsente se kostes te dek. Die suiwelnuusblad, DairyReporter, berig dat alle gesertifiseerde melk met spesiale logo’s gemerk sal wees, om verbruikers die versekering te gee dat produsente voldoende vergoed is vir hulle produk.
Klimaatsverandering beïnvloed die landbou
Klimaatsverandering in Suid-Afrika kan ‘n negatiewe invloed op die landbou hê, indien dit nie gestuit word nie. Marthinus van Schalkwyk, minister van omgewingsake, het tydens ‘n besoek aan Washington in die VSA, gewaarsku dat stygende temperature reeds tot dalende koringproduksie in Suid-Afrika gelei het. Hy het verder gesê dat die land se sagtevrugtebedryf reeds onder klimaatsverandering deurgeloop het. Die dagblad, Beeld, berig dat die Suid-Afrikaanse regering onderneem het om die vrystelling van kweekhuisgasse teen 2035 drasties te laat afneem.
Maandag, 19 Januarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri SA oor ANC verkiesingsmanifes
Nasionale landbou-organisasie, Agri SA, sê die regerende ANC se 2009-verkiesingsmanifes is besonder gebrekkig wat die landbou betref. Die organisasie het in ‘n persverklaring verlede week gesê dat die ANC besluiteloos blyk te wees wanneer dit by landbousake kom, en dat aspekte soos die volhoubaarheid en winsgewendheid van kommersiële landbou, nie aangespreek word nie. Die ANC noem onder andere in sy manifes dat die party Suid-Afrika minder afhanklik van ingevoerde voedsel wil maak. Agri SA meen egter dat die regering geen planne het oor hoé om dit te doen nie.
Sitrusvereniging skop veldtog af
Touch-Pause-Engage! Dit is die slagspreuk wat die Sitruskwekersvereniging in sy 2009 sitrusveldtog gaan gebruik. Die slagspreuk is daarop gemik om sitrusboere te maan om die markte dop te hou, uitvoerplanne daarvolgens te beraam, en om by elke aspek van produksie betrokke te wees. Die vereniging sê in ‘n onlangse nuusbrief dat boere hierdie jaar op hoogte van nuwe tendense in die markte moet bly om suksesvol vooruit te kan boer. Hulle maan ook dat kopers vanjaar versigtiger gaan wees en dat dié houding moontlik uitvoere kan knou.
Swak ekonomie straf wolproduksie
Die Nasionale Wolkwekersvereniging waarsku dat die wolbedryf vir die eerste twee kwartale vanjaar swaar gaan kry, maar dat die situasie daarna sal verbeter. Leon de Beer, hoofbestuurder van die vereniging, skryf dit aan die swak wêreldekonomie toe. De Beer sê die wolprys het sterk gedaal vergeleke met die vorige seisoen. Hy sê egter dat gehalte wol in aanvraag bly, ten spyte van laer pryse.
PLAAS word as instituut erken
Die Instituut vir Armoede, Grond en Landelike Studies, beter bekend as PLAAS, vier more formele erkenning as instituut deur die Universiteit van die Wes-Kaap. Dié instituut, wat navorsing oor grondhervorming en landelike ontwikkeling doen, speel reeds sedert 1995 ‘n rol in die vermindering van armoede in Suid-Afrika. Volgens die instituut se woordvoerder, Obiozo Ukpabi, doen PLAAS ook navorsing oor hoe boere kan oorleef in tye van ekonomiese druk. Vir verdere inligting, skakel hom by 021 959 9276.
Donderdag, 15 Januarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Nog ‘n rivier deur cholera besmet
Nóg ‘n rivier in Limpopo is met cholera besmet. Toetse wat op die water van die Tubatse-rivier gedoen is, het positief vertoon vir die cholera-bakterie. Alson Matukane, hoofdirekteur van plaaslike die departement van waterwese, sê in die dagblad, Beeld, dat die toetsverslae bevestig is. Matukane meen dat die oorsaak van die besmetting menslike ontlasting is, wat tydens reënbuie in die rivier ingespoel het. Meer as agt vrouens en hulle kinders is reeds vir cholera behandel. Volgens Phuti Seloba, woordvoerder van Limpopo se gesondheidsdepartement, is daar reeds meer as een duisend agthonderd mense in die provinsie vir die siekte behandel.
Sprinkaanskade sleep voort
Die departement van landbou het boere in die Oos-Kaap gewaarsku om voorsorg te tref om steeds hulle landerye teen sprinkane te beskerm. Dit kom nadat dié insekte, wat eers plase in die Cradock-omgewing geteister het, naby Queenstown gewaar is. Lumkile Ngada, ‘n navorsingsbestuurder by die departement, sê dat hulle deur ‘n boer oor die swerms ingelig is, nadat die insekte al sy lusern opgevreet het. Independent Online berig dat kenners na die gebied gestuur is om plaagbeheermaatreëls toe te pas. Die departement het boere gevra om enige tekens van sprinkane en sprinkaanneste, aan die plaaslike owerhede te rapporteer .
Nuwe projek wil opbrengste verhoog
‘n Nuwe projek is deur navorsers van stapel gestuur om ‘n digitale aanlyn-grondkaart van sub-Sahara Afrika te skep. Dié projek, wat deur die Internasionale Sentrum vir Tropiese Landbou bestuur word, hoop om boere in twee-en-veertig lande te help om hulle oeste te verbeter. Die grondkaarte sal onder andere inligting oor grondgesondheid bevat en sal met die hulp van grondmonsters en digitale satellietdata opgebou word. Die Britse Uitsaaikorporasie berig op sy webblad dat, as gevolg van swak grondgehalte, boere in Afrika se opbrengste van die swakste ter wêreld is.
Angola kry Britse hulp
Die Britse maatskappy, Lonrho Agriculture, het pas ‘n ooreenkoms met die Angolese regering aangegaan om boerderyprojekte op vyf-en-twintig duisend hektaar landbougrond te ontwikkel. Volgens ‘n berig op die maatskappy se webblad, is hy ook besig om lewensvatbaarheidstudies op landbougrond in Malawi en Mali te doen. Lonrho Agriculture het ook belange in Suid-Afrika, met vrugteverwerkings- en verpakkingsaanlegte net buite Johannesburg.
Woensdag, 14 Januarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Sprinkane teister Cradock
Boere in die Cradock-omgewing sit met hulle hande in hulle hare, nadat groot swerms sprinkane hulle weg na dié gebied gevind het. Fanus Smit, ‘n boer van Hofmeyr, sê dat daar die afgelope week nege yslike swerms deur die distrik getrek het. Volgens Smit is dit vreemd dat die insekte in die heersende droogtetoestande voorkom. Die moontlikheid bestaan egter dat hulle in die Prieska-omgewing uitgebroei het. Die Burger berig dat die swerms hulleself binne die volgende twee weke behoort uit te woed. Sprinkaanswerms het die afgelope paar weke amok gemaak in beide die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat, waar hulle miljoene rande se skade aan landerye gerig het.
Graanpryse laat die hoop opvlam
Graanpryse is weer aan die styg, nadat pryse op die Suid-Afrikaanse termynbeurs in Desember afwaarts geneig het. Dawie Maree, ‘n ekonoom by die Melkprodusente-organisasie, meen dat hierdie opwaartse neiging tot hoër voedselpryse kan lei. Volgens ‘n berig in die Sondagkoerant, Rapport, het Wessel Lemmer, ‘n senior ekonoom by Graan Suid-Afrika, gesê dat die olieprys, sowel as internasionale markverwagtinge, ‘n paar van die veranderlikes is wat graanpryse tans na hoër vlakke stoot. Die prys van witmielies vir lewering in Julie, het die afgelope week op bykans eenduisend agthonderd rand per ton verhandel.
Veediefstal ry boere in die grond in
Die oënskynlike onvermoë van die plaaslike polisie in die Noordwes om veediefstal hok te slaan, het boere in die omgewing bekommerd. Beeld berig dat verskeie boere ‘n geruime tyd al onder veediewe deurloop, wat vermoedelik deur ‘n sindikaat bestuur word. Cassie Maree, die voorsitter van die plaaslike vee-inligtingsentrum, sê dat dit lyk asof daar geen vordering gemaak word met die ondersoeke nie. Daar word ook uit verskillende oorde beweer dat van die polisielede kop in een mus is met die sindikate.
Saadtekort in Namibië
Onvoldoende saadvoorrade in Namibië kan ‘n negatiewe invloed hê op die produksie van die 2008/2009 oesseisoen. Volgens die Namibiese dagblad, Die Republikein, het boere in die Kavango-streek sowat drie komma vyf ton verbeterde saad van die Mahenene Saadkoöperasie ontvang. Die hoeveelhede was egter onvoldoende, weens twee seisoene se swak oeste. Na wat berig word, het slegs die Caprivi-streek genoeg saad ontvang. Die Namibiese regering het boere bygestaan en sowat agt-en-sestig ton se saad van Suid-Afrika ingevoer. Namibië se reënseisoen het intussen aangebreek en die vooruitsigte vir goeie oeste lyk goed.
Dinsdag, 13 Januarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Nóg sprinkaanskade verwag
Boere in die Noord-Kaap is gewaarsku om op hulle hoede te wees vir verdere sprinkaanplae wat die gebied weens verwagte reënbuie, moontlik weer sal teister. Die plaaslike departement van landbou het boere versoek om enige tekens van sprinkaanswerms aan die departement te rapporteer. BUAnuus berig dat die departement gewaarsku het dat boere groot verliese sal lei indien hulle nie aandag aan die probleem gee nie. Boere in die omgewing is ook gevra om te verseker dat die insekdoders wat hulle gebruik om die sprinkane mee te beveg, omgewingsvriendelik is.
TLU bekommerd oor polisie-korrupsie
Die Transvaal Landbou-unie van Suid-Afrika, oftewel TLU SA, is bekommerd oor die minister van veiligheid en sekuriteit se erkenning dat daar korrupte polisiemanne in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is. Die organisasie het in ‘n persverklaring gesê dat die minister in wese bevestig het dat die publiek nié op die polisie kan staat maak om hulle te beskerm nie. Die organisasie sê dat boere veral hulle vertroue in die integriteit van die plaaslike polisie moet kan plaas. Die unie het die hoop uitgespreek dat die minister dié probleem vinnig sal regstel.
Trekkerverkope verras bedryf
Die jongste verslag van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie, oftewel Saama, dui daarop dat trekkerverkope in die 2008-kalenderjaar, vier-en-veertig persent hoër was as in 2007. Saama sê in ‘n persverklaring dat trekkerverkope vir Desember, wat tradisioneel ‘n trae maand is, die bedryf verras het. Verkope vir dié maand was bykans agt-en-sestig persent hoër as in dieselfde tydperk in 2007. Dit wil voorkom asof boere weens goeie oeste en die onbestendigheid in 2008 se wêreld finansiële markte, van die geleentheid gebruik gemaak het om verouderde toerusting te vervang.
Keniaanse koskrisis vererger
Die Keniaanse regering het gewaarsku dat bykans tien miljoen mense in die land deur voedseltekorte geraak sal word. Dit kom te midde van ‘n knouende droogte wat die lewens van duisende vee en mense geëis het. Die regering het die situasie in die land as ‘n nasionale krisis bestempel, en beplan om sowat vyf miljoen sakke mielies in te voer, en voedselpakkette te versprei. Volgens die Britse Uitsaaikorporasie het die president van Kenia, Mwai Kibaki, gesê dat die regering hulle aandag daarop moet toespits om genoeg kos aan sy inwoners te verskaf. Die situasie word verder vererger deur verlede jaar se verkiesingsgeweld, wat veroorsaak het dat die meerderheid boere te bang is om weer met hulle boerderye aan te gaan.
Maandag, 12 Januarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Melamien dalk in veevoer
Die oorsprong van melamien in Suid-Afrikaanse melk lê moontlik in besmette veevoer. Dit is die mening van Fred Reyers, ‘n bekende veterinêre patoloog en emeritus professor van die Universiteit van Pretoria. Reyers het in die bedryfspublikasie, Livestock Health and Production Review, geskryf dat melamien-besmette gluten wat as bestanddeel in suiwelmeel gebruik is, glo vir die hoë voorkoms van melamien in veevoer verantwoordelik is. Hy het bevind dat dié gluten moontlik oorblyfsels is van die troeteldierkos wat in 2007 talle vrektes veroorsaak het. Daar word gevrees dat soortgelyke besending weer sy weg na die Suid-Afrikaanse veevoermark gevind het.
Byeboer lei verliese na brand
‘n Brand wat twee dae voor Kersfees in die Suid-Kaap uitgebreek het, het vir derduisende rande se skade aan byeboerderye in die omgewing gesorg. Die brand, wat een-en-twintig duisend hektaar veld verwoes het, blyk die grootste in twintig jaar in dié omgewing te wees. Ongeveer agthonderd byekorwe het in die slag gebly. Die Burger berig dat die fynbos in die omgewing weens die brand, eers oor drie jaar weer kos aan die bye sal kan verskaf. André du Preez, ’n byeboer en tesourier van die Suid-Afrikaanse Bye-industrie-organisasie, sê dat die huidige brandwette eintlik verantwoordelik is vir die inferno, aangesien boere te bang is om voorbrande te maak.
Kalf met twee koppe?
‘n Tweekoppige kalfie wat op ‘n plaas naby King William’s Town gebore is, moes kort na geboorte uitgesit word omdat dit te erg verswak het. Die kalfie is op die plaas van Richard Niyabo gebore, en was moontlik een van ‘n tweeling gewees. Volgens ‘n berig in Die Burger, het die bestuurder van die plaaslike Dierebeskermingsvereniging gesê dat hulle geen ander keuse gehad het as om die kalfie uit te sit nie. Volgens Jas Wasserman van die Instituut vir Suiweltegnologie, is sulke gevalle nie ongewoon nie, maar sulke diere het min kans op oorlewing.
Zakhe vier ‘n honderd persent slaagsyfer
Die Zakhe Landbouskool naby Richmond in KwaZulu-Natal, se matrikulante het verlede jaar ‘n eenhonderd persent slaagsyfer behaal. Judy Stuart, ‘n plaaslike melkboer wat nóu saam met die skool werk, is betrokke by ‘n program om Zakhe se matrikulante oorsee te stuur, om hulle vakleerlingskappe te voltooi. Stuart sê dat een donasie van vyftien duisend rand, vier leerlinge oorsee kan stuur. Hulle doen oorsee waardevolle praktiese ondervinding op, wat hulle in die Suid-Afrikaanse landbou kan toepas. Vir meer inligting en om ‘n donasie te maak, skakel Judy Stuart by selnommer 083 555 0082.
Donderdag, 8 Januarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Boete vir broodkartel
Die broodmaatskappy, Sunbake, wat deur Foodcorp besit word, moet ‘n boete van vyf-en-veertig miljoen rand opdok nadat hy skuldig bevind is aan betrokkenheid by ‘n broodkartel. Die boete kom neer op bykans sewe persent van Sunbake se omset vir die jaar 2006. Beeld berig dat die maatskappy Maandag met die Mededingingskommissie geskik het, nadat hy sy betrokkenheid by die kartel erken het. Drie ander maatskappye, waaronder Tiger Brands, was ook by die kartel betrokke. Foodcorp het ingestem om die kommissie by te staan in die vervolging van ander maatskappye wat by die kartelvorming betrokke was.
Vrugteplaas in die knyp
Een van die grootste vrugteplase in die Laeveld staar ‘n onseker toekoms in die gesig, nadat sy besturende maatskappy, South African Farm Management, voorlopig gelikwideer is. Die duisend hektaar plaas, Lisbon Estates, wat deur ‘n gemeenskapstrust besit word, verskaf werk aan meer as vierhonderd mense, meeste van wie reeds opskortingsbriewe ontvang het. Volgens ‘n plaaslike koerant, The Lowvelder, het die bestuursgroep gesê dat hulle tot die sukses van die plaas bygedra het. Plaaslike bestuurders sê egter dat onvanpaste veranderinge op hulle afgedwing was. Die plaas, wat vrugte uitvoer, is bekend vir sy mango’s en sitrusgewasse, en was een van Suid-Afrika se grootste uitvoerders van pomelo’s.
Forelplaas herstel na storm
En steeds in die Laeveld. ‘n Bekende forelplaas en toeristebestemming in Sabie is weer oopgestel, nadat ‘n hewige wolkbreuk die plaas amper weggespoel het. Volgens Andrew Kanaris, die eienaar van Horseshoe Trout Farm, het die vloedwater en modder al sy visse gedood. Daar word vermoed dat water langs ‘n plaaspad op die berg afgespoel het tot by die plaas. Die afwesigheid aan bome en plante wat in die groot vuur van 2007 uitgewis is, het ook daartoe gelei dat die plaas verspoel is. The Lowvelder berig dat die plaas nou weer oop is, nadat dit vir drie weke gesluit was.
Zim het nie meer kos nie
Die grond in Zimbabwe is vrugbaar en die reënval is goed, maar geen kos kan geproduseer word nie. Die situasie kom nadat president Robert Mugabe se regeringsbeleid die land se landboubedryf lamgelê het. Volgens die webwerf, IOL, het die Verenigde Nasies bevind dat meer as twee-derdes van Zimbabwe se inwoners op minder as een maaltyd ‘n dag oorleef. Volgens dié organisasie het meer as vyf miljoen inwoners dringend kospakkies nodig. Daar word gereken dat die landboubedryf in dié sukkelende land, meer as vyf jaar sal vat om weer op die been te kom.
Woensdag, 7 Januarie 2009
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Sprinkane vernietig gewasse Noord-Kaap
Talle boere langs die Oranjerivier in die Noord-Kaap, se jong gewasse is deur enorme sprinkaanswerms vernietig. Die skade word op miljoene rande gereken. Na wat berig word in die Volksblad, het sprinkane intussen ook in die Suid-Vrystaat begin amok maak. Volgens ‘n boer van Attiesdraai naby Orania, het ‘n sprinkaanswerm verlede Sondag sowat twee-en-veertig hektaar jong mielieplante binne tien minute opgevreet. Die skade word geraam op sowat ‘n halfmiljoen rand. Daar word gemeen dat dié swerms groter is as twee jaar gelede s’n. Die droë toestande in die Noord-Kaap vererger tans die plaag, waar die enigste groen kolle in die veld opgevreet word.
TLU praat met Zuma
‘n Afvaardiging van die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika, het laat in Desember verlede jaar ‘n gesprek met die president van die ANC, Jacob Zuma, gevoer rakende die grootste knelpunte wat in landbou ervaar word. Die TLU SA sê in ‘n persverklaring dat beide partye hulle kommer oor voedselsekerheid uitgespreek het. Daar is ooreengekom dat die gesprek vroeg in 2009 voortgesit sal word. Die betrokkenes sal ook kyk na wat gedoen kan word om te verseker dat voedselproduksie nie negatief geraak word nie.
Cholera raak Gauteng
Meer as een-en-twintig gevalle van cholera is sedert November in Gauteng aangemeld. Dokter Chika Esomugha, ‘n mediese raadgewer oor openbare gesondheid in Gauteng, het dié syfer bevestig en gesê dat drie mense in Gauteng reeds aan dié siekte dood is. Volgens Phuti Seloba, provinsiale gesondheidswoordvoerder in Limpopo, staan die aantal bevestigde gevalle van cholera in dié provinsie tans op meer as eenduisend vierhonderd mense. News twenty-four berig dat nege mense sedert November verlede jaar in Limpopo aan cholera omgekom het.
Petrolprysverlaging bring verligting
Die skerp daling van meer as een rand per liter in die brandstofprys, word veral deur die landboubedryf verwelkom. Dié sektor het verlede jaar noustrop getrek weens hoë dieselpryse en gevolglike hoër insetkostes. Professor Johan Willemse, ‘n landbou-ekonoom aan Universiteit van die Vrystaat, sê in gister se Beeld-koerant dat die vervoerkoste van bederfbare produkte na markte nou veel laer behoort te wees, wat beteken dat die kosprys ook behoort te sak. Kim Silberman van Cadiz Securities waarsku egter dat ondernemings moontlik ‘n tydjie sal wag alvorens hulle die prysverlagings na verbruikers laat deurspoel.
Donderdag, 11 Desember 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Ierse varkvleis moontlik besmet
Vark- en beesvleisprodukte afkomstig uit Ierland, is van winkelrakke in twintig lande, insluitende Suid-Afrika, verwyder. Die stap kom nadat Ierse gesondheidsbeamptes bevestig het dat drie vleisplase positief getoets het vir dioksien, ‘n chemiese middel wat kanker kan veroorsaak. Die Ierse owerheid vir voedselveiligheid sê egter dat daar geen gesondheidsrisiko is nie. Volgens die Associated Press is die bron van besmetting ‘n veevoermaatskappy.
Foskor in die knyp oor kunsmis
Een van Suid-Afrika se grootste kunsmismaatskappye, Foskor, het oor ‘n tydperk van sowat vyf jaar kunsmis verkoop, sonder dat hulle die nodige permitte gehad het. Die vise-president van Foskor, Johan Potgieter, het Maandag gesê dat die maatskappy verantwoordelikheid aanvaar vir die onwettige verkope. Volgens ‘n berig op Fin24, het landbou-inspekteurs die fabriek in 2001 laas besoek. Potgieter sê dat inspekteurs die fabriek in 2006 besoek het, waarop die maatskappy ingelig is dat hulle nie kunsmis mag verkoop nie. Foskor is met sowat ‘n kwartmiljoen rand beboet.
Volstruisboere bestuur biodiversiteit
Agt volstruisboere uit die Klein Karoo, gaan voortaan biodiversiteitsbestuursplanne op hulle plase toepas. Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Volstruis Besigheidskamer, Anton Kruger, het dié bestuursplanne onlangs aan die boere oorhandig. Die projek word onder die vaandel van die besigheidskamer bestuur, terwyl ‘n landbou-ekonoom die ekonomiese impak van ’n moontlike produksiestelsel-verandering sal bestuur. Volgens ‘n berig in Die Burger sê een van die boere dat die volstruisbedryf tot niet sal gaan, indien hulle nie na die volhoubaarheid van die bedryf omsien nie.
Landbou dra by tot klimaatsprobleme
Nuwe navorsing deur die Verenigde Nasies se omgewingsprogram, asook die Internasionale Sentrum vir Woudnavorsing, toon dat ‘n deel van die oplossing vir klimaatsprobleme opgesluit lê in bome, mits die koers van ontbossing van woudgebiede gestuit word. Hierdie was een van talle onderwerpe wat deur elf duisend afgevaardigdes by die veertiende saamtrek van die VN-konvensie oor klimaatsverandering bespreek is. Volgens navorsers plaas veral die landbou asook heersende bosboupraktyke ongekende ekologiese druk op woudgebiede. Landboupraktyke soos die aanplanting van biobrandstofprodukte, ’n toename in beesboerdery en wêreldwye verhoogde sojaproduksie word beskou as van die vernaamste sondebokke.
Woensdag, 10 Desember 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Minister moet nie veralgemeen nie
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika sê in ‘n persverklaring dié organisasie is uiters ongemaklik met die minister van waterwese en bosbou se onlangse uitlating dat sy boere wil vervolg, omdat dié na bewering water uit die Vaalrivier steel. Volgens die adjunkpresident van die TLU SA, Louis Meintjes, het minister Lindiwe Hendricks die uitlatings gemaak, nadat sy op ’n onlangse toer deur die Noord-Kaap, hoofsaaklik op myne afgekom het wat water onwettig gebruik en dit in besoedelde vorm terugstoot in riviere. Meintjies sê sy organisasie is op rekord dat hy sy boere adviseer om binne die riglyne van die wet op te tree en dat die minister haar moet weerhou van veralgemenings. Hy sê dat boere in elk geval toenemend huiwerig is om water uit die Vaalrivier te gebruik, weens die hoë besoedelingsvlakke van dié stelsel.
Waterkrisis vra vir ingryping
Die organisasie het ook tydens ‘n onlangse gesamentlike ekonomiese werkgroepvergadering, versoek dat president Kgalema Motlanthe aandag gee aan die verslegtende waterbesoedelingsprobleem in Suid-Afrika. Die TLU SA het in ‘n persverklaring na afloop van die vergadering, gesê dat maatreëls ingestel moet word om te verseker dat voedsel nié op besmette grond geproduseer en deur besmette water besproei word nie.
Byeboere kry ‘n hupstoot
Die heuningbedryf in die Suid-Kaap het onlangs ’n hupstoot gekry toe twaalf opkomende byeboere elkeen vyf korwe en byeswerms van die Suid-Kaap Byebedryfsvereniging ontvang het. Die Burger berig dat die swerms deur die byeboere, John Moodie en André du Preez, verskaf is. Die meeste van die onkoste is verhaal deur ‘n ondersteunende fonds wat deur die Wes-Kaapse departement van landbou aan die projek bewillig is. Volgens die voorsitter van die byevereniging, Angus Anthony, is die projek van stapel gestuur om die heuningtekort in die land te help aanvul.
Rudnet sê dankie vir bydraes
Die bemagtigingsorganisasie, Rudnet, het tydens ‘n glansgeleentheid in Wellington in die Kaap, ‘n aantal spesiale toekennings gemaak aan persone wie besonderse bydraes tot landbou-ontwikkeling gemaak het. Die organisasie het onder andere aan Orton King, die hoofuitvoerende beampte van Agri Mega, ‘n oorkonde oorhandig vir sy bydrae tot die bevordering ekonomiese transformasie en sosio-ekonomiese ontwikkeling in die landbou. Plase en plaaswerkers is ook by die geleentheid vereer vir hulle bydraes tot die verbetering van lewensomstandighede in die landbou.
Dinsdag, 9 Desember 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Wantroue kan suiwelbedryf skaad
‘n Aantal besluite wat tydens ‘n hoëvlak suiwelberaad verlede maand in Stellenbosch geneem is, is verlede week bekend gemaak. Luidens dié dokument moet die wantroue tussen die primêre en sekondêre rolspelers in die suiwelbedryf, uitgeskakel word. Die minister van landbou in die Wes-Kaap, Cobus Dowry, het gesê dat die voorsitters van die Melkprodusente-organisasie en die Suid-Afrikaanse Melkverwerkersorganisasie, ‘n groot rol kan speel om dié probleem hok te slaan. Sake24 berig dat Suid-Afrika se suiwelbedryf tans ‘n krisis in die gesig staar, indien sy probleme nie opgelos word nie. Dowry het verder gesê dat sowat tagtig duisend mense hulle werk kan verloor weens die huidige lae winsgewendheid in die bedryf.
Kenia verbied suiwelverwerker se produkte
Kenia het ‘n verbod geplaas op twee gewilde babakosprodukte wat vanuit Suid-Afrika na dié land ingevoer word. Die Keniaanse buro vir standaarde beweer dat die produkte, Lactogen en Nido, melamien bevat. Die buro het in ‘n persverklaring gesê dat hy ook die invoer van alle produkte van Nestlé Suid-Afrika verbied. Luidens ‘n berig in Sake24, het ‘n plaaslike woordvoerder van Nestlé , Brinda Chiniah, gesê dat die produkte wat in Suid-Afrika teruggetrek is, nie na Kenia uitgevoer word nie. Volgens Chiniah word die Nido-produkte in Kenia vanuit Nederland ingevoer.
Cholera uitslae verwag
Verdere toetse is op die water van die Limpopo-rivier gedoen, om te bepaal of die rivier wel met cholera besmet is. Dit kom nadat die provinsiale gesondheidsdepartement verlede week bevestig dat cholera in die rivier gekry is. Independent Online berig dat ‘n regeringswoordvoerder, Themba Maseko, verlede Vrydag tydens ‘n media byeenkoms gesê het dat alle riviere in Limpopo deur die departement van waterwese gemonitor word. Volgens Maseko het toetse op kraanwater in die provinsies negatief vir cholera vertoon. Die Limpopose gesondheidsdepartement sal later die uitslae van toetse wat op die water van die Nwanedzi-rivier gedoen is, bekend maak.
Trekkerverkope styg
Trekkerverkope vir dié jaar tot November 2008, is sowat drie-en-veertig persent hoër as verlede jaar. Stroperverkope is ongeveer dubbeld teenoor dieselfde tydperk in die voorafgaande jaar. Luidens ‘n persverklaring van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie, oftewel Saama, kan dié syfers toegeskryf word aan goeie oeste en gunstige pryse vir landboutoerusting. Die assosiasie waarsku egter dat die onbestendige wêreldmarkte tot prysverhogings in die aanloop tot 2009 kan lei.
Maandag, 8 Desember 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri SA gee ‘n helpende hand
Gebeurlikheidsplanne word tans vir grond langs die Limpopo-rivier geïmplementeer, ten einde die impak van cholera op boere en plaaslike gemeenskappe te verminder. Die stap kom nadat dié siekte van Zimbabwe na Suid-Afrika oorgespoel het. Landbou-organisasie, Agri SA, sê in ‘n persverklaring dat opkomende boere en bestaansboere in die gebied die ergste deur die besmetting geraak word. Agri SA het ‘n ooreenkoms met die LUR van landbou in die provinsie aangegaan, om skoon drinkwater na die geaffekteerde gebiede te vervoer. Die water is vir boere, plaaswerkers en plakkers bestem. ‘n Inligtingsprojek oor cholera word ook in die gebied geloods.
Gemeenskappe moet kos produseer
Die departement van landbou het gemeenskappe aangemoedig om grond wat in onbruik lê, te gebruik om voedsel te produseer. Volgens die direkteur-generaal van die departement, Njabulo Nduli, sal dit ook bydra om die druk van hoë kospryse te verlig. Buanuus berig dat die departement vroeër vanjaar ‘n projek geloods het om voedselproduksie in die land met tussen tien en vyftien persent te verhoog. Die inisiatief, wat as die Llima/Letsema-projek bekend staan, is reeds in sewe van die nege provinsies bekend gestel. Meer as veertien duisend verskillende landbou-benodighede soos saad en implemente is reeds via die projek versprei.
Hondsdolheid in Limpopo
Nagenoeg sestig gevalle van hondsdolheid is sedert Januarie in Limpopo aangemeld. Só sê die senior bestuurder van die Limpopo landboudepartment se veeartsenydienste, doktor Lucas Mampana. Volgens Mampana het die meerderheid infeksies in Sibasa, naby Thohoyandou, voorgekom. Inwoners van Mokopane en Roedtan is ook onlangs gewaarsku teen die siekte, nadat besmette jakkalse en ratels in die gebied gevind is. Inwoners is ook versoek om hulle diere teen die siekte in te ent. Mampana het aan News24 gesê dat die gevalle minder is as verlede jaar, maar dat dit steeds kommer wek. Geen menslike gevalle is tot dusver gerapporteer nie.
Suiwelswitsers
Die Suid-Afrikaanse Suiwel Switser-telergenootskap se lidmaatskap én geregistreerde dieregetalle, het die afgelope jaar met twaalf persent gegroei. Dié nuus is deur die president van die genootskap, doktor Anton Smit, tydens hulle algemene jaarvergadering in Kroonstad, bekend gemaak. Hennie Kotze is tydens die vergadering as die nuwe vise-president verkies. Die genootskap beplan om sy tweeduisend-en-tien nasionale skoukampioenskap met ‘n nasionale veiling te kombineer. Besonderhede sal later bekend gemaak word.
Donderdag, 4 Desember 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri SA verwelkom uitspraak
Agri SA sê hy verwelkom die uitspraak van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se tribunaal oor grondbesit in Zimbabwe. Die tribunaal het bevind dat die Mugabe-regering blanke Zimbabwese boere moet vergoed vir die beslaglegging op hul plase. Die adjunk-president van Agri SA, Theo de Jager, het in ‘n persverklaring gesê dat die tribunaal se uitspraak belangrike implikasies inhou vir die groeiende grondprobleem in Suid-Afrika, veral wat vergoeding en redelikheid betref. Volgens De Jager beskou die organisasie dit as ‘n oorwinning oor verwronge beleidsrigtings en magsvergrype.
Limpopo-rivier met cholera besmet
Boere wat water vanaf die Limpopo-rivier vir besproeiing gebruik is uiters bekommerd, nadat dit bekend geraak het dat die rivier met cholera besmet is. Die plaaslike gesondheidsdepartement het gewaarsku dat inwoners nie water afkomstig uit die rivier moet gebruik nie. Dit kom nadat toetse, wat op die water gedoen is, positief vir cholera teruggekom het. Volgens ‘n berig in Beeld, het siek Zimbabwiërs waarskynlik cholera in die rivierwater laat beland, nadat hulle deur die rivier geswem het, op soek na hulp in Suid-Afrika. Volgens ‘n woordvoerder van die Musina-munisipaliteit, Wilson Dzebu, is die dorp se water egter veilig vir gebruik, omdat dit goed gesuiwer word.
Goeie reënval verwag
Suid-Afrikaanse boere wat hoop op goeie reënval in die somerseisoen, kan ‘n sug van verligting slaak. Die Suid-Afrikaanse Weerburo het Dinsdag voorspel dat Suid-Afrika ‘n goeie somerreënval oor groot dele van die land kan verwag. Independent Online berig dat ‘n wetenskaplike by die weerburo, professor Willem Landman, gesê het dat die hele land, insluitend die winterreënvalstreke, reën sal kry. Volgens Landman is daar min of geen kans dat droogte die seisoen sal voorkom nie. Hy waarsku egter dat langtermyn voorspellings nie so betroubaar is soos daaglikse voorspellings nie.
Miltsiekte roer Zimbabwe
Miltsiekte het op groot skaal in Zimbabwe se noordelike streek uitgebreek. ‘n Internasionale nie-winsgewende organisasie genaamd Save the Children, het in ‘n persverklaring gesê dat minstens twee kinders reeds aan die siekte dood is. ‘n Beampte van die organisasie, Rachel Pounds, sê dat die siekte sowat sestig duisend vee kan doodmaak, indien dit nie onder beheer gebring word nie. Alhoewel die gebied onder kwarantyn is, maak swak infrastruktuur dit moeilik om die situasie te beheer.
Woensdag, 3 Desember 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Clover vra beskerming
Melkverwerker, Clover, het by die minister van handel en nywerheid aansoek gedoen om beskerming teen Suid-Afrika se mededingingsreëls. Volgens ‘n berig in Business Day, het Clover die suiwelbedryf se huidige moeilike situasie as die rede vir sy aansoek aangevoer. Indien die aansoek toegestaan word, kan dit beteken dat die bedryf kwytgeskeld sal word van bestaande mededingingswetgewing. Die aansoek kom nadat die mededingingskommissie verlede jaar ‘n aantal melkverwerkers aangekla het van beweerde kartelvorming en prysvasstelling.
Pioneer deur eierboere aangekla
Die voedselgroep, Pioneer Foods, is weer by die Mededingingsraad verkla, dié keer deur ‘n groep eierboere. Die eierprodusente, wat tot dusver anoniem wil bly, het ‘n eis van bykans eenhonderd miljoen rand teen die maatskappy ingestel. Landbou.com berig dat die boere, wat kontraktueel aan Pioneer verbind is om eiers aan hulle te verskaf, die geld van Pioneer eis weens beweerde nadelige praktyke, wat winsgewende eierproduksie beperk. Na wat berig word, het Pioneer sy produsente gedreig om die eierprys wat hy aan hulle betaal, aansienlik te verlaag indien hulle nie die regsaksie staak nie.
Plaaslike gluten sestig is veilig
Die Universiteit van Stellenbosch het bevind dat melamien slegs in ingevoerde gluten sestig afkomstig uit China, teenwoordig is. Dit kom nadat die universiteit die afgelope jaar en ‘n half verskillende grondstowwe van verskeie veevoermaatskappye getoets het. Plaaslike gluten sestig bevat egter nie melamien nie en is veilig om te gebruik. Die ondersoekleier, professor Chrisjan Cruywagen, sê egter dat veevoermaatskappye steeds verdagte grondstowwe moet laat toets, om sodoende vir hulle kliënte die versekering te kan gee dat hulle produkte vry is van gifstowwe.
Zim boere moet vergoed word
‘n Tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het bevind dat die Mugabe-regering blanke Zimbabwese boere moet vergoed vir die beslaglegging op hul plase. Nagenoeg tagtig blanke boere is op ‘n geweldadige wyse deur die Mugabe-regering van hul plase afgesit. Suid-Afrikaanse boer, Crawford von Abo van die Vrystaat, word ook deur dié uitspraak geraak. Volgens ‘n berig in Beeld, het die tribunaal bevind dat blanke boere wat nog op hulle plase is, toegelaat moet word om verder te boer. Die Zimbabwese regering het intussen aangedui dat hulle nie die bevel sal nakom nie.
Dinsdag, 2 Desember 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri SA vra vir verantwoordelike watergebruik
Agri SA het ‘n beroep gedoen op boere wat van besproeiing gebruik maak, om water binne die Nasionale Waterwet se perke te gebruik. Johannes Möller, president van Agri SA, het hom in ‘n persverklaring teen die onwettige gebruik van waterhulpbronne uitgespreek, omdat dit inbreuk maak op die regte van wettige gebruikers. Dié verklaring kom kort nadat die departement van waterwese se blitsweek, wat daarop gemik was om waterdiewe vas te trek, verlede week ten einde geloop het. Volgens Möller het Agri SA aangebied om die departement by te staan om watergebruiksregte op ‘n deursigtige manier te hanteer.
Graan SA bevraagteken Omnia-winste
Graan Suid-Afrika het kunsmismaatskappy, Omnia, se inkomste bevraagteken, na dié maatskappy sy finansiële resultate vir die ses maande tot einde September, verlede week bekend gemaak het. Volgens die maatskappy het inkomste in sy landbou-afdeling met eenhonderd twee-en-twintig persent gestyg. Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, sê in ‘n persverklaring dat dié syfers belaglik is, siende dat die landbou in Suid-Afrika tans om oorlewing veg weens stygende insetkostes. Volgens Ferreira doen produsente tans hul bes om stapelvoedsel so goedkoop moontlik te produseer, terwyl hulle deur groot rolspelers uitgebuit word.
Agri Gauteng vereer rolspelers
Agri Gauteng het verlede week ‘n ere-toekenning aan Impala Platinum gemaak, vir dié maatskappy se finansiële steun aan opkomende landbou in die Nigel-omgewing. Die toekenning is op die plaas, Langseekoeigat gemaak, waar ‘n groep jong opkomende boere die afgelope nege jaar ‘n suksesvolle hoendereier-boerdery opgebou het, en vandag ‘n gemengde boerdery bedryf. Verskeie instansies, insluitende Impala Platinum, het bygedra tot die boerdery waar daar tans met mielies, vleisbeeste en skape geboer word.
Verligting vir brandstofverbruikers
Motoriste en boere het ‘n vroeë Kersgeskenk gekry, nadat die department van minerale en energie bekend gemaak het dat die petrolprys môre met ‘n reuse een rand een-en-sestig sent per liter sal daal. Die groothandelprys van diesel sal met sowat tagtig sent per liter daal. Onafhanklike ekonoom, Mike Schüssler, het aan Sake24 gesê dat dié prysverlaging die grootste maand-tot-maand daling sedert Oktober 1993 is. Drie-en-negentig oktaan petrol in Gauteng sal motoriste sewe rand agtien sent per liter uit die sak uit jaag, terwyl diesel teen agt rand twee-en-twintig sent per liter sal verhandel.
Maandag, 1 Desember 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Melamien in Nestlé-produkte gevind
Gesondheidsinspekteurs is verlede week beveel om twee van Nestlé se produkte in alle provinsies te vernietig. Dit kom nadat daar onaanvaarbare vlakke van melamien in die baba-melkformules, Lactogen een en Nido een plus, gevind is. Nestlé sê in ‘n persverklaring dat die vlak van melamien in die produkte nie gevaarlik is nie, en dat hulle produkte veilig is. Die vlakke was tien keer minder as die maksimum vlakke wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie voorgeskryf word. Die veevoer wat deur Nestlé se produsente gebruik was, het vermoedelik melamien bevat.
MPO reageer op melamien-vrese
Intussen het die Melkprodusente-organisasie, oftewel die MPO, Nestlé geloof vir sy flinke optrede om die moontlike kontaminasie van sy formulemelk te ondersoek. Dié verwerker se optrede het meegebring dat moontlik-besmette voorrade vinnig uit die handel onttrek kon word. Die MPO het in ‘n persverklaring ook gereageer op kommer wat bestaan oor die gehalte van ingevoerde bestanddele vir veevoer, en gesê dat ‘n onderneming van veevoervervaardigers ontvang is dat die saak hoë prioriteit geniet. Die MPO het verlede week ‘n dringende versoek tot boere gerig om seker te maak dat hulle veevoer melamien-vry is. Die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging het in nóg ‘n persverklaring gewaarsku dat melamien nié deur ‘n koei se spysverteringstelsel onskadelik gestel word nie. Die MPO onderhandel tans met die betrokke owerhede om te voorkom dat so ‘n situasie hom weer voordoen.
VSA ook deur melamien geteister
Sommige van Amerika se baba-melkformules is ook moontlik deur melamien besmet. Die Dairyreporter.com berig dat die toetse in die VSA uitgevoer is, nadat daar vroeër vanjaar minstens vier kinders in China dood is weens formulemelk wat melamien bevat het. Daar word vermoed dat die produkte per ongeluk tydens die vervaardigingsproses besmet is.
Oesskatings laer aangepas
Die Nasionale Oesskattingskomitee se jongste verslag dui daarop dat die 2008 produksieskatting vir wintergewasse, met een komma drie persent laer aangepas is. Die produksieskatting van koring daal van die vorige seisoen se twee komma een miljoen ton, tot nagenoeg twee miljoen ton. Die lae opbrengste word aan ongunstige binnelandse produksietoestande, sowel as swak reënval oor dele van die Vrystaat, toegeskryf. Die vyfde produksieskatting vir wintergewasse sal op agtien Desember vrygestel word.
Donderdag, 27 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Mislukte plaasprojek ontketen ‘n storm
’n Storm het losgebars oor ‘n mislukte landbouprojek naby Empangeni in KwaZulu-Natal, wat deur die regering en Eskom gefinansier was. Die projek, wat een miljoen rand van die plaaslike departement van grondsake ontvang het, was gemik op ‘n hoenderboerdery asook die verbouing van tee, rys en paprika. The Mercury berig dat ‘n verdere een komma vyf miljoen rand deur Eskom geskenk was om met babers te teel. Die babers sou vir uitvoer bestem wees. Boerdery op die grond is vanjaar summier gestaak. Volgens Silondile Mkhize, mede-eienaar van die plaas, is kriminele elemente in die omgewing, die rede vir die mislukking. ‘n Tradisionele leier in die omgewing meen egter dat die mislukking eerder toegeskryf kan word aan swak administrasie.
Groenes stem saam oor olifant-uitdunning
Suid-Afrika se grootvoete mag van volgende jaar af weer uitgedun word. Dit kom nadat die groeiende olifantgetalle ‘n bedreiging vir ander dierespesies, sowel as die omgewing geword het. Bloomberg berig dat die minister van omgewingsake, Marthinus van Schalkwyk, vroeër vanjaar gesê het dat Suid-Afrika moontlik die uitdun van olifante mag toelaat, mits die regte prosedures gevolg word. Die World Wildlife Fund het in antwoord daarop gesê dat hulle besef dat ander opsies moontlik nie uitvoerbaar is nie. Die uitdun van olifante, wat tot sewentig jaar oud kan word, vorder min geld in, aangesien ivoorverkope deur die Verenigde Nasies verbied word.
Agri SA besoek projek
‘n Projek wat daarop gemik is om opkomende boere in suksevolle kommersiële boerdery te skool, het vrugte afgewerp. Die projek is drie jaar gelede deur Agri SA, Impala Platinum en die regering op die plaas, Langseekoeigat, in Nigel op die Oosrand in Gauteng begin. Altesaam nege begunstigdes trek voordeel uit die onderneming. Agri SA vier more die sukses van dié projek, wat volgens die betrokkenes ‘n toonbeeld van samewerking en ware bemagtiging is.
Afrika-projek teen hondsdolheid geloods
Twee organisasies bestaande uit kenners van sowat vyf-en-dertig Afrika-lande, het hande gevat om hondsdolheid op die vasteland te beveg. Die koördineerder van die projek, professor Louis Nel van die Universiteit van Pretoria, het in ‘n persverklaring gesê dat die organisasies uitvoerbare oplossings vir die probleem wil vind. Volgens ‘n plaaslike veearts, doktor Nico Schutte, kom hondsdolheid baie min in Suid-Afrika voor. Hy sê dat enige gevalle van dié siekte dadelik aan die naaste staatsveearts gerapporteer moet word. Dit geld veral in KwaZulu-Natal. Hondsdolheid kan wilde diere, mak diere en mense aantas.
Woensdag, 26 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri SA stel eise oor misdaad
Agri SA se nasionale landelike veiligheidskomitee eis dat president Kgalema Motlanthe en die nuwe minister van veiligheid en sekuriteit, daadwerklik teen misdaad optree. André Botha, voorsitter van dié komitee, sê in ‘n persverklaring dat geweldsmisdaad alle Suid-Afrikaners raak, maar dat die landbougemeenskap veral nou hulle veiligheid opeis. Botha eis dat die regering sy verantwoordelikhede nakom en verseker dat die landbougemeenskap in veiligheid kan voortgaan om voedsel te produseer.
Waterwese begin met blitsweek
Die departement van waterwese het Maandag ‘n sogenaamde blitsweek van stapel gestuur, met die doel om boere te vang wat onwettig water van riviere en damme steel. Independent Online berig dat die minister van waterwese, Lindiwe Hendricks, in ‘n verklaring gesê het dat haar departement boere al lank smeek om nie water te steel nie. Die departement se ondersoekspan, bekend as die blou skerpioene, het reeds klopjagte op plase in die Vrystaat en Gauteng gedoen en boere beboet wat water steel. Volgens ‘n beampte van die departement word verdere klopjagte vir die res van die blitsweek beplan.
Landbank word verder ondersoek
Privaatspeurders is aangestel om nóg transaksies by die Landbank te ondersoek, namate die skoonmaakproses van die bank nóg ongerymdhede blootlê. Só het Phakamani Hadebe, waarnemende uitvoerende hoof van die Landbank, gister aan die parlementêre portefeuljekomitee oor landbou en grondsake gesê. Sake24 berig dat Hadebe parlementslede daarop gewys het dat die skoonmaakproses verdere kontantinspuitings deur die tesourie benodig. Forensiese ondersoeke by die bank is afgehandel, en sake is by die polisie en die voormalige Skerpioene aanhangig gemaak.
Katoen kry 'n terugslag
Die wêreldwye finansiële krisis het katoen se prysverwagtinge ernstig geknou. Die gemiddelde Cotlook A-indeks, wat 'n aanwyser van wêreldpryse is, het in Oktober met tien Amerikaanse sent geval en is nou dertig persent laer as aan die begin van Augustus. Die sekretaris van Katoen SA, Koot Louw, sê dat katoen-opbrengste nou dieselfde is as twee jaar terug is. Volgens Louw is daar niks wat katoenboere aan die situasie kan doen nie, behalwe om te wag dat die wêreldekonomie weer versterk. Die vooruitsigte vir katoen was twee maande gelede die beste in dertien jaar.
Dinsdag, 25 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
The Dairy Mail wen gesogte toekenning
Suid-Afrika se voorste maandelikse publikasie vir die melkbedryf, The Dairy Mail, het nie minder nie, as drie toekennings tydens die 2008 Pica-toekennings vir uitstaande prestasies in die tydskrifbedryf, losgeslaan. The Dairy Mail, wat deur mediamaatskappy, Agri Connect uitgegee word, is weer eens gekroon as die beste hulpbrongebaseerde bedryfstydskrif in die besigheid-tot-besigheidsektor, en het ook vir die derde keer met die Watling-trofee vir besigheid-tot-besigheid tydskrif van die jaar weggeloop. Die kersie op die koek was die aanwysing van The Dairy Mail se redakteur, Willemien von Solms, as die besigheid-tot-besigheidsafdeling se redakteur van die jaar. Die eer het haar ook verlede jaar toegeval.
Sukses vir volstruisbedryf in Moskou
Suid-Afrikaanse volstruisvleis mag voortaan na die Russiese Federasie uitgevoer word. Dié aankondiging kom nadat die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer verlede week aan ‘n handelsending in Moskou deelgeneem het. Die hoofuitvoerende beampte van die besigheidskamer, Anton Kruger, het in ‘n persverklaring gesê dit is die gevolg van suksesvolle samewerking tussen die bedryf en die Suid-Afrikaanse departemente van handel en nywerheid en van landbou. Volgens Kruger is volstruisvleis die enigste vleis uit Suid-Afrika wat deur die Russiese owerhede aanvaar word.
TLU SA eis dat Lulu bedank
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika eis dat die minister van landbou en grondsake, Lulu Xingwana, bedank. Volgens dié organisasie verrig Xingwana nie haar taak nie, en dryf haar departement se beleid vir kommersiële landbou in Suid-Afrika in die grond in. Die organisasie sê in ‘n persverklaring dat die departement se grondhervormingsplan nie suksesvol is nie, en dat die probleme wat die Landbank ondervind, aan Xingwana toegeskryf kan word.
AgriBonus vier sy verjaarsdag
Die landbou-lojaliteitsprogram, AgriBonus, het verlede week sy tiende verjaarsdagvieringe op ‘n hoë noot afgesluit by Hartbeespoortdam in die Noordwes. Ses gelukkige wenners het elk ‘n Suzuki-motorfiets losgeslaan in die lojaliteitsprogram se tiende verjaarsdagpromosie. Die wenners was Riek Oosthuizen van Alnet, Jaques van Zyl en Juan Kruger, albei van Pfizer, Piet van Wyk van Hartbeespoort, Van Zyl Venter van Hanover en Flippie Blignault van Bultfontein in die Vrystaat. Lidmaatskap van AgriBonus is gratis en lede verdien punte op aankope by goedgekeurde diensvennote. Vir meer inligting en navrae, skakel die AgriBonus dienssentrum by 012 843 5600.
Maandag, 24 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri SA kap na regeringsinmenging
Agri SA het verlede week met die Departement van Waterwese en Bosbou, bekend as DWAF, vergader om dié departement se inmenging met die verhandeling van watergebruiksregte te bespreek. Volgens Johannes Möller, president van Agri SA, was hierdie gesprek noodsaaklik, aangesien daar honderde gevalle is waar boere nie toegelaat word om watergebruiksregte te verhandel nie. Daar kon tydens die samesprekings nie 'n volledige ooreenkoms met DWAF bereik word nie. Möller het gesê dat die vergadering beperkte vordering gemaak het, en dat ‘n regsgeding steeds 'n moontlikheid bly as daar nie met die ooreenkomste gevorder word nie.
Kommer oor Zim mielie-invoere
Groot vragte saadmielies uit Zimbabwe, wat vermoedelik gesteel is, kom sedert Julie vanjaar die land binne. Die invoere vind plaas te midde een van die ergste voedseltekorte wat Zimbabwe nóg beleef het. Daar is tans ‘n moratorium op die uitvoer van mieliesaad uit Zimbabwe. Volgens Joe Hanekom, uitvoerende hoof van Afri Compliance, wat invoere in belang van die landbousektor monitor, is die invoere nie van buurlande soos Zambië afkomstig nie, maar wel van Zimbabwe. Hanekom sê die saak is reeds aan Suid-Afrikaanse owerhede gerapporteer, en dat hulle saam met die ondersoekspan sal werk.
Jersey SA kry nuwe lede
Die Jersey SA-raad het tydens ‘n onlangse raadsvergadering nuwe personeel aangestel. Tessa Opperman is as waarnemende hoof uitvoerende beampte aangestel. Wikus van der Merwe is as tegniese adviseur aangestel en sal verantwoordelik wees vir alle skoue, Jerseydae en dies meer. Poena van Niekerk, voormalige rasdirekteur van Jersey SA, sal vanaf volgende jaar as konsultant vir Jersey SA optree.
NERPO vergadering op hande
Die Nasionale Opkomende Rooivleis Produsente Organisasie, oftewel NERPO, sal vanjaar sy elfde jaarlikse algemene vergadering, by die Elsenburg Landboukollege in Stellenbosch hou. Die vergadering word op vier-en-twintig en vyf-en-twintig November gehou. Vanjaar se sprekers sluit Cobus Dowry, minister vir landbou in die Wes-Kaap, en die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, in. Die regering se hulpprogramme vir boere, soos AgriSEB en die grondhervorming- en ontwikkelingsprogram, sal ook bespreek word. Belangstellendes kan Aggrey Mahanjana skakel by 082 556 7297 vir meer inligting.
Donderdag, 20 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Overberg vloedskade kos miljoene
Die vloede wat verlede week die Kaapse Wynlande en die Overberg geteister het, kon soveel as een miljard rand se skade aangerig het. Die uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, Carl Opperman, het in ‘n persverklaring gesê dat die skade in die De Doorns gebied alleen, sowat tweehonderd miljoen rand beloop. Boere wie se landerye steeds onder water lê, vrees dat hulle oeste nie gered sal kan word nie. Volgens Henk Aggenbach, voorsitter van Agri Mega, het graanprodusente ook erg deurgeloop. Die gehalte van graan is ook negatief beïnvloed deur die reën.
Steun vir melkprodusente
Sommige van die land se grootste finansiële instellings en insetverskaffers, het verlede week in Pietermaritzburg met KwaZulu-Natalse melkprodusente vergader. Die doel van die vergadering wat onder leiding van die Melkprodusente-organisasie gehou is, was om maniere te vind om melkprodusente in die huidige moeilike omstandighede te help. Die meerderheid van die instellings wat teenwoordig was, het aangebied om produsente in nood by te staan deur middel van sogenaamde reddingspakkette. Banke het boere genooi om hulle besondere situasies met hulle te bespreek.
Cholera-krisis in Musina
Haglike lewensomstandighede in Zimbabwe, het moontlik tot die uitbreek van cholera in die Musina-omgewing in Limpopo gelei. Doktor Lucille Blumberg van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, sê egter dat bevestiging nog verkry moet word dat cholera wel uitgebreek het. Volgens berigte in Beeld, toon voorlopige inligting dat die siekte van Zimbabwe afkomstig is. Volgens Blumberg breek cholera gewoonlik uit nadat natuurlike waterbronne met menslike ontlasting besmet is. Daar is nog geen aanduiding dat plaaslike waterbronne besmet is nie.
Verbruikers onbewus van GM-produkte
Die meerderheid verbruikers in die Verenigde Koninkryk het nie sterk opinies oor geneties gemodifiseerde, oftewel GM-produkte nie. So lui ʼn opname wat onder sesduisend verbruikers in die land gedoen is. Die opname deur die sogenaamde Institute of Grocery Distribution, bevestig dat die meerderheid verbruikers nie buitengewoon bekommerd is oor GM-voedsel nie, ondanks die bewerings deur aktiviste dat die meerderheid mense teen die voedselsoorte gekant is. Luidens ‘n persverklaring wat namens saadmaatskappy, Monsanto, uitgereik is, dui die navorsing op ʼn algemene indruk onder verbruikers, dat GM-produkte kan help om oeste te verhoog. Die meeste verbruikers het egter ook aangedui dat hulle ‘n beperkte begrip van GM-voedsel het.
Woensdag, 19 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Verwerkers se appél misluk
Lede van die sogenaamde melkkartel, wat verwerkers soos Clover en Parmalat insluit, se aansoek om teen ’n vroeëre beslissing van die Mededingingsappèlhof te appelleer, is Maandag van die hand gewys. Hoofregter Dennis Davis het in sy beslissing gesê dat die saak nou tot ’n einde moet kom. Davis het na kartelvorming en prysvasstelling verwys as skandelike gedrag, en gesê dat dit uitgeskakel moet word. Die adjunk-uitvoerende hoof van Clover SA, Manie Roode, het na afloop van die beslissing aan die media gesê dat die maatskappy dit te wagte was. Woodlands Dairy en Milkwood Dairy het intussen hulle aansoek om verlof tot appèl, onttrek.
SA suikeroes daal
Suid-Afrika se rol in suikerrietproduksie behoort oor die volgende vyf jaar aansienlik te krimp, terwyl produksie in ander Afrikalande gaan groei. Don MacLeod, besturende direkteur van suikerreus, Illovo, het aan Sake24 gesê dat plaaslike suikerrietproduksie steeds daal. Aldus MacLeod staan produksie tans op sowat twee komma drie miljoen ton, waar dit voorheen drie miljoen ton was. In teenstelling met Suid-Afrika, het Malawi se suikerproduksie met vyf-en-veertig persent tot die bedryfswins bygedra. McLeod sê dat die grondgehalte in ander lande geweldig goed is, en bydra tot hulle hoër opbrengste.
Agri SEB in die Overberg
Die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Wes-Kaap, is tans besig met ‘n reeks werkswinkels om die konsep van agri-SEB in perspektief te plaas. Die Overbergstreek sal op 25 November aan die beurt kom, wanneer ‘n werkswinkel in Villiersdorp aangebied word. Die minister van landbou in die Wes-Kaap, Cobus Dowry, sal ook by die geleentheid optree. Die hoofuitvoerende beampte van Agrimega, Orton King, het hom in ‘n persverklaring op die Overberg se landbouprodusente beroep om pro-aktief te wees en hulle agri-SEB status so gou moontlik vas te stel. Belangstellendes kan Cornea Geldenhuys by 028 424 2890 skakel vir meer inligting.
Talle baat by opleiding
Die Melkprodusente-organisasie se Instituut vir Suiweltegnologie, bied môre ‘n opleidingsdag vir melkprodusente en hulle werkers aan. Die dag sal by die Willem Prinsloo Museum naby Rayton duskant Pretoria gehou word. Dokter Jan du Preez van die instituut, sal ‘n lesing oor aspekte soos melkkwaliteit, mastitis en hittestres gee, terwyl dokter Faffa Malan van Intervet Schering-Plough, oor dieregesondheid sal praat. Die suiweldag is een van veertien wat die afgelope jaar deur die instituut aangebied is. Verdere inligting kan verkry word van Lynette Schmahl by 012 843 5600.
Dinsdag, 18 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Droogte knel in Oos-Kaap
Terwyl swaar reën verlede week verwoesting gesaai het in groot dele van die land, het droë toestande ‘n houvas oor boere in die Oos-Kaap, op die Sonskynkus. Die Daily Dispatch berig dat boere in die omgewing se veevoer so te sê uitgeput is. ‘n Prominente vleis- en melkboer in die Alexandria-omgewing, Carel Landman, sê die droogte is die ergste wat hy nog gesien het. Saam met die onlangse melkprysverlagings van vyftig sent per liter, beteken dit dat Landman teen ‘n verlies boer. Volgens Dave Murray, ‘n beampte by die Landbounavorsingsraad, het dié streek die afgelope agt maande slegs eenhonderd-en-vyftig millimeter reën gekry.
Vrystaatse melkbedryf onseker
Intussen is produsentepryse vir melk in die Vrystaat steeds besig om te verswak, terwyl die heersende droogte dit vir boere moeilik maak om te produseer. Volgens Koos Pienaar, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie in die Vrystaat, kan dié situasie die suiwelbedryf in die Vrystaat permanente skade toedien. Pienaar sê in ‘n persverklaring dat die situasie oor die lang termyn kan beteken dat produsente die bedryf sal verlaat. Hy het gewaarsku dat Suid-Afrika geheel en al afhanklik sal raak van invoere, sou melkprodusente aanhou om die bedryf te verlaat.
Nuwe saadmaatskappy in die land
'n Nuwe saadmaatskappy bekend as Incotec-Proteios South Africa, beloof tegnologie waarby die landboubedryf in Afrika baat sal vind. Dié maatskappy, ‘n gesamentlike projek deur die Incotec-groep van Nederland en 'n Suid-Afrikaanse vennoot, het op sy webwerf bekend gemaak dat hy dienste soos film-bedekkende tegnologie wat sade verbeter, aan die saadbedryf sal lewer. Hannes Hattingh, hoofbestuurder van die maatskappy, sê dat hulle opgewonde is om dié innoverende produkte aan die mark bekend te stel.
Klimaatsverandering dreig boere
‘n Studie oor klimaatsverandering, wat deur die International Food Policy Research Institute van stapel gestuur is, toon dat boere in Afrika hulle boerderymetodes sal moet aanpas om te oorleef. Doktor Claudia Ringler, die projekbestuurder van die studie, sê Afrika gaan die ergste deur dié veranderinge geraak word, en dat boere en regerings saam moet werk om ‘n oplossing te vind. Ringler het ook gesê dat daar spesifiek na landbounavorsing in Suid-Afrika gekyk moet word om boere met aanpassingsmetodes te help. Belangstellendes wie meer inligting omtrent die studie verlang, kan die webwerf besoek by www.ifpri.org.
Maandag, 17 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
SA speel gasheer vir Wêreldsuiwelberaad
Suid-Afrika is gekies as gasheerland vir die Internasionale Suiwelfederasie se 2012 Wêreldsuiwelberaad. So berig Bertus de Jongh, hoofuitvoerende beampte van Mposa, die houermaatskappy vir die Melkprodusente-organisasie, uit Meksiko waar hy vanjaar se Wêreldsuiwelberaad bywoon. Dié beraad is ‘n jaarlikse geleentheid waar die wêreld se suiwelleiers bymekaar kom om die toekoms van suiwel te bespreek en beplan. Die beraad bied ‘n wonderlike geleentheid vir Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf om hulle beste voet vir die wêreld voor te sit. De Jongh is vanjaar ook vir die tweede agtereenvolgende jaar tot die ISF-raad verkies.
Nuwe saadmaatskappy in die land
'n Nuwe saadmaatskappy, bekend as Incotec-Proteios South Africa, beloof tegnologie waarby die landboubedryf in Afrika baat sal vind. Dié maatskappy, ‘n gesamentlike projek deur die Incotec-groep van Nederland en 'n Suid-Afrikaanse vennoot, het op sy webwerf bekend gemaak dat hy dienste soos film-bedekkende tegnologie wat sade verbeter, aan die saadbedryf sal lewer. Hannes Hattingh, hoofbestuurder van die maatskappy, sê dat hulle opgewonde is om dié innoverende produkte aan die mark bekend te stel.
Buffels geskiet om siekte te keer
Independent Online berig dat bewaringsbeamptes minstens veertien buffels in die Ndumo-wildreservaat doodgemaak het, om te verhoed dat hulle uit die reservaat beweeg en siektes aan beeste oordra. Dit kom nadat die grensdraad sowat vyf maande gelede deur wildstropers afgebreek is. Ezemvelo KwaZulu-Natal Wildlife se waarnemende hoof van biodiversiteit bewaring, Sfiso Kheswa, het gesê dat die buffels baie naby aan die plaaslike bevolking se kudde begin beweeg het, en dat hulle uitgesit is om die verspreiding van bek- en klouseer, sowel as korridorsiekte, te verhoed.
Shell-wenner aangekondig
Die week begin op ‘n gelukkige noot afgeskop vir Wouter Vermaak van die Patensie-omgewing. Vermaak is die gelukkige wenner van ‘n Suzuki kwadfiets wat tydens die afgelope twee maande se Shell Diesel Extra dinktenks uitgeloof is. Bykans driehonderd boere en belangstellendes het die vyf dinktenks aan die kusstreke van die land bygewoon. Die dinktenks was daarop gemik op boere in te lig oor hoe om hulle landboumasjinerie en dieseltenks op te pas, om sodoende meer waarde daaruit te kry.
Donderdag, 13 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Lulu ondersteun nuwe wetgewing
Die minister van landbou, Lulu Xingwana, meen dat gholfbane en wildsplase ‘n negatiewe uitwerking op die beskikbaarheid van grond vir grondhervorming, voedselproduksie en werkskepping het. Beeld berig dat Xingwana haar steun toegesê het aan voorgestelde wetgewing wat grondgebruik sal reguleer. Die wetsontwerp op grondgebruik is in Augustus vanjaar teruggetrek, nadat die grondwetlikheid daarvan betwyfel is. Volgens Xingwana sal blanke kommersiële boere van hulle grond moet afstaan, sodat die regering sy herverdelingsdoelwit teen 2014 kan haal.
Grondbelasting sal as aansporing dien
Xingwana het ook gesê dat grondbelasting grondeienaars sal aanspoor om hulle grond te gebruik en om grondpryse te verlaag. Volgens Xingwana het samesprekings met die regering oor so ‘n belasting reeds goed gevorder, ten spyte van die feit dat boere sterk gekant is teen so ‘n stap. Volgens die direkteur-generaal van grondsake, Thozi Gwanya, sal die belasting eienaars ontmoedig om groot dele ongebruikte grond te besit.
Veiligheid in die werkplek gepolisieer
Die departement van arbeid het hierdie week ‘n hoë-vlak konstruksie-indaba in Ekurhuleni aangebied, nadat talle konstruksiewerkers die afgelope ruk hulle lewens verloor het in werksverwante ongelukke. Die indaba het teikens daargestel om die hoeveelheid werksverwante ongelukke te verminder. Volgens die departement is landbou, die staalbedryf, die konstruksiebedryf en vervaardigers van drinkgoed, saam verantwoordelik vir nagenoeg sewe-en-veertig persent van alle aangemelde beserings en sterftes aan diens. Die program sal landwye inspeksies by al hierdie sektore behels en werkgewers wat nie aan arbeidswetgewingvereistes voldoen nie, kan swaar beboet word.
Dorpers stel rekord op
'n Witdorperram het onlangs ‘n wêreldrekord van vyfhonderd-vyf-en-twintig duisend rand behaal, tydens die 2008 Internasionale Dorperveiling by Upington in die Noord-Kaap. Dié tipe vyf ram wat aan Kosie Esterhuizen van Namibië behoort het, is deur Piet du Toit van Vanzylsrus gekoop. Die tweede-hoogste prys was eenhonderd duisend rand. Volgens die afslaers, KLK Landbou Beperk, was die totale omset by die veiling net meer as vyf komma twee miljoen rand. Die hoogste prys vir ‘n dorperram was driehonderd-vyf-en-twintig rand. Die hoogste prys vir 'n Witdorper-ooi was veertig duisend rand, terwyl ‘n hoogste prys van sewe-en-twintig duisend rand behaal is vir 'n Dorper-ooi.
Woensdag, 12 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Hoë lone bedreig boere
Suid-Afrikaanse boere kan nie loonverhogings van meer as agt persent in 2009 bekostig nie. George Wilken, hoofbestuurder van die Landbouwerkgewersorganisasie, het in ‘n persverklaring gesê dat loonverhogings van meer as agt persent onrealisties is. Volgens hom kan dit daartoe lei dat duisende plaaswerkers afgedank word. Dit sal swaar druk op die werkloosheidsversekeringsfonds plaas en kan ook tot meer misdaad lei. Wilken sê die LWO hoop dat die departement van arbeid die realiteit van insetkostes en onseker winste in ag sal neem, wanneer daar finaal op loonverhogings besluit word.
Internasionale suiwelmark onseker
Beide die internasionale en Suid-Afrikaanse suiwelmarkte soek tans na ‘n nuwe ewewigsposisie en op die pad na ‘n nuwe ewewig kan verdere onstuimigheid te wagte wees. Só sê Alwyn Kraamwinkel, hoofuitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie. Volgens Kraamwinkel heers daar tans groot onsekerheid in die internasionale suiwelmark en enige nuwe gebeure kan ‘n disproporsionele invloed op pryse hê. Die huidige toestand stem ooreen met sommige gebeure in 2001 en 2002, toe pryse ook na rekordvlakke gestyg het, net om daarna skerp te daal na vlakke wat ietwat hoër was as voor die rekordstyging.
Gure weer saai verwoesting
’n Haelstorm wat met reën en weerlig gepaard gegaan het, het die lewens van minstens agt mense en honderde stuks vee in die Vrystaat geëis. Die Volksblad berig dat ’n boer van Excelsior tweehonderd skape en agt beeste verloor het, nadat die diere deur hael doodgeslaan is. Eenhonderd-en-tien van die skape was dragtig. Nog ’n boer in die Bloemfontein-omgewing het eenhonderd skape verloor. Duisende rande se skade is aan huise en geboue in die gebied aangerig. Die Suid-Afrikaanse weerburo voorspel egter op sy webblad dat die ongure toestande vandag sal begin opklaar.
Rekord trekkerverkope in Oktober
Die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie, oftewel Saama, het in ‘n persverklaring bekend gemaak dat Oktober ‘n rekordmaand vir trekkerverkope was. Volgens die verklaring is negehonderd-en-negentien nuwe trekkers verlede maand van die hand gesit. Dit is die hoogste maandelikse verkope nóg vir trekkers sedert 1982. Leon Pretorius, voorsitter van die assosiasie, sê dat boere voordeel getrek het uit goeie oeste en gunstige landboutoerustingpryse, en hulle verouderde toerusting kon vervang.
Dinsdag, 11 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Suiweluitvoere styg dramaties
Suiweluitvoere vanaf Suid-Afrika na ander lande, sal teen die einde van die jaar eenhonderd persent hoër wees as in 2007, mits uitvoere dieselfde peil as gedurende die eerste agt maande van die jaar handhaaf. Onlangse syfers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, toon dat suiwelinvoere in 2008 sestien persent laer sal wees as in 2007. Alwyn Kraamwinkel, hoofuitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie, sê die dramatiese styging in uitvoere is die gevolg van hoër plaaslike produksie van rou melk en suiwelprodukte, en die verswakking van die Suid-Afrikaanse verbruikersmark.
Kritieke suiwelvergadering vind plaas
Intussen sal ‘n kritieke vergadering wat die oorlewing van talle melkboere in KwaZulu-Natal gaan bepaal, hierdie week plaasvind. Lede van die Melkprodusente-organisasie en die sogenaamde Farmers’ Action Committee in dié provinsie, sal met banke en landbou insetverskaffers in Pietermaritzburg ontmoet. Die vergadering het ten doel om ‘n strategie te bepaal wat alle paryte sal bevoordeel ten opsigte van stygende insetkostes en verlaagde melkpryse. Volgens Derek Broom, ‘n melkboer en konsultant in die gebied, sal hulle ook finansiële pakkette vir boere bespreek.
SA vrugte sukkel
Doktor Dawie Ferreira, uitvoerende direkteur van vrugtebemarkingsreus, Capespan, sê dat die bedryf ‘n verlaagde verbruik van sommige vrugtesoorte te wagte is. Ferreira het tydens die Bien Donne landbouskou buite Stellenbosch, gesê dat die dreigende resessie in Europa ‘n impak sal hê op plaaslike sitrus- en sagtevrugte-boere wat na tradisionele markte uitvoer. Ferreira het in ‘n onderhoud met Fin 24 gesê dat boere groeiende markte sal moet ondersoek, maar dat vooruitsigte vir vrugteboere egter positief lyk vir die volgende vyf jaar.
Wêreld-suiwelberaad
Meksiko tree as gasheer op vir die Internasionale Suiwelfederasie se 2008 wêreld-suiwelberaad, wat vandag afskop en tot Vrydag sal duur. Dit is die eerste keer dat die beraad in Latyns-Amerika gehou word. ‘n Aantal Suid-Afrikaanse afgevaardigdes sal ook die geleentheid bywoon, ten einde tred te hou met ontwikkelinge in die internasionale suiwelbedryf. Buiten die beraad word daar ook ‘n uitstalling van tegnologiese ontwikkelinge in die suiwelbedryf gehou.
Maandag, 10 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Klein Karoo verkope groei
Die Klein Karoo Groep het sy pas-afgelope verslagjaar met ‘n agtien persent groei in verkope afgesluit. Die groep, wat ‘n wêreldleier in die verwerking van volstruisprodukte en ‘n prominente rolspeler in die saadbedryf is, het na afloop van sy algemene jaarvergadering verlede week, aangekondig dat hy sy besigheid met ingang van 1 Januarie aanstaande jaar, in drie afsonderlike maatskappye sal bedryf. Dié eenhede sal gemik wees op sy volstruisbesigheid, sy saadbesigheid, en ‘n handels- en meganisasiebesigheid. Die groep se uitvoerende hoofbestuurder, Kobus Goosen, het ook by die geleentheid aangekondig dat hy op 31 Desember vanjaar uit diens sal tree. Goosen, wie in Oktober 1996 die leisels by Klein Karoo oorgeneem het, se pos is weens herstrukturering uitgefaseer.
Volstruisbedryf mik vir Rusland
Die hoofuitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer, Anton Kruger, is tans in Moskou, waar hy deelneem aan ‘n handelsending onder die vlerk van die Suid-Afrikaanse Departement van Handel en Nywerheid. Die besigheidskamer beoog om tydens die sending, ‘n aktiewe bewustheid te skep van die volstruisprodukte wat in Suid-Afrika vervaardig word. Die veldtog sluit onder andere ‘n dinee in, waartydens afgevaardigdes aan Suid-Afrikaanse volstruisvleisgeregte sal smul. Volgens Kruger is die Sentraal-en Oos-Europese markte potensieël goeie nuwe markte vir die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf.
Katoen-oesskatting lyk bleek
Die tiende oesskatting vir die 2007/2008 produksiejaar, is verlede week bekend gemaak en dui op ‘n ‘n totale oes van nege-en-veertig duisend seshonderd-twee-en-dertig bale vesel. Dit is min of meer dieselfde as verlede maand se skatting. Volgens Katoen SA se markverslag, toon die oes ‘n daling van elf persent teenoor die vorige seisoen. Dit is ook die kleinste oes in meer as veertig jaar.
Klimaatstoestande knou koringoes
En steeds by oeste. Volgens Neels Ferreira, voorsitter van Graan Suid-Afrika, voldoen koring wat tans gestroop word, nie aan verwagtinge nie. Ferreira het in ‘n persverklaring verlede week gesê dat uitermatige klimaatstoestande die grootste probleem is, terwyl die dalende koringprys die produsent se saak verder benadeel. Koring het sedert planttyd in Junie, vanaf ongeveer drie duisend agthonderd rand per ton, tot twee duisend sewehonderd-en-dertig rand per ton op 3 November gedaal. Ferreira het gesê dat die daling vooruitsigte vir winsgewende koringproduksie drasties verlaag.
Donderdag, 6 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Staat sal grond herverdeel
Die regering het hom hierdie week verdedig teen gerugte dat hy nie teen 2014 sy teiken van dertig persent grond in swart hande sal haal nie. Thozi Gwanya, direkteur-generaal van grondsake, het in ‘n verklaring gesê dat hoewel daar uitdagings is, die regering die teiken sal haal. Doktor Kraai van Niekerk, die Demokratiese Alliansie se woordvoerder oor landbou, sê egter dat hy dié syfer in twyfel trek. Volgens Van Niekerk is dié syfer nie op navorsing gegrond nie, maar bloot uit die lug gegryp. Volgens Gwanya het die staat al nagenoeg vyf miljoen hektaar grond aan swart mense uitgedeel.
Suiwel-inisiatief geloods
‘n Nuwe bewusmakingsveldtog hoop om Suid-Afrikaanse verbruikers in te lig oor die voordele van melk en suiwelprodukte. Die inisiatief sal verbruikers en praktisyns in die mediese professie inlig rondom die gesondheidsaspekte van melk en sal ook sekere misverstande oor melk regstel. Die veldtog word deur die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie in samewerking met Melk SA bestuur. Die veldtog sal aanvanklik gedryf word deur televisie-advertensies, waarna dit ook deur radio en internet ondersteun sal word. Verdere promosies sal in koerante en winkels verskyn.
Nood-voedingskema vir boere
Die provinsiale departement van landbou, in samewerking met die KwaZulu-Natalse Landbou Unie, beter bekend as Kwanalu, het ‘n nood-veevoervoedingskema aangekondig vir boere wat vroeër vanjaar deur kwaai brande geraak is. Die skema beoog om ‘n voorraad veevoer aan alle veeboere in die provinsie te verskaf. Die Melkprodusente-organisasie het reeds met Agri SA geskakel rakende die moontlikheid om die skema na ander geaffekteerde provinsies uit te brei. Belangstellendes en boere wat hulp nodig het in KwaZulu-Natal, kan Kwanalu skakel by 033 342 9393.
Nuwe middel teen bek-en-klou
'n Nuwe entstof teen bek-en-klouseer, kan moontlik die gevare wat dié siekte inhou beperk. Die Amerikaanse dieregesondheidsvereniging het tydens sy jaarlikse vergadering verneem dat beleidmakers ernstig is oor die gebruik van inenting om die siekte bestry. Farmonline berig dat Dokter Paul Sundberg van Amerika se nasionale raad vir varke, meen dat die nuwe entstof belowend lyk. Die jongste geval van bek-en-klouseer in suidelike Afrika, is verlede maand in Botswana geïdentifiseer.
Woensdag, 5 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Groot SEB vir vrugtebedryf
Een van die grootste swart ekonomiese bemagtigingsooreenkomste nóg, is verlede maand in die Wes-Kaap bekragtig, toe 'n aandeel van twee-en-vyftig persent van die plaas, Arieskraal, aan ongeveer tweehonderd begunstigde werkers oorgedra is. Landbouweekblad berig dat die sogenaamde Vintage Groep die ander agt-en-veertig persent sal behou, en dat die boerdery op 'n vennootskapsbasis bestuur sal word. Cobus Dowry, die Wes-Kaapse minister van landbou, het tydens die oorhandigingseremonie gesê die ooreenkoms is 'n uitstekende voorbeeld van mense wat bereid is om uitvoering te gee aan die regering se grondhervormingsplan. Dowry het ook die belangrike rol van landbou in dié provinsie beklemtoon.
Hoeveel mielies teruggehou?
Die onderneming, SiQ, sal tussen 10 en 23 November telefonies met boere in Gauteng, Limpopo, die Vrystaat, Mpumalanga, die Noord-Kaap, KwaZulu-Natal, en Noordwes gesels om te bepaal hoeveel mielies die afgelope seisoen op plase teruggehou is. Die doel van die opname is om akkurate skattings oor die terughouding van mielies op plase te bepaal. SiQ beoog om 'n meer akkurate syfer te verskaf as wat deur die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens, oftewel Sagis, gegee word. Die SiQ-projek word deur Graan SA, Sagis, die Departement van Landbou en ander instansies gesteun. Vir meer inligting, skakel Henriëtte Badenhorst by 012 349 0050.
Regering stel fonds in
Die departement van landbou het ‘n vennootskapsooreenkoms met Khula Enterprise Finance onderteken, ten einde finansiële dienste aan opkomende boere en agri-besighede te verskaf. Die ooreenkoms maak voorsiening vir ‘n fonds wat ‘n portfolio-vrywaring aan finansiële instellings sal verskaf, vir produksielenings aan opkomende swart boere binne die teikenmark.
Zim se swakste landboujaar nóg
Zimbabwe ondervind tans sy swakste landboujaar nóg. Volgens die Amerikaanse hulporganisasie, USAid, sal broodnodige saad en kunsmis vir die volgende plantseisoen, die land waarskynlik nie betyds bereik nie. Boere sal waarskynlik nie die komende seisoen kan benut om hongersnood af te weer nie. Slegs tienduisend ton mieliesaad en agtienduisend vyfhonderd ton kunsmis is tans beskikbaar. USAid se verslag oor die toestande in Zimbabwe toon dat die land op pad is na algehele verval.
Dinsdag, 4 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Produsente kan melkmark balanseer
Die ondervoorsitter van die Melkprodusente-organisasie, Freddie van Zyl, het melkprodusente aangeraai om die huidige marksituasie in hul produksiebeplanning in ag te neem. Volgens Van Zyl dui markaanwysers ten opsigte van melkvoorrade in die land tans op ‘n oorproduksie. Hy sê dat die huidige vlak van voorrade in die bedryf nie voorsien is nie. Indien produsente in die kort termyn minder melk kan produseer, sal dit help om die mark te stabiliseer. Hy het voorgestel dat kontantvloei bevorder word deur byvoorbeeld nie-winsgewende koeie uit te slag, of om voeding aan te pas ten einde melkproduksie te verlaag en insetkoste te besnoei. Volgens Van Zyl is daar goeie nuus in die opsig dat uitvoersyfers van suiwelprodukte tans die invoer daarvan oorskry.
Kwartmiljoen babas drink melamienmelk
In ‘n opname van meer as driehonderd duisend families in Beijing, is daar bevind dat meer as vyf-en-sewentig duisend babas formulemelk gedrink het wat melamien bevat. Intussen is meer as twee-en-dertig duisend ton se besmette suiwelprodukte verbrand. China is tans besig om ‘n strenger voedselveiligheidswet te hersien, nadat die Verenigde Nasies kritiek gelewer het oor China se stadige reaksie tot die krisis.
Brandbestryders staan reg
Nagenoeg vierhonderd nuwe brandbestryders het verlede week Working on Fire se jaarlikse opleidingskursus by Swellendam voltooi, en staan gereed om hierdie somer brande in die Wes-Kaap te bestry. Die intensiewe kursus berei die bestryders voor om hulle plekke by verskeie basisse in die Wes-Kaap in te neem. Brandbestryders in die noorde van die land kry van einde Oktober af 'n ruskans voordat hulle weer gereed moet wees vir brande in die suide. Siyabonga Mthethwa van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê die provinsie kan warm en droë toestande verwag wanneer reënval teen Desember afneem.
Hulp met besluite oor klimaat
Die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Grond, Klimaat en Water, het 'n landbou-klimaatsinligtingstelsel vir die instituut se webblad ontwerp, met die doel om boerderybesluite te vergemaklik. Die stelsel, wat in opdrag van die departement van landbou ontwerp is, bied beter toegang tot inligting oor aspekte soos plantegroei-toestande en reënval. Die inligting word verkry vanaf data afkomstig van weerstasies landwyd. Belangstellendes kan die webblad www.arc.agric.za <http://www.arc.agric.za> besoek vir meer inligting.
Maandag, 3 November 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Invoertariewe op kos dalk op
Die direkteur-generaal van landbou, Njabulo Nduli, het ná ’n parlementêre komiteevergadering verlede week aan joernaliste gesê dat invoertariewe op sekere soorte voedsel moontlik verhoog kan word, om plaaslike boere te beskerm. Volgens Nduli moedig die huidige tariefstruktuur die invoer van sekere voedselsoorte aan. Sy meen dat Suid-Afrika meer moet uitvoer as invoer en dat haar departement nou sy aandag op agroparke wil toespits. Agroparke behels infrastruktuur waar 'n vars produk soos mango's, tot verskillende produkte soos sap en souse, verwerk kan word. Die Nasionale Landboubemarkingsraad ondersoek ook die moontlikheid van strategiese graanreserwes wat deur die regering gehou kan word.
Voedseltariewe verwelkom
Die regering se ondersoek na die instelling van invoertariewe op sekere voedselprodukte, word deur die bedryf verwelkom. Kenners het egter hulle kommer uitgespreek oor die regering se plan om graansilo’s en opgaarplekke te bou om voeselsekerheid te verseker. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Meulenaarskamer, het gesê dat die bou van graan-opgaarplekke vir voedselsekerheid onnodig is, en dat produksie kan val indien die regering pryse wil beïnvloed met die skep van sy eie voorrade. As plaaslike graanpryse te hoog word, kan die regering van sy voorrade verkoop om die prys te verlaag. Dié stelsel is egter in die verlede ondersoek en is as ondoeltreffend bestempel.
GM kan oeste verdubbel
Geneties gemodifiseerde produkte in saadmaatskappy, Monsanto, se ontwikkelingspyplyn, het die potensiaal om oesopbrengste van verskeie gewasse teen 2030 te verdubbel. Kobus Steenekamp, bemarkingsbestuurder vir landbouchemie en biotegnologie, het gesê dat een van die nuwe produkte die ontwikkeling van 'n droogteverdraagsame mieliekultivar is. Steenekamp het genoem dat belowende resultate die afgelope seisoen in die eerste proewe met dié mielie verkry is. Volgens Steenekamp bied dit die potensiaal om opbrengste met agt tot tien persent te verhoog.
Melkbeessimposium by LNR
‘n Mini-simposium oor melkbees-genetika, gaan op 4 November by die Landbounavorsingsraad in Irene, Pretoria gehou word. Brian van Doormaal, besturende direkteur van die Canadian Dairy Network in Suid-Afrika, sal onder andere gesels oor die Kanadese genetika evalueringstelsels. Belangstellendes kan vir Zelda skakel by 012 672 9023.
Donderdag, 30 Oktober 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
SA kosproduksie hou nie tred nie
Voedselproduksie in Suid-Afrika hou nie tred met die groeiende vraag nie, sê die Nasionale Landboubemarkingsraad in sy jaarlikse Suid-Afrikaanse Voedseloorsigverslag. Luidens dié verslag het landbouproduksie in sestien jaar met slegs tien persent gestyg, terwyl bevolkingsgetalle met twee-en-dertig persent toegeneem het. Die verslag wys daarop dat stygende produksiekoste, sowel as 'n gebrek aan beleggings in die landbou, 'n rol in dié toedrag van sake gespeel het.
Soek oplossings vir koskrisis
Agri SA het 'n beroep op die regering en voedselproduksie-maatskappye gedoen om stygende insetkoste en hoë voedselpryse onder oë te neem en oplossings te soek vir dié knelpunte. Volgense Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, plaas voedselinvoere opwaartse druk op plaaslike voedselpryse. Boere het hulleself reeds daartoe verbind om produksie in die komende seisoen te verhoog. Dit behoort meer as genoeg voedsel vir die plaaslike mark op te lewer. Möller sê die uitdaging is om kostes laag te hou, eerder as om bekommerd te wees oor die beskikbaarheid van voedsel.
Varkpes tref Rusland weer
Sowat sewe duisend varke in Rusland se Stavropol-omgewing gaan geslag word, ná 'n uitbreek van Afrika-varkpes. Dié aansteeklike siekte is vroeër vanjaar in Rusland opgemerk en twee duisend varke is reeds van kant gemaak. Die beraamde koste van die huidige varkpes-uitbreek beloop sowat veertig miljoen rand. Die Russiese regering het 'n ondersoek geloods na die oorsprong van die uitbreek. Intussen moet Russiese boere nou 'n lisensie by 'n polisiekantoor kry om varke te vervoer.
Bok- en skaapmelkorganisasie gestig
Die groeiende vraag na skaap- en bokmelkprodukte, het gelei tot die stigting van die Suider-Afrikaanse Bok- en Skaapmelkverwerkers-organisasie. Die hoofdoel van die organisasie is om ‘n volhoubare en ekonomies-uitvoerbare bedryf te bevorder. Tydens ‘n vergadering in Bloemfontein vanjaar is Sakkie Joubert van La Rochelle Bokmelkkaas, as president verkies. Die vise-president is Paul Nash van Indezi River Cheese. Die organisasie beoog ook om die belange van bok- en skaapmelkverwerkers in die Suider-Afrikaanse streek te bevorder en beskerm en om ‘n gehaltemerk in te stel.
Woensdag, 29 Oktober 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Hael verniel sitrusplaas
'n Sitrusplaas in Mpumalanga se laeveld is druk aan die werk met rehabilitasiewerk, nadat sowat driehonderd-en-vyftig hektaar sitrusbome onlangs onder 'n verwoestende haelbui deurgeloop het. Volgens Johan de Vries, die plaasbestuurder van Joubert en Seun se sitrusonderneming in Schoemanskloof, wes van Nelspruit, het die jong bome in September geblom en was die vruggies nog klein toe die haelstorm uitgesak het. Die landgoed het verwag om die komende seisoen sowat vierhonderd duisend kartonne sitrus uit te voer. 'n Intensiewe spuitprogram word nou gevolg in 'n poging om die bome te rehabiliteer en die skade aan die daaropvolgende oes te minimaliseer.
Alle veeverliese nie diefstal
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 'n beroep op veeboere gedoen om hulle vee gereeld te tel, in veeregisters aan te teken en om alle veediefstalsake volledig aan te meld. Dit volg nadat die nasionale veediefstalkomitee aangekondig het dat diere wat weens droogte en vloede vermis geraak het, of deur roofdiere gevang is, as gesteel aangemeld word. Die SAPD het gemaan dat dit belangrik is om heinings gereeld na te gaan en te herstel, om te keer dat vee wegdwaal of maklik deur diewe aangejaag kan word. Die polisiediens het ook versoek dat boere op plaaslike vlak met die veediefstal-eenhede kommunikeer en probleme met die hantering van sake, daar bespreek.
Pannar is landbouwenner
Pannar is aangewys as die wenner in die landbou-afdeling van Deloitte se 2008-opname van die beste Suid-Afrikaanse maatskappye om voor te werk. Pannar vier vanjaar ‘n halwe eeu in die saadbedryf en is in die hele saadketting, van navorsing tot verpakking, betrokke. Deon van Rooyen, besturende direkteur van die maatskappy, is optimisties oor Pannar se toekoms en sê dat die huidige veranderinge in landbou, as ‘n uitdaging vir groei beskou moet word.
Pers tamatie beskerm teen siektes
Genetiese eksperimentering met leeubekkieblommetjies en tamaties, het aanleiding gegee tot ’n hoogs voedsame pers tamatie wat moontlik kanker, hartsiektes en ouderdom kan beveg. Dié tamaties het glo drie keer meer anti-oksidante as gewone tamaties. Volgens die navorsers het hulle die gesonde bestanddele in vrugte- en groentesoorte probeer verhoog, veral in die soorte wat mense gereeld eet. Die pers tamaties is op muise met kanker getoets, om te sien wat die impak daarvan op hulle gesondheid is. Volgens die navorsers het dié muise langer as normaal geleef.
Dinsdag, 28 Oktober 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou. Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Nóg donker suiweldae wag
Alwyn Kraamwinkel, hoofuitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerders-organisasie, oftewel Sampro, het gewaarsku dat melkprodusente én -verwerkers nog moeilike tye gaan beleef, totdat die ekonomie weer sy kop optel. Hy het verder gesê dat dit krities is dat meer inligting in die suiwelbedryf beskikbaar moet wees, om sodoende rolspelers meer in balans met die markbehoefte te bring. Etienne Terre'Blanche, besturende direkteur van die Melkprodusente-organisasie, meen dit is nou nodig dat álle rolspelers in die suiwelwaardeketting gesamentlike oplossings vir die krisis vind.
Staat gevra om oorskot te koop
Intussen het Parmalat en Clover hulle aankoopprys van melk met tussen dertig en vyftig sent per liter verlaag. Volgens Bennie Jonker, ‘n melkboer en voorsitter van die melkprodusente-aksiekomitee, sal die verlagings op verdere inkomsteverliese vir boere neerkom. Clover het meer as veertig miljoen rand se bykomende melkvoorraad gekoop, voordat die melksituasie van ’n tekort na ’n oorskot geswaai het. Daar is tans tussen vier en ses persent meer melk in die mark as 'n jaar gelede. Clover werk tans aan ‘n voorlegging waarin die staat gevra word om melkpoeier wat weens oorskotte vervaardig word, te koop en vir voedingsbystand te gebruik.
Navorsing kry sektorplan
Suid-Afrika se eerste Landbounavorsings- en ontwikkelingstrategie, is verlede Donderdag tydens die Landbounavorsingsforum se jaarlikse beplanningsessie bekendgestel. Volgens Njabulo Nduli, direkteur-generaal van die departement van landbou, fokus die strategie op verhoogde beleggings in landbounavorsing, sowel as die ontwikkeling en oordrag van tegnologie. Die landboubedryf staar tans reuse uitdagings in die gesig, waaronder aanpasbaarheid by klimaatsverandering ‘n prioritieit is.
Melamien in SA kos
Die Nasionale Verbruikersforum het melamien in 'n Suid-Afrikaanse produk gevind, nadat negentien verskillende soorte lekkergoed, sjokolade en graankosse in Kaapstad getoets is. Thami Bulani, hoof van die Verbruikersforum, het egter gesê dat Suid-Afrikaanse verbruikers nie bekommerd hoef te wees nie. Volgens Bulani is die vlakke nie so hoog nie, maar die forum gaan eers die resultate met die betrokke maatskappy bespreek, voor verdere inligting bekend gemaak word. Melamien is 'n industriële chemiese middel wat in die vervaardiging van plastiek en gom gebruik word.
Maandag, 27 Oktober 2008
Hierdie nuus is saamgestel deur Agri Connect – vanuit die landbou, vir die landbou.
Vir meer inligting omtrent Agri Connect se dienste, skakel 012 843 5600
Agri SA vra vir sensitiwiteit
Agri SA het ‘n beroep op die ANC en die regering gedoen, om sensitiwiteit te toon te midde die heersende klimaat van finansiële onsekerheid en hoë voedselpryse. Die organisasie het versoek dat die party hom daarvan weerhou om verklarings uit te reik wat beleggings in die landbou kan ontmoedig. Die president van Agri SA, Johannes Möller, het gereageer op stellings deur die regerende party verlede naweek, waarin gesê is dat die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper verwerp word, terwyl ‘n beroep gedoen is vir die bespoediging van die oordrag van waterregte aan ontwikkelende boere.
Mbisi verkies nuwe bestuur
Mbisi, oftewel die Melk-besigheidsinligtingstelsel Ingelyf, het verlede week vir Meyer de Jager van die Melkprodusente-organisasie, tot nuwe voorsitter verkies. Mike Black, ook van die MPO, is tot vise-voorsitter verkies. Japie van der Westhuizen van die Landbou-navorsingsraad, Joel Mamabola van die departement van landbou, en Niekie Serdyn van die Wes-Kaap, is die ander direkteure. Mbisi koördineer die nasionale melkaantekeningeskema. Volgens die voorsittersverslag het die getal koeie in die skema vanjaar met slegs een komma vyf persent toegeneem, terwyl die getal deelnemers afgeneem het, weens die kwynende getal melkprodusente. Die getal beginnerboere se deelname het egter aansienlik gestyg van slegs een vier jaar gelede, na dertig vanjaar.
Vooruitskatting wys op minder mielies
Die Nasionale Oesskattingskomitee se jongste vooruitskatting toon dat boere volgende jaar sowat agt komma vyf persent minder mielies gaan aanplant. Vanjaar se rekordoes het gesorg vir ‘n surplus mielies. Boere beoog om nou twee komma vyf ses miljoen hektaar aan te plant, vergeleke met die vorige oes se twee komma agt miljoen hektaar. Aanplantings van sojabone sal na raming met soveel as sewe-en-dertig komma vyf persent styg, terwyl vanjaar se koringoes sowat drie komma ses agt persent laer wees as die vorige oes.
Boeredag by Ethada
Die Ethada-boerdery by Tarlton op die Wes-Rand, bied op Donderdag, 30 Oktober, ‘n boeredag aan. Die hooffokus van dié dag is die gebruik van beesmis as ‘n alternatief vir kunsmis. ‘n Misstrooier wat droë en vloeibare mis kan sprei, sal onder andere gedemonstreer word. Die program begin om nege uur die oggend. Belangstellendes kan vir Dawid Roux skakel by 082 335 3248.
Ouer Nuus en radio MP3's | Older News AND MP3'S
|